JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Mon Nov 19, 2018 11:58 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 
Author Message
PostPosted: Mon May 21, 2018 6:54 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Posts: 4892
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos
Psalm 103:9,10
“Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.” Die Boodskap: “Die Here sal jou nie aanhou straf vir die verkeerde dinge wat jy gedoen het nie. Ook bly Hy nie vir altyd kwaad oor iets nie. Hy straf ons nie volgens dit wat ons regtig verdien nie. Hy vergeld ons nie op dieselfde manier vir al ons slegte dade nie”Hoekom is ons geneig om onsself te straf?"

Hoekom is dit vir ons moeilik om onsself vry te spreek? Want as God vergewe het dan vergeet hy verseker soos wat ons lees in Jer. 31:34 “Ek sal hulle ongeregtighede vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie” As God nie meer aan my sondes dink nie, moet ek ook nie daaraan dink nie. Die Here het ons sondes, wat Hy vergewe het, so ver van ons verwyder dat ons dit nooit weer sal sien nie. Ons lees in Ps. 103:12 “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons” Gelukkig staan hier nie geskrywe van die noorde en die suide nie, maar wel van die ooste tot die weste. Die Noordpool asook die Suidpool kan wel bepaal word, maar niemand kan sê presies waar is Wes en waar is Oos nie. Wanneer God jou sondes vergewe het is dit totaal van jou verwyder – dit meen vir ewig verwyder!As jong Christen het ek wel geglo dat die Here my vergewe het, maar ek het gedink Hy sal my tog iewers straf vir die verkeerde wat ek gedoen het. Neem die boodskap opnuut vandag, naamlik: “Hy straf ons nie volgens dit wat ons regtig verdien nie. Hy vergeld ons nie op dieselfde manier vir al ons slegte dade nie”

Tel jou kop op en dank God dat Hy jou vrygespreek het!Die Here doen nooit halwe werk nie – as Hy vergewe het dan het Hy waarlik vergewe!Help iemand wat jy liefhet, om hierdie waarheid ook te glo!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 22, 2018 6:32 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 799
Location: Pretoria Oos
dankie
Amen

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

_________________
338 WM, 303 LE, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 22, 2018 6:38 am 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Sun Oct 06, 2013 7:36 pm
Posts: 81
Amen


Sent from my iPhone using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 22, 2018 6:51 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Posts: 635
Location: Kimberley
Baie dankie my vriend. Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 22, 2018 7:56 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am
Posts: 158
Location: Kempton Park
Dankie hiervoor. Amen.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Tue May 22, 2018 5:06 pm 
Offline
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Posts: 480
Location: George
Pragtig. Baie dankie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 6 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 8 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group