JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Jul 20, 2018 7:06 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 
Author Message
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 3:18 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2119
Location: Sout Kalahari- Gochas
Middag almal

Ek het 'n geleentheid om volgende naweek 'n bietjie kleie te gaan skiet. Ek besit nie 'n haelgeweer nie, maar het darem al een keer so 4 jaar gelede met 'n semi bietjie kleie geskiet.
Ek is 'n linkshandige skut.

Enige iemand wat dalk so bietjie tegniek (pointers) kan gee vir wat mens doen en nie moet doen nie asb.
Ek weet nie met wat se ammunisie en geweer daar geskiet gaan word nie, so klein kompetisie wat aan die gang is.
Dit is dalk moeilik sonder 'n praktiese demonstrasie, maar ek sal enige raad waardeer.

Baie dankie
Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 3:19 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Posts: 11422
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Hier is n oulike video...
https://www.facebook.com/ShotKam/videos ... 643172363/

_________________
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

G&G VARMINTING
FIND US ON FACEBOOK


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 7:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2119
Location: Sout Kalahari- Gochas
Dankie Geno, dit gee darem al 'n idee van waar om te "lead".


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 10:22 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Posts: 69
Location: Wes-Kaap
Staan gemaklik met jou voete oop en rug reguit. Bring die geweer na jou wang - moenie vooroor buig en jou kop laat afsak na die geweer/kolf nie - dis 'n seker resep om jou kop weer te lig om die klei te sien. Die heel belangrikste is om op die klei te fokus (met beide oe oop) en nie op die haelgeweer se loop of visier nie. Sien die klei en bly daarop fokus - jou arms sal instinktief na die klei swaai en wanneer jy op die klei vir teikens wat weg van jou vlieg (of net verby die klei vir links/regs teikens) is, trek die sneller en swaai steeds deur (in die rigting waarheen die teiken beweeg). Hou jou kop af (styf teen die kolf) met jou neus wat amper jou snellerhand se duim bo die kolf raak. As jy gaan begin mik of op die klei gaan probeer bly (met ander woorde jy "ry" die klei), gaan jy 8 uit die 10 keer after die klei verby skiet. As jy jou kop gaan lig om te sien waar die klei is of in antisipasie van die skoot en terugskop, gaan dit pure geluk wees indien jy die teiken raakskiet. Onthou jou dominante oog is jou agterste "visier" en as jy jou kop gaan beweeg en nie op die klei fokus nie, dan weet jou brein en arms nie waarheen jy wil swaai en skiet nie. Geniet dit.

_________________
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 10:29 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Mar 12, 2014 6:06 pm
Posts: 176
Location: Karibib, Namibiƫ
Lekkerte, as jy modder duiwe begin skiet is n haelgeweer die volgende kettie wat jy sal aanskaf.

Groete!!!

_________________
-------------------------------------------------------
CZ 455 .22 Lam/Thumbhole
Musgrave Littleton RSA .243 Ackley
Winchester Supreme O/U 12Ga
Sako a7 Roughtech 7mm Rem Mag
Mauser M03 458 Lott
PSE Full Throttle


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 10:46 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Posts: 2119
Location: Sout Kalahari- Gochas
SAHunter wrote:
taan gemaklik met jou voete oop en rug reguit. Bring die geweer na jou wang - moenie vooroor buig en jou kop laat afsak na die geweer/kolf nie - dis 'n seker resep om jou kop weer te lig om die klei te sien. Die heel belangrikste is om op die klei te fokus (met beide oe oop) en nie op die haelgeweer se loop of visier nie. Sien die klei en bly daarop fokus - jou arms sal instinktief na die klei swaai en wanneer jy op die klei vir teikens wat weg van jou vlieg (of net verby die klei vir links/regs teikens) is, trek die sneller en swaai steeds deur (in die rigting waarheen die teiken beweeg). Hou jou kop af (styf teen die kolf) met jou neus wat amper jou snellerhand se duim bo die kolf raak. As jy gaan begin mik of op die klei gaan probeer bly (met ander woorde jy "ry" die klei), gaan jy 8 uit die 10 keer after die klei verby skiet. As jy jou kop gaan lig om te sien waar die klei is of in antisipasie van die skoot en terugskop, gaan dit pure geluk wees indien jy die teiken raakskiet. Onthou jou dominante oog is jou agterste "visier" en as jy jou kop gaan beweeg en nie op die klei fokus nie, dan weet jou brein en arms nie waarheen jy wil swaai en skiet nie. Geniet dit.


SAHunter, baie dankie vir hierdie raad, waardeer. Dankie sal so maak, sien nogal uit.

Gerhardus Nel wrote:
Lekkerte, as jy modder duiwe begin skiet is n haelgeweer die volgende kettie wat jy sal aanskaf.

Groete!!!


Ek sal eers ander plan moet maak , want my "boekie" is vol. :'(


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 11:02 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Posts: 336
Location: Boknesstrand
Volg deur al het die skoot al geklap. Jy sal met 7.5 hael skiet so hy sal nie te veel stamp nie. Soos SAHunter se kyk met al twee oe en moet nie mik soos met n geweer nie

Sent from my E5823 using Tapatalk

_________________
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Apr 26, 2016 11:08 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Posts: 1856
Location: Williston
Probeer om 'n haelgeweer te kry met 'n reguit kolf. Meeste skuts wat regs skiet se haelgewere het kolwe wat weg wys van hulle regterskouer. Vra my, ons hotkloue skiet moeilik iets raak met so 'n haelgeweer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group