JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Oct 20, 2018 12:18 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Jul 17, 2018 11:43 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4514
Location: Rustenburg
Terugvoer

Ek het so paar maande gelede besluit dis tyd om my Wapen Monteerde Lig-WML op te gradeer. Ek het voorheen ‘n Nextorch gehad met so 100 Lm lig en die vashegting meganisme was ‘n gewone skroef. Nou ja die lig het eenkeer geval en die aan-af skakelaar het gebreek – die was van harde plastiek gemaak. Dit is nie ‘n baie betroubare ontwerp nie, nie vir lewe en dood nie. Die vashegting skroef was ook ‘n groot kopseer, jy het ‘n R5/skroewedraaier nodig om dit goed vas te maak. Die skroef het toe ook teen die einde besluit om ‘n paal dans te doen…. het gestrip.

Ek wou eers die kleiner Inforce APLc kry maar voorraad het nie uit die VSA aangekom nie, en die lig is van kardinale belang vir my. Ek het na die ander vervaardigers gekyk, maar om amper dieselfde te betaal vir ‘n WML as ‘n Gen3 G19 maak nie lekker sin nie. Dan koop ek eerder nog ‘n pistool. ;D

Ek het toe gaan navors oor die Olight produkte en die resensies gelees in die VSA en oor al die Olight WML modelle.
http://www.gunsholstersandgear.com/flashlight-reviews/olight-pl-1-ii-valkyrie-review/
Almal was baie positief selfs van ouens wat nie betaal word nie! Wees baie versigtig vir “paid reviews”!!
Ek het besluit op die Olight Valkyrie PL-1 II. Die redes:
1. Goeie lumens sonder om die bank bestuurder te laat sweet. Van die duurder vervaardigers bied minder.
2. Die ander Olights wat meer lumens gee gebruik 2 battery alhoewel die lig amper dieselfde weeg. Ek wou nie elke keer 2 battery verander nie.
3. Ek glo die 450lm is genoeg in die huis en van die sterker ligte bied nie heeltyd volsterkte nie. Ek het al die lig getoets buite op die plot, dis nou sonder om te skiet. Die lig gee heelwat lig buite!
4. Ek verkies ‘n lig met ‘n vervangbare battery. As ek vind die lig werk nie sit ek net 'n nuwe battery in, dit help nie mens moet eers laai in die aand nie.
5. Die sluit meganisme vereis geen gereedskap om te werk nie. Dit sluit baie goed, terugskop maak dit nie los nie.
6. Die lig bied goeie kontroles binne bereik.
Ek het Vrydag dit die 1ste keer kon gebruik tydens ‘n werklik nagskiet oefening. Nou ja terugvoer is dat dit 100% goed werk, daar was geen probleme in die 80+ skote wat ek geskiet het nie. Ek het ook die lig geleen vir ander Glock manne. Ek het weer gesien van die ander flitse het sommer afgegaan met elke skoot en die skroef tipe vashegting is nie werkbaar in hoe stres situasies nie. Die een maak anti-kloksgewys vas!!

Ek leer nog die skakelaar. Elke aand as ek die lig aansit toets ek dit. Dan sal ek soms eerder die skakelaar te lank inhou wat die lig dan net aanhou terwyl jou vinger op die skakelaar is. As jy vinning druk en los bly die lig aan. Met die skiet oefening het ek nie die probleem gehad nie, ek dink dalk weens die reik het ek elke keer die regte opsie gekies. Ek het ook die puls (strobe) lig getoets en daarmee geskiet. Dis nie maklik om tydens die skiet aan te sit nie maar met oefening kan dit gedoen word. Die puls het voor en nadele en die jurie is nog uit of dit beter is as ‘n konstante lig. Al wat ek weet is, as dit papaja reën in die donker en die waaier is op “Fullspeed”, wil ek nie sukkel met allerlei gatoeters (gadgets) nie, die lig moet werk 101%. Wat dit doen.

Dan net een baie belangrike punt rondom die aankoop. Koop by die olightSA.co.za webtuiste!!! Ek het om een of ander rede by olight.co.za uitgekom. Dit was ‘n nagmerrie van swak diens en die plek koop die produk ook by Henri aan. Ondersteun eerder Henri direk en kry gemoedsrus.

https://olightsa.co.za/home/159-home-ol ... 11030.html
En terlaaste, ek het 'n laser en lig kombinasie gesien werk. Wel die man het seker effe gebewe maar al wat ek kan sê dit het nie gelyk soos op al die flieks nie! Daai laser was oorals oor die t-hemp.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Last edited by Carl on Tue Jul 17, 2018 11:50 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 17, 2018 11:45 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Posts: 349
Location: Stormberg, Eastern Cape
What's the runtime at 450 lumen?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Jul 17, 2018 11:56 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4514
Location: Rustenburg
Ranger wrote:
What's the runtime at 450 lumen?

Not mine, but a very good technical answer to your question.
The Olight PL-1 II Valkyrie lists an output of 450 lumens and a run time of one hour. Using a fresh Streamlight CR-123A battery, I recorded the following output:
Image
As you can see, the peak output drops sharply at the start of the graph, then slowly rolls down. Runtime, as measured by the FL 1 standard, is the total time from the peak output (recorded between the 30 second and 2 minute mark) until output reaches just 10% of the peak.

Based on my testing, the runtime to 10% was 1 hour 14 minutes – well in excess of the published 60 minutes. In other words, the Valkyrie’s performance seems to have exceeded its published specification.

I prefer to use a runtime to 50% of peak output as an indication of how much useful light you can expect from the light before changing the batteries. After all, who wants to clear a building with a light that is only throwing 20% of its output?

The 50% runtime was also very good for the Valkyrie. I measured this time to be 52 minutes, which is nearly the runtime given on the box.

Subjectively, I could notice a sizable drop in power around the 30 minute mark. However, the light was still bright enough for its intended purpose.

Overall, I’d say the Olight did very well with the design of this light’s output.

Read the original article here: http://www.gunsholstersandgear.com/flas ... ie-review/ . Make sure you visit GunsHolstersAndGear.com for all of the latest gun news, reviews and SHOT Show coverage.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 19, 2018 8:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1128
Location: Rustenburg
Ek dink sou makliker wees as olight die lig se aan en tydelik aan funksie omgedraai het. Net 'n aanraak van die skakelaar moet eerder die lig tydelik aan skakel en dan 'n volgehoue druk van die skakelaar eerder die lig laat aanbly. Tans werk dit net andersom. Ek moet se ek kon sien toe Carl die lig gebruik dat dit meer lumens is as meeste normale wapen gemonteerde ligte. Beslis 'n goeie koop daai.

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: Gawie(13mm) and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group