JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Sep 24, 2018 9:39 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 56 posts ]  Go to page 1, 2, 3  Next
Author Message
 Post subject: Moose Knaldemper
PostPosted: Wed Aug 20, 2014 9:38 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Posts: 1225
Location: Welgelegen
Het so 'n bietjie 'n search gaan doen hier op Jaracal...

En asb...ek is nie hier om een produk teen die ander af te maak nie...

Sien heelwat manne gebruik die Moose...asook Silenthunter se Kd's..

Daar is egter manne wat sê die Moose, "supply and fit" is R3800, en dis duur...en dis ook 'n 10 "baffle" eenheid

Silenthunter se KD kos ook nou R2500 (dan moet hy nog inni Kaap kom)...as jy jou geweer na 'n goeie geweersmid neem gaan jy ten minste R1500+ betaal vir die skroefdraad...dit los jou maar ook by R4000...

So my vraag is die, die koste is basies dieselfde...watter een?

En nee die Moose was nie betrokke by die KD "Shoot-out " nie..


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Wed Aug 20, 2014 9:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5630
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Geen ondervinding met die Moose nie, maar gebruik wel een van Henk se nuwe KD's. Daarom is ek nie objektief as ek sê kry een van Silent Hunting se KD's nie.

Onthou net dat prys nie die enigste oorweging is nie, kyk ook maar na naverkope diens. ;)

Gelukkig kos skroefdraad sny hier by ons, niks meer as R350 nie en dan kry jy nog 'n cap by! En die omie wat dit sny, doen dit in my opinie, strate beter as die gunsmid waar ek voorheen was, wat R600 vra..... Klink of die manne julle rook daar in die groot stede! :o

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Wed Aug 20, 2014 10:01 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Posts: 864
Location: Windhoek
Ek het n Moose.
Wat ek hou van hom.
Hy skuif dieper oor die loop so75mm wat die geweer nie so lomp/lank maak nie.
Dit is Aluminium wat dit lig maak.

Wat ek nie hou van nie.
Dit kan nie uitmekaar haal vir skoonmaak nie. Sal so 2500 skote deur n 300 wsm vat dan is hy geblok.
Om dit te verhoed gooi ek myne na elke 100 skote in die ultra sonic.

Hy vertoon baie mooi en demp uitstekend vir my. As Henk sin kan oopmaak vir skoonmaak is my volgende een n produk van Henk.

Hoop dit help met jou besluitneming.

_________________
Groete, Willie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Sun Nov 16, 2014 12:03 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Posts: 1225
Location: Welgelegen
Nou ja, ek het die MOOSE laat opsit op die 300WM...doeksag...

As julle sou wou weet, wie die "jobbie" gedoen het hier in die Kaap, Skierieland...stuur my 'n PM..


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Sun Nov 16, 2014 12:59 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Posts: 1154
Location: Bloemfontein
JohanvB wrote:
Het so 'n bietjie 'n search gaan doen hier op Jaracal...

En asb...ek is nie hier om een produk teen die ander af te maak nie...

Sien heelwat manne gebruik die Moose...asook Silenthunter se Kd's..

Daar is egter manne wat sê die Moose, "supply and fit" is R3800, en dis duur...en dis ook 'n 10 "baffle" eenheid

Silenthunter se KD kos ook nou R2500 (dan moet hy nog inni Kaap kom)...as jy jou geweer na 'n goeie geweersmid neem gaan jy ten minste R1500+ betaal vir die skroefdraad...dit los jou maar ook by R4000...

So my vraag is die, die koste is basies dieselfde...watter een?

En nee die Moose was nie betrokke by die KD "Shoot-out " nie..



Johan,

Middag. Geluk met jou demper. Bly jy is tevrede.

Nie seker waar jy die prys van R2500 gekry het vir my dempers nie.... Hulle prys R1350 + pos in SA. In Nam is dit ook maar selfde, net die posgeld wat effe meer is.

