JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Dec 11, 2017 2:14 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 38 posts ]  Go to page Previous  1, 2
Author Message
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 8:25 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Posts: 1018
Location: Midrand
Dis regtig jammer as dit nou so uitdraai. Hulle het vir my 'n Monarch 3 vervang met 'n glas issue, no questions asked.

Steeds die beste scopes in hulle prysklas.

_________________
Ruger FTW


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 9:11 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 2890
Location: Citrusdal
Manne, ek probeer geensins om Nikon sleg te maak of te benadeel nie. As julle met aandag na my vorige plasings kyk sal julle sien dat ek vantevore goeie diens by hulle gekry het en dat hul verteenwoordiger in die Kaap uit sy pad gegaan het om my te probeer help. Ek het spesifiek aan die begin gevra dat hulle my van die 2 skroefies moet voorsien, want ek was seker as ek hulle in my hand gehad het sou ek hulp hier op die forum gekry het. Hulle antwoord was dat hulle nie onderdele verskaf aan die winkel wat teleskope verkoop of aan die eindverbruiker nie en dat ek die teleskoop moet instuur. My probleem met hulle is dat hulle nie die 2 klein skroefies het of kan kry nie (ook nie oorsee beskikbaar nie?) Ek is ook seker, by nabeteragting, dat indien ek die teleskoop self wou herstel hulle ook uit die water sou staan met hulle waarborg in die toekoms.

Die houding dat indien ek nie 'n teleskoop teen kosprys wil aanvaar nie, hulle dan die ou een terugstuur met 'n betaalbare diensfooi, is nie vir my aanvaarbaar nie. Die 2 skroefies het losgekom sonder mishandeling van die produk, basta.

En ja, ek het die (3) teleskope gekoop vir die waarborg wat aangebied is, aangesien ek nie kans gesien het vir die wagtydperk indien 'n produk oorsee gestuur moet word vir herstelwerk nie. Ek het ook vir daardie rede 'n Vortex gekoop vir my 260. Besluit maar self of julle beïnvloed was deur die "verkoop" van die waarborg aan julle toe julle 'n keuse moes maak.

Johan, die skroefies is effens beskadig deur my in my poging om dit self te probeer herstel.
1. Dit het losgekom terwyl dit nie veronderstel was om dit te doen nie,
2. Ek sal/sou met liefde die koste van die 2 skroefies betaal.

Ek sê weer dat ek nie Nikon se naam deur die modder wil sleep nie, maar dat ek dit op die forum deel om mede-jaracal lede in te lig wat hulle moontlik mag ondervind. Die tak waarby ek gekoop het se bestuurder gaan die aangeleentheid nou met hulle opneem en ek glo 'n ooreenkoms sal bereik word. Ek wou hom nie vroeër betrek by iets wat seepglad behoort te verloop het nie.

_________________
http://img1.jurko.net/avatar_13683.gif


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 9:42 am 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Posts: 947
Location: Bloemfontein
Ongelukkig is daardie skroefies n groot kwaal van die Nikons monarch 3 teleskope.ek het n splinternuwe teleskoop deur 24/7 Hunter gekoop wat na die 2e dag teruggestuur moes word juis oor daai rede.hul het wel dit toe herstel


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 9:49 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Posts: 4420
Location: Pretoria
My 5-20x44 het selle probleem gehad. Sy paralax het ook geneuk. Na 3de herstel sessie het hulle my 'n ander scope aan gebied. Ek is toe huistoe met 'n nuwe 4-16x50 waarmee ek steeds jag. Puik scope.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 9:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1045
Location: Rustenburg
Ek het sover goeie diens van Nikon gekry. Chevvy wat van as jy dalk op Nikon se web werf (die .com een) jou probleem opper sodat die brand oorsee kan sien wat gaan aan. Ek vermoed jy het hier met een hardegat bestuurder te doen. Die ou wie weier werk sekerlik ook iewers in die hierargie vir 'n groot baas.

Ek glo 'n professionele benadering (nie dat ek se jy het nie so opgetree nie) maak meestal 'n groot verskil.

