JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sat Aug 18, 2018 6:10 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 9:11 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Posts: 3101
Location: Kempton Park
Goeie more almal,

Dit goed gedink om so bietjie terugvoer te gee oor die Silver mountain solo elektroniese teikens.

Ons het die afgelope twee naweeke op hulle geskiet en getoets op 300m, 600m, 800m en 900m.

Die afgelope Saterdag op die Witwatersrand bisley (F Ope) liga by Heidelberg het 4 skuts die hele wedstryd op een van die Silver mountain SOLO teikens geskiet.

Daar was net net onder die 200 skote deur 4 skuts geskiet op die teiken op 300m, 600m en 900m. die volgende was gebruik:

6mm Dasher
6.5x47 Lapua
6.5x284 Norma
260 Rem
284 Win

Dit was baie aangename skiet, geen probleme met skyf trekkers nie, geen challange van skote nie en als het 100% vlot verloop. (wel behalwe vir my skootjie deur die teikenraam op 900m - Ek het my 800m setting opgehad :-[ :-[ :-[ ) Die raam was klaar gebou gewees wat ons gebruik het, dit het onder 10 minute gevat om die raam op te stel. Jy kan enige raam wat jy het maak werk of ander een bou van enige groote, jy tik net die groote van die raam in op jou ipad / tablet. Jy het antenna en kontole unit wat jy inplug met 4 netwerk kabels wat gekleur is so bitter maklik. dan het jy antenna met onvanger unit by jou waar jy skiet waarna jou ipad / tablet to link. jy kies jou teiken en jy is reg om te skiet. Ons skiet een skoot op die teiken en kalibreer hom dan soos hy wys op die teiken en van daar af is die skoot plasings presies gewees met elke skoot. ons metings het getoon onder 2mm. Daar was ook geen "ghost skote"opgetel wat geskiet is op die teiken rame langs die Elektroniese teiken (ET) nie. op 900m het dit so 4-5 sekondes gevat vanaf jou skoot dan wys hy op die skerm. Soos met alle elektroniese toeristing is jy opstel belangrik en hier is die raam belangrik - hy moet redelik stewig wees en nie baie kan flex nie aangesien dit probleem kan veroorsaak met die skootplasing verwysing.

Die teikens is regtig aan te beveel, een baie goeie kenmerk van die silver mountain ET is die feit dat hy die spoed van die koeel deur die teiken weergee vir jou op jou Ipad / Tablet / Selfoon wat ookal jy gebruik by die skietpunt om na die skoot plasing te kyk. Ons het duidelik gesien waar twee skote van een van die skuts se skote hoog op die teiken was teenoor sy algemene waterlyn, dat byde die skote met oor die 100vps viniger by die teiken aangekom. So mens kan soos die een skut opgemerk het eerder een van die ET's koop voor 'n Labradar en jy het die beste van beide werelde. Dink net watter akkurate leertjie toetse sal mens nou kan skiet met die teikens.

Die ET's is definatief in my opienie die vooruitgang wat ons voor gewag het in die skiet bedryf. En dit is nie net vir Bisley of F ope nie. Dit sal vir enigeen van nut wees. Veral vir die manne wat alleen skiet en nie toegang het tot weermag bane waar teikens getrek kan word nie en vir manne wat spasie het op plase of toegang het to skietbane waar hulle die teikens kan opsit, selfs vir skiet klubs. Ek weet paar van die wat verkoop is het 2 of 3 manne hom saam gekoop wat ook goeie idee is.

Die Silver Mountain SOLO ET gebruik 8 sensors, so tel selfs op waneer jy vanaf ander skietpunt skuins na die teiken skiet. So as iemand op jou teiken skiet sal hy dit uitwys vir jou.

Ek sal later fotos plaas van hoe die unit verpak is (regtig klein en kompak) en jou maak jou eie teiken raam om te gebruik of kry iemand om een te bou of kry een gebou uit Aluminium by die verskaffer van die Solo Teikens wat in double cab bakkie se bak pas.

