JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Tue Nov 20, 2018 12:06 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 34 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
PostPosted: Tue Jul 28, 2015 10:31 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Posts: 4033
Location: JHB
Ek het dit goed gedink om my pistool in die kluis te hou, maar met kluisdeur oop, in my kamer in die nag, terwyl ons slaap...as daar dan moeilikheid in die huis is, dan is dit net 3 tree, en jy kan reg wees vir aksie...daar is ook 'n hek tussen voorhuis en kamers, wat op 2e verdieping is..

waar is jou pistool innie nag?? hoekom daar??

Cheers

_________________
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
Stormers/WP


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:14 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Posts: 3199
Location: Kempton Park
Pasmaak holster wat aan bed se basis vasgemaak isso hy gaan vanaf my holster aan my daarno toe waneer ek in bed klim andersins is hy op my.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:15 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1134
Location: Rustenburg
Hoe se die amerikaners altyd? "this is classified information". ++>:
Myne is baie naby byderhand altyd met die tactical lig op die rail. Kan in die le posisie my hand op die wapen plaas. Ek los dit nie heeltemaal sigbaar nie. Ek voel darem ek sal voortydig weet as daar probleme is agv die brak in die huis. Drie tree kan ver raak as ta reeds in die vertrek is.

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1564
Location: Bronkhorstspruit
Ek dink nogal so iets kan werk. Weet net nie waar in SA om te kry nie.

http://www.gunvault.com/biometrics.html/

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7827
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Cobus(Cobb) wrote:
Ek het dit goed gedink om my pistool in die kluis te hou, maar met kluisdeur oop, in my kamer in die nag, terwyl ons slaap...as daar dan moeilikheid in die huis is, dan is dit net 3 tree, en jy kan reg wees vir aksie...daar is ook 'n hek tussen voorhuis en kamers, wat op 2e verdieping is..

waar is jou pistool innie nag?? hoekom daar??

Cheers



Myne was ook altyd baie naby maar dit raak moeilik met n 4 jarige wat soos die skim in die aand beweeg en geweer mal is. Ek doen ook amper soos jy nou maar my kluis is basies n tree van my af en die kans dat spiderman my gaan spring sonder dat ek lank voor die tyd van hom weet is baie skraal.EK dink wel ek wil n ou holster vat wat ek erens langs/agter die bed vas sit sodat n mens hom net kan vat sonder om rond te beweeg.

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:35 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Posts: 99
Location: Harrismith
Op die bedkassie langs (agter) die bed.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:55 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm
Posts: 250
Location: Bryanston
I'm not one for divulging that kind of information on a public forum, let's just say be creative!

_________________
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:56 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Posts: 1765
Location: Queenstown (Oos Kaap)
Quote:
andre007 wrote:
Ek het al met klopm manne gpraat wat hulle handwapens oral indruk bv onder die bed en as die kluis vol is lê dit sommer op die bodem van die kluis tussen die kolwe - hulle het natuurlik nie handwapen kluise nie. My oplossing is in die foto:
Image

Ek kry gereeld groot ''speaker'' magnete by n vriend van my. Monteer hulle aan die binnekant van jou kluisdeur en aan elkeen van hulle kan jy n handwapen laat vasklou. Ek het hulle ook aan die binnekant van my en die brou se bedkassies aan die onderkant van die blad gemonteer en siedaar die handwapen hoef nie onder die bed te lê nie. Die bedkassies het bonop n lippie aan bo die deur, dws as mens die deur oopmaak sien jy nie eers daar is n pistool versteek nie. Die volgende 2 magnete wat ek kry kom onder my studeertafel en werkstafel by die kantoor se blaaie.

Onthou net die eenkant van die magneet is sterker as aan die anderkant so monteer die minder sterk kant aan die kluisdeur, tafelblad ens se oppervlak kant vas. Ek het lekker dik Felt / sagte mat aan die kant van die magneet geplak waarteen die handwapen vasklou sodat dit nie nie wapen krap nie.

n ''disco speaker'' grootte magneet hou 2 9mm's, hy's so 6'' in deursnee. Hoop ek kan iemand help met die raad!


