200gr LRH Kriek in my 300WSM

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

Na aanleiding van Tau se post oor die Krieke vir sy 375 Ruger vertel ek ook die volgende.

Ek het vir lank ligter koëls in my 300wsm(gewone rakgeweer) geskiet maar daar was maar altyd iets wat gepla het.
Na ek met baie manne gepraat het, het ek besluit om swaar te gaan en op die die Hornady 208gr AMax besluit.
Nico Harris,Johanvb en Marco baie dankie vir julle oor tydens die gesprekke! Ek is seker ek het julle by tye mal gehad met die vrae!
Sommer vinnig het ek die Amax aan die skiet gehad in my geweer en die verdere toetse tot op 400m was ek baie gelukkig mee inaggenome die pakket wat ek gebruik en my eie vermoëns.
AMax op 100m
AMax100m.jpg
Ek het wel besef dat op die korter afstande kan vleisskade 'n probleem wees so ek het met Johann Kriek gesels en hy het vir 'n 200gr LRH koeël aanmekaar gesit en ek het 'n paar bestel.

Met die 1ste rondte van toetsing sien ek dat die vertikale lyn dieselfde is as met die Amax maar dit so klein bietjie laer skiet want spoed was nog nie daar nie. Ek skiet die Amax teen 2660 fps avg so ek het opgewerk daarna en die nodespoed vir die Krieke het toe op 2687 fps uitgewerk. Tot my verbasing skiet die Krieke op dieselfde plek as die Amax op 100m toe ek die spoed reg het.
Kriek100m.jpg
Ek moet nog toets op 200m en verder maar dit lyk uiters belowend. As dit so bly tot op 300m is ek meer as tevrede want dan hoef ek nie te stel aan die Eliminator se settings nie!

As alles uitwerk is 'n eland op die spyskaart vir hulle bietjie later vanjaar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by JacquesT (Stompe) »

Hi Ruaan,

Dit lyk baie belowend. Wys bietjie 'n foto van die koel asb man, klink interesant.

Ek het onlangs so paar Krieke by Captain Oblv, gekry om te toets, was sommer met die eerste lading op node en koele het mooi inmekaar gesit.

Groete,
Jacques Theron
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Capt. Yoda »

Ruaan hoe lyk die goete? Hel ek julle aan krieke voor gestel back in the day dan weet ek nie eers van die lekker koels nie :-[
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

Jis manne hulle is nuut! Hier is vinnige fotos toe ek dit die dag gekry het.
Die ander een is 'n 198gr LRT wat so ontwerp is om so na as moontlik aan die 200gr te bly sodat jy nie hoef te stel nie.
Ek sal met hulle begin speel na die jagseisoen.
Kriek200grLRHen198LRT1.jpg
LRH is links
Kriek200grLRHen198LRT2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

Ek is eerlik die Krieke is van die akkuraatste wat ek al mee te doen gekry het. Ek het die Barnes LRX gebruik en aangepas vir 'n begin in QL.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by joe rocket »

Dit lyk baie netjies Ruaan daai Krieke loop mooi mater! Nou moet jy die Krieke en die amax'e op 300m en 400m gaan toets.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Nico Harris »

Lyk awsome!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Capt. Yoda »

Lyk baie netjies, laat weet ons wat hulle doen as jy hul verder skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
jnortje
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Apr 09, 2013 9:17 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by jnortje »

Ek geniet ook die swaar koels in my 300WSM, die 200gr Nosler Accubond werk baie goed
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Nico Harris »

Hoop om my 200lrh koele more tevkry!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

Hopelik kry ek die Sat kans om bene te rek met hulle. Laat weet wat hulle in jou roer doen asb
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by JohanvB »

Kan 'n 300wsm sovêr skiet :laugh: :laugh:
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by JohanvB »

Nee spot sommer..Ruaan skiet daai roer nou baie mooi.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

Ek sit op my hanne. ..
marco

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by marco »

Daai roer kan n mens n bok droll verkeerdom laai en die dop vol beesmus skep en hy sal hulle nog almal in een gat gooi...

Mooi gelaai en geskiet mater...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

vanoggend tot op 400m getoets en die Krieke loop hou vir hou saam met die Amax tot daar. bietjie Stompe se gongs daar op +-400m mooi gestamp!

