JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Sep 19, 2018 10:28 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Sep 10, 2018 2:30 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
Posts: 57
Hallo almal

Ek wil sommer net my ervaring met julle deel van JRS Riflestocks. Dit was vir my 'n heerlike ervaring om met Jurie besigheid te doen en die kolf het presies uitgekom soos wat ek dit wou gehad het.

Ek wou bietjie iets anders as die standaard hê vir my Tikka Varmint 308. Die fabrieks Tikka kolf was hopeloos te kort vir my en alhoewel die geweer bitter akkuraat uit die boks was, het ek net nie lekker gemaklik met hom geskiet nie.

Ek het toe na allerhande opsies begin gekyk: verskillende chassis, die GRS kolwe, ens. Ek het op 'n stadium van die KRG Bravo gehou en het amper een in SA in die hande gekry, maar op die ou einde wou ek nie heeltemal tacticool gaan nie. Ek het reeds 'n klassieke jaggeweer met 'n walnut kolf wat lekker lig is en wat ideaal is vir "walk-and-stalk". So vir my 2de geweer wou ek iets hê wat lekker op die baan sal skiet, maar waarmee ek ook kan jag. En iets wat so bietjie anders is as die gewone sonder dat dit heeltemal takties is.

Ek kom toe op Jurie se Facebook blad af (JRS Riflestocks) en sien hy maak 'n "clone" van die Tikka sporter. Ek bestel toe by hom een in 'n ongewone "matt" swart kleur. Jurie was fantasties en het baie moeite gedoen om seker te maak die kleur kom reg uit. Die LOP van die kolf het hy ook volgens my versoek gemaak. Hy is 'n uiters aangename persoon wat die hele ervaring vir my maklik gemaak het. Sy diens is persoonlik, maar steeds baie professioneel.

Ek is ook baie, baie tevrede met die eindproduk - dis werklik van uitstaande gehalte. Die kolf se pistool greep en duimrus is vir my die hoogtepunt. Dit sit perfek in my hand en ek kan sommer voel hierdie ding gaan vrek lekker skiet.

Ek post 'n paar foto's. En sodra ek by die baan uitkom sal ek 'n "update" gee oor hoe die geweer nou skiet.
Attachment:
image01.jpeg

Attachment:
image02.jpeg

Attachment:
image04.jpeg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 10, 2018 2:33 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
Posts: 57
Attachment:
image06.jpeg

Attachment:
image07.jpeg

Attachment:
image10.jpeg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 10, 2018 2:35 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
Posts: 57
Attachment:
image09.jpeg

Attachment:
image11.jpeg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Sep 10, 2018 3:20 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Wed Feb 10, 2016 12:29 pm
Posts: 92
Baie mooi kolf!

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group