Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Hou hierdie deel vir besprekings en klagtes ens.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Christo »

Louis,

Superboer is waarop ek supertrots is.

Met re-inkarnasie wil ek weer Afrikaans/boer/... wees.


Christo

ns: "Comrade" los 'n wrangsmaak :(
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Louis102 »

Christo wrote: ... "Comrade" los 'n wrangsmaak ...
Kom nou, kom nou, Christo.  Dis mos die nuwe Suid Afrika.  ;D ;D
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU.
Ek weet ek skree nou hier van die kantlyn af ma  as iemand my as comrade aanspreek is dit asof die piepie ontmidldelik in my blaas kook ....
Jy's reg dis die nuwe suid afrika...kom ons vergeet van die comrades ....
Ons ondersteun die BOKKE (en die bulle)  en kyk vorentyoe vir die FORUM en die REGISTER.
REGISTER KAART is n moet  en en dink ons moet begin deur almal mekaar se SELNOMMERS op ons selfone sit.. en begin KOMUNIKEER..oppie foon en opie forum.
Een van my doelwitte is om dit wat werk daarbuite tot almal se beskikking te stel in tewrme van RAAD EN DAAD.
HOE meer ons kan deel hoe makliker maak ons die wereld vir mekaar.. EN dan die punt van TAFFIE om nooit verkeerd te praat van ander hier met ons nie,
En ook nie mee te maak in die praatjies nie...Laat ons mekaar dan eeder hier aanvat op die forum of op PM..
Die land is so groot die Jagters sal maar moeilik op mekaar se toontjies kan trap , of mekaar moet vertrap om by boere uit te kom.
Groetnis van huis tot huis en kontrei tot kontrei .. vriend tot vriend , mam tot man en manin tot manin(hierdie spesie is maar skraps hier of verbeel ek my?)
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by tafjak »

Louis en Jakes

Watter minimum standaarde stel julle voor.

Ek wil julle graag vertel wat met my in die begin gebeur het. Heinrich bel my en vra of een van sy kli?nte sal gaan help, hy kon nie die tyd sien nie en die jakkalse vreet en ek stem toe in. Te dankbaar dat iemand soos Heinrich my daarvoor vra en so ges? en so gedaan. Hy bel my die volgende dag en vra toe of ek 'n gps gebruik(nie of ek een het nie), gelukkig gebruik ek toe reeds op daardie staduim een en hy klink verlig. Ek vra toe hoekom die vraag en hy noem dat jy nie jakkalse effektief daarsonder kan beheer nie. Hy het nie een keer gevra met watter kaliber ek skiet, roeper ek gebruik, klanke ek gebruik of watter bakkie ek gebruik nie. Hy nie eens navraag gedoen  oor hoeveel jakkalse ek al geskiet het nie. Vreeslik om te dink dat al hierdie ander goeters nie vir hom belangrik was nie(in elk geval nie naaste by soos GPS nie), MAAR 'n GPS was vir hom van alle belang. Dit het vir my alles ges? en het ook so my jag"skills" aangepas met wonderlike suksesse in my standaarde.

Ek is vas oortuig dat dit belangrikste item op die bakkie moet wees. Nie net h? nie, maar 100% kan gebruik ook.

'n Ander gebeurtenis was so 2jaar gelede toe my roeper oppak en ek niks anders as fluitjie(critter oopriet) by my het nie en dit was in Mei-maand gewees. Jag van die begin van nag met die fluitjie en locate spannetjie. Skiet al 3 en locate die ma so 800meter verder. Skuif staanplek so 400m en roep haar ook in en skiet haar nogal raak ook en sy was 5jaar+ oud gewees. As ek nie so maklik eelte op die lippe kry nie sou ek dit meer gebruik het om jakkalse te roep. Ek gebruik 'n fluitjie vanaf November omtrent in elke geval met jonges en skiet verbasend baie grotes saam met die kleinspan.

So dit is my tweede item op die bakkie van belang.

Scopes, kaliber, bakkies, ligte, rame/stoele, range finders en ander goeters los ek vir julle.

