Page 1 of 3

SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Sep 19, 2012 8:40 pm
by Piet Breedt
Soos julle seker nou al weet het ek by Huntex 2 x Savage LRP gewere ryker geword. Een n .243 en die ander n .260 Rem. Ek het n Nightforce 12 - 42 x 56 op die .243 en n Rudolph 6 - 24 x 50 op die .260 Rem wat ek vir Dolph langtermyn toets op doen.

Die LRP kom standaard met die Target Accutriger wat nog ligter kan stel as die gewone Accutriger. Myne het ek albei die trigger safety piepietjie van afgehaal, wat dit vir my moontlik gemaak het om hulle presies dieselfde te kon stel as my Jewell snellers op van my ander gewere, asook my kompetisie geweer. Hulle breek skoon op net meer as n 1/4 pond. Die snellers het my regtig verbaas, en is puik vir kompetisie skiet, en boonop kom hy standaard op die geweer en hoef ek geen aftermarket goed op te sit.

Die kolf is n HS Precision glasvesel kolf met n alluminium blok in waarop die aksie rus. Aanvanklik het ek gedink dat die kolf nie baie nice is nie, totdat ek met hom begin skiet het. Dit is werklik n lekker kolf vir die veldskiete soos ons dit doen by SAJSV, en sal ek hom nie sommer wil ruil nie, tensy ek een kan kry wat soos die Tikka T3 Sporter sin lyk en voel.

Die LRP is nie n ligte jag geweer nie, en met sy 26" loop wat 1" duk is voor by die kroon, is hy beslis nie n geweer wat gemaak is om in die veld rond te dra op n walk en stalk jag nie. Hy weeg n volle 11 pond sonder teleskoop en bassise en ringe.

So lyk hy:

Image

Image

Image

Ek het regtig nog nie vreeslik moeite kon doen met die herlaai en lading ontwikkeling nie, en het al die groepe met nuwe Lapua doppe geskiet. Die kondisies was ook maar redelik winderig elke toetsdag wat ook nie bygedra het tot van die beste kondisies nie. Mirage die tyd van die jaar is ook maar n groot probleem as jy wil groepe skiet.

Hier is soos hulle skiet:

Hier is die .243 met sy 1/9.25 twist loop

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

En so skiet die .260 Rem"

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Hierdie is standaard fabrieks gewere met absoluut geen modifikasie behalwe vir die wangstuk kontrepsie wat ek aangebring het. Wat my beindruk is dat bykans nie een groep oor 1' is op 100m en dit met enige lading en koe?lpunt wat ek hulle voer gedoen is. Ek het nog glad nie met koe?l punt diepte gespeel, en net 0.3mm van die lands af gelaai. Dit is min dat mens n geweer kry en wat ookal jy hom voer, skiet hy onder n duim op 100m. Dit wys op die akkuraatheids potensiaal van hierdie gewere.

Die slotaksie van die gewere is baie glad en met die groot slot handvatsel voel dit sommer na besigheid as jy die slot hanteer. Die locktime van die slotte is opmerklik vinnig en met die ligte crisp sneller is hulle n plesier om te skiet.

Die magasyne vat ongelukkig net 4 patrone, maar jy kan darm die laaste patroon afdruk en n 5de een in die kamer kry vir die kompetisies. Alhoewel die magasyn die patrone "stagger", kom hulle mooi in die middel uit bo wat veroorsaak dat die koe?l se punt nie skeef kan druk as hy gekamer word, en werk die magasyn dus soos n "single feed" magasyn soos die Tikka sin wat bydra tot akkuraatheid. Die feit dat die magasyn die patrone stagger, maak dat hy nie uitsteek onder die kolf nie.

Ek voorspel dat hierdie Mod 12 Savage gewere nog groot naam gaan maak in die kompetisie skiet w?reld.

Hulle is beslis nie die mooiste swane in my kluis nie, maar as jy hom eers skiet, dan word jy sommer op die plek verlief.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Sep 20, 2012 9:18 am
by the kid
Hi Piet,
Ek sal graag wil hoor watse basise en ringe jy gebruik het.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:14 am
by Piet Breedt
Altwee gewere het n Nightforce Picattini rail met n 20 MOA hoek op. Op die een het ek Nightforce ringe en op die ander een Warne ringe. Ek dink die Nightforce ringe is die beter keuse, maar hulle is dubbel die prys van die Warne's.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:31 am
by JTM
Hi Piet,

Sal jy die .243 LRP aanbeveel vir die veldskiet sport of dink jy die .22-250 VLP-DBM met 9 suim twist loop is 'n beter opsie om voor te gaan?

