JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Nov 17, 2018 11:01 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 37 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
 Post subject: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 4:21 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm
Posts: 241
Location: Riversdal,Suid Kaap
Hello almal, wil gou hoor, ekt al gesien mense vat n stukkie papier en knyp hom dan toe in die aksie? Hoekom doen hulle dit? Is dit om te kyk of hy mooi toe maak en seel of wat? Hoor graag en hoop nie dis n stupid vraag nie.

_________________
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 4:26 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Posts: 1790
Location: Cradock
Dis basies om te wys hoe mooi hy seel.

oor die algemeen sal n goeie aksie NIE toemaak as jy n noot insit tussen die twee nie. Goeie aksie soos Purdey.

Meeste Cheapies sal wel toemaak.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 4:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Posts: 1268
perazzi maak ook nie toe nie beter as purdey


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 4:38 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm
Posts: 241
Location: Riversdal,Suid Kaap
remington wrote:
perazzi maak ook nie toe nie beter as purdey
maar as hy well toe maak is dit n slegte ding? My haelgeweer het ek nou gekyk en hy maak toe met n stukkie papier..
:o

_________________
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 4:51 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Posts: 14509
Location: Vereeniging
Daardie moerneuker van 'n Baikal is 'n werktuig - geen finesse maar hy sal vir lank bly skiet nes 'n AK47.

_________________
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 5:29 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Posts: 1790
Location: Cradock
Tripod. Kom ons praat as daai Baikal n 1 000 000 rondtes geskiet het. Ek wert van n MX8 met soveel skote deur. Steeds sluit sy gesig nie op n noot nie.

Ek belowe jou geen Baikal of soortgelyke cheapie sal dit hou nie. As jy ernstig haelgeweer skiet, maak kwaliteit en fit baie saak.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Mon Jul 20, 2015 6:10 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 4781
Location: Paarl
Baie insiggewende artikel in Koos se tydskrif die maand, oor haelgewere en hoekom "cheapies" jou meer gaan kos as
'n R30 000,00 yster.

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 12:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Posts: 1790
Location: Cradock
Gawie. Dit nog nie gelees nie maar wat ek keer op keer sien op baan is dat die goedkoper gewere nie hou nie. As jy 100 skote n jaar skiet is dit seker fine. Maar nie as jy gemiddeld 5000 tot 10000of so per jaar skiet nie.

Browning doen baie goed daar van jou cheaper lyne. Breek net slagpenne.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 6:52 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Posts: 1268
gawie
R30000 is n cheapie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 7:00 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Posts: 463
Remington, onthou as jy ' Perazzi met 'n Purdey vergelyk, kan jy nie 'n 8 pond kompetisie O/U met 'n 6 1/2 pond SXS jaghaelgeweer vergelyk mbt duursaamheid nie. Jy kan wel die een se kompetisie O/U met die ander een sin vergelyk. Sal dan graag wil sien waar kry jy jou inligting vandaan...


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 7:23 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 4781
Location: Paarl
Stadig oor die klippe manne. ;)

Remington, ek hoor 100% wat jy sê, maar vir my is R5 000.00 baie geld ;D . Nes die artikel in Koos se tydskrif, verwys ek na intreevlak gewere. Soos die artikel ook meld is "goedkoop koop, duur koop". Die artikel verduidelik baie mooi hoekom die stelling waar is by haelgewere.

Mnr. Rigby, ek dink jy blaf nou teen die verkeerde boom op ;D

Jou stelling maak vir my geen sin nie, want dit is buite my verwysingsraamwerk. Wat ek wel weet is dat appels en pere albei vrugte is, maar daar stop die ooreenkoms. Indien dit jou bedoelling is, is dit sekerlik waar, maar brei asb. daarop uit sodat ek en die ander manne wat hier lees en niks van haelgewere weet nie, ook sal verstaan.
Ek weet "Purdey" maak bitter mooi gewere, maar "Perazzi" klink soos 'n "special" op Debonairs se spyskaart >:D

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 7:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Posts: 1268
470
maar ek het nie so n vergelyking gedoen nie maar dit behoort logies te wees dat o/u meer ter sprake sal wees as n sxs aangesien perazzi nie sxs maak nie my inligting is uit ondervinding


