Watter silencer??

Post Reply
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Watter silencer??

Post by Ockert1992 »

Môre julle,

My Howa 6.5 Creedmoor moet nog 'n silencer kry. Maar daar is nou so baie opsies op die mark.

Ek het op my vorige geweer 'n Silent Hunter gehad, waarmee ek baie tevrede was. Hulle is egter redelik swaar.

Omrede die geweer reeds swaar is soek ek iets wat so lig as moontlik is en die geweer nie meer as tussen 150 en 200mm langer maak nie.

Ek het baie gekyk na die combo's met die muzzle break, veral die recoil reapers wat uitstekend werk. Hulle is egter verbied by sekere kompetisies.

Verder het ek gekyk na die Aimsport Hunter reeks.

Budget is so om die R3000.00.

Ek hoor graag wat julle dink.

Groete
Ockert
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Watter silencer??

Post by JacquesT (Stompe) »

Hi Ockert,

Ek gaan nie die enigste ou wees wat dit vir jou sê nie, maar kyk na die Oryx, en dan praat jy met Callie van Multech. Daar is ook 'n paar videos op Youtube oor hulle.

Groete
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Watter silencer??

Post by Rem »

Ockert,

Dalk n A-tec Hertz 119, nie die sagte of meeste recoil reduction nie, maar definitief top as dit kom by gewig en minste lengte aan loop bysit.

356gram
Sit slegs 11.9cm by loop.

Het self een op my 300wsm en baie gelukkig.
My 2c
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
Chant
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Mon Dec 25, 2017 9:43 pm

Re: Watter silencer??

Post by Chant »

Moet se Oryx !ek skiet 4 van hulle.produk is puik.kontak multech//uploads.tapatalk-cdn.com/20180201/add018bababde65873a642054f2da317.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Watter silencer??

Post by jankraay »

Ek sal verseker die Oryx vat. Baie goeie produk.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
Gideonviljoen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Thu Apr 13, 2017 7:13 pm

Re: Watter silencer??

Post by Gideonviljoen »

Aimsport Triton reek, 2 van hulle werk baie mooi.
Sako 30-06
Sako Varmint 260
Sako 22-250
CZ 375 H&H
Miroku 12G
Glock 9mm
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Watter silencer??

Post by Albertdwk »

Ek hou van 'n goeie stukkie ingenieurs vernuf. Kyk gewoontlik met 'n klein flitsie binne in, hoe glad die machining is, baffle design en konsentrisiteit van kamers, dit wat moontlik is om te sien of as jy hom uitmekaar kan haal. Het nog nie baie plaaslike ontwerpe onder oog gehad nie. A-tec sover my no.1. Aimsport ok bo aan die lys. Warrior sal ek ook na kyk en Trueworx se nuwe generasie.
acssa
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm

Re: Watter silencer??

Post by acssa »

SUS-TAC 1000% vir my na ek geld op ander gemors het!

Hier is wat n 300wsm met baie ligte loop doen.

https://www.youtube.com/watch?v=hqyEiUys6fY
Post Reply