Page 1 of 1

Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 9:09 am
by andre007
Hallo julle. Is daar iemand op die forum wat messe kan skerpmaak of miskien iemand ken wat dit doen. Ek het dit vir iemand op ons dorp gegee en hy't hulle eerder stomp as skerp gemaak ;), ek het van daai trek goedjies maar dis net n tydelikke oplossing aangesien die grade op die snyflakke nie meer reg is nie!

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 9:29 am
by Johan Nel
Andre,
Ek maak maar al my messe skerp met 'n Lansky stel vir baie jare. As jy iets groter soek vir groter meslemme, kyk na die Warthog slypstel wat op dieselfde beginsel werk (nie die een wat mens die messe net deurtrek nie). Ek is nie naby jou nie, anders sou ek graag help.

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 2:06 pm
by win270
Lansky slypstel vir kleinerige messe werk baie goed. Probeer dit gerus.

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 2:35 pm
by Philip J
win270 wrote:Lansky slypstel vir kleinerige messe werk baie goed. Probeer dit gerus.
+1

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 3:12 pm
by martinf
Sal my spyderco vir niks verruil nie maar almal werk.

As jy dit nie self wil doen nie sal jy maar 'n mes maker of iets in die hande moet kry met nice tools. Anders n slypstel koop en jou messe elke keer met selle stel teen selle angle slyp. Na die eerste keer gaan dit vinniger.

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 3:15 pm
by alecjohnson
Lansky is die andwoord! ek gebruik al jaare my pa sin, het sowat 'n jaar terug my eie een gekoop.

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 3:18 pm
by Kingy
Ek het ook die Lansky gekoop, sommer die een met die 5 sluipsteentjies, maak my messe bitter skep.

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 4:24 pm
by DawieKotze
Lansky is baie goed - ek gebruik hom en ook die warthog vir die algemene kombuis messe.

Die enigste probleem met die Lansky is die feit dat jy baie seker moet maak jy knyp die lem op presies dieselfde diepte vas met elke slyp. Anders verander jy die hoek van slyp. Ek verbeel my ek het iewers 'n soort Lansky sisteem gesien waar die slypsteen stabiel vas is en die mes in die arm vasgeknyp word. Daardie opset hou die hoek altyd presies dieselfde. Kan ongelukkig nie nou die naam onthou nie.

Groetnis

Dawie

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 8:33 pm
by Dries101
Lansiy werk baie mooi. Maar leer jouself op stene slyp. Dit is bietjie van n kuns maar jy kan dan enige iets van n byl tot n carpet knife doen

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 9:11 pm
by tripodmvr
Vir maklik skerpmaak is Spyderco se keramiek skerpmaker soos op die foto die antwoord. Geen smeermiddels, stel vinnig op en net 'n paar trekke en die lem is weer vlymskerp. Word in sakkie verpak en vervoer maklik sonder dat olie kan mors.
Spyderco skerpmaker.jpg

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 9:39 pm
by Drenalinjunkie
Ek gebruik n belt sander met n jig wat ek gemaak het. 1200grid belt en so 3-4 ligte stroke per kant + ligte buff gee n mes wat so skerp soos n skeermes is.

Re: Messe slyp

Posted: Mon Dec 22, 2014 9:42 pm
by tripodmvr
Stem dat so belt sander baie goed werk. Die lekker van die Spyderco is dat hy so maklik saamreis en met afslag slegs 'n paar trekke nodig het om weer sy werk te kan doen. Daar is fyn stene ook by, maar ek gebruik dit nie - vind dat effens skurwe lem beter sny.

Re: Messe slyp

Posted: Tue Dec 23, 2014 8:24 am
by andre007
Drenalinjunkie wrote:Ek gebruik n belt sander met n jig wat ek gemaak het. 1200grid belt en so 3-4 ligte stroke per kant + ligte buff gee n mes wat so skerp soos n skeermes is.
Drenalinjunkie, goeie plan ekt gehoor die ouens gebruik jou metode. Wat sal jy voorstel moet die grade wees van die ''jig'' waarteen die lem geslyp word?

Re: Messe slyp

Posted: Tue Dec 23, 2014 8:47 am
by Drenalinjunkie
andre007 wrote:
Drenalinjunkie wrote:Ek gebruik n belt sander met n jig wat ek gemaak het. 1200grid belt en so 3-4 ligte stroke per kant + ligte buff gee n mes wat so skerp soos n skeermes is.
Drenalinjunkie, goeie plan ekt gehoor die ouens gebruik jou metode. Wat sal jy voorstel moet die grade wees van die ''jig'' waarteen die lem geslyp word?
Ek sal moet kyk wanner ek terug in SA is. Weet die hoek is taamlik klein wat my n bitter skerp lem gee maar hy word so rapsie vinniger stomper as n groter hoek.

Re: Messe slyp

Posted: Tue Dec 23, 2014 10:14 am
by dsmerrills
I agree with tripodmvr about the spyderco sharpmaker, the problem I have the the lansky although I own both it that you rearly find that your blade was sharpened on the same degrees as that offered on the lansky and it often happens that guys buy a lansky and pic a degree that looks closest to the degree of there knife but in fact it's a little off and you end up having to put a new edge on the knife that takes ages but with the spyderco a couple downward strokes and your knife is very sharp