Ons was bevoorreg genoeg 8-12 Junie by Nico Harris en sy broer Hein te gaan jag in Natal
Dis wraggies op Dingaan se voorstoep en ons eerste ervaring in daai deel van die land was een wat ons nie gou sal vergeet nie
Ons groep het bestaan uit
Myself - 9.3x62 en 6.5x55
Marius Botha 10 - 9.3x62, .308 en .243
Eduan Marais - 7mm Rem Mag en .303
Christo (vriend wat op sy tweede jag uitstappies was en reg was vir sy eerste bok)
Oom Koekoe - Marius se pa
Ons het Sondag net na 15h00 by Nico en Hein arriveer en sommer dadelik na die "skietbaan" gegaan om die gunne se zero te bevestig
Na n paar klein verstellings was dit tyd om af te gaan na die boskamp toe
Dis regtig fantastiese fasiliteite en ons kon lekker slaap, warm stort, lekker kuier en was sommer gou tuis
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140610_161659.jpg
Ons het in totaal darem die volgende laat bakkie ry in die 3 dae wat ons op die plaas was
Henk - Koedoe koei, rooibok ram en vlakvarkie
Marius - Bwb koei, rooibok ram en blesbok ram
Eduan - 2xbwb rooibok ram en blesbok ram
Christo - Blesbok en vlakvark
Koekoe - Bwb
Die wild is in ongelooflike kondisie en Oom Koekoe se bwb het 28 6/8", Eduan se bwb was net by die 28" en sy blesbok 15.5", Marius se blesbok was net oor die 16"
Christo kon Maandag op so 100m sy eerste bok jag nadat hy n pragtige blesbok ram van 16.5" met n enkelskoot deur die hart planke toe gebring het – (ek dink dis deels daai goeie gun waarmee hy geskiet het (lees 6.5x55))
Maandag is ons vroeg uit die vere en Eduan wou met sy eerste jag uitstappie vir die jaar bietjie die stap ding uit sy sisteem kry. Later het ek en Christo op die koedoes afgekom wat Eduan aangejaag het. My Koedoe koei - kon haar met die 9.3 stamp, was so op 90m en quartering away nadat ek gesien het haar petrol is klaar het sy weer opgestaan toe die res van die trop verby hardloop en ek het besluit om geen kanse te vat nie - n enkel skoot in die nek op so 70m het die storie geeindig (sy het later 87kg by Robbie geweeg die Donderdag aand – so moes net so oor die 90kg gewees het)Die foto is sleg geneem en sy le teen n slegte hoek maar vra maar vir Robbie hy kan my back op die gewig
My Koedoe koei
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140609-WA0000.jpg
Later daai middag is ek en Christo en oom Koekoe na n ander plaas toe waar die blessies en die bwb loop. Christo kon hierdie pragtige Blessie met die 6.5x55 klop
Christo se Blesbok
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140609_154614-Copy.jpg
Oom Koekoe het toe later hierdie mooi BWB van net duskant 29”en 120kg klop met die .308 (gelaai met 168gr Nosler BT). Hier is n lang storie om te vertel en Nico Harris dink ek moet die voorreg hê.
oom Koekoe se bwb (Nico Harris staan by hom en sal die storie moet vertel)
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140609_165654.jpg
Dinsdag het n koue front ingekom en die jag het maar eers moeilik gegaan. Ek kon net voor middag ete n jong Rooibok knypkoppie klop, iewers het die man n halwe oor en horing verloor (weer het die 6.5x55 nie teleurgestel nie)
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140610_091431.jpg
Later daai dag het Marius n Blessie en Bwb koei gekry en Eduan kon n blessie en Rooibok knypkoppie laat bakkie ry
Marius se blessie
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140610-WA0007.jpg
Eduan se blessie
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140610-WA0008.jpg
Marius se bwb
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0007.jpg
Teen Woensdag oggend was ons kwota al amper vol en het ons bekommerd geraak oor die waentjie se spasie. Dit het ons egter nie te lank laat sleg voel nie want daai oggend nog het Eduan 2 x bwb gelaai (lang storie en ek dink Eduan moet hom vertel), ek en Christo elkeen n vlakvarkie en Marius n mooi Rooibok rammetjie.
Marius se rooibok rammetjie
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0006.jpg
Eduan se bwb (een van twee Eduan behoort die storie verder te vertel)
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0011.jpg
My varkie was n kopskoot (bietjie laag en het brein gemis maar werwels getref) op 15m teen 2550vt/sek en ek kon die 156gr Norma Oryx herwin net agter die linker blad. Ek is baie beindruk met die koeel se werksverrigting en dink hulle is dodelik in die bosveld.
Ek sal hom nog weeg en fotos plaas maar dis wraggies indrukwekkend
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140611_080826.jpg
Hierdie was Christo se varkie, so op 80m geskiet met die 6.5x55
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0008.jpg
Dit was n ongelookilike paar dae en ons kan net dankie sê vir Nico en Hein vir hulle gasvryheid en moeite, niks was teveel opoffering nie en ons het lekker saam gekuier
As die Here ons spaar maak ons verseker hierdie n jaarlikse instelling
