Page 1 of 5
Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Thu Nov 17, 2016 10:23 pm
by Piet Breedt
Hier was nou in die laaste maand, twee aanvalle hier by ons, waar ons mense doodgeskiet is. Die aanvallers kom in groepe van tot 6, almal swaar gewapen met AK's en R5 gewere. Ek sien ook op facebook, kort kort videos wat deur veiligheids kameras geneem is waar die boosdoeners mense aanval, en almal is swaar gewapen.
Ek voel dat my handwapen nie genoeg is in so n situasie en soek iets met meer vuurkrag om my en my gesin te beskerm en te verdedig teen sulke aanvalle. Wat sal julle aanbeveel en wat kos dit? Iets soos n M16 of AR 15. Wat is beskikbaar?
Ek het in my weermag dae laas met sulke wapens gewerk, en is n jaggeweer liefhebber en het agter geraak met wat beskikbaar is in hierdie lyn. My begroting is so R20,000.00
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Thu Nov 17, 2016 10:58 pm
by hierswolf
Die beste waarde vir geld is seker Stag Arms wapens.
TacShac het onlangs hulle verkoop teen R14 900.
https://www.facebook.com/TacShac/
Ek sal baie eerder een van die kry voor ek 'n Norinco.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 12:32 am
by joe rocket
SHIHM sal lekker werk.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 3:31 am
by Albert84
Binne die huis is daar seker niks beter as n kort loop semi auto hael geweer nie. Buite n AR15 of 7.62 semi auto met n red dot scope.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 5:27 am
by spekieries
Piet ek en jy kom altwee uit die diensplig era. Ek sou sê daar is drie kriteria, as jy 'n wapen het wat aan die kriteria voldoen koop hom.
Betroubaarheid- Hy moet nie stoor nie.
Hanteerbaarheid. Jy moet in die gang kan afhardloop sonder dat hy orals vashak.(Miskien opvou kolf)
Magasynkapasiteit - Ten minste 20 rondte magasyn. Beter 30 of 50 rondte kapasiteit. (Dus .223). En dit is waar my raad ophou. Die "Three gun manne" sal jou kan adviseer watter wapen pas koste effektief in hierdie gleuf.
Uit my ondervinding as meg. infanterie soldaat, sou ek altyd enige wapen wat op die AK (Galil) beginsel werk aanbeveel. Want in my 2 jaar diensplig en 8 jaar kampe is dit die raamwerk wat hom bewys het.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 6:20 am
by Fanta300
Ons plaaslike geweerwinkel verkoop AR15 DM4's vir R17500
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 6:27 am
by LongWolf
spekieries wrote:Piet ek en jy kom altwee uit die diensplig era. Ek sou sê daar is drie kriteria, as jy 'n wapen het wat aan die kriteria voldoen koop hom.
Betroubaarheid- Hy moet nie stoor nie.
Hanteerbaarheid. Jy moet in die gang kan afhardloop sonder dat hy orals vashak.(Miskien opvou kolf)
Magasynkapasiteit - Ten minste 20 rondte magasyn. Beter 30 of 50 rondte kapasiteit. (Dus .223). En dit is waar my raad ophou. Die "Three gun manne" sal jou kan adviseer watter wapen pas koste effektief in hierdie gleuf.
Uit my ondervinding as meg. infanterie soldaat, sou ek altyd enige wapen wat op die AK (Galil) beginsel werk aanbeveel. Want in my 2 jaar diensplig en 8 jaar kampe is dit die raamwerk wat hom bewys het.
+1
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 6:51 am
by musgrave270
Oom Piet. PM asb Oom se nommer vir my. Ek ken n man wat vir Oom goeie advies sal kan gee en moontlik ook kan help met n wapen
Groete
Ruan
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 7:31 am
by Apie
Albert84 wrote:Binne die huis is daar seker niks beter as n kort loop semi auto hael geweer nie. Buite n AR15 of 7.62 semi auto met n red dot scope.
Probleem met haelgeweer is dit vat lank om te herlaai.
.223 of 9mm karabyn tipe kan jy vinnig, akkuraat klomp rondtes in die rigting van die skurk stuur en vining herlaai ook
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 7:53 am
by Ratel
Ek sou beslis vir LM5 (semi auto weergawe van R5) of DM4 in 223 caliber gegaan het. Hang af van jou budget. Haelgeweer is goed maar op plaas scenario waar jy in 'n skiet geveg betrokke kan raak en moontlik vasgepen kan word in jou huis, stoor ens soek jy iets wat verder afstand kan bereik. Veral om AK en R4/R5 waarmee die rowers loop te kan counter.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 7:57 am
by Carl
Die beste CQB opsie is maar haelgeweer met die regte pille, maar oom skiet mos redelik goed

so enkel koeëls sal die ding doen. Die nadeel van haelgeweer sonder magasyn is om te herlaai, magasyne is baie groter/swaarder vir die aantal rondtes, ammunisie is swaarder. Die 223 het natuurlik geen gelyke buite die huis!
