JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Dec 16, 2018 1:43 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 
Author Message
 Post subject: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 11:27 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Posts: 532
Location: Suid Kaap
Ek het n ou CZ 75 9mm wat bitter lekker skiet,maar sy verf/coating het al gechip en klein bietjie begin roes.
Ek het ook nie holster vir hom nie en soek iets klein en plat vir "concealed carry". Wat kan iemand voorstel asb?
Hoe vergelyk die gewig teenoor die nuwer CZ -PO7 of ander fabrikaat plastiek pistole as ek dit so kan noem.?

Sal ek beter af wees om my pistool effens beter te laat lyk dalk cerecoat en te hou of eerder iets nuwer wat dalk ligter is aan te skaf? Ek wil graag n 9mm pistool elke dag dra sonder dat hy my pla
is hier manne wat n ou cz 75 gemaklik dra en hoe?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 11:45 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Posts: 640
Location: Bloemfontein/Ladysmith KZN
https://guns-tactics.co.za/shop/iwb-hybrid-compact/

Sniper Gear maak 'n IWB holster baie gemaklik is en dit vir my moontlik maak om my Pre-B gemaklik en versteek te kan dra. Ek wou ook my Pre-B verkoop vir iets ligter maar het daarteen besluit.

Groete
Ruan


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 12:01 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Posts: 345
Location: Kathu
Vir die Verf/coating wat gechip het en begin roes kan jy altyd kyk na cerakote.
Daar is baie kleure om van te kies en hou baie lank.

_________________
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AN DIE!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 12:15 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2087
Location: Upington
Dra baie maklik vir my, maar roes erg van my sweet, is ook ge ceracote, help nie teen die roes binne waar sweet ingan nie. Wil nou na 'n polimeer wapen kyk, maar ai daai staal is darm maar net lekker....

Dra IWB met sticky holster.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 12:30 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 361
Location: Stella
Ek het ook n Pre-B, "short rail" om presies te wees. Hulle dra en skiet baie lekker maar onthou dat dit ou tegnologie is. Staal is swaarder as plastiek.

Hou hom vir oefen en sportskiet, en kry vir jou n Glock 26 of CZP07, of een van die S&Ws (M&P / Shield) om te dra.

Ek het vir 15 jaar n Taurus 606 in 357 Magnum gedra en het intussen ervaring met n G26, 38 snubbies, die CZ75 en enkele ander. Grootte maak n verskil!

As versteekbaarheid werklik belangrik is kan jy na die G43 of soortgelyk kyk.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 3:56 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Posts: 532
Location: Suid Kaap
Ek was so paar weke terug by Safari in Stellenbosch en n Gen 5 Glock 19 vasgehou wat ek nogal van hou...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Tue Feb 27, 2018 3:59 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Posts: 532
Location: Suid Kaap
Kom n mens n verskil in recoil en akuraatheid agter tussen die ou cz teenoor die nuwe plastic goed?
Ek sal seker erens met een moet gaan skiet en self voel...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Wed Feb 28, 2018 8:19 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3552
Location: Tsumeb, Namibia
Ek het jarre n 75 gedra - myne nog gedra anderkant die rooi-lyn ook - het nie die Star goetters vertrou nie.
Ek kan nie onthou hoeveel rontes ek deur daai pistool gejaag het nie - BAIE! Enige ammo wat te koop was in SA / SWA en die SAW fmj's. Betroubaar se moses! Een van my grootste foute was om daai pistool te verkoop! As ek jy is laat cerakote ek die yster en hou hom maat! ;)

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Thu Mar 01, 2018 7:45 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 361
Location: Stella
Jackalsniper wrote:
Kom n mens n verskil in recoil en akuraatheid agter tussen die ou cz teenoor die nuwe plastic goed?
Ek sal seker erens met een moet gaan skiet en self voel...



Jy sal redelik baie moet skiet om die verskil te begin voel. Dit was ten minste by my so. Aan die begin klap die skoot en die geweer skop meer of minder. Later begin n mens agterkom dat die wapens se terugskop van mekaar verskil.

Die heel belangrikste is dat n mens aan elkeen van hulle gewoond kan raak.

Oor akkuraatheid: daar is manne wat beduide dat hierdie of daardie pistool akkurater is. Dit mag dalk so wees. Op hierdie stadium bepaal my vaardigheid nog hoe akkuraat n handwapen is. Hoe meer ek oefen, hoe akkurater skiet hulle gewoonlik.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Thu Mar 01, 2018 9:55 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Posts: 733
Location: Piet Retief
My Pre-B het na omtrent 15000 skote, die snellerveertjie gebreek. R30 later en ek dink die volgende 15000 skote
behoort redelik probleemvry te wees. Ek het gehoor dat die 'slide stop' so 10000 tot 12000 rondtes hou, en het wel
'n spaar een wat ek saamvat skietbaan toe, maar sover hou die oorspronklike een nog. En soos iemand anders reeds
genoem het, as daar "9mm" êrens op die rondte gedruk is, gaan die Pre-B hom uitspoeg voor. Ek het vriende wat
onderskeidelik 'n 75B en 'n Shadow elke dag dra, en hulle is heel tevrede.

_________________
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: CZ 75 Pre B
PostPosted: Fri Mar 02, 2018 9:29 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Posts: 121
Location: Alberton
Ek sal voorstel voor jy ekstra geld uithaal op die CZ75 om eerder vir jou nog 'n handwapen te kry, koop vir jou 'n holster sodat jy solank die wapen kan dra, maar kry vir jou 'n lekker dra wapen soos baie al gese het.

Jy kan kyk na die nuwe CZ P10c, CZ p07 of ander na iets soos Glock 26, of 43, of die SW Shield.

As iets met die CZ75 gebeur het jy 'n ander wapen of as jy wel die ander wapen gebruik in 'n self verdediging situasie, het jy die CZ75 as back up.

Jy kan hier kyk vir al jou CZ spare en holsters en so
http://www.jizni.co.za/40-older-cz-75-alias-pre-b

_________________
IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 300 win mag
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 11 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group