JARACAL
http://www.jaracal.com/

Uiteindelik weer n Kudu
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t=66735
Page 1 of 1

Author:  6mmMusgrave [ Thu Aug 09, 2018 5:48 pm ]
Post subject:  Uiteindelik weer n Kudu

Naand almal

Ek was bevoorreg dat my goeie vriend Joshua my genooi het om weer te kom kudu soek by hom om die plaas. Ek gan elke jaar maar laasjaar toe besluit ek mos om my skiet vernuf by die huis te los en skiet los bo oor my bok.

So ek het die laaste paar keer meestal deur my eie fout lee hande huistoe gekom. Tyd om dit te verander.

Nadat ek n uur moes sukkel om Charlene en Micheal in die kar te laai en haar te oortyig dat griep my nie gan doodmaak vat ons teen n goeie spoed die pad Cambel toe. Die 20km grondpad plaas toe sou n Dakar drywer nie so vinnig kon ry nie.

Op die plaas gekom is dit tyd vir n vinnige koffie en lieflike beskuit wat net n boerre tannie kan maak.

By Joshua skiet ons van die bakkie af die veld is groot en ek is nog half mank ook na my kombuis afbrand sirkus.

Ek hop soos n tiener agter op die bakkie en ons ry eerste die kamp agter die huis deur. Nie 5min in die veld hardloop n mooi klompie oor die pad en ons is agter na.

N mooi koeie staan op so 150m en ek le aan met my 6mm. Skoot klapmooi maar sy wys geen reaksie nie niks. Nie n spring of inmekaar trek nie. Staan nog rond vir n sekond of twee en draf lui weg. Ek is seker die skoot was mooi op die blad maar na die geen reaksie nie begin ek lelik twyfel.

Die manne se nee dis mis. Joshua se kom ons gan kyk net. Kry die 2 olienhout bosse waar sy gestaan het krap daar rond maar niks nie. Net toe ons besluit nee ek kan nogsteeds nie skiet nie kry die 1 man n druppel bloed.

En daar begin die gesoek na seker 100m van hier en dan weer daar n druppel verloor ons die spoor. Net toe ek dink geluk van Wyk jy die bok gekwes kry ons n druppel en ek is soos n oorgewig bloedhond op die spoor. Ek en die 1 man is vort 20m later sien ons hier kom sy agter n bos uitgeslinger lyk soos ek toe ek op varsity was. Voor ek weer kon skiet slaan sy neer morsdood.

Skoot mooi deur die longe. Huko sy niks gewys het nie sal ek graag wil weet. Wys net mens moet maar altyd seker maak daai misskoot is baie keer raak.

Groete
Jacques
Attachment:
IMG-20180809-WA0008.jpeg
Attachment:
20180809_104205.jpeg
Attachment:
20180809_133245.jpeg


Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Author:  JPS [ Thu Aug 09, 2018 6:03 pm ]
Post subject:  Re: Uiteindelik weer n Kudu

Baie geluk.
Lekker groot koeie.
Ek het ook al gehad waar “tracker” se dit was mis hy het stof agter bok gesien. Dan kry ons die bok morsdood so 100m of so verder

Author:  PierrieT [ Thu Aug 09, 2018 6:11 pm ]
Post subject:  Re: Uiteindelik weer n Kudu

Baie gelyk Jacques. Mooi koei daai! Net bly julle het haar gekry en dat sy nie jakkals kos geword het nie.

Author:  ruaanb [ Thu Aug 09, 2018 7:35 pm ]
Post subject:  Re: Uiteindelik weer n Kudu

mooi Jacques! Daai boere243 bring sy kant.

Author:  lgb [ Mon Aug 13, 2018 2:44 pm ]
Post subject:  Re: Uiteindelik weer n Kudu

Baie mooi Jaques, goeie fotos ook.

Page 1 of 1 All times are UTC + 2 hours
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/