Haelgeweer opsies is natuurlik goedkoper.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 8:08 am
by Ranger
The Stag for R14900 is a very good deal if there is still stock. You'll have to add sights and magazines to that price.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 8:12 am
by alecjohnson
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 8:26 am
by Johan JvR
Het iemand al een van Warrior se P2CC's gebruik?
Kan dit nie dalk werk nie? Dan kan mens mos daai 'drum' magasyne by Camdix koop wat 50 rondtes vat.
http://gunwarrior.co.za/P2CC/
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 8:35 am
by Carl
Johan
Eerlik ek het nog nie een gebruik nie. My vraag is handwapen is net dit, 'n handwapen. So nou maak jy dit 'n karabyn, dan is dit moeilik om te dra en weg te steek. Dus moet jy die ding aanmekaar sit, dalk onder geweer vuur. Ek weet nie. 9mm nie juis 'n langer afstand opsie nie.
Vir die manne wat weet hoe werk storings in die karabyn goed? Moet jy die pistool uithaal en soos gewoon reg kry of kan alles in die karabyn gedoen word?
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 8:53 am
by Jean Marais
spekieries wrote:Piet ek en jy kom altwee uit die diensplig era. Ek sou sê daar is drie kriteria, as jy 'n wapen het wat aan die kriteria voldoen koop hom.
Betroubaarheid- Hy moet nie stoor nie.
Hanteerbaarheid. Jy moet in die gang kan afhardloop sonder dat hy orals vashak.(Miskien opvou kolf)
Magasynkapasiteit - Ten minste 20 rondte magasyn. Beter 30 of 50 rondte kapasiteit. (Dus .223). En dit is waar my raad ophou. Die "Three gun manne" sal jou kan adviseer watter wapen pas koste effektief in hierdie gleuf.
Uit my ondervinding as meg. infanterie soldaat, sou ek altyd enige wapen wat op die AK (Galil) beginsel werk aanbeveel. Want in my 2 jaar diensplig en 8 jaar kampe is dit die raamwerk wat hom bewys het.
Ek stem 100% met hierdie saam. Maar moet ook nie die effektiwiteit van 'n 12 boor met bokhael miskyk nie. Dis 'n "weapon of mass destruction", veral as dit 'n semi auto is.
As jy 'n semi auto koeëlgeweer soek, sou die R5 my keuse gewees het. Lekker groot magasyn kapasiteit - 50 rondtes, en as dit regtig moet, kan hy maklik in vol outomaties verander word.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 9:11 am
by Gideon@1
Dag sê,
Ek het een van daai P2CC met 'n Red dot sight vir my Vektor SP1. Die insit en uithaal van die pistool is regtig baie eenvoudig en maklik. Daar kan genoeg gadgets op die P2CC aangeheg word bv. flits, laser ens.
Daar is egter net 'n paar goedjies wat in 'n selfverdedigings situasie kan pla.
1. Jy is beperk tot die betrokke pistool se magesyn kapasiteit.
2. Jou oor is baie naby aan die pistool... Sonder oorbeskerming gaan jou ore sing
Ek is baie gelukkig met myne, maar daar is beperkings vir selfverdediging aldus volgens my
Laat dit juig!!!
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 9:14 am
by Johan JvR
Carl, ek het gedink mens kan die pistool netso deur die dag dra en dan saans (as jy by huis kom) in die chassis sit sodat jy meer rondtes tot jou beskikking het asook 'n flits wat op die raam gemonteer is. Dit gaan dan oor meer rondtes tot jou beskikking, maar teiken afstand bly dieselfde.
Stem saam met jou - ek sal ook graag wil weet of mens hom moet uithaal indien die 50 skoot 'aftermarket' magasyn sou stoor.
Dis 'n makliker opsie as om aansoek te doen vir 'n AR.
Gideon - hoe styf pas die pistool in daai raam? Is hy redelik solied?
Gehoorbeskerming sal nie 'n probleem wees tydens 'n aanval nie. Mens sal wel moet gebruik tydens oefening.
Dink jy as die karabyn (met 'n 50 skoot magasyn) en 'n AR daar langs mekaar staan en 'n aanval op jou vind plaas binne 'n radius van min of meer 25 meter, dat die AR baie meer effektief sal wees as selfverdedinging wapen?
Ek is baie nuuskierig oor die karabyn. (en jeukerig vir een

)
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 9:32 am
by Gideon@1
Johan,
Die pistool pas styf genoeg in die P2CC sodat "speling" tot 'n minimum beperk word sonder om die in en uithaal moeilik te maak. Die hele sisteem is baie solied.