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 7:30 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Posts: 2954
Gawie
Daardie special kan nie enige iemand eet nie gaan koop maar so special hy smaak heerlik. Haelgewere is in n klas op sy eie glo my maar koop maar die beste wat jy kan soos bv Beretta Browning Gamba jy sal hom nie maklik kan eet as n special nie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 7:57 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Posts: 4781
Location: Paarl
Beretta wrote:
Gawie
Daardie special kan nie enige iemand eet nie gaan koop maar so special hy smaak heerlik. Haelgewere is in n klas op sy eie glo my maar koop maar die beste wat jy kan soos bv Beretta Browning Gamba jy sal hom nie maklik kan eet as n special nie

Stuur dan ook sommer die nommer van 'n goeie prokkerower wat my skeisaak sal behartig. ;D Die roer se koop is niks, dit is die 1000 skote per jaar wat my vrou gaan knak. Wanneer moet ek dit ook nog inpas? :-X

_________________
Dont make expensive noise! Make the first shot count!


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 8:04 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Posts: 397
Location: Pretoria
remington wrote:
gawie
R30000 is n cheapie

Min mense kan of is bereid om as beginner meer as selfs R20k aan 'n haelgeweer te spandeer. Vir hulle en meeste voeljagetrs is R30k nog steeds baie geld. Dis eers as daar ERNSTIG kompetisie geskiet word dat R30k na 'n cheapie begin lyk. Ek hoor wat Jacques Botha in SA Jagter se maar ons moenie nuwelinge aan die wonderlike wereld van voeljag afskrik met die persepsie dat hulle na niks anders as 'n R30 k geweer mag kyk nie.
Soos meeste voeljagters het ek ook begin met 'n "hand me down" Belgiese Guild Gun en maar so met verloop van tyd opgradeer na Browning en ander.
Seker maar ook soos met karre, elke jong ou wil graag daardie daardie ML of Cruiser he maar moet maar vir eers tevrede wees met sy Ma se ou Tazz.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 9:35 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Posts: 1790
Location: Cradock
Ek het begin met n cheapie. 'n Hatsan. Was vertel die is n copy van die Berretta en dat die Turke maak gewere vir Berretta ens. Was n MOEWIESE fout vir my.

Dit gaan nie net oor kwaliteit en duursaamheid nie.

Meeste cheapies en veral die Russiese Baikel se fit vir jou as skut, is baie swak en leer jou slegte gewoontes aan wat jy later sukkel om weer uit te kry.

Ek kom bv nie reg met die Berretta 686 nie. Niks fout met die geweer nie, maar hy pas my nie. As ek op n dag meer as 100 skote geskiet het lyk en voel ek soos n chipmunk wat Mike Tyson heeltyd op die wang geslaan het.

Ek wou graag n Browning GTS koop omdat hy my so lekker pas maar kom toe net n Winchester Sporting kry. Ek moes die kolf laat verander vir my. 1.5 mm op n haelgeweer kolf is BAIE en is die verskil tussen n raak en n mis of selfs n kwes.

Wat ek ook baie sien met goedkoper gewere is dat hulle aksies skiet los. Dit is asof die staal of nie hard genoeg is nie of nie behoorlik verhard was nie.

Ek stem saam dat R 30 000 vir die gemiddelde skut baie is as hy begin. Mens kan seker argumenteer die ou wat begin skiet nie vir hom n Rigby gaan koop teen R 300 000 nie maar dalk eerder n Howa teen R10 000. Ek verstaan dit maar glo my. As die skiet gogga gebyt het gaan jy opeindig en tog daai duurder haelgeweer koop. Dan gaan jy sit met die cheapie in jou kluis wat jy of leen vir pelle of wil verkoop.

PS. Wil iemand n Hatsan o/u koop met interchangeable chokes, Hi Vis korrel en exstra Briley chokes.....


Last edited by Frikkie Coetzee on Tue Jul 21, 2015 12:45 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 9:52 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Posts: 1365
Location: Alberton
Jis ouens koop net n Beretta- laas toe ek gekyk het is daar meer olympiese medeljes gewen deur hulle as deur ALL die ander mpy saam. Maar as ek moes kies Purdey elke keer.

_________________
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 10:07 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Posts: 432
Location: Pretoria
Mens moet inderdaad appels met appels en pere met pere vergelyk. Meeste Engelse 12-boor haelgewere van voor 1939 is S/S konfigurasie, het 65mm kamers en is geproef vir gebruik met 30- of 32-gram ammunisie. Hulle weeg ook selde meer as 7 pond (en heelwat ligter in meeste gevalle). Dit was die resep vir sogenaamde "game guns" wat die Engelse gebruik het van die laat 1870's tot min of meer vandag. Ek weet van baie Engelse game guns wat voor die draai van die vorige eeu gemaak is, deur die jare heen ontelbaar baie skote geskiet het en vandag nog kas na kas ammunisie absorbeer sonder enige probleme.

