JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Jul 16, 2018 10:17 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 14 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 10:19 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2028
Location: Upington
Ek het die 4 gekry en uitgesonder om te deel, die blink een is om "reg" te wys. Daar is nog, maar nie so prominent nie, ek het my koud geskrik! Dit is 'n drukteken tipies in glock oor die kamer se sny waar nop nie tenvolle ondersteun is nie. Nou die is uit my CZ75 en ek het gisteraand gaan kyk sy dop is ook nie 100% ondersteun nie.

Nou my lading IS veilig en is al wat ek glo my hand en pistool beskerm het.
Ek het paar(onthou nie hoeveel maar seker 50) doppies opgetel en herlaai soos normaal.

Wat ek vermoed hier gebeur het:
my ernstige vermoede hier is dat die brass in 'n oond of heel verkeerd uitgegloei is wat ek opgetel het, die brass is te sag gemaak en die was die gevolg.

Ek het sover 27 doppe uitgehaal met "smiles" en gaan mar weer 'n paar keer deur die hoop gaan.

Ek deel sodat iemand iets kan leer! In die gevolg sal ek maar die baan doppies optel en weggooi.

Attachment:
WhatsApp Image 2018-07-10 at 09.16.57.jpeg

Attachment:
WhatsApp Image 2018-07-10 at 09.16.55.jpeg


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 10:30 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Posts: 1746
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
Praat van oond. kyk die ander dag Jerry Miculek op Youtube waar haar .223 doppe skoon maak, laat droog word buite op sif tafels in dan in die oond sit vir omtrent 2 ure, Weet nie waar hy aan die oond beginsels kom nie. Dit is verseker 'n resep vir probleme, maar is dan seker Jerry Miculek.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 12:32 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4444
Location: Rustenburg
Dankie Alec
Dit is nie nodig om 9mm of ander pistool doppe uit te gloei nie, verstaan nie hoekom iemand so iets sou doen nie. Ek vermy doppe optel wat ek nie weet uit gekoopte pakkies kom nie.
Ek het dit nog nooit in my Glock gesien nie.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 1:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2028
Location: Upington
Carl wrote:
Dankie Alec
Dit is nie nodig om 9mm of ander pistool doppe uit te gloei nie, verstaan nie hoekom iemand so iets sou doen nie. Ek vermy doppe optel wat ek nie weet uit gekoopte pakkies kom nie.
Ek het dit nog nooit in my Glock gesien nie.



Ek gloei nooit pistool uit nie om eerlik te wees is al dop voorberyding wat ek doen is size en decap dan skoonmaak en prime daarom skiet ek so baie met die ding ;D , maar dat die brass saggemaak is, is al wat ek kan dink die veroorsaak het my lading spoed is ongeveer 1100Fps vir 124gr pil wat tog matig is uit 'n 4.6duim loop

Indien jy "Glock chamber" google en prente kies gaan jy presies sien waarvan gepraat word. Soos ek verstaan is dit iets wat maklik met die 40 S&W gebeur oor hulle sulke hoƫ druk kalibers is.

Dit word as ek reg is die "Glock smile" genoem net so triviale informasie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 1:19 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4444
Location: Rustenburg
Ja ek besef dis nie jy wat uitgloei nie, net ter inligting vir ander forumiete :)

Die Glock ding is so effe buite verband geruk, meeste pistole het presies dieselfde ondersteuning. Ek moet net die artikel gaan opspoor wat dit alles in konteks plaas. Die 40S&W het soms 'n bulge buster nodig met herlaai en natuurlik moet jy nie rond neuk met warm ladings nie, maar Ratel sal vir jou bevestig daai pistole ontplof nie soos die Internet aangaan nie ;)

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 1:21 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Posts: 423
Location: Kaapstad
Ek het dit eenkeer oorgekom en die doppie het loop vassteek in die kamer dat ek later die glystuk teen 'n stuk hout moes druk en met 'n klomp gewig op die ding leun om die doppie ge-"extract" te kry. Nooit weer nie.

_________________
Of so iets


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 5:45 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm
Posts: 106
Alec

Laai jy dalk met s121?

Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.

Kyk maar na jou kryt!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 7:06 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Posts: 1336
Location: smithfield
zipp wrote:
Alec

Laai jy dalk met s121?

Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.

Kyk maar na jou kryt!

hoop nie ek hijack nie.
hoe werk die factor?wat is die min/maks wat dit moet wees?

_________________
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 7:17 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Posts: 1746
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
johans wrote:
zipp wrote:
Alec

Laai jy dalk met s121?

Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.

Kyk maar na jou kryt!

hoop nie ek hijack nie.
hoe werk die factor?wat is die min/maks wat dit moet wees?
125

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 10, 2018 7:42 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Posts: 2028
Location: Upington
zipp wrote:
Alec

Laai jy dalk met s121?

Die vinnige druk spike veroorsaak die "case head" boepens.
Jou "Factor" (massa x trompsnelheid/1000)is 137. Dalk n dietjie hoog maar ek ken n klomp ouens wat vir so 135 factor laai vir IPSC.

Kyk maar na jou kryt!


