JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Sun Oct 21, 2018 8:35 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 7 posts ] 
Author Message
 Post subject: Hoop
PostPosted: Wed Mar 14, 2018 8:00 am 
Online
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am
Posts: 155
Location: Kempton Park
Ek het vanoggend die stuk gelees en wil dit graag deel.

Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.” Romeine 5:2-4

Ons praat 'n taal in Suid Afrika, ‘n nuwe dialek. ‘n Taal wat ons in sekere opsigte vlot bemeester het, die taal van wanhoop.

Talle opvoeders praat ook hierdie taal. Dit demp dikwels die entoesiasme en visie van diegene wat hulle opvoed omdat daar vasgehaak word by die skade van negatiewe ervarings uit die verlede. Ongeag dit wat agter lê, is dit tyd dat ons as volwassenes besef dat daar 'n paar dinge is wat ons nie namens die jonger geslag kan doen nie. Ons kan nie vir ons kinders pyn nie, ons kan nie vir ons kinders lewe kies nie, ons kan nie vir ons kinders glo nie en ons kan nie vir ons kinders leef nie. Ons kan slegs vir ons kinders voorleef wat ons glo is reg!

Dit is nie net dat ons opstaan wat verandering bring nie. Dit is hoe ons vorentoe beur, aanhou beweeg en standvastig bly glo.

Hoop is nie 'n vak wat ons as 'n kurrikulum leer nie,dit is 'n leefstyl. Dit is 'n lewensperspektief wat jy meestal vind in die grootste teleurstellings. Hoop gee jou nie 'n graad nie en laat nie dinge vir jou of namens jou realiseer nie. Dit lê in jou manier van kyk en jou vermoë om jou teleurstellings te omskep in geleenthede vir groei.

Ek het talle mense na ‘n tragiese dood of verlies as gevolg van misdaad in Suid-Afrika al hoor sê dat hulle worstel met 'n onvermoë om te vertrou en dat hulle diep teleurgesteld is in die goedheid van mense en gesien het hoe hulle dikwels maar net voortsleep met die lewe, sonder hoop.

Die groter hartseer is dat jy jou lewensroeping abdikeer en dat jy jou posisie in die gemeenskap waarvoor jy aangestel is om verandering te bring, nie inneem nie. Dat jy nie opdaag as mentor vir die generasie na jou, deurdat jou bitterheid húlle roeping as die leiers van ons land, versaak het. Dít terwyl die Allerhoogste jou juis opgerig het vir 'n tyd soos nou! Jou teleurstelling steel nie net jou roeping nie, maar ook jou nalatenskap!

Die keuses wat ek maak oor hoe om met hierdie gebrokenheid te leef, is wat my iemand maak met impak. Kies ek woede en bitterheid, leef ek met 'n dooie siel. Kies ek om aan te beweeg, leef ek opgewonde oor 'n onbekende toekoms waar ek tree vir tree by die kern van hoekom ek hier is, uitkom.

Gebed: Here, leer my om weer te glo, te hoop en lief te hê soos U.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Hoop
PostPosted: Wed Mar 14, 2018 9:30 am 
Offline
Newbie
Newbie

Joined: Sun Sep 25, 2016 6:46 pm
Posts: 19
Amen, sonder hoop kan ons maar vergeet om n vol lewe te lei


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Hoop
PostPosted: Wed Mar 14, 2018 11:37 am 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Posts: 473
Location: George
Baie dankie vir die deel. Waardeer.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Hoop
PostPosted: Wed Mar 14, 2018 3:54 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Posts: 698
Location: Witfield Boksburg
AMEN. baie dankie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Hoop
PostPosted: Thu Mar 15, 2018 5:51 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 778
Location: Pretoria Oos
baie waar
Amen

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

_________________
338 WM, 303 LE, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Hoop
PostPosted: Mon Mar 19, 2018 10:56 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Posts: 4888
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos
Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Hoop
PostPosted: Tue Mar 20, 2018 5:39 am 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Posts: 624
Location: Kimberley
Amen dankie vir die deel


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 7 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 8 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group