Ek het 1 van die magnete aan die kant van my bedkassie aan die basis kant van die bed monteer, dws die magneet hou die 9mm tussen die bedkassie en matras vas.... dis net vir hand insteek en gryp!!!

_________________
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andre007@mweb.co.za


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 10:58 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Posts: 1170
Location: Centurion
Dankie, slim plan daardie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 11:37 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Posts: 893
Location: Bloemfontein
Dusver nog in die kluis, maar met al die huisbraak, gewapende roof en moorde moet ek hom seker bietjie meer naderhand hou.

_________________
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 12:18 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Posts: 5706
Location: Brackenfell
Capt. Oblivious wrote:
... dit raak moeilik met n 4 jarige wat soos die skim in die aand beweeg en geweer mal is ...


Hierdie is 'n uitdaging waarmee baie sit en ek het self 3 en 5 jarige seuns en dan moet sussie ook nog deur die range kom. Almal het hulle eie manier van kinders grootmaak maar ons verbied gladnie ons kinders toegang tot ons kamer in die nag nie en as hulle by ons wil lê is dit ook reg (vir 'n tydjie), so dit is moeilik. My Glock (met die inforce APL op) is steeds naby, alhoewel buite bereik van die klein handjies ;)


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 6:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Posts: 608
Location: Zimpopo....
My probleem is, ek neem 'n rukkie om wakker te word en is baie deur die blare as ek in die middel van die nag uit 'n diep slaap geruk word.

Ek is altyd bang ek trek 'n Oscar op myself, dus gee ek myself meer as "3" tree om by te kom... Hopelik is ek teen daai tyd wakker genoeg om reg te oordeel.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 6:43 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Posts: 1361
Location: smithfield
myne is ook n arm lengte ver maar ek sien die mense wat hom onder die kopkussing hou het baie sukses


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Jul 29, 2015 7:24 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Posts: 873
Location: Springs
johans wrote:
myne is ook n arm lengte ver maar ek sien die mense wat hom onder die kopkussing hou het baie sukses

Myne is ook arm lengte weg. Ek is bietjie skrikkerig vir onder die kussing, veral omdat ek een op dra. Ek slaap heel te woes daarvoor en sal my pistool van die bed af stamp.
Ek moet bysê daar is nog nie kinders in die huis nie en honde in die kamer. Ek is seker my strategie sal moet verander as daar klein voetjies is wat rond loop.

Groete

_________________
The easiest part of long range hunting, is pulling the trigger.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 30, 2015 7:21 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Posts: 345
Location: Durbanville
In my bedkassie langs my bed. Teen die tyd wat Ek hom daarin sit slaap my dogter al en sy weet sy mag nie Aan hom raak sonder my toe stemming.

_________________
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 30, 2015 7:40 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7827
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Boersonderroer wrote:
In my bedkassie langs my bed. Teen die tyd wat Ek hom daarin sit slaap my dogter al en sy weet sy mag nie Aan hom raak sonder my toe stemming.



My seun weet ook hy mag nie aan hom raak nie maar soos Saterdag het ek net weer gesien n 4jarige se denkweise is maar net anders.

Ek sit en laai en ek sien hys hier met n hammer besig en vra hom wa me hy besig is, nee hy soek n paar ou primers om plat te slaan vir een of ander rede.Ek se hom toe ek dink hy moet daai plan los want ek druk nou en dan lewendige primers ook uit en hy gaan bq skrik as hy een van hul raak slaan. Nou vra hy wat gaan gebeur en ek vertel hom hoe die storie sal werk as hy daai primer met die hammer slaan.Nee die saak is reg hy sal maar die primer platslaan storie los.

Halfuur later gaan ek uit om na die swembad of iets te kyk en da kom my vrou uit gestorem, daar het iets ontplof in my herlaai kamer maar ek sien hier kom my laaiti ook met n spoed verby.Met die instap sien ek my hond wat daar gele het sit soos n bakoor Jakkals na die muur en staar en reg voor hom is n swart gat so groot soos n R5 en net bo dit op n rak staan die hammer mooi weg gebere, natuurlik ruik mens ook klaar wat gebeur het.

