JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Tue Aug 21, 2018 12:18 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 957 posts ]  Go to page Previous  1 ... 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39  Next
Author Message
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Tue Nov 10, 2015 8:04 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 623
Location: Pretoria
Dit gaan maar bitter droog op meeste plase. Die meerderheid boere voer nou al n geruime tyd hulle vee en wild. Net die Liewe Heer kan hierdie droogte vir ons breek. Klomp boere gaan vanaand om 21:00 op hul kniee om te bid vir reën. Ek nooi almal hartlik uit om saam te bid.

[IMG]http://images.tapatalk-cdn.com/15/11/10/8ae13ff8717a773b24693491c1d6fc18.jpg[/IMG]

Groete


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Wed Nov 11, 2015 4:11 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Posts: 2979
Location: Citrusdal
Manne, dis nie net die boere wat saans om 9 om reën bid nie.

Ek vra dat ons almal op die forum op daardie tyd hiermee sal erns maak en vra vir uitkoms.

Dankie dat ek op julle kan reken.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Wed May 04, 2016 1:52 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 623
Location: Pretoria
Goeie middag ons swart plaas voorman is gisteraand aangeval en met n yster oor die kop geslaan. Ek weet nog nie hoe ernstig dit is nie maar bid asseblief vir hom. Hy werk al oor die 40 jaar op die plaas.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Wed May 04, 2016 2:36 pm 
Offline
Full Member
Full Member

Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Posts: 106
Location: Oudtshoorn
Sterkte ou maat. Ek sal bid vir julle.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Wed May 04, 2016 4:47 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 623
Location: Pretoria
Het nounet gehoor hulle het hom lelik seergemaak met n handwapen aangehou en gedwing om die huise oop te sluit. Toe bind hulle hom vas. Dank die Here hys nie dood nie maar ons is effens moedeloos hulle kom elke keer net terug

Sent from my LG-H735 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Oct 13, 2016 11:27 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Posts: 4476
Location: Rustenburg
Ek weet die datum vir Moreletta is 13 Oktober, maar die kan ons maar enige dag doen.

Gebed vir die ernstige droogte in RSA
‘n Oproep tot gebed aan alle Christene

(Riglyne saamgestel deur Jerigo Mure Gebedsnetwerk)
info@jwipn.com / www.jwipn.com

As ons sondes teen ons getuig, Here, tree tog op ter wille van U Naam. Ons het so baie keer van U af weggedraai, ons het teen U gesondig. (Jeremia 14:7).

Meeste van ons is bewus van die droogte wat ons hele land raak. Mense en diere ly a.g.v. hierdie droogte wat alreeds baie skade aangerig het en wat toenemend meer en meer skade aan die ekonomie sal berokken indien dit nie reën nie.

Dit is ons verantwoordelikheid as Christene om na God ons Vader toe te gaan, onsself voor Hom te verootmoedig, vir genade te bid en mense op te roep om terug te keer na Hom toe.

Plaaslike gemeentes kan gebuik maak van die volgende gebedsriglyne. Hierdie riglyne kan ook gebruik word by weeklikse selgroepe, Bybelstudie groepe, jeuggroepe en gebedsgroepe.

Ons moet oor minstens die volgende sake bid:

• Onsself voor God verootmoedig en ons harte voor Hom skeur. (Joël 2:13; 1 Timoteus 1:17).
• Terugkeer na God toe. Hosea 6:1 - "Kom ons gaan terug na die Here, want Hy het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hy het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind.
• Dat mense met droefheid/verootmoediging hulleself volgens die wil van God sal bekeer sodat hulle gered kan word. (2 Korintiërs 7:9-10).
• Pleit vir genade. Daniël 9:9 - Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U.
• Ons moet sy aangesig soek. Psalm 27:8 - Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek U aangesig Here.
• Onsself aan God toewy, Hom eer en gehoorsaam.

