Tarentaal / gans skiet

Post Reply
User avatar
Lian
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Sep 09, 2014 12:45 pm

Tarentaal / gans skiet

Post by Lian »

Hi daar

Weet enigiemand moontlik van 'n plek waar mens kan gaan help met 'n tarentaal / gans / ens probleem, in die Weskaap? Verkieslik so binne 2 of 3 ure se ry vanaf die stad.
Ek en 'n vriendin was laas nog na Christo Hough se kant vd wereld, en gaan later weer. Maar ietsie effens nader sou beter help vir 'n kort naweek.


Dankie!
L
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by fanie.myburgh »

Het by dalk n PCP windbuks? Hier is so paar oorige diere by my. Maar dit is net PCP of .22 met sub sonic patrons wat her Sam werk.
User avatar
Lian
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Sep 09, 2014 12:45 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Lian »

Niks nie? :(
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Hugo »

Lian,

99% van die manne hier het grond, werk op grond, ken mense met grond en sort maar hul eie probleem "ietems" uit, jy moet maar die landbou weekblad raad pleeg vir sulke geleenthede!

Hoop jy kom reg!
User avatar
Lian
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Sep 09, 2014 12:45 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Lian »

Hugo wrote:Lian,

99% van die manne hier het grond, werk op grond, ken mense met grond en sort maar hul eie probleem "ietems" uit, jy moet maar die landbou weekblad raad pleeg vir sulke geleenthede!

Hoop jy kom reg!

ek verstaan, ek verwag geen heen-en-weer van geld of iets nie. ek hoop maar vir 'n bietjie "sharing" van die "ietems" :)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Lian.

Jaracal is 'n baie lekker forum waar die manne agter oor sal buig om mekaar te help. Soms tot nadeel van hul self. Daar is 'n paar dinge wat ons egter nie sommer deel met ander manne nie.
1. Ons vroue of vriendinne.
2. Ons gewere.
3. Ons bakkies.
4. Ons skiet plekke.

By nommers een is my leuse; jy kan kyk, maar as sy jou nie m@er nie gaan ek jou skiet. ;D
Met nommer twee is ek heel geneë om jou 'n skoot of twee te gee, maar met omdat ek wil spog.
Vir nommer drie sal ek moeg-dronk moet wees, maar ek drink skaars, so slegs as ek my trok aan jou verkoop, sal jy hom mag bestuur.
Dit het my 20 jaar geneem om my paar skiet en jag plekke te ontdek en te koester. Die kanse dat jy by nommer een geholpe gaan raak is dus beter. >:D

Grappies op 'n stokkie. Die van ons wat in die stad of op die dorp woon se tyd vir skiet is beperk tot naweke en word lank voor die tyd beplan en bevestig om huismoles te voorkom.
Die manne op wie se gronde ons skiet boer vir 'n lewe en kan nie ons hand vashou nie. Dus moet hy jou vertrou. Daardie vertroue kom nie van self nie.

Dit is nie dat ek jou nie vertrou nie, maar ek ken jou glad nie. Ek het jou nog nie op 'n skiet dag ontmoet of by my Jagtersvereniging raakgeloop nie. Ek weet dus nie hoe behendig en bekwaam jy met jou skietysters is nie. Ek weet nie waar jy woon of werk nie. Nie dat dit saak maak nie, maar vriende ken mekaar.

Sien asb. my skrywe in 'n positiewe lig. Doen moeite om saam te gesels op Jaracal. Deel jou kennis met ons en maak persoonlike kontak met die manne in jou omgewing. Ek belowe jou dat jy binne 'n kort tydjie saamgenooi sal word om te gaan makoue skiet.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Heinz Petersen »

Gawie, hoe lank moet ek nog by jou gatkruip om saam te gaan skiet. >:D
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Gawie(13mm) »

Heinz Petersen wrote:Gawie, hoe lank moet ek nog by jou gatkruip om saam te gaan skiet. >:D
Jy is amper daar!!! ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by 243Songdaug »

Gawie, dit was nou 'n puik verduideliking - jyt defnitief takt.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Gawie(13mm) »

243Songdaug wrote:Gawie, dit was nou 'n puik verduideliking - jyt defnitief takt.
Ek probeer my bes, maar die Heinz ou is erg knaend! >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by PWV »

Heinz, ek sien iemand begin hier uitrafel! :confused:
User avatar
Lian
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Sep 09, 2014 12:45 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Lian »

Gawie, ek verstaan 100%
Soos ek gese het, ek het maar laas nog by Christo Hough se plek naby Calvinia gekamp (as dit enigsins iets beteken/help), en het nie rerig geweet wat om te verwag nie. Dit was baie verbasend dat ons letterlik kon hike/stap net waar ons wou, alhoewel ons het hom baie baie mooi laat verstaan dat ons "safe directions" wil uitwerk met hom eers.
Dit was meer 'n stap/hike afferre as iets anders, maar was tog uitstekend en vervrissend / anders.

Persoonlik weet ek nie rerig hoe mens vertroue online gaan opbou sonder om die persoon eers fisies te ontmoet nie. Enigiets kan tog maar opgemaak word online ;)
Al wat ek kan se, is dat ons 2 sport skiet doen by my "home range" by Falsebay.... en ek's seker hulle het 'n naam vir fanaties streng en professioneel wees.

My vriendin en ek, laas by die kolganse:
http://i56.photobucket.com/albums/g197/hamster_za/Nest_Both2_zpslpty1y2v.jpg

Vir GOSA:
http://i56.photobucket.com/albums/g197/hamster_za/Yvette%20-%20GOSA%202015%20-%20medium_zps64mqtuqe.jpg


As jy dit sou oorweeg, sou ons jou liewers vir ete stick erens en gesels ;)
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2591
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by JohanvB »

Ja...dit neuk maar...
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Gawie(13mm) »

Lian, so leer ons in een plasing meer van jou as in 'n hele jaar. ;D

Dit is juis my punt. Jy sal moet saam gesels en van die manne persoonlik ontmoet. In die nuwe jaar sal ek jou oornooi na een van ons jagtersvereniging se baan skiete by Robertson of Moorreesburg. Dit is 'n paar kilos, maar dit is waar jy die regte vriende maak en deel van die "gemeenskap" word.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Lian
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Sep 09, 2014 12:45 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Lian »

Dit sal lekker wees, dankie!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by tau »

Is dit Gunsite se Lian? wys net jou gunne en almal sal jou nooi vir so paar skote, die uitnodiging na my staan steeds.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by TOKELOS »

Gawie, Jy help so mooi, verduidelik ook tog watter rugbyspan om NIE te ondersteun nie asb!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Tarentaal / gans skiet

Post by Andre308 »

Bloubulle skree is soos om jou ouma se panties te dra...
Post Reply