Vra my seun nou wat nou ....nee hys vreeslik jammer hy het nie na my geluister nie maar hy wou net self sien wat gebeur as hy die primer wat nie n gatjie agter in het nie plat slaan metr n hammer.Seker vir nog 3 ure na dit het hy net jammer gese en my vertel hoe hy geskrik het toe daai ding klap.

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 30, 2015 8:11 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Posts: 369
Location: Somerset-wes
Andre007 ek is mal oor jou plan met die magneet. Gaan verseker een soek!

_________________
CZ .22LR
Tikka .222 / Sako .243 / Tikka 7x64 / CZ .30-06 / Mauser .375 H&H
Breda .410 / Brno 16Br / Miroku 12Br
Glock 40 S&W


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jul 30, 2015 2:58 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Posts: 345
Location: Durbanville
Capt. Oblivious wrote:
Boersonderroer wrote:
In my bedkassie langs my bed. Teen die tyd wat Ek hom daarin sit slaap my dogter al en sy weet sy mag nie Aan hom raak sonder my toe stemming.



My seun weet ook hy mag nie aan hom raak nie maar soos Saterdag het ek net weer gesien n 4jarige se denkweise is maar net anders.

Ek sit en laai en ek sien hys hier met n hammer besig en vra hom wa me hy besig is, nee hy soek n paar ou primers om plat te slaan vir een of ander rede.Ek se hom toe ek dink hy moet daai plan los want ek druk nou en dan lewendige primers ook uit en hy gaan bq skrik as hy een van hul raak slaan. Nou vra hy wat gaan gebeur en ek vertel hom hoe die storie sal werk as hy daai primer met die hammer slaan.Nee die saak is reg hy sal maar die primer platslaan storie los.

Halfuur later gaan ek uit om na die swembad of iets te kyk en da kom my vrou uit gestorem, daar het iets ontplof in my herlaai kamer maar ek sien hier kom my laaiti ook met n spoed verby.Met die instap sien ek my hond wat daar gele het sit soos n bakoor Jakkals na die muur en staar en reg voor hom is n swart gat so groot soos n R5 en net bo dit op n rak staan die hammer mooi weg gebere, natuurlik ruik mens ook klaar wat gebeur het.

Vra my seun nou wat nou ....nee hys vreeslik jammer hy het nie na my geluister nie maar hy wou net self sien wat gebeur as hy die primer wat nie n gatjie agter in het nie plat slaan metr n hammer.Seker vir nog 3 ure na dit het hy net jammer gese en my vertel hoe hy geskrik het toe daai ding klap.


Her inner my Aan toe Ons Klein laaitjies was en n haelpatroon in my pa se braai vuur gegooi het wat die vleis en sy rooster des moers toe geskiet het. Gelukkig is dogtertjies baie meer gehoor saam as laaitjies.

_________________
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jan 21, 2016 2:00 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Thu Jan 21, 2016 1:39 pm
Posts: 10
kry n cheap holster , werk n stuk velcro an dit vas en plak hom teen die matras vas


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jan 21, 2016 3:51 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Posts: 3550
Location: Tsumeb, Namibia
Cobus(Cobb) wrote:
Ek het dit goed gedink om my pistool in die kluis te hou, maar met kluisdeur oop, in my kamer in die nag, terwyl ons slaap...as daar dan moeilikheid in die huis is, dan is dit net 3 tree, en jy kan reg wees vir aksie...daar is ook 'n hek tussen voorhuis en kamers, wat op 2e verdieping is..

waar is jou pistool innie nag?? hoekom daar??

Cheers



Op die tafel waar ek eet, op die koffietafel waar ek TV kyk, onder my kussing waar ek slaap.
Hoekom daar? Dis byderhand.

