Njala dubbele geluk !

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Njala dubbele geluk !

Post by Frederik »

Dit was laasweek Vrydag laaste jag dag en ons is toe na 'n stuk grond wat redelik baie njalas het die eienaar se toe dat net so laatmiddag paar njalas in die lande begin in kom en ons net geduldig moet sit en wag. Ek en die twee Australiese kliente sit toe en wag so half ses se kant kom die eerste ooi en jong bulletjie uit en toe gewaar ek 'n mooi bul tussen die bosse maar net toe hy uit wou kom kom die vlakvarke 'n sog en 3 van laasjaar se kleintjies en jaag toe die njalas weg in die bosse in. Die eienaar se toe ons moet rustig sit hulle sal weer uitkom.

Ons sit toe maar weer en wag en ek dog dit was ons kans, so 5 minute later kom 'n ander bul alleen uit ander rigting uit en na vinnige kyk met my verkyker bevestig ek dis 'n goeie een ou bul met afgewerkte punte. Ons kom in posisie en wag dat die njala moet draai en toe laat waai hy die skoot die njala en net daar omgeslaan.
Baie gelukkig stap ons nader en ja dis 'n prag van 'n dier. Kyk hieronder en hy het 26 1/2" gemeet.

Image

Ons neem fotos en dis toe amper donker toe gewaar ek nog iets beweeg so 200 meter van ons af langs die land af nog njalas en ek en die ander klient gaan toe vinnig agter hulle aan dit lyk soos toe die groepie wat weggejaag was deur die varke. Hulle kies die hassepad maar dis amper donker en ons sny hulle af deur die bos waar die bull toe vir ons kans gee en met nog een skoot het ons die bul wat ons eerste sou geskiet het as die varke nie die njalas skrik gemaak het nie.

Bietjie jonger bul op sy prime en hy het 27" gemeet

Image

Die jag kon nie beter afgesluit gewees het nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Njala dubbele geluk !

Post by Gerhard »

Baie mooi Fred.

Is dit die manne wat weatherby kalibers gebruik?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Njala dubbele geluk !

Post by Frederik »

Yep, 300 weatherby's gelaai met 150gr TTSX wat so 3600 fps hardloop haastig ja.
Altwee met MK5 weatherbys Ultralite moet se die skop nie so kwaai nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Njala dubbele geluk !

Post by Gerhard »

Frederik wrote: Yep, 300 weatherby's gelaai met 150gr TTSX wat so 3600 fps hardloop haastig ja.
Altwee met MK5 weatherbys Ultralite moet se die skop nie so kwaai nie.
Kwaai,

Smaak my die Aussies hou van die Weatherby's het laas jaar ook n paar gevat wat net Weatherby kalibers mee jag.

Ek het maar gekoes vir daai recoil buffers op die loop. Hulle maak seer as die man hier langs jou skiet...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Njala dubbele geluk !

Post by Frederik »

Geen gate in die loop vir die recoil nie maar hy klap nogsteeds hard.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Njala dubbele geluk !

Post by henried »

Geluk aan almal, baie mooi diere.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Henk01

Re: Njala dubbele geluk !

Post by Henk01 »

Fantasties, eendag as ek groot is gaan ek ook n mooi Njala op my muur hang
gaaf

Re: Njala dubbele geluk !

Post by gaaf »

Baie mooi trofee, jy sal hom nie sommer vergeet nie!
Post Reply