Page 1 of 5

Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 2:27 pm
by win270
Manne en dames, ek wil graag weet wat julle beskou as ononderhandelbaar as julle op 'n jagtog gaan, sommer so vandat jy van die huis af vertrek. Verduidelik gerus wat jy as allerbelangrik beskou en waarom jy ook so sê. Hou dit saaklik en duidelik. Dalk kom daar interessante aspekte navore waarby elkeen van ons iets kan leer . . .

Dink bv. aan:

Watter tyd van die jaar jy wil gaan jag?
Watter streek in die land?
Wie jy saamneem?
Watter wild jy moet skiet en waarmee?
Watter toerusting jy MOET onthou?
Hoe laat in die aand jy moet gaan rus om reg te wees vir die vlg dag.
Hoe jou gids / PH / spoorsnyer moet optree?
Hoe jy die karkas moet hanteer?
ens, ens, ens

Geniet dit . . .

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 2:33 pm
by Cor Jacobs
Sjoe win270, daar is seker n hele paar wat elke man aan sal dink.

n Baie belangrike Moet op my lys n n Soet suur Lewer en Niertjie Pot een aand.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 2:38 pm
by Eugene
Nie deel van wat jy gevra het nie, maar wat vir my ononderhandelbaar is, is vertroue tussen my en die Boer/Eienaar!

Ek moet kan vertrou dat die spesies wat hy op sy pryslys het, die akkomodasie en die dienste, wel is wat hy beloof het en hy moet kan vertrou dat ek 'n jagter en nie 'n slagter is nie!

Daarom is dit vir my altyd senutergend om by 'n nuwe plaas te gaan jag, want daai vertroue is nog nie lekker in plek nie en by sommige plekke weet jy sommer by die aankoms daar, dat dit nooit in plek gaan wees nie....

Ek besef natuurlik dat baie boere dieselfde oor jagters voel...

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 2:44 pm
by FCLoretz
Deursigtigheid,

die boer moet van die begin af eerlik wees oor hoe dinge op die plaas werk en daar moet ook nie verskuilde kostes op my rekening wees as dit nie vooraf op die pryslys so aangedui is nie.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 3:12 pm
by Pvdw
Ek jag nie saam drongatte nie!

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 3:21 pm
by Zack Benade
Geen verskuilde kostes nie.
Ek betaal vir wat ooreengekom is aan die begin voor die jag. Ek sal oor geen verskuilde kostes ondehandel of betaal nie.

Bly 'n man van jou woord,
As jy onsseker of wantroue het sit alles op papier voor die tyd.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 4:00 pm
by hieha
ALMAL in die groep moet help - kosmaak - skoonmaak - kwesbokke soek - inskakel
Boer - gee my pryslys (met alle kostes) - verduidelik moets, moenies en voorkeure vooraf. Kaart van plaas help baie. As jy se jy kom tel ons 6:30 op - is dit nie 7:30 nie
Jagters - as jy se jy gaan saam - kanselleer jy NIE

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 4:11 pm
by Zack Benade
Jammer ek het die belangrikste een vergeet.

My kaliber keuse is my keuse en nie die boer sin nie. As die boer nie saamstem nie hou maar gerus jou diere.
As ek klaar op die plaas is en die boer kom met sy kaliber keuse na vore vat ek my goed en trek. Hy sal verantwoordelik wees vir my uitgawes.

Die boer bepaal die diere (skilpaaie is ingesluit) se prys en ek meng nie in nie. As ek die bok kwes sal ek hierdie prys betaal soos ooreengekom.

Die boer kan eerder sy aandag aan skietvernuf van die jagter gee as kaliber keuses.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 4:24 pm
by Cobus(Cobb)
Ek haat klomp luigatte wat net sit, nie help skoonmaak nie, nie help hout soek nie, sit net en doen nokkol...

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 5:32 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Cobus en Zack as julke twee manne 'n jag vir ons reel ry ek nou. ;)

Ek is niemand se bediende nie en net omdat ek agter ander optel en skoonmaak beteken nie ek hou daarvan nie. Ek wil net nie in my eie pap kluitjies maak nie. As jy wil "loaf" doen dit by die huis. Jag en dit wat daarmee saamgaan is vir my ontspanning en stresverligting, maar moet vir almal lekker wees, die grondeienaar of boer inkluis.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 5:35 pm
by Eugene
Cobus(Cobb) wrote:Ek haat klomp luigatte wat net sit, nie help skoonmaak nie, nie help hout soek nie, sit net en doen nokkol...
Jy jag saam verkeerde ouens! ;)

Maar ek stem saam, jag is te kosbaar en te duur om saam bokse in die jagveld te wees. Ek kies maar mooi saam wie ek gaan jag.....

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 5:38 pm
by Piet Pille
Stem saam Gawie- dit moet 'n stressverligter en ontspanningsvakansie wees. Ek soek nie manne daar wat my meer opgewen daar laat weggaan as wat ek daar aangekom het nie. M.a.w. jou jagmaats en die plaasboer moet jy baie noukeurig kies.

@Cor- daar lewer-en-nierbrousel van jou is darem self hoog op my lysie... So, jy het weer die job vir hierdie jaar se springbokjag ook! ;)

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 5:44 pm
by PWV
Benewens ander goeters (gaan nie nou alles noem nie) is hierdie twee dinge ononderhandelbaar.

