JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Tue Dec 11, 2018 11:15 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 7 posts ] 
Author Message
PostPosted: Wed Aug 24, 2016 8:06 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Posts: 164
Location: Pretoria
Ons is die naweek op pad.

Kan nie wag nie!! Ek hoop ons sal darem nog n paar bokke kan oplaai.

Enige terugvoer van iemand wat die afgelope tyd daar was?


Last edited by DriesdlR on Tue Sep 06, 2016 1:52 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Aug 24, 2016 8:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Posts: 1602
Location: Randburg, Gauteng
Soek hulle ook op Facebook . . . het self ruk gelede laas daar geloer. Geniet die jag en kom vertel gerus alles agterna . . . ook foto's.

Groetnis


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed Aug 24, 2016 10:56 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Posts: 234
Location: Cary, NC, USA
Dries,

Gaan soek vir "Wildegansvlei Jagters/Hunters" op FB? Ek weet Johan Rheeder hulle was laasnaweek daar gewees. Ek weet van BWB, vlakvark, Kudu koei en 'n paar rooibokke wat hulle gekry het maar gaan kyk op FB, daar's 'n hele paar foto's gelaai.

Sal kyk of ek hom kan kry om hier te kom saam praat.

Groete
Jaco


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Aug 25, 2016 8:43 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Posts: 164
Location: Pretoria
Ek is op die Facebook groep. Ek het Johan se posts gesien en ook sy kommentaar gevra.

Hulle het mooi gejag. Die diere is in mooi kondisie.

Ek weet dit gaan lekker wees. Almal se terugvoer was absoluut great.

Is maar net erg opgewonde.......wil alles hoor en en en ...

Sal verslag doen MET FOTOS!!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Aug 25, 2016 9:11 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Posts: 234
Location: Cary, NC, USA
Geniet dit Dries, en onthou, sonder fotos as bewys gaan ons jou nie glo dat gebeur het nie ... >:+


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 06, 2016 12:40 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Posts: 164
Location: Pretoria
Wildegansvlei - 2016
Ons jaggroep is 4 Pa’s en hulle seuns wat al saamloop van 9 jarige ouderdom. Die seuns studeer almal of het al klaar studeer. Almal kan dit nie altyd maak nie as gevolg van omstandighede maar almal probeer!! Daar sal dan ook van tyd to tyd n “gas” of 2 wat saamgenooi word.
Ons vertrek word so bietjie deurmekaargejaag aangesien ons span verskillende tye kan wegkom uit Pretoria en Johannesburg. weens “commitments” wat strek van studies vir die studente, veilings van beeste in die Vrystaat , vergaderings en vertraagde vlugte vanaf Europa. Ons sou al Donderdag op die plaas gewees het!!
Vrydag oggend vroeg vertrek ons en vat pad na Wildegansvlei. Ons is almal baie opgewonde en hoop om nog die middag die eerste bloed in die kamp te kan hê.
Daar aangekom (Stuk …Stuk) het ons by Hennie ingeteken, al die reëls en werksaamhede deurgepraat, seker gemaak ons verstaan en vertrek na die boskamp.
Groot was ons verrasing toe ons die “ideale” boskamp betree. Verseker die lekkerste and mees praktiese jagkamp wat ons al by gebly het as ons jag. Nie te veel nie en nie te min nie. Net perfek! Grootste plus is dat die skietbaan reg by die kamp is wat natuurlik baie ander voordele vir die nie jagters ingehou het. Die snorkers kan vêr slaap en die ander manne nader aan die kombuis.
Ons het vining afgepak, n worsie gebraai vir worsbrode en van die manne het onmiddelik begin inskiet.
Ons roere was soos volg:
1. .303 Mauser
2. .30 06 Musgrave
3. 7 x 64 CZ
4. .375 H&H Musgrave
5. .22 CZ LR (slegs om bietjie te kon skyf skiet)
Almal het baie mooi seker gemaak die gewere skiet waar hulle moet en die nodige verstellings is gedoen met die 7x64 wat laas in die Karoo op 300m moes skiet en nog daarvoor ingestel was.
Teen 14h30 was die gidse by die kamp om die eerste span jagters veld toe te neem.
Alhoewel die veld droog is, was die diere (Baie van hulle) se kondisie baie mooi en kon ons duidelik sien dat daar vir die diere mooi gesorg word met lekke en voer.
Die middag was suksesvol en daar het 2 rooibokke saam huistoe gekom. Hulle is gaan aflaai by die koelkamer en die nodige is gedoen.