Ek laai MP200 en nou (paar weke terug) my pistool meer as 11000 rondtes gevoer en dis die eerste wat ek dit teekom, en dit met opgetelde doppe dus is ek 99.99% seker dis 'n persoon wat doppe in oond gehad het.
Ek weet dat ek is nog goed onder maks druk, want het al +p ladings gelaai in die selfde pistool en spoed was 1250Fps sonder druk tekens terugslag was erger as 45 ACP en kon nie goed skiet met dit nie, maar daar het ek nie die boepe gekry nie.

Ek kan nie onder 1050fps laai nie dan 'cycle' my pistool nie reg nie.

Ek het nog al my ladings met QL uitgewerk en met chrony bevestig, met my lading tans loop ek 28000psi as ek reg onthou so ek is nog 8000psi onder die maksimum druk, as ek +p daar gelaai het was daar beslis moeilikheid!

Ek het my eerste 2 bokse(1000 rondtes) met S121 gelaai en nie dit gekry nie was daaityd 124gr Josyd lood met 3.9gr S121 gelaai, het gestop omdat die soos ou dieselkar gerook het, ek het toe oorgeslaan na Frontier 124gr beide FP en RN met MP200.


edit: Die faktor minimum is 125 en kan tot 165 laai afhangend van die "setup" wat jy het.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 11, 2018 8:19 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Posts: 820
Location: Goudveld - Virginia omgewing
Swede wrote:
Praat van oond. kyk die ander dag Jerry Miculek op Youtube waar haar .223 doppe skoon maak, laat droog word buite op sif tafels in dan in die oond sit vir omtrent 2 ure, Weet nie waar hy aan die oond beginsels kom nie. Dit is verseker 'n resep vir probleme, maar is dan seker Jerry Miculek.
Dis net om die doppe vinniger binne droog te kry.


Sent from my SM-A720F using Tapatalk

_________________
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 12, 2018 3:56 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1101
Location: Rustenburg
Carl wrote:
Ja ek besef dis nie jy wat uitgloei nie, net ter inligting vir ander forumiete :)

Die Glock ding is so effe buite verband geruk, meeste pistole het presies dieselfde ondersteuning. Ek moet net die artikel gaan opspoor wat dit alles in konteks plaas. Die 40S&W het soms 'n bulge buster nodig met herlaai en natuurlik moet jy nie rond neuk met warm ladings nie, maar Ratel sal vir jou bevestig daai pistole ontplof nie soos die Internet aangaan nie ;)


My 40 S&W doppe begin 'n effense smile wys hierby ongeveer 15 herlaaie met S221. Maar dan moet ek ook noem dat ek nie faktor laai nie. Die Lee bulge buster kid werk goed om daai smile in 'n tuit lip te verander. ++>: En soos Carl se die Glocks wat so dramaties opblaas is meestal oordrewe en nie net beperk tot Glock nie. Baie pistole se kamers is nie ten volle ondersteun nie. Die eerste generasie Glocks was wel minder ondersteun as die gen 3 en later modelle. Ek sal nie baan doppies sommer herlaai nie. Soms word hulle met goeie rede op die baan gelos.

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 12, 2018 7:52 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Posts: 421
Baasvark wrote:
Swede wrote:
Praat van oond. kyk die ander dag Jerry Miculek op Youtube waar haar .223 doppe skoon maak, laat droog word buite op sif tafels in dan in die oond sit vir omtrent 2 ure, Weet nie waar hy aan die oond beginsels kom nie. Dit is verseker 'n resep vir probleme, maar is dan seker Jerry Miculek.
Dis net om die doppe vinniger binne droog te kry.


Sent from my SM-A720F using Tapatalk

Yip, waarskynlik maar so 100 grade Celsius, kan nie skade doen nie


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 12, 2018 10:15 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Posts: 1156
Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Alle pistole met 'n voergeut-uitsnyding in die kamer kan hierdie boep op die doppe wys as die doppe begin meegee. Dis 'n druk en doppie probleem, nie 'n wapen probleem nie. As so 'n doppie bars dan kan dit 'n wapenprobleem en 'n oogprobleem veroorsaak.

Om doppe in die oond te droog is altyd riskant, ongeag jou termostaat se verstelling. Die termostaat reguleer die gemiddelde temperatuur. Daar kan areas wees wat periodiek heelwat warmer word. Kyk maar na die element se rooi skynsel daar binne. Dis maklik genoeg om jou doppe in die son of voor 'n waaier te los.

Pasop vir QL se voorspellings vir handwapen-kalibers. As jy byvoorbeeld 'n 9mm vat en dieselfde spoed ladings modelleer met al 4 plaaslike handwapenkruite (S121, MS200, MP200, S221) dan gaan QL naastenby dieselfde piek-druk voorspel vir al 4. Dis onwaarskynlik in die werklike lewe, aangesien die 4 se brandspoed redelik wyd verskil. Ek dink QL is baie beter geskik vir die meeste geweer-kalibers. Lees maar QL se eie waarskuwing oor die gebruik van die program.

As jou doppies so 'n boep gemaak het, kyk eers baie mooi vir enige skade voordat jy sommer die boep terugdruk in jou "bulge buster". Veral die 40S&W maak maklik krake rondom die vlamgat (von voor af gekyk). As jy nie die krake betyds opspoor en die doppies uitskot nie, kan jy maklik 'n dop bars. Dis nogal senutergend as die ou langs jou op die baan se uittrekker hier langs jou oor verbyfluit...


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 14 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group