Jannie

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Sep 20, 2012 2:12 pm
by Piet Breedt
Ek is nog nie seker hoe lank die loop op die .22 250 gaan hou nie. Myne staan nou al op 1100 en skiet nog net so mooi.

Ek het vir my so n .22 250 VLP met 1/9 twist loop bestel, so dit behoort jou te antwoord

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Fri Sep 21, 2012 11:10 pm
by Fanie
Mooi gewere en mooi groeperings Piet. 

Dit kyk egter nie of dit juis gaan werk nie, jy't die springbokkie op al die munte mis geskiet...
of wag jy vir die nuwe munte om te begin verskyn ;D

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Tue Oct 16, 2012 11:34 pm
by SeeMoNsteR
Dog gou ek deel my vreugde met julle..

Ek het vandag n LRP in 260 Rem ryker geword, more tel ek die papiere op en dan moet die aansoeke in.
Oom Piet, waaroor kan ek opgewonde raak? Mag ek asb maar by oom aanklop vir ladings en advies?

Voel so geseend
Groete

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 7:20 am
by Piet Breedt
Jy het baie om oor opgewonde te raak. Johannes Schoeman het ook een en Koos Barnard gaan in die Desember uitgawe van Magnum n artikel plaas daaroor. Ek wil nie die aap uit die mou laat nie, maar maak jouself reg vir groot lekkerkry.

Jy is welkom om my te skakel oor enige iets

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 11:53 am
by Wouter Roets
Pieta

Ek het vergeet om vir jou te noem toe ons gepraat het. Ek sien daar is n 6.5 Creedmore onder die gewere wat S&O op hulle verkoping lys het. Ek oorweeg dit sterk aangesien ek so sukkel om die Ruger VT in die hande te kry. My probleem is dat die Savage in n 26 duim loop uitkom en nie in n 28 duim loop soos die Ruger nie. Al my berekeninge is op n 28 duim loop gebasseer en dit is juis met hierdie konfigurasie waar die kaliber baie sin maak. Dit gaan oor die 130gr Berger VLD waarvan ek klaar 500 het teen n nodespoed van 3030ft/sek kan skiet uit n 28 duim loop. Die kaliber en koeels werk nie teoreties in n 26 duim loop optimaal nie. 2840ft/sek is my hoogste nodespoed met n 26 duim loop.

Ek kan die nodespoed ignoreer en die spoed opjaag na 3000ft/sek toe maar wonder dan oor die verwagte groepering. Die aplikasie van die roer gaan groepering van so kwart duim op 100m vereis so ek is maar so bietjie skrikerig. Ek het geen vraagtekens oor die geweer nie dit gaan eintlik net oor die looplengte. Ek kan seker maar so aangaan met hom en dan later net n 28 duim loop opsit. Die platvorm het ek nie mee pyne nie en sal verseker n trappie op wees van die Ruger.

Gooi bietjie jou gedagtes ek sit hier langs die radio!

Groetnis
Wout

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 10:23 pm
by Dawie
Hallo Piet

Sal 'n 105gr A-max werk in daai 243 met sy 9.25" Twist ?

Dawie

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 10:37 pm
by Piet Breedt
Wouter, dit is uiters waaghalsig van jou om my te vertel van jou mooi "stach" 130gr Bergers. Ek soek hoeka na nog van hulle, en hulle is tans uit voorraad.

Ek persoonlik sou die Savage gekoop het, en dadelik die loop afgehaal het en verkoop het, en dan die 28" loop laat opsit het, as dit n vereiste is vir wat jy met hom wil doen.

Die Savage se loop is so ontwerp dat enige persoon met redelikke beperkte kennis die loop kan afdraai met die regte tool, en dan n soortgelyke loop opsit en die kopspasie self stel met "Go and NO - GO" gauges. Dit beteken dat iemand wat n Savage .243 het, daardie loop kan koop, en redelik maklik net lope kan ruil, en dan n .260 Rem het. Daar is baie webwerwe wat die proses verduidelik, en dit is regtig maklik om te volg, en te doen.