Die vuur het lekker gebrand en al die geselsies en stories het lekker geloop. Die oggend jagspan is vroegerig in die kooi terwyl die nie jagters tot nog lekker laat gekuier het.
Saterdag oggend vroeg is daar na koffie en beskuit span 2 die veld in. Soos die manne sê na die tyd het hulle hulle gatte af geloop en soek na die wild.




Dit is n pragtige plaas en mens ervaar die regte “walk and stalk” jag ervaring op sy beste. Gesien dat dit aan die einde van die seisoen was, was die diere al “wild” geskiet en almal moes hard werk vir sukses. Die het toe gekom … eerste n Waterbok, toe nog 2 Rooibokke, n Rooihartbees en vlakvark het die oggend koelkamer toe gery.

Lekker brunch kos is gemaak en was reg vir die manne wat honger en dors uit die veld uit kom.

Terwyl die manne in die veld was het die nie jagters gulde geleentheid gehad om bietjie skyf te skiet. Wat uitgestaan het was hoe beter en beter die manne begin skiet het oor n preriode van tyd. Dit wys maar net …oefen …oefen …oefen…dan word jy n beter skut. Dit het dan ook aanleiding gegee dat almal eens “commited”was om meer gereeld by die skietbaan uit te kom dwarsdeur die jaar.

Die middag sessie begin so 3uur en teen 4 uur kom die radio deur : die gesprek hetseker so iets verloop
“Pappa ek dink ek het papa nou net n klomp geld gekos” –
“Het jy gekwes?”
“Nee pappa dit is n koedoe bul”
“Hoe groot”
“Seker by die 50” of meer”
“Etter – is hy mooi”
“Baie mooi”
“Geluk Thysa ..ons kom”
Die trots en vertroue in mekaar en vir mekaar in ons groep is baie spesiaal. Soos wat een van die Ooms vir die jongere seuns advies gee…hy doen altyd maar die een was nogal nogal besonders:
“As jy aleen stap,stap jy vining…as jy saam stap, stap jy vêr!”
Koedoe is koelkamer toe na n foto of 2 en almal is terug by die kamp voor donker.

Braaivleis vuur het geloop en n hele paar koues tot lekker laat aangesien ons die volgende dag weer moes terug huistoe.
Sondag oggend vroeg het n paar manne al weer in die pad geval…as jy 2 weke laas by die huis was en omtrent nie eers jou vrou gegroet het na n trip Europa toe nie ..moet jy huistoe so vroeg jy kan. Ek as jou dogter by die kerk aangeneem word beter jy seker maak jy is betyds daar!!



Gedurende die naweek was die volgende spesies raakgeloop in die veld. Voorwaar n gesonde situasie.
1. Rooibokke
2. Blouwildebees
3. Eland
4. Gemsbok
5. Duiker
6. Koedoe
7. Vlakvark
8. Hartebees
9. Waterbok

Aan Johan en Janine de Wet en die res van die Wildegansvlei span….baie dankie dit was vir ons n voorreg!!! Jy gaan maar gewoond moet raak aan ons span…ons (en nog lank na ons die seuns en hopelik hulle seuns) gaan beslis n vaste bespreking by Wildegansvlei hê.

Kan iemand help met fotos asb?
Dit se my dropbox is pirate????????????


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue Sep 06, 2016 3:17 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Posts: 234
Location: Cary, NC, USA
Baie geluk Dries, klink of julle 'n lekker tyd gehad het. Waar's die fotos? >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 7 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group