SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Stefan764 »

Johannes Schoeman wrote: Dit is lekker om n geweer te skiet wat nie nonsens het nie . Weet van baie gewere wat of vuil ,of skoon skiet.
Groete Johannes
Dankie vir die waarheid Johannes!

www.tikka.fi
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
immelmanw

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by immelmanw »

Wouter Roets wrote: Johannes

Ek is net soos jy oor n skoon loop. Noem dit maar n kop ding, maar dit is hoe ek aan mekaar geslaan is en Basta! Hier en daar van my Ruger's het ek ook mee gesukkel maar nog nie in die mate van hierdie Savage nie. Ek moet ook byse dat ek die loop inbreek is n binnehuise skietbaan van ons geweerwinkel waar ek ook nie spoed kan lees nie vanwee die ligte. Wanneer ek gewoonlik n geweer se loop inbreek begin ek sommer met my lading ontwikkeling wat n persoon se aandag afneem by die loop inbreek proses. So dit is nou baie sielkundig om net daarop te konsentreer.

Soos gese lyk die groepering gedeelte baie belowend en daarom dat ek dit oorweeg om die inbreek proses n skip te wil gee. Iets wat ek nog nooit gedoen het nie aangesien ek n groot voorstaander daarvan is. As n mens eers met n custom barrel geskiet het is n mens maar bederf om die minste te se.

Willem ek sal daai produkte met graagte toets aangesien ek n ander loop het vir die geweer wat op ys le. Sal met jou praat daaroor. Ek is heeltemal bewus dat die Savage nie met n handlapped loop uitkom nie. Dit is dan een van die redes hoekom n mens so beeindruk is oor die akkuraadheids aspek van die gewere. Wys jou as jy n loop oordentlik sny dan tel dit verseker baie. Meskien moet ek maar so bietjie geduldig wees met die loop en wag vir die lesensie sodat ek dit maar op die ou manier doen hier by die huis. Ai die geduld ding is maar n wetter!

Groetnis
Wouter
Wouter

Adres asb!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Stefan764 »

Vir jou gemail Willem
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by PJS »

Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Ek is nou besig om die Savage LPR 6.5 Creedmoore in te breek. Ek weet n klomp mense het my gewaarsku dat die loop maar bitter grof is en ek kan met eerlikheid se dat hulle nie gelieg het nie! Dis die meeste werk wat ek nou nog in n loop moes insit! Ek staan op skoot nommer sewe en sien nog nie n vermindering in copper fouling nie. Ek moet byse dat die laaste drie skote snyers was met n duimsuig lading en virgin doppe wat n mens se gemoed darem so bietjie lig. Aangesien daar klaar n nuwe Shillen Ratchet Groove loop op pad is vir die geweer is ek baie lus om hom net so te skiet. Vertel bietjie na hoeveel skote het die lope begin settle in die fouling departement?

Groetnis
Wouter
Middag Wouter

Ek het n MOD 12 VLP DBM 22-250 1/9 twist bestel en wag nou vir lisensie. Ek kyk gereeld na die topic. Ek wil graag vra wat beveel jy aan met die loop inbreek? Die normale wat al op ander topic van loop inbreek genoem is? of ander metode as gevolg van die baie "copper fouling"? Watter produk sal goed werk? Ek sien Willem sal vir jou eers n sampelkie stuur van die spesiale goedjies!  ;)
Ek sal jou raad waardeer.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Wouter Roets »

Hallo PJ

Dar is n magdom idiee's daar buite oor die loop inbreek proses met selfs baie kenners wat nie eers daarvan gebruik maak nie.

Ek maak maar gebruik van my eie aangepaste een. Ek skiet vyf sarsies van een skoot en maak elke keer skoon na n skoot. Dan vyf sarsies van drie skote met n skoonmaak tussen elke sarsie. Dan weer vyf van vyf skote en laastens vyf van tien skote en dan is ek klaar. Ek het met die Savage besluit om tien een skoot sarsies te skiet vanwee die baie copper fouling maar staan nou eers op sewe skote. My skoonmaak roetine is om n produk wat eers die carbon fouling verwyder soos Butchs Bore Shine te gebruik en daarna een wat koper verwyder. Ek gebruik uitsluitlik Forrests Bore Cleaning Foam hiervoor. Na elkeen van hierdie prosesse stoot ek lappies op n jag deur totdat hulle silwer skoon uitkom en dan n olie lappie met Butches Gun Oil en so twee daarna net om die ergste olie uit te haal.

