JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Jun 20, 2018 11:29 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 38 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Sun Sep 01, 2013 5:52 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Posts: 728
Location: Piet Retief
Zack Benade wrote:
Net een ding waaroor al die telers verskil. Van die manne se dat reuns nie in die huis sal been lig nie en plekke merk nie. Dis seker maar 'n kaans wat jy moet vat met 'n reun.


Zack, my hond slaap van kleins af in die huis, en hy het nog selde in die huis vuilgemaak. Elke keer wat dit gebeur het, was dit omdat hy iets geëet het wat nie lekker akkordeer nie (hy hou nogal daarvan om in die beeskrale rond te loop, en tel soms 'n stuk nageboorte op van een van die Borane wat gekalf het.) Hy maak ons wakker deur teen die deur te krap en op te spring wanneer die nood druk, wat baie min is.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Sun Sep 01, 2013 6:54 pm 
Thanks Paul

Is dit 'n reun of teef?
Hoe het jy hom geleer?


Top
  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Mon Sep 02, 2013 8:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Posts: 728
Location: Piet Retief
Zack,

Dis 'n reun. My vrou het hom met die hand grootgemaak vandat hy twee dae oud was. Die ma was sleg siek en kon hulle nie soog nie. Ons het maar koerante oopgegooi waar hy slaap, eers die hele vloer en toe later al hoe kleiner gedeelte van die vloer, soos wat hy ouer geword het. Ons het ook gesorg dat ons hom uitvat voordat ons gaan slaap in die aande. Op 'n stadium was daar slegs een stuk koerant, en as hy dan sy besigheid gedoen het, was dit op die koerant. Later het ons die koerant heel weggevat, en van daar af raas hy ons wakker as die nood druk, wat deesdae maar bitter min gebeur.

_________________
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Mon Sep 02, 2013 8:36 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7320
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Kerels ek wil nou nie die draat bemors nie maar ek glo Zack het dam sy inligting gekry.

Ek het gister aand so bq op youtube gespeel en paar oefeninge en speelgoed vir my hond gesoek toe kom ek op die video van n "pit bull" af.
Is ongelooflik hoe die hond gebou is!

http://youtu.be/y-PVk52-m84

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Wed Oct 04, 2017 3:59 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Oct 23, 2014 1:01 pm
Posts: 9
Middag Zack,

Ek het 3 vark honde op die oomblik. 2x Wit reuns en 1 teuf. My ma het 2x vark honde en 1x Pitbull.
Hulle is awesome verby! My suster se kinders en die mense in die straat se kinders speel met hulle. Hulle like nou wel nie die ander honde in die straat nie en ek hou hulle maar weg van hulle af vir n rede. Hulle is net baie baie stout as hulle nog jonk is (2 jaar en jonger) maar dis hoekom jy baie aandag aan hulle moet gee of jou tuin en enige iets in die huis gaan . Hulle het regtig die mooiste persoonlikhede wat jy kan kry. Ek kan ook verstaan hoekom so baie mense bang is vir hulle, weens hulle geen uitdrukking op hulle gesig toon nie. Ek sal nie in my lewe weer n ander ras hond kry nie want as jy een het of al gehad het sal jy verstaan. Hulle is net lekke laf in die kop en baie uniek. Ek gaan die website vir jou soek waar hulle die top 10 honde vir kinders noem en as ek reg onthou was hulle of nommer 5 of nommer 2. Jy kan my ook vertrou as ek jou se dat niemand in jou erf gaan kom nie. Ek spot altyd dat ek nie eers meer pos kry so bang is die mense nie.

Ek weet ek is al baie laat met die reply maar hoop jy het die regte keuse gemaak.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Wed Oct 04, 2017 4:18 pm 
Offline
Newbie
Newbie
User avatar

Joined: Mon Sep 26, 2016 10:54 pm
Posts: 12
Location: Vanderbijlpark
Goeie dag Zack.

Ek self het twee bull terriers wat elke aand langs my slaap.
Dis die liefste hond wat jou en jou familie perfek sal oppas. Myne het geen probleem met kinders nie, alhoewel hulle bietjie te vol energie is vir klein kinders. Ek hoop nie jy hou van tuin maak nie........... Want die twee van my is volkome landscape artists...... hy wys ook vir jou waar jy jou volgende boom in die erf sal moet plant.

Jy sal nooit 'n vout maak om deel van die "Bully"familie te raak nie.
Wat ek wel kan se is dat jy na die hond se ouers sal moet gaan kyk en sien hoe is hulle geaardheid.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 8:33 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Posts: 728
Location: Piet Retief
Kyk net hier. Dis darem maar mooi. Net een probleem met hierdie hond - dis nie myne nie... ;D


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

_________________
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 8:57 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Posts: 277
Location: Keetmanshoop, Namibië
[quote="nkdejongh"]Middag Zack,

Ek het 3 vark honde op die oomblik. 2x Wit reuns en 1 teuf. My ma het 2x vark honde en 1x Pitbull.

Dis 'n varkhond bespreking hierdie, ek is weer 'n Pitbull aanhanger. Zack, wat is jou ma se ondervinding met die pitbull tussen varkhonde?
My suster'le het 'n varkhond en ek kan paar goed bevestig hierbo:
jy moet hulle aandag gee (soos enige ander hond);
jy moet sy energie help verbrand, as hy dit self doen is dit 'n disaster;
hulle hond is baie lief vir kinders en speel met alle kuiermense;
hy lyk heelwat meer intimiderend as wat hy werklik is, maar as hy sleg opgevryf gaan word is hy in staat om 'n geveg op te sit wat hy nie van plan is om te verloor nie;
hulle hond se beste speelmaat is die huiskat, hy sal nooit die kat verniel of afknou nie, net genoeg dat die kat weet wie is die yster in die huis.

Ek het jare gelede iemand raakgeloop wat honde vir die SAP geteel het, hy het my gesê dat jy tot op 2 jaar nie 'n wolfhond/Duitse herdershond moet probeer maniere leer nie, die basiese goed en na 2 eers meer spesifieke opdragte.

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 9:52 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Tue Jul 05, 2016 9:22 am
Posts: 51
More almal
Hier is my pa se Bullie...(Sarge)


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 11:15 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Posts: 124
Location: Centurion
Al wat ek wil se , het almal al hier bo genoem.
Het ook met hulle geteel , en volgens my is daar nie ander nie , beter honde vir vriendskap teenoor gesin en liefde vir kinders nie.
Net word van advise.
Koop by erkende teelers , of wat van erkende teelers afkomstig is.
My ou "Sage" , soos hier bo , is vir my die beste.

_________________
Your goals are the road map that guide you and show you what is possible.
To win without risk is to triumph without glory
9.3x62-Custom
30-06-Custom
12Br O/U


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 11:33 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Posts: 1364
Ek moet nog een teekom wat gehoorsaam is. Om nie eers te praat van opleibaar. Wel puik met kinders

_________________
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum


Last edited by Supacow on Fri Oct 06, 2017 12:11 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 12:03 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 401
Location: Kaapstad
Onthou julle manne nog vir Brock Lesnar? Hy't altyd vir my soos 'n taai varkhond gelyk
Image

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Varkhonde
PostPosted: Fri Oct 06, 2017 1:27 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Posts: 2568
Location: Port Elizabeth
Kan nooit moeg word vir die gevreet
Attachment:
IMAGE_20170921_115153_1506067911460_1507289162200.jpg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 38 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: LeonS and 13 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group