Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post Reply
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Williel »

Nou ja, soos ek se.
Die oggend vroeg loop die meter hier by 7 grade en namiddag is dit sommer 27 grade.
Ek moet nou laai vir veldskietkompetisie. 30 patrone vir 6 bane van 5 skote elk. As daai 350m gong geskiet word met die tempratuur verskille of 250m papierspringbok gaan dit naar lyk.

Hoe laai julle vir sulke omstandighede?

groete
Willie
Groete, Willie
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by vriell »

[quote="Williel"]Nou ja, soos ek se.
Die oggend vroeg loop die meter hier by 7 grade en namiddag is dit sommer 27 grade.
Ek moet nou laai vir veldskietkompetisie. 30 patrone vir 6 bane van 5 skote elk. As daai 350m gong geskiet word met die tempratuur verskille of 250m papierspringbok gaan dit naar lyk.

Hoe laai julle vir sulke omstandighede?

groete
Willie[/quote
In n mate sal dit onprakties wees om so te doen. Of dit nou winter of somer is die elemente varander daagliks/uurliks daar buite of jou omgewing binnehuis waar mens laai. Lugdruk verander sommer gou so dit sou perfek gewees het as mens onmiddelik die patrone wat gelaai word kon gebruik terwyl die elemente min of meer dieselfde sou wees/bly...dis maar my opinie so sal nogal graag hoor wat die eksperts sal antwoord.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Kalahari »

Willie

Laai die patrone man, moenie sukkel nie. Daardie teikens is groot genoeg >:D .

Grap net Willie, ek kan nie regtig vir jou antwoord gee nie. Ek laai my patrone normaal, net soos reg deur die jaar, op die teikens wat ons skiet dink ek nie gaan daardie faktore enige invloed hê nie.
My ladings is almal in Maart ontwikkel en daarvandaan skiet ek somer en winter, kon nie op die afstande wat ons skiet 'n verskil agterkom sodat dit nodi was om aanpassings te moes maak nie.

Sterkte.
ns: Onthou, laai so paar ekstra vir toets skoot of twee voor die tyd op die baan en dan vir "back-up" terwyl jy besig is om te skiet.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by alecjohnson »

die beste antwoord wat ek kan gee is laai jou patrone vir 'n temperatuur van 35 grade.

in somer skiet jy hulle net vir jag dra die patrone teen jou lyf. dit kan dan minder fluktuasies veroorsaak my raaiskoot. ek wil nog paar patrone vat en in die frieskas los en skiet om verskil agter te kom.

wat ek egter doen is laai vir 27grade en gebruik soos normaal as dit koud is is my groepe aanvaarbaar sowel as dit warm is.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Williel »

Dankie aan almal se raad en voorstelle,

Ek het nou maar 15 x gelaai vir 10 grade, 15 x vir 15 grade en 15 x vir 20 grade :-\
Aangesien dat ek op die plaas is na die skiettery sal ek sorg dat die mengelmoes klaar geskiet word om my nie deurmekaar te laat nie ++>:

So mogge troffe ek dalk oor te veel klein dinge in die lewe, Johan is dalk reg met laai die goed en skiet :laugh:

Groete
Willie
Groete, Willie
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Kalahari »

Williel wrote:So mogge troffe ek dalk oor te veel klein dinge in die lewe, Johan is dalk reg met laai die goed en skiet
Willie

Ek gaan nou myne gou gooi en koeele indruk en dan gaan ek gaan skiet, hopelik loop hulle mooi.
Sien daar is koue front aan die kom, so ons gaan dalk sterk nw wind hê, man sal maar vroeg moet probeer klaar skiet.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Williel »

Ek stem vir vroegskiet Johan. Veral die ver bane 1ste. Die NW wind het vandag al sy kop hier uit gesteek. Sterkte met die laai en laat Saterdag n lekker dag wees soos die ou gholfgesegde se.
Groete, Willie
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Kalahari »

Dankie Willie, selfde vir jou.
Sien dan Saterdag, veilig ry.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Wouter Roets »

Hallo Willie

Jy bring hier n baie geldige en ralavante aspek van laai van akkurate rondtes op. Ek deel hierdie met jou en hoop dat dit ook ander herlaaiers moontlik sal kan help.

Die teorie agter n lading wat oor n wye reeks omstandighede aanvaarbare akuraadheid gaan gee is dat dit n redelike wye band moet beskik. Hierdie kan verkry word deur ladings ontwikkelings praktyke van OCW, Ladder test, Nodeprogram ens. Die geheim is nou om op n lading te besluit wat jy dan regdeur die jaar kan gebruik wat voorsiening maak vir die verskillende weersomstandighede.