CMH (adverteerder hier op Jaracal) is die agent vir die Silver mountain SOLO ET's en julle kan hulle gerus direk kontak vir pryse ens. (Herme se nommer is 072 ses 5 nul nul 7 5 agt )Ek weet die eerste 12 wat geland het is verkoop voor hulle aangekom het en daar is 7 van die volgende 12 oppad ook klaar met nuwe base, maar hulle sal nog bestelling plaas. belangrik is dat hulle ook voledige stelle ekstra parte aanhou plaaslik vir ingeval daar skoot loop heltemal waar hy nie moet nie ++>: Dus sal jy nie hoef te wag om dit van oor die water aan te kry nie.

Groete
Jan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 9:27 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Posts: 7515
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Sal dam fantasties wees as ons dit by Super League kan gebruik, niks meer babalas tyken trekkers wat 2s score pleks van Vs nie

_________________
Een vrou ma klomp gunne!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 9:28 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Posts: 1529
Location: Bronkhorstspruit
Kan jy die sensor raakskiet en die ding opvoeter per ongeluk?

_________________
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield, 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 10:17 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Posts: 5944
Location: Vaalpark Sasolburg
More manne

Laat ek my 5c ook ingooi aangesien ek deel was van die skuts wat hierdie revolusie kon beleef vir myself.

Opslaan is werklik niks meer moeite as om n kronograaf aan die gang te kry nie, as jou raam stewig is en slim beplan soos Herme sin is, is dit letterlik net die koppel van draadjies en jys op die lug. Die teiken self het baie maklik "ge reference" op die slim merke wat Herme vir ons gemaak het op die raam self. Ons het slegs met die eerste teiken moes aanpas met millimeters waar die skoot was en toe ons die agtergrond ruil met 600 en 900 teikens was dit so goed gedoen dat geen kalibrasie nodig was nie. Die kalibrasie is so eenvoudig soos om die skerm te trek na waar die gat is op die papier. Baie eenvoudig !

Uit al die skote met die groot verskeidenheid kalibers {daar was n 300wsm ook} was nie een enkele skoot gemis nie en was die plasing absoluut perfek op die teiken. Een van die beste voordele hier vir die skut is die feit dat mens met elke skoot n akkurate terugvoer het oor die spoed wat jou koeel die teiken bereik en was dit vir my die hoogtepunt van my ervaring. Met elke liewe "flyer"was daar by my n dramatiese {meer as 30vps} spoed verskil en soos Jan se geen skut kan dan n merker uitdaag nie want die sagteware wys reeds jou herlaai vernuf uit as die nommer een vedagte vir daan swak skootjie ;D Ook hoef mens nie elke 30 skote n nuwe teiken op te plak nie want daar is geen plakker wat die teiken ringe toemaak nie, so wat inset koste aanbetref gaan mens baie geld spaar op teikens druk.

Dis n groot kapitaal uitleg verseker maar dit is absoluut die geld werd en die toekoms van kompitiese skiet terugvoer en telling aandui is hier ! niks op die mark tans vergelyk met wat die systeem bied nie.

Nog n lekker funksie is dat as die skuts "strings" skiet, maw een skut skiet al sy skote klaar voor die volgende begin, hou die sagteware self die telling soos wat ons op ons telling kaarte by bisley sou doen. Selfs die funksie om jou eerste twee skote as tellers oor te dra is ingebou. Dus is die nut van telkaarte ook nou tabo aangesien mens net die teiken met sy data as n file kan stoor op die systeem. Nou het jy n eletronies data boek wat al jou data oor elke skoot kan her roep en ook jou reeds uitgewerkte telling reflekteer.....selfs jou V kolle soos dit hoort

Ek sien verseker n behoefte vir hierdie stelsel in Bisley en dan ook self in ander dissiplines wat teiken skiet in soortgelyke verband.