Die Savage LRP het homself in n baie kort tydjie hier by ons bewys as n uitstekende platvorm om vanaf te werk. Hy het reeds alles as standaard wat verlang word van n presisie geweer.

1. n Ware kompetisie sneller
2. Alluminium bedding blok in n HS Precision glasvesel kolf
3. Self true aksie
4. Baie kort locktime
5. Staggered magasyn wat regop voer soos n single feed magasyn en dus nie patrone se runout beinvloed
6. Groot sterk "bolt handle" wat baie maklik werk
7. Sterk aksie met n klein port wat bydra tot sy "ridigetness"

om maar n paar dingetjies te noem.

Altwee myne skiet regtig baie lekker, hulle is net vrek swaar. Ek is nie een dag spyt oor hulle, veral die .260 Rem

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 10:42 pm
by Piet Breedt
Dawie, ek is nie seker nie, maar ek dink jy het n minimum van n 1/8 twist nodig daarvoor. As jy weet waar ek so 15 van hulle kan kry, sal ek dit vir jou toets.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 11:15 pm
by immelmanw
Dawie wrote: Hallo Piet

Sal 'n 105gr A-max werk in daai 243 met sy 9.25" Twist ?

Dawie
Nope, jy moet n 1-8 twist he. 115gr 1-7 twist, 95gr 1-9 twist, 87gr 1-10 twist, 80gr -12 twist

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 11:20 pm
by immelmanw
Wouter Roets wrote: Pieta

Ek het vergeet om vir jou te noem toe ons gepraat het. Ek sien daar is n 6.5 Creedmore onder die gewere wat S&O op hulle verkoping lys het. Ek oorweeg dit sterk aangesien ek so sukkel om die Ruger VT in die hande te kry. My probleem is dat die Savage in n 26 duim loop uitkom en nie in n 28 duim loop soos die Ruger nie. Al my berekeninge is op n 28 duim loop gebasseer en dit is juis met hierdie konfigurasie waar die kaliber baie sin maak. Dit gaan oor die 130gr Berger VLD waarvan ek klaar 500 het teen n nodespoed van 3030ft/sek kan skiet uit n 28 duim loop. Die kaliber en koeels werk nie teoreties in n 26 duim loop optimaal nie. 2840ft/sek is my hoogste nodespoed met n 26 duim loop.

Ek kan die nodespoed ignoreer en die spoed opjaag na 3000ft/sek toe maar wonder dan oor die verwagte groepering. Die aplikasie van die roer gaan groepering van so kwart duim op 100m vereis so ek is maar so bietjie skrikerig. Ek het geen vraagtekens oor die geweer nie dit gaan eintlik net oor die looplengte. Ek kan seker maar so aangaan met hom en dan later net n 28 duim loop opsit. Die platvorm het ek nie mee pyne nie en sal verseker n trappie op wees van die Ruger.

Gooi bietjie jou gedagtes ek sit hier langs die radio!

Groetnis
Wout
Wouter, jy moes gepraat het, gistermiddag 16:00 aan Arnold Viljoen van Worcester verkoop.
Jammer man, nou hoef jy nie daai mooi Ruger versameling deurmekaar te krap nie.
Laat weet my watse Ruger jy soek,dan kry ek een vir jou. Dalk kan ek opmaak vir daai Gunmetal Leupold B&C waaroor jy vandag nog die m..... in is!

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Wed Oct 17, 2012 11:52 pm
by Frikkie Coetzee
Piet Breedt wrote: Dawie, ek is nie seker nie, maar ek dink jy het n minimum van n 1/8 twist nodig daarvoor. As jy weet waar ek so 15 van hulle kan kry, sal ek dit vir jou toets.
Piet as jy belangstel kan ek jou so paar van die volgende stuur:

105 g Lapua Scenar
107gr SMK
105gr Nosler

Ek skiet hulle in n een in 8 loop.

Ek het ook die 95gr SMK en hulle is bedoel vir 1in 9 twist.

Laat my wet as ek moet aanstuur.

Frikkie

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 7:25 am
by G-force
Ag nee Piet,hoekom plaas jy sulke goed?Jy weet daai .243 is wat ek graag wil he maar geen vooraad nie!Dankie vir daai mooi verslag,die tipe goed help ons(wat nog leer) verskriklik baie.
Gaan jy daai .243 laat Ackley?