Splashes is die Amax en die donker kolle die Krieke.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160625/26d94cf6c65b8dec80519b69e6d00ad3.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160625/1370feaabd46066a0c7c62732a3c016f.jpg
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Ben »

Ruan dis bitter mooi daai....Daai kriek slaan daai gonge hard!!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by JacquesT (Stompe) »

Ja nee daai Krieke loop oop en toe.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by joe rocket »

Daai Krieke loop soos ant Stienie met pink kroks, aanmekaar.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Nico Harris »

Na ek die post gelees het , het ek dadelik vir Johan gebel en vir my van die koeëls bestel. Ek gebruik 208gr amaxe in my 300wsm op die oomblik en op nader afstande is die vleis skade baie erg. Ek het gehoop om met min moeite die kriek koeeëls te gebruik op nader afstande.

Die koeëls het donderdag hier gekom en ek het deadelik aan die laai gespring.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1_9.jpg

Ek het die koeëls gelaai sonder om my matryse te verander en het uitgewerk dat dit my n jump van 1.15mm gee. Johan het genoem 1.5mm n goeie begin is maar het besluit om dit net so te los vir my doel.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg3_6.jpg

Ek het die lading ook presies dieselfde gelos en een amax en een lrh oor die magneto speed geskiet.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg2_6.jpg

Die verskil van spoed was maar 26ft/s. vir wat ek wou doen was dit min genoeg. Volgende wou ek kyk waar skiet die 200gr lrh en hoe die groepe lyk.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg4_5.jpg

Eerste 5 skoot groep was lekker klein en het net 3 clicks regs nodig gehaad om in die bull te wees- ook min genoeg vir wat ek wil doen. Ek het toe een skoot geskiet op 300yds met my amax se dope en het die gong dead centre geslaan.

Ek het toe besluit om die koeëls te gaan toets op n paar vlakvarke. Soos luck ditnwil he het die eerste vark op 350yds gestaan en ek het maar besluit om steeds die kriek koeëls te gebruik. Die vark het in n skaduwee getsaan en ek het se hoek bietjie misgis. Ek het hom op die linker skouer getref en die koeël is tussen sy boude uit. Hy het n ent gedraf en weer getaan. Die skoot was op dieselfde blad en net agter die blad ander kant uit. Vlies skade was omtrent afwesig.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg9_2.jpg

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg10_2.jpg

Die volgende vark het op presies 300yds gestaan. Skoot is net agter die blad in en deur die kop uit. Vleis skade ook niks.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg6_2.jpg

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg7_2.jpg

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg11_2.jpg

Die laaste vark het n pel van my geskiet op 120yds van skuins voor die kop. Die skoot is agter die linker blad uit. Het nie n foto gekry nie maar vleis skade was oom lekker min.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg5_3.jpg

Ek is oor die algemeen baie gelukkig met die koeëls. Vlies skade is min, skiet goed met baie min moeite. Dis ook positief dat die uitgangs wonde groot is - so R5 size- wys die koeël maak mooi oop. Ek gaan nog mooi tot op 500yds skiet en kyk hoe die drop vergelyk met die amax en dan terugvoer gee.

Groete

Nico
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

netjies Nico ek is so opgewonde oor die koeëls en wat dit vir ons bied as n alternatief. Ek sal ook kom opdateer na my jag.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Aceofspades »

Sjoe Nico en Ruaan. Baie dankie vir julle terugvoer. Ek waardeer dit baie. Min mense gaan dover uit hulle pad om terugvoer te gee. En nee, ek verkwalik niemand as daar nie terugvoer is nie. Oor die algemeen sê alle Jaracal lede wat hulle gevoelens is, in privaat of op due forum.

Dis nou net Antie Stienie en haar se puenk kroks wat my vanaand uit die slaap gaan hou.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by ruaanb »

bwahaha classic
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Nico Harris »

:laugh:
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 200gr LRH Kriek in my 300WSM

Post by Pinkes »

Dankie Nico. Daai lyk vir my baie belowend. As jy vir ons die amax en Krieke se drop kan gee op 1000y sal ek waardeer. Sal dan sien hoe goed die BC is
en as ek tevrede is sal ek daai Krieke def aanskaf en dan gooi tot op 1600-2000y om te sien hoe dit maak sodra dit transonic gaan.

Groete
P
Post Reply