_________________
Maak 'n verskil


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 9:51 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm
Posts: 154
Location: Bloemfontein
Swede wrote:
Op 'n stadium op hierdie forum was Nikon net die scope gewees. Die produk is deur die groot winkel bemark toe hulle nog hier aktief was, beste glas in sy klas, beste waarde vir geld, beste naverkoop diens ens, ens. Die manne soos ek gelees het, het gekoop. Waar is S&O nou wat die produk so uitermaat hier kom adverteer het. Hulle deelname hier op die forum is ook iets van die verlede

Sent from my SM-G950F using Tapatalk



Interessante leesstof uit die verlede. Ek wonder net wie bepaal of 'n fout 'n fabrieksfout is of nie?

viewtopic.php?f=76&t=10155&hilit=nikon&start=25






Stefan764 wrote:
Na aanleiding van n ander gesprek op die forum begin ek hierdie topic ter interessantheid...

immelmanw wrote:
Piet-Skiet wrote:
Soos my trijicon wat nie zero wou hou nie... Ek koop van nou af net nikon. Daai cheap prostaff wat ek op die 303 gehaat het bakgat gewerk en eks seker my monarch wat op my 375 nou kom gan nog beter werk! Ek gee julle I wile raai wat ek op die 243 gan sit. En as ek proebleeme het vat ek hom terug s&o toe

Piet skiet, print uit wat ek hier tik. As jy n Nikon van Safari and Outdoor koop (lw, nie grys invoer of by iemand in sy garage koop nie) en jy het n probleem met die scope wat die vervaardiger se fout is, sal ek persoonlik sorg dat jy n ander teleskoop binne drie dae in jou hande het! My mail is willem@so.co.za of 0828540804' as ek nie antwoord nie stuur n sms en ek bel jou terug.



AMEN.

Ek wil sommer nou hier noem dat in die 10 maande en 3x dae wat S&O Pta oop is het ons oor die 800x Nikons verkoop, Pro Staafs, Fieldmasters en Monarchs. 2x Monarchs het truggekom, albei is laat val. Nikon kon nie regmaak nie, scopes wat moertoe. Klient is in beide gevalle n splinternuwe teleskoop teen kosprys aangebied.

Die manne wat my al lank ken weet ek is n groot Leupold man, maar.... Daar is nie n teleskoop nou te koop wat beter waarde vir geld is as n Nikon teleskoop nie. Maak nie saak watter reeks jy koop nie, daar is nie n teleskoop wat hom in sy gewigsklas sal klop nie. Punt STOP.

Groete
Stefan


Stefan764 wrote:
BenG wrote:
As Nikon 'n dienssentrum in SA het soos LYNX sal ek hom oorweeg, want naverkoop diens is belangriker as verkoopsman praatjies.


More Ben

Welkom op Jaracal.

Nikon het n dienssentrum in Johannesburg. So enige probleem met n Nikon produk geniet dadelik aandag.

Op die teleskope, soos Willem reeds genoem het, as jy hom by S&O koop en daar is n fabrieksfout met enige Nikon ruil ons hom vir jou om vir n nuwe een binne 48hr. Ek dink dit haal die paal in terme van naverkope diens van beide die verskaffer en die verkoopsman.

Groete
Stefan


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 11:03 am 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Posts: 168
Location: Sunland
Hier gaan dit lekker raak.......


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 11:28 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Posts: 1045
Location: Rustenburg
Toe ek my tweede Nikon Monarch 3 teen 'n baie goeie prys gekoop het het die agent aan my verduidelik hulle het 'n werkswinkel in Midrand iewers. Ek is nie seker of dit enigsins so is of nie.

Ek sal graag wil sien wat gaan die uiteinde hier wees. Ek sou eerder die klient (Chevvy) akkomodeer al weet ek ek is binne my reg. Dis mos goeie advertensie vir my produk.

_________________
Maak 'n verskil


Last edited by Ratel on Tue Nov 28, 2017 1:40 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 12:50 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Posts: 262
Location: Slurry
Nikon het service centre by: Premium House
Grey Owl shopping centre
Louwlardia

Ek laat maak altyd my kamera daar verniet skoon, weet egter nie of hulle aan teleskope ook werk nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 3:23 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 2890
Location: Citrusdal
Ek is seker my teleskoop ken nou al daardie pad baie goed vanaf Stellenbosch.....

_________________
http://img1.jurko.net/avatar_13683.gif


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Tue Nov 28, 2017 4:12 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Posts: 262
Location: Slurry
Daar is een in die Kaap ook vir “alle” Nikon produkte

Nikon House Cape Town
Boulevard Office Park Block C, Ground Floor)Searle Street, Woodstock
087 285 3300


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Thu Dec 07, 2017 8:55 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 2890
Location: Citrusdal
Oor 2 dae is dit 2 maande vanaf die sage begin het- nog geen antwoord.

_________________
http://img1.jurko.net/avatar_13683.gif


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Nikon beslissing
PostPosted: Thu Dec 07, 2017 9:44 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Posts: 1382
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
Skokkend!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 38 posts ]  Go to page Previous  1, 2

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group