Groete,

Henk

_________________
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: silenthunterkd@gmail.com
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Sun Nov 16, 2014 1:14 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Posts: 1373
Location: Kuilsrivier/ Tankwa Karoo
Ek het op drie van my gewere n Moose en moet sê dit werk vir my. Hulle is doeksag en met amper geen recoil nie. Net om n voorbeeld te noem. Wanner ek met die308 skiet kan ek nou die skoot deurvolg en sien hoe dit deur die papier teiken gaan sonder om eers weer agter die geweer reg te skuif.
Ek was nou wel gelukkig om n Silent Hunter te kon wen met n gelukkige trekking en sal dit eers moet uittoets op die nuwe 22-250 wat oppad is voor ek my mening daaroor ken gee.

_________________
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 TOMBI; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Sun Nov 16, 2014 3:14 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm
Posts: 81
Location: Tankwa Karoo
Ek is ook bevoorreg om te kan saam praat ek het my moose knaldemper onlangs gekry en sal dit vir almal wat nog nie n moose het nie dit aanbeveel.Ek het myne privaat laat doen en is baie tevrede.Ek nou so bewerig oor spelling sal ma eers stop.

_________________
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 3:49 pm 
Offline
Administrator
Administrator
User avatar

Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Posts: 4042
Location: Windhoek, Namibia
Die Moose manne.....

Maak julle dempers nie so n groen korrelrige aanpaksel inni dempers wat alles in jou loop en aksie ingaan as jy hom opdraai nie? Meeste wat ek van weet doen dit. Vra ma net.....

Mooi loop
Francois

_________________
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 3:54 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Posts: 1225
Location: Welgelegen
HUH???


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 4:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Posts: 1225
Location: Welgelegen
is dit nou die jaloesie van die ander manne wat binne ons din lope afloop....

Is dit nou din of dun...LOL!!!!!!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 4:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Posts: 1373
Location: Kuilsrivier/ Tankwa Karoo
Maak julle dempers nie so n groen korrelrige aanpaksel inni dempers wat alles in jou loop en aksie ingaan as jy hom opdraai nie? Meeste wat ek van weet doen dit. Vra ma net.....

Francois, nee glad nie. Ek het al n hele paar skote deur die Moose gejaag en moet sê hy bly skoon. Weet nie waar daai storie vandaan kom nie, maar ek sal dit dop hou.
Ek sal graag met daai manne wil praat. Kan jy een van hulle se kontak nommers gee.

_________________
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 TOMBI; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 5:04 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6029
Location: Paarl
Francois Marais wrote:
Die Moose manne.....

Maak julle dempers nie so n groen korrelrige aanpaksel inni dempers wat alles in jou loop en aksie ingaan as jy hom opdraai nie? Meeste wat ek van weet doen dit. Vra ma net.....

Mooi loop
Francois


Wed jou jy gebruik 'n Silent Hunter!!!

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 5:13 pm 
Offline
Administrator
Administrator
User avatar

Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Posts: 4042
Location: Windhoek, Namibia
Johan/Heinz
Ek het dit self gesien...dit is groen korrelagtig. Lyk soos kruit wat nie heeltemal gebrand het nie. Ruik sterk na almoniak ook.
Ek het by n jaggeweer skiet eendag mee geluister by n gesprek oor knaldempers en daar het iemand dit bevestig ook. Die spesifieke man het n ander demper aangekoop so erg was sy probleem.
Johan
Jaloesie het niks met die saak te doen nie. My broer fit die dempers vir die verspreiders in Namibië en hy het dit ook al bevestig. Ek praat nie hoorsê nie.

Mooi loop
Francois

NS In my beskeie opinnie is n moose heeltemal overpriced. Jy kry dempers vir die helfte van die prys wat net so goed demp

_________________
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 6:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Posts: 1911
Location: Windhoek, Namibia
Ek het al van die eerste Moose KD's opgesit, ja dit is baie sag, ja dit vat baie recoil weg, maar die gemors wat losraak en elke keer in my loop en aksie inval is nie goed nie. My 1ste loop baie vinniger vervang as wat nodig was, en as koeels wat nie reg "voer" agv die aanpaksels wat in jou aksie lê is baie frustreerend.
Om elke 50-100 skoote die Moose deur my UltraSonic te sit was nie ideaal. As jy oes, skiet jy maklik 100+skoote n dag. Goeie KD, maar nie vir harde werk en manne wat slegs bietjie lood gooi.