Ons belydenis van sonde moet die volgende insluit:

1. Persoonlik
• Dat ons God nie altyd liefhet met ons hele hart, verstand, siel en krag nie. (Matteus 22:37).
• Dat ons dikwels nie ons naaste liefhet nie. (Matteus 22:38).
• Dat ons selde respek het vir die regering en nalaat om vir die regering te bid. (1 Timoteus 2:1).
• Dat ons nie Jesus se opdrag gehoorsaam om die evangelie na die uiteindes van die aarde toe te neem nie. (Matteus 28:19-20).
• Dat ons nie verantwoordelikheid neem vir armes en noodlydendes en hulle versorg nie. Galasiërs 2:10 - Al wat hulle gevra het, is dat ons nie die armes onder hulle moet vergeet nie. Ek het my dan ook steeds vir hierdie liefdesdiens beywer.
• Dat ons dikwels betrokke is by bloedvergieting, immoraliteit, afgodery, on-etiese gedrag en ‘n liefde vir die wêreld.

2. Die kerk
As kerk moet ons voor God bely:
• Dat ons nie heilig leef soos wat God dit van ons verwag nie en dat ons nie uitvoering gegee het aan God se opdragte nie: a) om die armes te versorg nie, b) nie ons verantwoordelikheid om te mense te evangeliseer opneem nie, c) nie die evangelie van bekering en vergifnis van sonde gepreek het nie en d) die evangelie na die nasies toe neem het nie.
• Dat ons dikwels louwarm is. (Openbaring 3:15-17). Dat ons allerlei sondes in die kerk toelaat wat die Heilige Gees bedroef en uitblus. Dat ons lewens nie altyd in ooreenstemming is met die duidelike bevele en riglyne van God in die Woord nie. As kerk moet ons ons bekeer van elke vorm van immoraliteit, egskeiding, die neem van omkoopgeld, ons gevoelloosheid teenoor mense wat sonder Christus sterf en die sonde van biddeloosheid.
• Dat daar by ons ‘n liefde vir geld is (gierigheid), vir die dinge van die wêreld en ‘n vleeslike leefstyl. (1 Timoteus 6:10).
• Dat daar by ons ‘n gebrek aan liefde is vir mense in nood. (Jakobus 1:27).
• Dat ons dikwels kompromie maak deur nie die Bybel as hoogste gesag, waarheid en outoriteit te aanvaar nie. 1 Petrus 1:24-25 - Die Skrif sê: "Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig. Hosea 4:6 - My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.
• Dat daar sinkretisme in die kerk is (‘n vermenging van ander godsdienste en afgodery saam met aanbidding van die Lewende God). (Jeremia 3:13).

3. Regering
As gelowiges moet ons voor God die sondes van die regering bely:
• Elke vorm van korrupsie, bedrog, diefstal en omkopery.
• Dat die huidige konstitusie en regering nie die oppergesag van God en die Bybel erken nie.
• Dat die huidige regering, persone in senior posisies en ander instellings hulle nie aan die reg en die wette van die land onderwerp nie.

4. Die nasie
As gelowiges moet ons die sondes van die land voor God bely:
• Die toename in misdaad, geweldsmisdaad en moord.
• Die wettiging van aborsie.
• Die aktiewe pogings om God en die Bybel uit die skole, tersiêre instellings, regeringsinstansies en die werkplek te werk en ook beperkings op Christelike aktiwiteite soos bv. enige vorm van gebed te plaas.
• Die toename in die misbruik van dwelms, mensehandel en die toename in prostitusie sowel as verkragting.
• Die toename van verskeie vorme van rassisme in talle sfere van die samelewing.
• Die aanbidding van afgode, toordery en betrokkenheid by die okkulte.
• Die verbonde wat gesluit is met goddelose mense, ideologieë en valse godsdienste wat die aanbidding van die Lewende God teenstaan.

Nadat ons hierdie sondes met goddelike berou voor God bely het, kan ons nou vir God vra om vir ons reën te gee. God is duidelik daaroor, dat as ons ons sonde bely en ons voor Hom verootmoedig, Hy vir ons reën sal gee.

2 Kronieke 7:13-15 - As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan.

Vader ons erken ons afhanklikheid van U. U is die enigste Een wat vir ons reën kan gee. Gee weer vir ons reën in hierdie land en herstel ons land. Ons vra dit in Jesus Naam. Amen.