Ek bly op n plot 15 KM buite die dorp - is meeste van die tyd alleen daarso - veral naweke. Het nie bure naby wat my kan waarsku as ek ongewenste gaste ontvang nie... kannie kanse vat in vandag se tye meer nie. Moet se - dit was snaaks in die begin om buite te staan en braai met n wapen aan die sy - maar mens raak dit vinnig gewoond en dis nou 2de natuur.

_________________
Francois


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jan 21, 2016 4:29 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Posts: 1205
Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Sit hom daar, waar jou hand normaalweg to ruste sal kom in die nag.

As jy wakker word met "Ta" wat bo op jou sit, met sy vingers of mes op jou gorrel, wil jy nie nog soek of spartel nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jan 21, 2016 7:16 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Posts: 551
Location: Vrystaat!
Verlede jaar het n elektroniese kluis my in die steek gelaat met twee booswigte in die huis.
Drie weke daarna was hul terug, maar het n groot standerd 3 skeinat toets gedop. Eksom is nie jou maat nie!

Huidiglik is my huis baie veiliger en ek baie meer paraat.


You do not have the required permissions to view the files attached to this post.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Jan 21, 2016 9:50 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6083
Location: Paarl
Johnny
Is dit al ou, die een wat lê, wat die toets gedop het?

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Jan 22, 2016 7:43 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Posts: 551
Location: Vrystaat!
Ja Oom Pieter, die man is bokveld toe.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Feb 19, 2016 9:45 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Posts: 115
Location: Oudtshoorn
Goeie dag Almal

Goeie onderwerp en baie belangrik om sulke goed te bespreek met die nodige konfidensitaliteit.

Ek is gereeld betrokke by die plaaslike SAPS forum en die terugvoer wat ons kry van huisbrake, plaas aanvalle en gewapende rooftogte is dat die mense wat dit doen ook bang is soos ons. Maar hulle kies hulle teikens goed. Dinge wat help is wakker honde wat blaf as vreemde mense langs die heining rondloop en die reaksie daarna van die inwoners van die huis. Bordjies op die hekke wat aandui dat gewapende reaksie betrokke is, vensters en deure wat soms oop is of lyk of mens maklik kan inklim. Ou mense natuurlik wat weerloos is. Ordentlike hekke is nodig. Beligting wat snags op beweging aktiveer. Dan moet mens jou roetine aanpas. Parkeer jou bakkie/voertuig voor sononder op sy plek en beperk beweging buite tensy jy gewapen is. In kort, moet mens meer paraat wees. Beweeg takties op jou erf sonder dat iemand jou verras om 'n draai. Sluit as jy uitgaan, miskien kom jy iets oor en die mense binne die huis kan dalk 'n tweede kans kry, los die sleutels binne en laat hulle oop en toe sluit.

By my huis sal hulle moet breek om in te kom en ek berus my op die feit dat geraas my vrou of myself sal wakker maak. Ek slaap met 'n slaappil weens omstandighede en slaap diep, maar mens moet maar in roetine kom. Ek word darem gou wakker....

Die magneet plan klink goed. Maar mens moet jou kinders skool. Min 5 jariges weet hoe om 'n pistol te span, of die krag om dit te kan doen. Gebruik jou handwapen veilig en die belangrikste van als is oefen, veral om in die donker met natuurlike rigting reg te kom. Ek dink dit is beter om jou huis, wat jy ken, donker te hou. Oefen 'n plan in by die huis om jou kinders en vrou op 'n veilige plek eenkant te kry sonder om hulle die skrik op te jaag en te veel te praat. Hou 'n taktiese flitsie byderhand, van daardie soort wat iemand in die donker sal verblind vir die eerste 5 sekondes... en bo alles, bid vir die Liewe Vader om jou huis te beskerm en Sy engele te stuur om in jou erf wag te staan. Baie stories al gehoor van inbrekers wat planne maak en op 99 besluit dit is nie die moeite werd nie en dan na die volgende erf stap.

Lekker planne wat julle vorendag bring. Net my 5c wat ek wil deel.

Baie dankie vir 'n uitstekende forum.

Groete
Nico


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 34 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group