Groete
Raven


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 8:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2130
Location: Sout Kalahari- Gochas
Manne, ek het self 2 Moose knaldempers en dit wat FM en Raven sê is ongelukkig die waarheid. Blou groen kleur van die korreltjie en daardie skerperige reuk is teenwoordig.
Ek is baie tevrede met myne, maar ek sal as ek moet nuwe kd koop nie weer moose kan bekostig nie, so eenvoudig soos dit.

Wat ek later begin doen het, veral in die jagveld waar man dalk vinnig 2,3 of vier skote na mekaar skiet..... ja, die ding is baie sag, al 4 springbokke geskiet wat amper op 'n hoop was teen die wind in..... hou die loop na onder en sorg dat jou geweer skoon is. My opinie, reg of verkeerd kan ek nie sê nie, is dat dit die gasse is wat omsit in vloeibare fase en dan kristalliseer (spelling :-\ ::) ;D ) en daardie kristalle val dan in die geweer se kamer terug en dit is irriterend en die kamer moet baie meer skoongemaak word as wat nodig is.
As jy die demper afdraai (en jy moet dit maar elke keer doen as jy klaar geskiet het) haal die slot uit sodat indien daar wel kristalle in die loop val , dan val dit reguit deur na onder en gaan lê nie in die kamer nie. Dieselfde as jy weer die demper opdraai, en voor jy opdraai, tik maar die demper eers liggies en skud die moontlike kristalle uit.
My 22.250 se kroon het amper in die slag gebly met die moose... uit onkunde bygesê.

Geniet julle moose'e, dit is wel goeie demper in my opinie.... maar dit is al wat ek nog geskiet het.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 9:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Posts: 1154
Location: Bloemfontein
Baie intresant. Dink julle dit is 'n alli ding of meer weens die ontwerp van die Moose? Dalk net die spesifieke materiaal van die Moose?

Groete,

Henk

_________________
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: silenthunterkd@gmail.com
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Mon Nov 17, 2014 10:52 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2130
Location: Sout Kalahari- Gochas
Silent Hunting wrote:
Baie intresant. Dink julle dit is 'n alli ding of meer weens die ontwerp van die Moose? Dalk net die spesifieke materiaal van die Moose?


Henk, ek het nog nie so daaraan gedink nie, maar jy mag dalk nou hier op, of baie na aan die antwoord wees. Ek raai ook maar.
Indien mens die Moose reg hanteer en hierdie dinge doen wat ek genoem het sien ek nie gevaar/moontlike skade aan jou geweer nie, net bietjie ekstra moeite.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 2:30 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Posts: 726
Myne het 'n snaakse aanpaksel op die punt van die demper gemaak. So wit geelerig. Lyk amper soos 'n kondensaat wat kristaliseer het. Het dit maar net afgekrap.

_________________
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 1:40 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Mon Feb 07, 2011 2:26 pm
Posts: 2
Dag se Jaracal.

Dit is Dirk, die man agter die Moose Suppressor, ek is nie aktief op die forum nie, maar wil graag van die geleentheid gebruik om paar dinge duidelik/reg te stel i.v.m die laaste "posts"

My e-pos is dirkn@iway.na(het nog nooit n ander address gehad nie), Moose Suppressors was nog nooit aan S&O eers aangebied om te retail nie.

Die werking en doeltreffendheid van enige demper le daarin in hoe die "propelling gasses" "ge- decelerate" en verkoel word om die druk verskil so laag as moontlik te kry. So m.a.w jy wil so veel moontlik gas vas hou en omskakel. Dit moet dan in n kompakte en praktiese groote wees, om voor op n jaggeweer vir n wye spectrum jagters tevrede te stel. Vir die rede en ook die gewigs faktor word 6082 "aircraft grade" aluminum gebruik. Die aluminium is n baie goeie heat-sink, die "mono-core" is ook so ontwerp. Die aluminium komponente word dan ge-anodize om korrosie te beperk.

n Groot persentasie van die drymiddels se samestelling bestaan uit Nitric Acid, daar word beweer dat sowat 0.1 grein van elke grein kruit per skoot nie ontbrand nie. Dit saam met die gas wat vorm tydens ontbranding(en vas gehou word in die suppressor) en kondensaat a.g.v die temp verskil vorm n redelike korrosiewe omgewing.