Ek skiet self met `n William Powell S/S 12-boor wat van 1899 dateer. Daar is nie meer kleur op die aksie oor nie so ek weet hy het hard gewerk deur die jare, maar die aksie is nog so styf soos die dag dat hy gemaak is. Een van die vorige eienaars het dit ook goed gedink om die roer iewers in die vroeg 2000's terug te stuur Londen toe vir herproef met moderne Nitro ammunisie, so ek weet nie net die aksie nie maar ook die lope is nog 100%.

Moderne OU's soos die Perrazzi moet eerder vergelyk word met wat die Engelse `n "pigeon gun" genoem het. Pigeon guns is gemaak vir kompetisie skiet in die ou dae, het gewoonlik 70mm kamers, is geproef vir 36-gram ladings (of swaarder), en het iewers tussen 7 en 8 pond geweeg met 30-32" lope. Daar is relatief min pigeon guns gemaak in vergelyking met game guns, en ongelukkig verstaan min ouens in SA wat die verskil tussen `n pigeon en `n game gun is. Hulle sien net die S/S lope en aanvaar dan alle roere is soort-van dieselfde. Purdey, Woodward en Boss het OU pigeon guns ook gemaak, en hulle vergelyk baie goed met vandag se kompetisie OU's. Ek het `n paar jaar terug met `n Woodward OU wat gemaak was in die 1920's vir `n ryk Amerikaner wat Olimpies kleiduiwe geskiet het, `n paar rondtes kleie geskiet. Behalwe vir die prys sou ek met graagte alles in my kluis vir hom geruil het. Twee van SA se top kleiskuts het terselfdertyd ook met die roer geskiet en hulle was gaande oor hom. Dit maak dus soort-van sin om `n Woodward OU kompetisie roer (appel) te vergelyk met die top-graad Perrazzi kompetisie OU (appel), en nie met `n Purdey S/S game gun (peer) wat heelwat minder weeg, vir ander ammunisie geproef is, en eintlik gemaak is vir driven pheasants.

Moderne kompetisie haelgewere is swaar (oor die 8 pond in meeste gevalle) en is gemaak van goeie staal. Dis alles so om die impak van duidende skote te kan absorbeer. Insgelyks is vandag se 28-gram kompetise ammo nie vergelykbaar met 40 jaar terug se kompetisie ammo nie. Die goed is vandag baie warmer gelaai omdat die haelgewere spesifiek daarvoor ontwerp word.

Ek het niks teen Perrazzi nie (inteendeel, van die roere wat hulle in die 60's, 70's en 80's gemaak het was uitstekende kwaliteit) maar die paar nuwe Perrazzi's wat ek onlangs gesien het, het veel te wense gelaat. Die hout was gesteel uit die fabriek van `n ou wat tamatiekaste maak, die "jointing" van die aksies was horribaal, en gemeet teen die prys wat die ouens vir die goed vra wil ek nie een van hulle verniet he nie. Die duurder modelle is waarskynlik beter, maar mens koop teen dieselfde prys in my beskeie opinie heelwat meer op hierdie stadium in tyd deur na vergelykbare Beretta's te kyk. As geld regtig nie `n probleem is nie, is Perugini & Visini seker die top kompetisie haelgeweer wat geld vandag kan koop. Die kwaliteit wat in hulle vervaardiging ingaan is uitstekend en ek dink nie daar is iemand wat al een gebreek het nie. En terloops, Perrazzi maak S/S haelgewere op spesiale bestelling. Mooies ook, en vrek duur.

Ek wilop niemand se tone trap nie, maar mens moet haelgewere so bietjie in perspektief sien.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 10:10 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Posts: 432
Location: Pretoria
Gromit wrote:
Wat ek ook baie sien met goedkoper gewere is dat hulle aksies skiet los. Dit is asof die staal of nie hard genoeg is nie of nie behoorlik verhard was nie.


100% korrek.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 10:25 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Posts: 463
Remington, jou "inligting uit ondervinding", vertel my meer asb


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 10:40 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm
Posts: 241
Location: Riversdal,Suid Kaap
Ek lees nou mooi wat julle se, maar nou vra ek.. Het ek dan n fout gemaak met die baikal?