_________________
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Oct 13, 2016 1:22 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Posts: 7005
Location: Jubail Saudi Arabia
Amen


Sent from my iPhone using Tapatalk

_________________
Skype - gerharddelport


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Oct 13, 2016 3:41 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Posts: 623
Location: Pretoria
Amen ons is dankbaar vir die reën wat oppad is

Sent from my LG-H735 using Tapatalk


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 1:32 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Posts: 2135
Location: Otavi, Namibia
Goeie Middag

My verloofde is gister met baarmoeder kanker wat klaar versprei het na die lewer,niere en pancreas, op die oomblik dink hulle dit is net boop die lewer, niere en pancreas, haar oopgesny dit gesien toegemaak en gese sy moet eers chemo terapie kry begin volgende jaar wonde moet eers gesond word, dan sal hulle weer proebeer as dit kleiner is. So ek vra bid asb. vir haar manne, haar naam is Anina en sy is nou op die oomblik by haar dogter in Windhoek. Dankie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 1:39 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Posts: 5944
Location: Vaalpark Sasolburg
Aai Flip baie baie sterkte vir julle, mag God julle styf vashou deur hierdie onstuimige tyd

_________________
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 1:49 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Posts: 1047
Location: Brits
Jul is in ons gebede Flip. Baie sterkte


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 2:27 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Posts: 3510
Location: Durbanville, WesKaap
sjoe Flip ons dra julle op in gebed. Sterkte daar.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 2:41 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Posts: 5603
Location: Piet Retief, Mpumulanga
Ai Flip,

Baie sterkte, dink aan julle.

_________________
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 2:41 pm 
Offline
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am
Posts: 60
Location: Graaff-Reinet
Ai man, sterkte Flip, ons bid vir julle. Laat weet hoe dit gaan asseblief. Immanuel

_________________
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 3:22 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member

Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Posts: 857
Location: Windhoek
Sterkte vir julle Flip, laat weet as ek iets van WHK se kant kan doen vir julle.

_________________
Groete, Willie


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 3:33 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Posts: 703
Location: Heidelberg, Tvl
Baie sterkte. Ons bid vir julle.

_________________
Groetnis
Philip


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 4:12 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Posts: 679
Location: Windhoek
Sterkte Flip, ons bid saam met julle.

_________________
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 5:00 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Posts: 6009
Location: Paarl
Flip, dit is nie goeie nuus nie, maar daar is 'n Vader in die hemnel waarop julle, jul hoop kan vestig.
Baie sterkte.

_________________
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 5:04 pm 
Online
Hero Member
Hero Member

Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Posts: 722
Bid vir jou Flip.

_________________
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Thu Dec 22, 2016 10:32 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Posts: 4886
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos
Baie sterkte Flip. In hierdie tyd dink ons aan jou en ook aan haar. Julle sal in ons gebede wees. Ons bid vir genesing en ook vir krag vir die proses.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Fri Dec 23, 2016 6:13 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Posts: 239
Location: Bredasdorp
Jy is in my gebede Flip. Kan ek julle almal ook vra om te bid vir klein Jannie Fourie van caledon. Hy het vanmiddig in 'n vuur by Caledon ernstig gebrand. Ek is nie seker van sy ouderdom nie, maar ek dink hy is 13 jaar oud. Ek wil julle ook graag heriner aan Johannes 16 vers 23: Daardie dag sal julle nie meer vrae aan my stel nie, "Dit verseker ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid,sal hy vir julle gee."
En ook 1 JOHANNES 5:14-15:
14En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. 15En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

_________________
;D SMLE and shoot ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Fri Dec 23, 2016 6:16 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Posts: 239
Location: Bredasdorp
Verskoon asb tog die klein "h" in "Hy"

_________________
;D SMLE and shoot ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Fri Dec 23, 2016 6:58 pm 
Offline
Global Moderator
Global Moderator
User avatar

Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Posts: 2116
Sterkte Flip


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Fri Dec 23, 2016 7:06 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Posts: 2332
Location: Paarl
Ai Flip ek was al 3 keer in jou posisie ek het nie vir jou raad nie, maar wees positief bid, ons sal ook en sê vir jou verloofde sy moet fight.

_________________
GROETE

__________________________
300 winmag tikka
Howa 243 ackley
Lee Enfield 303 mk2
Bruno.22 model 2
Taurus 38 special
243 Ruger RPR

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.


Top
 Profile  
Reply with quote  
 Post subject: Re: Gebede versoek
PostPosted: Fri Dec 23, 2016 9:13 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Posts: 239
Location: Bredasdorp
Ek het nou weer nuus ontvang. Dit gaan glad nie goed met die seun nie, Bid almal asb vir die gesin.

_________________
;D SMLE and shoot ;D


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 957 posts ]  Go to page Previous  1 ... 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group