Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by DawieKotze »

RESPEK!!

1) Selfrespek
2) Respek vir die natuur en natuurlewe
3) Respek vir die grondeienaar en sy goed
4) Respek vir jou mede jagters.
5) Respek vir vuurwapens
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Post by Ponkie »

Middag manne

Ek ken net die karoo. Voorsit koedoe en springbok jag, asook bakkie jag as dit nodig is om groter getalle bokke af te haal.

My opinie.
ONonderhandelbaar:

1. SLOTTE OOP! Op die bakkie, as ons stap, as jy jou geweer in die geweersak bere, as ons middagete bymekaar kom, slotte is ALTYD oop!
2. Ek jag net saam iemand wie ek al vantevore sien skiet het, wie se skiet vernuf ek mee bekend is.
3. Jag saam jou bloedbroers, as jy nie sulke goeie pelle het nie, dan jag jy alleen.
4. Ek betaal vir karkas in die vel. Jy gaan nie my bok weeg as hy uit die veld kom met sy harslag, kop en pote nog aan hom en dan as hulle klaar skoon gemaak is kry die volk waarvoor ek betaal het nie.
5. Ons mag natuurlik saans ietsie langs die braaivleis vuur neem, maar die koelbokse gaan nie saam veld toe nie.
6. Ek jag Rand/kg. Ek jag nie horings of trofees nie, ek jag vleis, en wil betaal vir wat ek skiet. Of dit nou 7 x jong ramme of 3 x volwasse bulle is.

Plase waar jy nog rand/kg kan skiet is skaars, maar gelukkig het ons hulle nog.

Dis my opinie, en dis hoe ek saam my Pa, broers en my pelle, vandat ek kan onthou, jag. Dit werk vir ons.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Post Reply