_________________
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 11:02 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Posts: 432
Location: Pretoria
Tertius Steyn wrote:
Ek lees nou mooi wat julle se, maar nou vra ek.. Het ek dan n fout gemaak met die baikal?


Nie noodwendig nie. Dit hang af wat jou behoeftes is. As jy beplan om elke maand `n paar duisend skote deur hom te sit op die kleiduif baan mag iets dalk breek. As jy af en toe wil gaan tarentale en duiwes kiet is hy waarskynlik reg vir jou behoeftes.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 11:02 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Posts: 5656
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie
Tertius Steyn wrote:
Ek lees nou mooi wat julle se, maar nou vra ek.. Het ek dan n fout gemaak met die baikal?


Kom ek gee jou my leke opinie: Ek het 'n CZ s/s haelgeweer uit 'n boedel gekoop vir R1000. Is dit die beste? Nee! Maar ek skiet 2 keer per jaar duiwe in sonneblom en so 3 keer per jaar raak ek lus om vir 'n middag/oggend deur die veld te loop en fisante en tarentale te skiet. Daarvoor is dit meer as voldoende. As jy aan die volgende olimpiese spele wil deelneem, gaan die Baikal jou drop, maar vir nou en dan skiet om te geniet, glo ek jy is op die regte pad. Soos Frikkie hierbo gesê het, is dit maar net belangrik dat die geweer jou moet pas.

_________________
Aim small, miss small


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 11:10 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm
Posts: 241
Location: Riversdal,Suid Kaap
Okay nee dans dit sharp. Ja het hom sommer gekoop vir nou en dan kleiduiwe skiet, en so paar tarentale. Die geweer is nog spotless, sy kolg het net n paar krapies op maar verder pas hy lekker, en skiet lekker.

_________________
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Haelgeweer Aksie
PostPosted: Tue Jul 21, 2015 11:54 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Posts: 73
obasch wrote:
Min mense kan of is bereid om as beginner meer as selfs R20k aan 'n haelgeweer te spandeer. Vir hulle en meeste voeljagetrs is R30k nog steeds baie geld. Dis eers as daar ERNSTIG kompetisie geskiet word dat R30k na 'n cheapie begin lyk. Ek hoor wat Jacques Botha in SA Jagter se maar ons moenie nuwelinge aan die wonderlike wereld van voeljag afskrik met die persepsie dat hulle na niks anders as 'n R30 k geweer mag kyk nie.
Soos meeste voeljagters het ek ook begin met 'n "hand me down" Belgiese Guild Gun en maar so met verloop van tyd opgradeer na Browning en ander.
Seker maar ook soos met karre, elke jong ou wil graag daardie daardie ML of Cruiser he maar moet maar vir eers tevrede wees met sy Ma se ou Tazz.


Hamer, spyker en al daai dinge.

Wat Oscar hier sê is 100, ek kyk hierdie ding uit 'n heeltemal ander oogpunt, as dit nie was vir die ware "cheapies" nie, sou ek nooit betrokke geraak het in vlugskiet nie, en dit sou uiteraard tot my eie nadeel gewees het. Om dit in perspektief te bring, was die Baikal S/S wat ek gekoop het destyds 50% meer as my maandelikse inkomste, en nou praat ek van die dae to jy nog oupa se enkel loop H&R Topper met 'n brief kon leen, en 'n boksie ammo van die rak af verkoop het vir R13-50. Geld was maar skraps, so ek het opgelees en die geweer self gemaak pas, en self ook maar vir my 'n canvas tas gebou. Ek het daai dae selfs prober om geld weg te sit vir 'n "upgrade", maar elke nou en dan as VLT 'n special gehad het op Swartklip ammo, dan het die fonds maar 'n duik gevang.

Dan sou ek ook nooit my eerste Labrador en later my eerste GSP gekry het nie, ek sou ook 'n hele klomp goeie vriende nooit ontmoet het nie. Ek sou ook baie minder nuwe plekke ervaar en jagondervindings gehad het.

So vir my is dit baie maklik, koop die beste wat jou begroting jou sal toelaat en begin skiet, as die gogga dan rerig byt, dan begin jy wonder of jou intree geweer gaan hou.

Een ding is wel seker, as die gogga byt, gaan daai "cheapy" nie hou nie.

En terloops toe dit tyd word om die Baikal te vervang, was daar steeds nie genoeg fondse vir 'n Browning of Beretta nie, en omdat die geweer my so goed gepas het, het ek nog een gekoop en die kolf maar net oorgeplaas.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 37 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group