Die wit/groen poeier wat waargeneem word is in ons opinie en ondervinding n kombinasie van propellant deposits en aluminumoksied wat vorm as dit droog word(jy kan seker se kristaliseer) Dit is ook meer prominent met sekere dryfmiddels en in sekere skiet omstandighede, soos as jy baie skote na mekaar in koue (nag) omstandighede skiet en dus baie kondensaat opbou. Die kans dat jy deposits vorm gedurende n jag is skraal en dit wat die vorige "posts" na verwys glo ek is weens vorige gebruik.

Soos met jou geweer, moet jy jou Moose ook maar gereeld skoon maak, my aanbeveling is om as jy klaar geskiet het om dit af te skroef en regop te bere. Maak jou slot oop as jy die suppressor weer opskroef want soms kom van die "poeier" los in die opskroef proses en le dan in jou kamer as jy nie die slot oopmaak nie.
Indien jy besig is met skiet/jag probeer sover moontlik die geweer met "muzzle" na onder te laat staan. As jy klaar geskiet het vir die dag kan jy die geweer met Suppressor en al deur trek met n boresnake (ek doen dit en beveel dit aan, ek hou daarvan om die suppressor op te sit en op te los vir die pediode van my jag).
Indien jy klaar is en die suppressor wil bere en jy neem die wit poeier waar, skud uit wat jy kan en borsel dan met n nylon "bore-brush". Jy kan binne in die suppressor Silicone spry spuit om moontlike korrosie te bekamp.
Indien jy n ultra-sonic wil gebruik is die aanbeveling na elke 200 skote vir goeie resultate.
(Ek beveel bogenoemde aan vir die gebruik van enige demper, terloops ons verkoop en instaleer ook silent hunter)

Ons het tans oor die 2500 units in die mark en kry baie positiewe terugvoer, maar ek glo nie daar is so iets soos n volmaakte produk wat deur mense gemaak word nie. Verder verwelkom ek enige terugvoer en behoefte wat die mark(soos op die forum) soek.

Kontak my gerus via e-pos vir enige verder vrae of indien jy enige probleem met n Moose ondervind.


Last edited by Wittes on Tue Nov 18, 2014 2:55 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 2:05 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2130
Location: Sout Kalahari- Gochas
Wittes wrote:
.


Ag toe man, kom sê nou iets asb my vriend :angel:


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 2:52 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Posts: 489
Location: Stellenbosch
Snaaks genoeg ek het n aimsonic op my 308 en hy doen die selfde. Daar vorm n tiepe groen aanpaksel by die voorste baffels. Dit gebeur slegs as ek die KD afskroef en n tyd laat le aangesien geweer met kd nie in die kluis kan pas nie. Dit ruik erg na amaniak maar was nog nooit so erg dat dit loskom en terug val in die loop nie. Die Kd het al so 800 skote deur hom.

_________________
Groete Kallie Fernhout
Brno Mod 2 .22
Walther 6XC
Krieger 6XC
Bartlein 6BR
Broughton 300WSM
303 lee enfield
Haelpomp
.38 Special


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 3:02 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5630
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Wittes, Wouter sal seker self netnou hier kom praat, maar hy het vanoggend jou KD's se naam net verwar met 'n ander maak KD, wat (onbewustelik) 'n ander vervaardiger se produknaam gebruik het en wat ook intussen uitgesorteer is. 'n Clear case of mistaken identity... ;)

Interessant wat jy en die ander manne hier noem. Ek het 'n hele paar ALU KD's wat ek gebruik, almal deur verskillende ouens vervaardig, en het nog nooit die korrels ervaar nie. Party is reflex en ander nie. Na hoe lank sal mens die effek waarneem?

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 3:26 pm 
Offline
Administrator
Administrator

Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Posts: 5803
Location: Waterkloof, Pretoria
Dankie Eugene

Die disleksie begin nou regtig n helse inpak op alles te he! ;D Maar ja ek het die Moose totaal met n ander silencer vervaardiger misgis en bied my verskoning onomwonde aan Wittes aan.

