JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Jun 22, 2018 3:24 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 
Author Message
 Post subject: WEES LIEF VIR DIE LEWE
PostPosted: Thu May 24, 2018 8:39 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Posts: 4877
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos
Psalm 34:12,13 “Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die Here leer. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?”
Die Boodskap: “Kom, kinders, laat ek julle iets leer! Ek gaan julle wys hoe om die Here te dien. Is daar iemand onder julle wat lief is vir die lewe? Wie wil graag die goeie dinge van die lewe geniet en gelukkig wees?”


Die doel van vandag se “Dagstukkie” is: “Live life to the full.”
Ek verbaas my hoe lees ons die Bybel wanneer dit by ouderdom kom. Ek hoor dat ons net 80 kan word en miskien „n bietjie meer met baie moeite en verdriet. Psalm 90:10 word aangehaal, waar Moses in die omgewing van 120 jaar was, toe hy dit geskryf het. Moses moes eerder geskryf het soos Paulus – toe hy sekere raad gegee het oor die huwelik: “Maar vir die ander sê ek – nie die Here nie...” (1 Kor. 7:12)
Die laaste wat God gesê het oor ouderdom vind ons in Gen. 6 toe Hy berou gehad het dat Hy die mens gemaak het omdat engele en mense vermeng het. In Gen. 6:3 staan: “Toe sê die Here: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.” Hierdie is God se laaste woord, in die Bybel, oor ouderdom. Tussen hakies: In die tyd van die Ou Testament het hulle ook 12 maande in die jaar gehad. Hulle jare was dus nie korter as ons sin nie.
Ek weet nie hoelank jy wil leef nie? Maar ek wil jou inspireer om die Here te vertrou vir „n vol lewenstyd – terwyl jy jou beste vir Hom gee. Ek wil nie „n debat oor ouderdom veroorsaak nie, maar ek moedig jou aan om “fris en lewenskragtig” te leef soos wat ons lees in Psalm 92:15.
Wat jy ookal doen – moet net nie ophou om te leef nie.
Baie leef om dood te gaan – terwyl ons moet lewe om te leef.
Rom. 14:8 “...of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.”


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri May 25, 2018 6:48 am 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Posts: 554
Location: Kimberley
Baie dankie my vriend altyd iets om te oordink. Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri May 25, 2018 7:01 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm
Posts: 122
Location: Kathu , Noord Kaap
Baie dankie dit is n pragtige stuk
Amen

_________________
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
;D ;D ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri May 25, 2018 7:17 am 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am
Posts: 136
Location: Kempton Park
Ware woorde. Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri May 25, 2018 9:28 am 
Online
Jr. Member
Jr. Member

Joined: Sun Jan 17, 2016 9:03 pm
Posts: 60
My ouma se begrafnis is vanmiddag. Jou boodskap beskryf so mooi haar lewe wat sy vol geleef het tot op 93!

_________________
22-250 Savage VLP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri May 25, 2018 9:44 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Posts: 304
Location: Stella
Pred 3:9-13: 
Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei? 
Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. 
Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind. 
So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. 
En ook—dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ‘n gawe van God.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri May 25, 2018 4:40 pm 
Online
Sr. Member
Sr. Member

Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Posts: 444
Location: George
Baie dankie vir nog n mooi dagstukkie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Wed May 30, 2018 9:53 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Posts: 4877
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos
Amen


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 8 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group