Page 1 of 1
Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 12:20 pm
by Forester
Goeie middag almal,
My ou Musgrave 30-06 se voorste sling swivel stud is los. Dit is waarskynlik van die recoil saam met die Harris bipod wat ek gebruik het. Hy het nog die oorspronklike houtkolf op.
Het enige iemand dalk vir raad oor hoe om dit reg te maak? Moet ek dit vas epoxy? Ek wil nie graag nog ‘n gat in die kolf maak nie.
Groete
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 1:53 pm
by Heinz Petersen
Kry vir jou die een wat jy van binnekant met n moertjie vas draai. Hulle is oral beskikbaar.
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 2:12 pm
by Pappabeer
Net soos Heinz sê.
Anders vir tyd en wyl plug die gat met n paar vuurhoudjies wat jy styf intik met houtlym, sny hulle flush af binne en buite en skroef weer jou stud in.
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 2:28 pm
by Apie
Pappabeer wrote:Net soos Heinz sê.
Anders vir tyd en wyl plug die gat met n paar vuurhoudjies wat jy styf intik met houtlym, sny hulle flush af binne en buite en skroef weer jou stud in.
Net so.
Moet dit net nie oordoen nie, jou kolf kan dalk kraak
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 5:14 pm
by wlm
Die bandskakel met draad waarop 'n moertjie aan die binnekant vasdraai is die beste.
Vaderbeer, 'n hout-"dowel" in die plek van vuurhoutjies is aan te bevele. Meranti of 'n ander donkerkleur werk mooi. Boor die gat in die kolf net kleiner as die dowel se deursnee, maak so 'n paar groewe rondom die dowel, smeer houtlym en tik dit versigtig in die gat in. Laat droog word, werk af en boor dan weer 'n gaatjie vir die bandskakel se boutjie.
Ek koes maar vir die vuurhouitjies. Daai populierhout is sag en kan dalk maak dat jou geweer op daardie "once in a life-time" jag op die grond beland.
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 6:02 pm
by Pappabeer
WLM jy is reg, n dowel is n meer permanente oplossing. Ek het eenkeer op n jag my geweer, n ou Tikka M695 laat val oor daai skroefie losgekom het, en hom gelukkig gevang. In die veld het ek twee takkies gebreek, in die gaatjie gedruk en hom weer styf vasgeskroef. Ek het nie geskiet op daai trip nie, en daarvan vergeet. Op die skietbaan terug tuis was die geweer se groepe orals oor die bladsy, en op nadere ondersoek het een takkie teen die loop gedruk en die probleem veroorsaak. Ek het dit toe met n stud wat thread in n moertjie vervang.
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 8:23 pm
by Hansieslim
wlm...
Iets van jou post interesseer my. Die woord "Vaderbeer". Is dit die Afrikaans vir 'n "dowel"?
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Wed Dec 20, 2017 8:24 pm
by Hansieslim
wlm..
Eksuus. Ek dink jy verwys eerder na Pappabeer. Nou net gedink ek leer n nuwe Afrikaanse woord. LOL
Re: Voorste swivel stud los
Posted: Thu Dec 21, 2017 7:50 am
by wlm
Lekker Hansie jy is slim!