Nou hier is wat ek doen. Ek gebruik die nodeprogram metode maar niks keer jou om van n die ander bogenoemde metodes te gebruik nie aangesien dit presies dieselfde is. Wanneer ek my nodespoed slaan met my aanvanklike TPL begin ek met my TPL speel in inkremente van maksimum 0,2mm korter totdat ek dan my aanvaarbaare of beste groepering kry. Wanneer ek nou hierdie TPL het begin ek om in klein poeier inkremente op en af van hierdie oorspronklike lading te laai. Jou kaliber(dopkapasiteit) bepaal natuurlik hoe groot hierdie inkremente sal wees. Tipies sal 223 klas calibers, lees weereens dopkapasiteit, in 0,1gr inkremente gelaai word, 243 klas in 0,2gr inkremente en 30-06 en groter in 0,3gr inkremente gelaai word. Jy kan natuurlik al wat n kaliber in 0,1gr inkremente laai as jy so goed dink. Hierdie ladings word nou geskiet en n mens merk dan waar die ladings begin groter gaan as jou voorafbepaalde akkuraadheids vereiste.

Kom ons se jy het bv n 0,6gr lading spektum wat nou voldoen aan jou akkuraadheids vereiste(nodeband/sweetspot). Indien hierdie toetse gedoen was in koue omstandighede gebruik jy jou minimum lading as jou finale lading. Die rede hiervoor is dat hoe warmer dit word hoe meer beweeg jy in jou nadeband in. Die teendeel is weer vir warm weersomstandighede waar hierdie lading ontwikkeling gedoen is, waar jy die boonste lading kies. In koue weer val jy dan weer in die nodeband in. Indien jou ladingontwikkeling in matige weer was kies jy die middelste lading.

Nou moet ons dan ook bietjie praat oor die poeier eienskappe oor die algemeen. Ladings wat hier in die 60 000psi en hoer kerf gebruik word sal baie meer vatbaar wees vir omgewings veranderinge. Drukvlakke/spoed is baie meer vatbaar hier vanwee hierdie omgewings veranderinge en neem eksponensieel hier toe. So dit is dan ook belangrik om n redelike idiee te he waar jy le in die drukvlak spektrum. Lae drukvlakke is minder vatbaar maar nie vrygespreek nie. Daar is ook n verdure aspek en dit is jou vullingspersentasie. Verkieslik wil n mens maar weer in die 98-103% vlak wees sodat lugleegtes ook nie te veel invloed het op jou primer se ontbrandings temperatuur nie(aanvangsfase van jou ontbrandings kurwe). Hierdie is maar net die aspekte van n teoretiese goeie lading wat maar oor die algemeen ingedagte gehou moet word. Ek vind dat n drukspektum van so 52 000-58 000psi meestal aan hierdie vereiste voldoen mits jou kaliber/wapenstelsel/doppe dit toelaat.

Hoop hierdie is van waarde vir jou en ander en ek hoop dat onsinnige opmerkings soos gaan skiet/oefen net meer nou nie weer hulle verskeining hier onder maak nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by vriell »

Wouter Roets wrote:Hallo Willie

Wouter ek verstaan en maak sin wat jy hier verduidelik maar hoe gemaak as die lugdruk verander bv. Parone gelaai in Pretoria en nou kom skiet jy in die Kaap of andersom ? Ek het al patrone gelaai by die huis ( Kaap) en my geweer gaan instel hier by seevlak en dan gaan jag in Kimberley en soos die gewoonte is alvorens ek die jagveld betree eers gaan seker maak waar my geweer skiet en so kom ons almal (3jagters) agter dat daar groot verskil is ( groter as normale spread wat in een omgewing vasgestel(lading ontwikkeling) is in trajek en moes weer instel om aan te pas by die "nuwe" omstandighede hetsy dit dan lugdruk,warm,koud sou wees wat die verskil teweeg bring en is dit 'n voldonge feit dat lugdruk 'n geweldige rol speel in 'n trajek verandering ( natuurlik heelwat groter/kleiner as koud/warm bygevoeg word).
Nou my vraag is hoe sal jou verduideliking en voorstel hierdie probleem aanspreek in verhouding met jou voorstel ?
Vra maar net en leer graag... (ek probeer nie jou voorstel bevraagteken of afskiet nie maar is ingestel op my praktiese feite/denkwyse/ondervinding ) wat nie noodwendig reg mag wees vir ander nie en sal 'n verdere voorstel waardeer van julle met die nodige kennis en ondervinding.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by 375fanatic »

as dit 2 grade is trek ek n baaidjie aan en as dit 27 grade is het ek hom lankal uitgetrek
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Wouter Roets »

Hallo Len

Absoluut geen probleem met jou vraag nie.