Wittes baie welkom hier en ek hoop jy geniet dit sommer gate uit.

Groetnis
Wouter


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 7:07 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Posts: 2351
Ek het geen ondervinding van die Moose Kd's nie maar wil graag vir Wittes geluk wens met n mooi volwasse en oopkop antwoord.
Dankie vir dit.

_________________
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Moose Knaldemper
PostPosted: Tue Nov 18, 2014 8:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2130
Location: Sout Kalahari- Gochas
Wittes wrote:
Dag se Jaracal.

Dit is Dirk, die man agter die Moose Suppressor, ek is nie aktief op die forum nie, maar wil graag van die geleentheid gebruik om paar dinge duidelik/reg te stel i.v.m die laaste "posts"

My e-pos is dirkn@iway.na(het nog nooit n ander address gehad nie), Moose Suppressors was nog nooit aan S&O eers aangebied om te retail nie.

Die werking en doeltreffendheid van enige demper le daarin in hoe die "propelling gasses" "ge- decelerate" en verkoel word om die druk verskil so laag as moontlik te kry. So m.a.w jy wil so veel moontlik gas vas hou en omskakel. Dit moet dan in n kompakte en praktiese groote wees, om voor op n jaggeweer vir n wye spectrum jagters tevrede te stel. Vir die rede en ook die gewigs faktor word 6082 "aircraft grade" aluminum gebruik. Die aluminium is n baie goeie heat-sink, die "mono-core" is ook so ontwerp. Die aluminium komponente word dan ge-anodize om korrosie te beperk.

n Groot persentasie van die drymiddels se samestelling bestaan uit Nitric Acid, daar word beweer dat sowat 0.1 grein van elke grein kruit per skoot nie ontbrand nie. Dit saam met die gas wat vorm tydens ontbranding(en vas gehou word in die suppressor) en kondensaat a.g.v die temp verskil vorm n redelike korrosiewe omgewing.

Die wit/groen poeier wat waargeneem word is in ons opinie en ondervinding n kombinasie van propellant deposits en aluminumoksied wat vorm as dit droog word(jy kan seker se kristaliseer) Dit is ook meer prominent met sekere dryfmiddels en in sekere skiet omstandighede, soos as jy baie skote na mekaar in koue (nag) omstandighede skiet en dus baie kondensaat opbou. Die kans dat jy deposits vorm gedurende n jag is skraal en dit wat die vorige "posts" na verwys glo ek is weens vorige gebruik.

Soos met jou geweer, moet jy jou Moose ook maar gereeld skoon maak, my aanbeveling is om as jy klaar geskiet het om dit af te skroef en regop te bere. Maak jou slot oop as jy die suppressor weer opskroef want soms kom van die "poeier" los in die opskroef proses en le dan in jou kamer as jy nie die slot oopmaak nie.
Indien jy besig is met skiet/jag probeer sover moontlik die geweer met "muzzle" na onder te laat staan. As jy klaar geskiet het vir die dag kan jy die geweer met Suppressor en al deur trek met n boresnake (ek doen dit en beveel dit aan, ek hou daarvan om die suppressor op te sit en op te los vir die pediode van my jag).
Indien jy klaar is en die suppressor wil bere en jy neem die wit poeier waar, skud uit wat jy kan en borsel dan met n nylon "bore-brush". Jy kan binne in die suppressor Silicone spry spuit om moontlike korrosie te bekamp.
Indien jy n ultra-sonic wil gebruik is die aanbeveling na elke 200 skote vir goeie resultate.
(Ek beveel bogenoemde aan vir die gebruik van enige demper, terloops ons verkoop en instaleer ook silent hunter)

Ons het tans oor die 2500 units in die mark en kry baie positiewe terugvoer, maar ek glo nie daar is so iets soos n volmaakte produk wat deur mense gemaak word nie. Verder verwelkom ek enige terugvoer en behoefte wat die mark(soos op die forum) soek.

Kontak my gerus via e-pos vir enige verder vrae of indien jy enige probleem met n Moose ondervind.


Baie dankie vir die antwoord Dirk en Wittes.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 56 posts ]  Go to page 1, 2, 3  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: Methos and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group