Ek het geen ondervinding van hierdie produkte waarvan Willem praat nie en is nogal heel nuskierig hoe hulle gaan werk, want loop inbreek is nie my gunsteling tydverdryf nie! Veral as jy nie lading ontwikkeling kan saam doen nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by PJS »

BAie dankie vir die raad Wouter.
Ja nee loop inbreek is nie n lekker tydverdryf nie. Ek het ook gedink om die lading ontwikkeling saam te doen. Ek sal nou maar sien of dit moontlik is.
Ek sal kom rapporteer sodra ek ook my Savage gekry het. Doppe, koeëls dies en alles lê en wag net vir daai lisensie. Ai
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Swys14 »

Ek het vandag by S&O ingestap en dadelik verlief geraak op die LRP, dis alles wat ek soek in een pakket. Ek het klaar besluit die LRP in 243 sal my volgende geweer wees, wanneer daai dag gaan kom hang af van die fondse want so 'n wapen moet jy paar met 'n baie deeglike teleskoop en dan moet dies en en en ook bykom. Maar sjoe, Wat 'n nice geweer. En dan skiet hy ook nog 'n barshou. Die oom het my sy sneller ook laat voel, nogals deeglik vir n rakgeweer. Dis nou wel amper 20k vir die wapen maar ek glo mens gaan sukkel om dit te klop itv waarde.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

My Savage VLP in .22 250 het n 1/9 Stainless steel loop en hy maak beslis maklikker en vinniger skoon as die swart lope op my LRP's
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by the kid »

https://dl.dropboxusercontent.com/u/107347253/Mkhambathini-20130629-00477.jpg

Ek het gister gaan ladings toets, en hierdie groep op 550 yrds met my .260 rem Savage LRP geskiet. Ek skiet gewoonlik 5 skoot groepe, maar het nie geweet of ek eers die teiken tref nie, en wou nie ammo mors nie.

Lading was 42.4 gr S365 met 130 gr Berger VLD hunting OAL 74.2mm cci200 primers.
moet nog so .2 -.4 gr opgaan volgens QL.

Ek sal maar probeer maar vir nou is ek heel gelukkig met hierdie groepering.

100 yrd groepering het so gelyk
https://dl.dropboxusercontent.com/u/107347253/Mkhambathini-20130629-00478.jpg

Dit was so teen 12:00 so mirage het bietjie gepla.

Ek is baie opgewonde en kan nie wag om klaar lading ontwikkel te doen en dan te kyk wat ek kan regkry met my nuwe speeding.
immelmanw

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by immelmanw »

the kid wrote:https://dl.dropboxusercontent.com/u/107347253/Mkhambathini-20130629-00477.jpg

Ek het gister gaan ladings toets, en hierdie groep op 550 yrds met my .260 rem Savage LRP geskiet. Ek skiet gewoonlik 5 skoot groepe, maar het nie geweet of ek eers die teiken tref nie, en wou nie ammo mors nie.

Lading was 42.4 gr S365 met 130 gr Berger VLD hunting OAL 74.2mm cci200 primers.
moet nog so .2 -.4 gr opgaan volgens QL.

Ek sal maar probeer maar vir nou is ek heel gelukkig met hierdie groepering.

100 yrd groepering het so gelyk
https://dl.dropboxusercontent.com/u/107347253/Mkhambathini-20130629-00478.jpg
Dit was so teen 12:00 so mirage het bietjie gepla.

Ek is baie opgewonde en kan nie wag om klaar lading ontwikkel te doen en dan te kyk wat ek kan regkry met my nuwe speeding.
Great. Geniet dit. Soos Barry Hilton se: "Nou gaan ons braai"
Post Reply