JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Thu Dec 13, 2018 7:26 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 
Author Message
 Post subject: Oos-Kaap jag.
PostPosted: Thu Feb 27, 2014 11:33 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 3006
Location: Citrusdal
Ek plaas hierdie vir die manne wat nog jagplek soek. Dit kom van die Potshot publikasie.


Jagfokus op die Oos-Kaap
By Jacques Olivier
26 Feb 2014
Latest News



Die Oos-Kaap het van die beste jagwêreld in Suid-Afrika en hierdie week kyk Pot-Shot na die jaggeleenthede in hierdie provinsie. Vir jagters uit Port Elizabeth en Oos-London is daar etlike jagplase wat binne ‘n gerieflike reisafstand is, maar selfs vir jagters uit Gauteng en elders in die land sal dit beslis die moeite loon om die langpad te vat om die Oos-Kaap se geleenthede te benut.

By Cradock bied Palingkloof Safaris jaggeleenthede aan. Gerieflike selfsorg verblyf is beskikbaar teen R350 per jagter vir groepe van vier en meer in ‘n opgeknapte plaashuis met elektrisiteit en ‘n groot ten volle toegeruste kombuis en buite braai area. Beddegoed moet self voorsien word. Roosterkoek word daagliks gebak, jagters moet net die meel en gis verskaf. Die pryse sluit vervoer vir jagters in die veld, gidse sowel as vervoer en verkoeling van die bokke in. Slagfooi is R60 vir Koedoe en R30 vir kleinwild. Selfoon ontvangs en internet indien nodig.
Wildspryse is as volg:
Springbok - R400
Vlakvark - R12 p/kg (kop en pote af, binnegoed uit en vel aan)
Ribbok - R550
Takbok - R700
Blesbok - R750
Rooibok - R950 (ram) en R 750.00 (ooi)
Koedoekoei - R18 p/kg (kop en pote af, binnegoed uit en vel aan)
Koedoebul – R2,900 (onder 46 duim) en R4,500 (trofee)
Rooi Jakkals - R500
Kwesbokke is volprys.
Jagters wat knaldempers gebruik kry 5 % afslag op wild.
Geldige wapen- en jagliksense is verpligtend. Daar is ook nie ‘n kafee naby nie so genoeg rookgoed en snuisterye moet gebring word. R1000 deposito per jagter is betaalbaar op 31 Maart. Betalings is kontant of via internet, geen tjeks word word by 082 821 2155 of per epos by hjsdevos@gmail.com.

By Adelaide bied East Cape Safaris jaggeleenthede aan op verskillende plase wat van uiteenlopende aard is, met veldtipes wat wissel van bergveld meer as 2000 meter bo seevlak, tot vallei-bosveld ongeveer 500 meter bo seevlak. Die plantegroei is oorwegend gras, met doringbome en inheemse woude, en die vallei-bosveld is ‘n pragtige heuwelagtige gebied met oorwegend gras, bossies en doringbome. Die omgewing val binne die somerreenvalgebied van die Oos-Kaap, met winter-dagtemperature wat wissel tussen minus 5 grade Celsius in die vroee oggend en 23 grade teen middag. Gerieflike selfsorgverblyf is beskikbaar en die kamp kan tot 20 mense akkommodeer alhoewel ‘n maksimum van vier jagters op ‘n slag toegelaat word. Die kamp is dus goed geskik om die nie-jagtende gesinslede saam te bring. Kostes beloop R350 per jagter per dag en sluit die dagfooi in. Nie jagters is R150 per persoon per dag. Volsorg is beskikbaar teen R1,350 per jagter per dag en R650 per nie-jagter per dag. Drank is uitgesluit. Slag- en koelkamertariewe is beskikbaar. Indien van die maatskappy jagvoertuie gebruik gemaak word, is die koste R300 per voertuig per dag.

Wildspryse is as volg:

Koedoe - R 2,000 (koei), R3,000 (bul), R5,000 (trofee)
Blouwildebees - R 2,000 (koei), R3,000 (bul), R5,000 (trofee)
Springbok - R 300 (ooi), R350 (ram), R800 (trofee)
Blesbok - R 800 (ooi), R800 (ram), R1,000 (trofee)
Rooibok - R 650 (ooi), R700 (ram), R1,000 (trofee)
Duiker - R 250 (ooi), R250 (ram), R700 (trofee)
Swartwildebees - R 1,400 (koei), R2,500 (bul), R4,000 (trofee)
Ribbok - R 750 (ooi), R750 (ram), R2,000 (trofee)
Vlakvark - R 12 p/kg (binnegoed verwyder )
Alle pryse sluit BTW uit.
Trofee word geag as SCI minimum vir spesie.

Jacques Greeff kan gekontak word by 082 925 4526 of via epos op jgreeff@eastcape.net.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Oos-Kaap jag.
PostPosted: Thu Feb 27, 2014 8:51 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Jul 06, 2013 7:18 pm
Posts: 253
Location: Postmasburg
Dankie Chevvy ss danksy jou post het ek ook nou jagplek sien baie uit daarna

_________________
Hoeveel gewere is genoeg?


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Oos-Kaap jag.
PostPosted: Wed May 21, 2014 10:57 pm 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Wed May 21, 2014 9:48 pm
Posts: 5
goeie naand wil net verneem of is daar nog jagplek beskikbaar vir 24junie tot 4 julie enige 5 nagte vir 3 jagters en 1 niejagter
ons kom van vrystaat maar vir die pryse is ons bereid om ver te ry
groete
ilse long 0724626433


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 3 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group