Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H
Posted: Sat Apr 22, 2017 6:33 pm
As aanvang wil ek noem dat mens gewoonlik raad gee oor ladingontwikkeling en dan aanbeveel dat 3 skote vir QL kalibrering oor die chrony geskiet word. Die probleem wat voorkom is dat 'n beginlading op lae druk is en die brandtemo toeneem soos druk verhoog.
Op Gunsite het die lid, Messor, die aanbeveling gemaak dat enkelskote versprei van laag tot hoog 'n beter aanduiding sal gee van brandtempo en makliker kalibrering sal beteken. Sy voorstel het ek nou met 'n vriend se 375 toegepas.
Ek het Maandag dopvoorbereiding vir sy geweer gedoen en ook die dopvolume en maks TPL met die Barnes bepaal. Dopvolume van 93 grein en TPL van 96mm. Ek het drie patrone gelaai met TPL van 94mm. My berekende nodespoed was 2611vps en 'n lading van 69,5gr S355 sou dit kry. Die ladings wat gelaai is, was 67, 69 en 71gr.
Hier is die drie skote geskiet oor die chrony en spoed was 2544, 2539 en 2599vps (5m weg). Hoogste skoot het papier net gesny. Nie sleg vir 'n 4 grein sprong nie.
Na hierdie skietsessie is ek huis toe om die data deur QL te druk en dan die berekende lading te laai. Die 71gr lading was op die node (kon dit reeds op die skietbaan sien) en die nuwe berekening het gedui op trompspoed van 2616vps weens die stadiger ontbranding van die dryfmiddel. Ek het dus 10 patrone met 71gr gelaai en ons is weer weg skietbaan toe.
Die eerste skoot was baie hoog en byna oor die teiken. Ons het verstel en toe is die volgende 4 skoot groep geskiet. Leupold teleskoop met maks 12x vergroting.
Dit is nou nie dit wat mens as 'n top groep beskryf nie en kort sekerlik verfyning. My vriend voel dat dit voldoende is vir sy jag wat Donderdag begin. Ek het gou 15 patrone gelaai sodat hy 20 het vir die jag.
Met die uitskiet van 8 koeëls het ons dus jagakkuraatheid verkry. Werklik 'n koste doeltreffende metode wat nie so baie moeite verg nie (dit is mos lekker om te skiet). My vorige oefening saam met Diesel Dog het so 12 skote geverg. Aanhouer wen.