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 7:39 am
by Wouter Roets
Willem

Gaan kyk bietjie na jou foon onder missed calls Dinsdagmore. ;) Die hoofrede was eintlik daai 9,3x62 Ruger, maar ek is in n mate verlig dat die Savage weg is. Het darem gister vir Stefan n ordertjie vir drie Rugertjies gegee so as jy daaroor so bietjie n ogie kan hou sal ek baie bly wees. Wat se Leupold, dis al lankal vergete! ;D

Pieta ek is verseker baie beindruk met die Savage se platvorm en sou nie sommer n ander maak oorweeg het om my Ruger versamelingtjie op te breek nie! Glo my die vraag aan jou was nie n maklike een nie! ;) Die Ruger kan nie kers vashou met die Savage op hierdie aplikasie nie. Sal graag bietjie die American se slotaksie deur sy passies wil sit want daar is potensiaal met die ontwerp. Gaan tog n bietjie werk neem met die sneller, loop en kolf maar die aksie lyk belowend.

Groetnis
Wout

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 7:59 am
by Dawie
Dankie Piet

Op die 105gr A-max boxie staan (twist rate 1-9").  Het net gewonder of daai 0.25" 'n groot verskil sal maak. 

Ek kon hulle nie laat skiet het in my 12 vlp dbm nie en kon net-net 100gr SGK geskiet kry. 

Wou graag weet,  ek's oortuig jy's baie ouliker met die klas goed as ek.

Ps.  Het ook lading probeer kry in mod 12 vir 

Nosler  105gr probeer (min 1-8" op pakkie)  nie geskiet

95gr SMK (1-9" op pakkie)    ook nie geskiet

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 8:52 am
by Piet Breedt
Dankie Frikkie

Na wat Willem hierbo genoem het, wil ek nie graag jou koe?ls onnodig mors nie. Maar as jy wil, kan ek dit nogsteeds probeer.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 8:55 am
by Piet Breedt
Dawie, probeer die 95gr Berger VLD, Hunting of target. Hulle altwee werk besonder mooi in die Savage met 1/9.25 twist loop.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 9:33 am
by Koos Barnard
Dags?
Piet ek sien jy noem dat daar in die Desember-uitgawe 'n artikel oor die Savage Model 12 gaan wees. Dit was die beplanning, maar ongelukkig lyk dit my dit gaan eers in die Januarie-uitgawe verskyn. Met my twee jobs werk die beplanning nie so lekker om by Johannes uit te kom nie. Ek sal darem hierdie naweek sien hoe hy dit gebruik by die Natal Jaggeweerskiet (dis nou as ons nie uitre?n nie - die weervoorspelling lyk nie goed nie).
Mooi loop

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 9:39 am
by immelmanw
Koos Barnard wrote: Dags?
Piet ek sien jy noem dat daar in die Desember-uitgawe 'n artikel oor die Savage Model 12 gaan wees. Dit was die beplanning, maar ongelukkig lyk dit my dit gaan eers in die Januarie-uitgawe verskyn. Met my twee jobs werk die beplanning nie so lekker om by Johannes uit te kom nie. Ek sal darem hierdie naweek sien hoe hy dit gebruik by die Natal Jaggeweerskiet (dis nou as ons nie uitre?n nie - die weervoorspelling lyk nie goed nie).
Mooi loop
Koos

Moet tog net nie die geheim uit die mou laat nie! EK kan nie glo wat ek hoor nie!

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 10:57 am
by dealetjie
Dankie Piet vir die verslag, baie nice, veral omdat ek nog leer, het ek n paar dinge opgetel. Ek moet se die Savage lyk noggals goed, se my, ek kan nie so mooi sien nie, maar is dit fluted barrels?

vrede groete

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 11:31 am
by swc-tr
Piet
Dankie vir die toetsverslag.

Ek wonder egter net..................? Die geweer se naam is Long Range Precision, het jy hom nie dalk op Long Range getoets nie (>600m)?
Dit sal interesant wees.

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Posted: Thu Oct 18, 2012 7:43 pm
by Dawie
Piet Breedt wrote: Dawie, probeer die 95gr Berger VLD, Hunting of target. Hulle altwee werk besonder mooi in die Savage met 1/9.25 twist loop.
Dankie Piet gaan hom 'n traai gee...

kojak