Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Tokka777 wrote:Goeie nuus om te hoor hulle is weg van die plaas af het n slegte ondervinding gehad maar het geweet daai kerel het als daarmee te doen gehad! Sal graag hulle weer wil ondersteun
Hallo,
Ek is opreg jammer dat jy 'n slegte ondervinding beleef het - beide van hulle is geruime tyd nou al weg en die plaas is aansienlik beter af sonder hulle. Hoop om jou weer binne kort op die plaas te sien as 'n gelukkige klieënt met 'n suksesvolle jag!
Groete,
Johan de Wet
Johan
Ek sal verseker weer n jag daar wil doen so sal met jou praat! Dankie baie
Ek wil graag hoor. Ek het 'n opgeleide jaghond wat ek graag wil saamvat om spoor te sny indien nodig.. Ek wil net hoor of ek die hond mag saamvat. En dan ook 'n jongetjie wat ek graag wil begin oplei saam die grote. (Weimaraners) Of moet ek die trust kontak om dit te reel. Indien wel kan jy dalk vir my die kontak nommer stuur.
Persoonlik het ek nie 'n probleem nie - ek dink dit sal goed wees om te hoor hoe honde daar doen. Ongelukkig moet jy die trust en voorman se toestemming ook kry. Ek stel voor jy kontak vir Hennie Koekemoer (my voorman): sel: (072) 2446486 of huis: (014) 7790673. Ek stel voor jy probeer saans na 18:30 of so.
Is alweer terug van Wildegansvlei. Ek het met Hennie gereel en die honde was daar. Wat 'n naweek. Wel week. Ons het Dinsdag ingeklok. Teen Woensdag middag het ek myself klaar bankrot geskiet. Jy moet sien in watse toestand is jou wild. Ek wens jy kon daar wees. Die goed is vet man. Ek het self 2 Snot Ossies (Blouwildebesste) geskiet en 'n vark. My seun 'n rooibok ooi. Dan het daar nog rooibokke afgekom en 2 Gemsbokke. Die Elande is so vet hulle kan nie hardloop nie. Ongelukkig kon ek nie 'n skoot kry nie. Ek soek nou al vir 5 jaar een.
Die plaas in in goeie toestand en ou James het weer deur gekom vir my. Ek het hom soos altyd beitjie bederf op die ou einde.
Die 2 Johns en Frans en Johannes het ook goed gewerk met vriende wat ek saam genooi het. Nico en sy span werk ook pligs getrou met die skoonmakery.
Almal het iets gekry.
Ek het nie meer hare nie maar as ek gehad het sou ek hulle uitgetrek het oor die stuk van die plaas wat verkoop is. Ek het in daardie stuk my beste wild ooit geskiet. Mooidam het altyd die beste wild gedra veral die Elande.
Bitter jammer. Ek hoop nie jy beplan om nog te verkoop nie.
Grootkraal moet nou maar vir my sorg.
Die honde het goed gewerk op die plaas. Gelukkig was niks gekwes nie maar ek sou graag wou sien wat hulle doen op die spoor.
Tog is daar iets wat ek wil noem.
Die groot yskas en vrieskas is uit die jagkamp geneem. Dis 'n probleem. Die nuwe reel is minimum 6 jagters. As 6 jagters daar instap met hulle kos en drinkgoed is daar nie 'n manier wat hulle alles gaan koud hou nie en dan is die krag ook besnoei in die jagkamp so ons kon nie ekstra elektriese koelers aansit nie. Ons was 8 jagters en die meeste het ook hulle gesinne saam gebring want ons maak daarvan 'n lekker familie week uit.
Daar was net geen manier wat ons alles kon vars hou nie. Ons moes toe maar alternatiewe reelings maak met ekstra ys en cooler boxes. Steeds het ons kos verloor.
Ek verstaan dat die groot vrieskas nou by die huis staan vir ekstra berging maar 'n ou wil ook nou nie elke nou en dan op ry om voorraad aan te vul nie.
Nietemin het ons 2 jag trips geboek vir volgende jaar. Daar is darem net een Wildegansvlei.
Moenie dink ek moan nie. Ek lig net potensiele pobleem areas uit.
Hallo! Man maar dis lekker om te hoor julle was so suksesvol gewees!! Bly jy kon honde saam neem - maak volgende leer gerus weer so. Hoop om te hoor dat hulle goed doen op die spoor!
Ek is jammer agv die probleeme in die kamp. Glo my dit sal so spoedig moontlik opgevolg en herstel word.
Ja man ek wens ek kon self ook daar wees! Die wild het bitter mooi gelyk net kort voor ek in Maart terug is States toe. Hoop van harte dit lyk volgende jaar weer so indien nie nog beter nie!!
Weereens baie geluk met jul sukses en dankie vir die mooi terugvoering - ek wardeer dit opreg!
Ek het 'n Facebook groep gestig Wildegansvlei Jagters/Hunters. Ek gaan dit vir eers net beskikbaar stel vir jagters wat daar jag om al die ervaringe te kry. Ek sal dan later oopstel vir ander jagters wat daar wil gaan jag.
Wie van julle manne het hierdie seisoen op Wildegansvlei plaas gejag en hoe het dit gegaan? Is die plaas nou weer die moeite werd na vorige jare se probleme soos vroeër gemeld? Sal graag jul ervaringe wil hoor sodat ek in die toekoms ook die plaas kan oorweeg.
Last edited by win270 on Sat Aug 01, 2015 7:04 am, edited 1 time in total.
Ek weet Johan Rheeder en sy familie het daar gejag die seisoen en het alreeds vir volgende jaar ook bespreek, hy praat net met groot lof oor die plek. Sal bietjie vir hom vra om hier te kom vertel hoe dit nou daar gaan.