Die enigste verbetering wat ek sou aanbeveel is dat die data op die tablet gestoor kan word en nie op die rooter soos dit huidiglik is nie, maar ek verstaan hulle werk reeds daaraan so dit gaan binnekort beskikbaar wees.

Dan Herme net vir jou baie dankie se vir die geleentheid om deel te mag wees van die opwindende nuwe produk en vir jou moeite en dryfkrag om iets so finominaal vir ons op die mark beskikbaar te kry veral met al ons anti skiet propogande en red tape om skiet verwante produkte die land te probeer inkry. Jys n yster !

Die is die nuwe lab radar !

Ek sal n skerm skoot van die sagte ware laai dan sal mens n beter idee kry van waarmee ons te doen het.

Mooi loop

Image

1 = skoot nommer 2300 die spoed waarmee die projektiel by die teiken aangekom het en daarna die telling behaal

_________________
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner


Last edited by Marc on Mon Jul 30, 2018 10:58 am, edited 3 times in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 10:19 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Posts: 5944
Location: Vaalpark Sasolburg
Smitstertjies wrote:
Kan jy die sensor raakskiet en die ding opvoeter per ongeluk?


Soos enige ander item wat naby die teiken is, is daar so moontlikheid ja. Die goeie nuus is mens kan al die items los kry so om n sensor te vervang sal sekondes neem indien daar moontlik so iets gebeur. As die houer miskien te beskadig is sal die vier skroewe neem om hom te vervang wat binne minute behoort te wees

_________________
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 11:04 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Posts: 895
Location: Middelburg, Mp
Dankie Jan en Marc, vir die terugvoer.
Neem egter kennis, die tipe elektroniese skywe is net akkuraat terwyl die koeƫlsnelheid supersonies is, gaan dus nie lekker werk vir handwapens en .22's nie.

Soos julle noem, is Herme die agent in SA vir die SMT stelsel, wat naverkope diens kan verskaf, groot pluspunt.
Ander soortgelyke stelsel om te oorweeg is die Shotmarker van Kanada, egter rondslomp om in te voer.

E-skywe is verseker die toekoms, en kan lei tot die opleweing van Bisley en F-klas in gebiede wat tans nie geskikte fasiliteite het nie, en ons minder afhanklik gaan maak van die beskikbaarheid van Weermag-bane.

_________________
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 11:15 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Posts: 895
Location: Middelburg, Mp
http://www.autotrickler.com/shotmarker.html
http://silvermountaintargetsusa.com/

_________________
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 2:02 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Posts: 424
Location: Mafikeng
JPS wrote:
So mens kan soos die een skut opgemerk het eerder een van die ET's koop voor 'n Labradar en jy het die beste van beide werelde. Dink net watter akkurate leertjie toetse sal mens nou kan skiet met die teikens.

Dit sal vir enigeen van nut wees. Veral vir die manne wat alleen skiet


Die sal defnetief groot trekpleister wees!!

Verstaan ek sal later die week myne ontvang...kan nie wag!! >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 2:35 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Posts: 1781
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
Nou hoeveel pro-chrono's, Magnetospeeds en Labradar's moet ek verkoop om een te beskostig?


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 3:00 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Posts: 895
Location: Middelburg, Mp
Huidige "special" in die omgewing van R13500.

_________________
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 3:33 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Posts: 1781
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
swc-tr wrote:
Huidige "special" in die omgewing van R13500.

Dit klink baie billik!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Mon Jul 30, 2018 3:43 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Posts: 3101
Location: Kempton Park
Swede,

Ek stem saam dit is baie billik en dit is maar nou onlangs regtig eers bekostigbaar vir individieƫ om met die teikens te kan skiet soos met die Silver mountain Solo systeem. Silver mountain het groot hoeveelheid klub stelsels regoor die wereld al in gebruik maar hulle kos so om en by $5000 per teiken so die nuwe Solo systeem van hulle wat hulle onder $1000 bemark is is regtig nou eers meer bekombaar vir die algemene skut.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group