JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Nov 21, 2018 1:53 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 
Author Message
 Post subject: Seën, Hoor en Doen
PostPosted: Tue Jun 12, 2018 12:10 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Posts: 4892
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos
Deuteronónium 28:2 “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.”
Die Lewende Bybel: “As julle luister wat die Here jou God sê, sal julle oorstroom word met al die voorspoed wat ek nou hier noem.”

Seën, hoor en doen – hierdie is drie woorde wat aan mekaar verbind is. As jy geseënd wil wees moet jy kan hoor en doen. Andersom is dit ook waar: As jy hoor en doen, sal jy geseënd wees. Hierdie begrip is „n waarheid regdeur die Bybel vind.
Van kleins af is dit só dat kinders wil ontvang, maar nie altyd wil hoor en doen wat hul ouers van hulle verlang nie. Ons word groot met hierdie verkeerde beginsel in ons lewe, daarom is dit soms moeilik om as „n volwassene te hoor en te doen wat God verlang. Geen wonder dat ons van die seëninge wat Hy beloof het baie keer misloop nie.
Deut. 28, vanaf vers een tot veertien is vol wonderlike seëning. En volgens Gal. 3:14,29 kan ons as Christene vandag ook deel in al die seëninge wat God vir Israel beloof het.
Ek is seker jy verlang na die seën van die Here – ek ook. Maar dan moet ons leer om duidelik te hoor en te doen wat God van ons verlang. God kan nie wag om ons te seën nie, maar wat hy in Deut. 28 aan Israel gesê het, geld nog steeds vandag ook vir ons. Luister mooi – doen wat Sy Gees in jou hart gee om te doen – en Sy seëninge sal oorvloedig wees.
Ek spreek Num. 6:24-26 oor jou (julle) uit: (Die Boodskap)
“Die Here sal julle seën en julle oppas. Die Here sal met deernis na julle kyk en baie goed vir julle wees. Die Here sal julle gebede beantwoord en vir julle vrede gee.”


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Seën, Hoor en Doen
PostPosted: Tue Jun 12, 2018 6:04 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Posts: 615
Location: Garsfontein
Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Seën, Hoor en Doen
PostPosted: Tue Jun 12, 2018 6:10 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Posts: 380
Location: Polokwane
Pragtige boodskap dankie

_________________
Just smile and wave boys >:D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Seën, Hoor en Doen
PostPosted: Tue Jun 12, 2018 7:39 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Posts: 635
Location: Kimberley
Soos altyd n wonderlike boodskap. Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Seën, Hoor en Doen
PostPosted: Tue Jun 12, 2018 1:11 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Posts: 480
Location: George
Pragtig. Baie dankie vir mooi boodskap.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Seën, Hoor en Doen
PostPosted: Tue Jun 12, 2018 6:25 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 804
Location: Pretoria Oos
Amen !
groot seen vir jou ook boeta

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

_________________
338 WM, 303 LE, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group