1. Aangename jagmaats sonder "hangups". Ek wil die jag geniet en nie gedurig stres nie.

2. Hier moet die boer inisiatief neem sodat veiligheid in die jagveld, hoë prioriteit geniet.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 5:54 pm
by Gawie(13mm)
Oom Pieter, punt nommer twee is nou wat ek ononderhandelbaar noem.
Ek glo egter dit is almal se verantwoordelikheid. As jou jagmaats oor mekaar se veiligheid besorg is, sal hulle nie aanstoot neem as jul mekaar aanspreek en herriner om jul wapens veilig te hou nie.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 8:00 pm
by PWV
Jy is reg Gawie. Ek moes uitgebrei het, maar raak toe lui om verder te tik.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 8:12 pm
by NEGE3
Pieter Willem Vorster wrote:Benewens ander goeters (gaan nie nou alles noem nie) is hierdie twee dinge ononderhandelbaar.

1. Aangename jagmaats sonder "hangups". Ek wil die jag geniet en nie gedurig stres nie.

2. Hier moet die boer inisiatief neem sodat veiligheid in die jagveld, hoë prioriteit geniet.
Stem saam Pieter. Gaan vir my oor respek. As ons mekaar en die geleentheid om te mag jag saam met vriende respekteer dan val alles in plek.

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 8:45 pm
by Cobus(Cobb)
Nie heeltemal op die onderwerp nie, maar dit is hoe jagtrips suur draai.

Ek en Dewie en 'n X pel en sy seun gaan jag in Tosca
Daar word gereel vir bykosse, pap, tamaties, uie, sous ens...elk gooi geld in kitty en word gekoop

Elke pa vat vleis vir elke aand se braai vir hom en seun..ek vat 4chops en 2 worse(stukke) per aand. Hy pak 2 moerse steaks en wors vir elke aand...steaks is so groot hy deel met seun en ander steak en wors bly oor..

Jag loop mooi, ek en Dewie bring 4 Blesse en 1 rooibok in, hy en sy laaitie bring 3 blesse, 1 eland en 1 RHB
Die 2e aand "nooi" hy sommer die boer en sy vrou oor om in ons "boskamp" te kom braai..ek haal my vleise uit, hy syne, en sy reste word gedeel onder boer, vrou, hom en sy laaitie, bykosse ook, niemand loop slaap honger nie.

Moes ek die volgende dag hoor hoe suinig ek is oor ek nie extra vleis uitgehaal het nie...dit het res van trip versuur, en soos ek sê...my x pel....

Cheers

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 9:09 pm
by henning
Ek het n bloutjie geloop om saam n persoon te gaan jag wat ek deur n vriend ontmoet het.
Ek het saam met die persoon gaan jag omdat dit was n interesante en nuwe jagplaas en die persoon het die boer geken.

Ons het met my voertuig gery, maar sommer van die begin af is ek gese hoe en waar ek die voertuig moet pak, asof hy sommer net aanvaar dat ek nie daartoe instaat is nie. Dit het ek vir eers aanvaar omdat hy seker net behulpsaam wil wees.

Ongelukkig het my probleem net grooter en grooter geraak. Op die plaas het die persoon aanhoudend net bevele gegee, doen dit, gaan haal daai. Dit was later so erg dat ek skaars kan sit dan wil die man he ek moet dit of dat doen in die kamp.
Ek was nog nooit n lui persoon en kan sien waar dit nodig is om my deel te doen.

Hoe dink julle het hierdie jag trippie ge eindig?

Met n redelike groot ontploffing.

Groete
Henning

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 9:54 pm
by 375fanatic
Pieter Willem Vorster wrote:Jy is reg Gawie. Ek moes uitgebrei het, maar raak toe lui om verder te tik.
Ons dog oom het aan die slaap gemaak ;D

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Thu Mar 27, 2014 10:17 pm
by PWV
375
Jy moet nie dog nie! Weet jy nie wat het met Gedog gebeur nie? ::)

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Fri Mar 28, 2014 12:12 am
by alecjohnson
Veiligheid in alle opsigte!

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Fri Mar 28, 2014 6:34 am
by JohanvB
Veiligheid eerste...en as ek my maats aan praat of hulle my en iemand aanstoot neem moet hulle sommer maar gaan...

Die jag is daar vir almal om te geniet...

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Fri Mar 28, 2014 7:10 am
by cassie_calvinia
My kaliber keuse is my keuse en nie die boer sin nie.
dit is maar moeilik! die boer sal nie sonder rede kaliber keuses aanbring nie.
onthou, hy weet nie hoe jy skiet, of jy 10, of 2000 skote per jaar skiet.

eerlikheid.
ek het al op 'n jag meer kwes bokke geskiet, as my eie.(het nie baie van die mense geken nie)
en, niemand weet van niks af nie

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Fri Mar 28, 2014 7:30 am
by Cor Jacobs
Pieter Vorster wrote:Stem saam Gawie- dit moet 'n stressverligter en ontspanningsvakansie wees. Ek soek nie manne daar wat my meer opgewen daar laat weggaan as wat ek daar aangekom het nie. M.a.w. jou jagmaats en die plaasboer moet jy baie noukeurig kies.

@Cor- daar lewer-en-nierbrousel van jou is darem self hoog op my lysie... So, jy het weer die job vir hierdie jaar se springbokjag ook! ;)
;D

Stem saam met jou Pieter. Ek is net bly dat ek saam met jou mag jag na jou streng keuringsproses... ::)

Re: Watter aspek van jag beskou jy as ononderhandelbaar?

Posted: Fri Mar 28, 2014 7:33 am
by Ratel
Stem saam met "jag nie saam met dronk gatte nie" (praat nie van die ou wat sy drank matig vat nie)
Eerlikheid van boer en jagter - Gelukkig vertrou ek die boer waar ek elke jaar jag en hy vertrou my sodat ek sonder 'n gids kan jag.
Daar moet nie verskuilde kostes (verassings) wees nie.
Ek jag nie saam met iemand wie ek nie goed ken nie oor al die redes soos reeds deur ander lede genoem op die draad.