Kom ons begin net deur onderskeid te tref tussen interne balistiek en eksterne balistiek. Ek het interne balistiek bespreek en jy raak eksterne balistiek aan.

Jy het net genoem dat julle verstellings moes aanbring aan julle POI maw waar julle gewere gezero het. Jou groepering/aakuraadheid van die rondtes neem ek aan was nog baies dieselfde en dit is wat ek bespreek het, deur hoe om hierdie aspek reg deur die jaar en in alle omstandighede dieselfde te hou.

Nou ek het met die uitgangspunt gegaan jy doen jou ladingontwikkeling en die laai van jou rondtes in dieselfde omstandighede. Wat wel n invloed sal he op interne balistiek is wanneer jy daai selfde lading laai in totale ander omstandighede later die jaar. Nou hierdie kan n dramaties verskil in akkuraadheid teweeg bring. Hierdie is dan die rede hoekom veral die ernstige manne soos benchrest skuts lugreeling en dehumidifiers in hulle herlaaikamers aanbring om juis die omstandighede wanneer jy laai dieselfde te hou. Selfde geld vir aminusievervaardigers.

Humiditeit speel veral hier n rol en kan n groot invloed op jou ontbrandings eienskappe he. Hierdie is ook dan een van die redes hoekom ons nie poeier buite in n pan bv moet los nie, maar so vinnig as moontlik in jou houer nadat jy klaar gelaai het. Ek laai baie rondtes op n slag so dit is hoekom ek meer tyd ingesit het met hierdie teorie want ek kan nie bekostig dat my ladings rondvoeter deur die jaar nie. So hierdie is hoekom ek aanbeveel aan mense om n minimum van 200 rondtes op n slag te laai inaggenome die werk wat in ladingontwikkeling in gaan. Wat mense moet besef is dat wanneer jy jou rondte klaar gelaai het jy met n geseelde eenheid sit wat nie so vatbaar is vir omgewings verandering as wat die meeste mense dink nie. Die spoedverskille wat mense rapprorteer het meer te doen met kronograwe se tekortkominge. Ek gebruik deesdae net die Magnetospeed kronograaf en dit beaam wat ek hier se deurdat die spoedlesings baie meer konstand ongeag die omstandighede.

Alhoewel basies dieselfde aspekte byde interne en eksterne balistiek beinvloed is dit vir ander redes. Eksterne balistiek is die heeltyd onderhewig aan omgewingsfaktore en interne balistiek net basies wanneer jy jou rondtes laai. In eksterne balistiek gebruik n mens basies air density as omvattende syfer vir n paar veranderlikes. Goeie balistiese sagteware neem hierdie waardes in ag om trajekte sowel as wind invloed se POI te voorspel. Hierdie aspek is altyd van belang en gaan basies elke keer voor versiening gemaak moet word soos omstandighede verander. Waar interne balistiek wel hier n rol gaan speel is die relatiewe klein spoed variasie wat daar gaan wees van die koeel agv omgewings omstandighede. Hierdie is wel meer van toepassing op werklike langafstand skuts/jagters en nie so erg op die man wat die heilige streep nie oorskrei nie. Vir die man wat nie veel verder as die 300m merk skiet nie gaan die interne balistiese komponent n klein aspek wees met omgewings omstandighede wat verander en kan vir alle praktiese redes geignoreer word.

Ons kan nog ure hieroor praat maar ek voel deur my voorbeeld te volg kan die meeste skuts met redelike selfvertroue die jagveld sowel as die skietbaan betree sonder om sy kop oor hierdie aspekte te moet breek.

Ek wil net byvoeg hoe belangrik dit is om wel op n nodespoed/sweetspot met jou lading te wees ongeag hoe jy daar uitgekom het. Deur op n tydelike node/sweetspot te wees gaan jou verseker beinvloed in verskillende omgewings omstandighede wat heel moontlik die verskil gaan wees tussen sukses of hande in jou hare om die kampvuur.

Groetnis
Wouter
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by Williel »

Wouter, dankie vir jou verduideliking. Ek gaan dit ter harte neem en op die proef stel. Dit maak ook net meer sin om dit eenmaal reg en klomp te laai.
groete
Willie
Groete, Willie
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoe herlaai jy vir Winter en Somer op een dag?

Post by vriell »

Wouter ,dankie vir die moeite met jou verduideliking.Ek verstaan 100% en waardeer dit.