Ek sal die P2CC saamneem die vakansie dan sal ek dit vir jou kom wys in Cradock.
Groete
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 9:42 am
by PaulM
Johan JvR wrote:
Dink jy as die karabyn (met 'n 50 skoot magasyn) en 'n AR daar langs mekaar staan en 'n aanval op jou vind plaas binne 'n radius van min of meer 25 meter, dat die AR baie meer effektief sal wees as selfverdedinging wapen?
Ek gebruik 'n AR om deel te neem aan die 3-gun skiet disiplines. Soms is party teikens nader as 5m.
Die .223 is vlymskerp op hierdie kort afstande, veral as jy 'n goeie red-dot op het en jy dus met albei
oë oop kan skiet.
Onthou ook om die "stopkrag" van die 9mm en .223 rondtes te vergelyk. As die adrenalien pomp, kan
'n aanvaller nog baie kwaad doen selfs nadat hy verskeie 9mm skote in die lyf toegedien is. Die .223
gaan baie groter skade berokken met selfs net een skoot.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 9:48 am
by Johan JvR
Gideon, dit sal gaaf wees! Asseblief.
Sal lekker wees om jou weer te sien.
Paul - ja ek het nie daaraan gedink nie. Al wat my pla van die AR's is die storings waarvan die manne praat.
My Glock 23 het nog geen probleme gegee nie, ek weet egter nie wat die 50 skoot magasyn sal maak nie. Ek sal ook moet uitvind of die magasyne by Camdix net vir 9mm is en of hulle vir .40S&W ook het.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 10:01 am
by Ranger
Jean Marais wrote:spekieries wrote:Piet ek en jy kom altwee uit die diensplig era. Ek sou sê daar is drie kriteria, as jy 'n wapen het wat aan die kriteria voldoen koop hom.
Betroubaarheid- Hy moet nie stoor nie.
Hanteerbaarheid. Jy moet in die gang kan afhardloop sonder dat hy orals vashak.(Miskien opvou kolf)
Magasynkapasiteit - Ten minste 20 rondte magasyn. Beter 30 of 50 rondte kapasiteit. (Dus .223). En dit is waar my raad ophou. Die "Three gun manne" sal jou kan adviseer watter wapen pas koste effektief in hierdie gleuf.
Uit my ondervinding as meg. infanterie soldaat, sou ek altyd enige wapen wat op die AK (Galil) beginsel werk aanbeveel. Want in my 2 jaar diensplig en 8 jaar kampe is dit die raamwerk wat hom bewys het.
Ek stem 100% met hierdie saam. Maar moet ook nie die effektiwiteit van 'n 12 boor met bokhael miskyk nie. Dis 'n "weapon of mass destruction", veral as dit 'n semi auto is.
As jy 'n semi auto koeëlgeweer soek, sou die R5 my keuse gewees het. Lekker groot magasyn kapasiteit - 50 rondtes, en as dit regtig moet,
kan hy maklik in vol outomaties verander word.
Promoting something illegal???
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 10:03 am
by LoopSoosStroop
Ek sal vir 'n moderne AR gaan, iets wat 'n verstelbare kolf het en maksimum 16" loop, verkieslik korter. Verkieslik ook in 5.56 gekamer en nie .223 nie.
Hulle is onsettend "shootable" as gevolg van die min terugskop van die .223 en die reguit lyn tussen die loop en kolf tot in jou skouer. As jy al ooit 'n AK en 'n AR geskiet het sal jy weet waarvan ek praat.
Dan soek mens ook ene met vaste visiere as backup en ook "forward assist" om 'n rondte in die kamer te kry as hy dalk moeilik kamer. Ek sou 'n red-dot op 'n "quick-release mount" gesit het.
My persoonlike keuse sal die Ruger AR556 by Camdix vir R17k wees. Hy het vaste visiere, 'n flat-top picatinny rail en forward assist.
Die AR is baie betroubaar. Laat poleer die kamer in elk geval, maar dit sal ek met enige semi doen wat ek vir gevaarlike goed wil gebruik.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 10:06 am
by Jean Marais
I am not promoting anything illegal, but will do anything possible, to protect life against attackers armed with fully automatic assault rifles and when the the situation justifies such action.
Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?
Posted: Fri Nov 18, 2016 10:13 am
by Carl
Jean Marais wrote:I am not promoting anything illegal, but will do anything possible, to protect life against attackers armed with fully automatic assault rifles and when the the situation justifies such action.
Jean kom nou het jy al ooit 'n R4 op RRRRRRrrrr geskiet

Dis k.. van die duiwel en net die movies waar dit gebruik word. En die

gaan jou baie lang tyd besig hou met die onwettige wapen of dan modifikasie.
As jy auto wil gaan is daar net 1 woord 50 BMG met lekker sandsakke omgepak! 2de prys dubbel 7.62 BMG