Groete

Taffie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Louis102 »

Tafjak
tafjak wrote: ...Nie net h? nie, maar 100% kan gebruik ook...
Is hierdie, wat jy hierbo s?, nie die grootste waarheid nie?  Hier het al jagters (biltong) by my aangekom wat die duurste en mooiste roere, scopes, kamoefleer klere, range finders, GPS'se, "name it" het.  As ek hulle skietbaan toe vat kan hulle nie op 100m vyf skote agter mekaar op 'n A4 grote papier plaas nie.

Ek hoor dus wat jy s?, maar vir my is die belangrikste die roer.  Help nie jy spoor hulle op, roep hulle tot teen die kar ens. nie, maar as dit by die skietslag kom is, is dit mis nie.  Skietvernuf gekoppel aan 'n redelike geweer en scope, is by my nommer 1.  Daarna kom die ander goed.  Sal nog veld toe sonder 'n fluitjie of 'n GPS, maar sonder my roer bly ek by die huis.

Wat die GPS aanbetref stem ek saam, veral as jy op vreemde grond jag.  In my opinie kan jy miskien nog daarsonder as jy die stuk aarde waarop jy jag, soos die palm van jou hand ken, maar andersins onmisbaar.  'n Spesialis Roofdierjagter (om Oom Ambessa se term te gebruik) moet in my opinie die GPS h? plus die gebruik daarvan verstaan.

Oor die fluitjie sal ek so bietjie verskil.  Ek glo dis belangrik, maar nie 'n vereiste is nie.  Ek is oop vir oortuiging op hierdie een, maar verduidelik my eers hoekom dit so onmisbaar is?  Onthou, ons is nie nou na die ideaal opsoek nie, maar na die minimum vereistes.

Dan moet daar sekerlik 'n standaard daar gestel word vir die voertuig en skietplatform as jy jouself wil uitgee as 'n jagter wat die "roep en skiet"-metode vir geld wil doen.  'n Jaracal Spesialis Roofdierjagter kan tog nie met 'n geleende Volla van sy Ouma, wat uit die jare 70 dateer, op 'n boer se plaas aankom en dan sommer oor die spie?l wil skiet nie?  Dit sal mos nie die goeie naam van lede op die register bevorder nie?  Of dink ek nou verkeerd?

Dit is sommer 'n paar gedagtes, vinnig.  Sal bietjie my kop nog laat gaan.  Wat egter vir my belangrik is hieraan, is dat die jagters op die register hulle op hierdie gebied moet probeer onderskei van die "gepeupel" (kan nie vinnig nou aan die regte woord dink nie).

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Cois »

Louis

Vir my is die fluitjie baie belangrik want die tegnologie het n manier om n man sleg in die bos te los. As ek hom by my het en nog kan asem haal is daar n kans dat vlekkie aan die kortste ent gaan trek. Maar is soos jy se dit als help niks as jy nie da kan kom of kan raak skiet nie.

Da is manne wat natuurlik die heel beste oor die coolbokse skiet. En om dit te gaan regmaak vat tyd en geduld.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Louis102 »

Cois
Cois wrote: ...Da is manne wat natuurlik die heel beste oor die coolbokse skiet...
Bestaan die coolbox se inhoud uit 'n paar "back up"-jakkalse vir as die aand nie so goed verloop nie?  :( :-\

Ja, Cois, ek hoor jou.  Ek weet daar is manne wat oor 'n koelboks mag skiet, maar is die doel van die register om net 'n klomp name op 'n lys te kry, of gaan dit meer vir die groep beteken as die ouens professioneel optree?  Ek weet darem nie of ons oor koelbokse moet skiet nie, is daar sulke ouens geregistreer?  Laat weet hoe julle dink, maar ek sou s? 'n skietstoel of -raam van 'n soort hoort darem meer tuis hier onder die register se jagters?

Of is ek verkeerd?

Ek verskil nie oor die fluitjie soos jy dit verduidelik nie, maar sien nog steeds nie dat dit 'n absolute vereiste moet wees nie.  'n Jagter kan bv. twee "back up"-roepers h?, wat die selfde werk as 'n fluitjie kan doen.  Miskien nie so mooi, vinnig en goed soos jy met 'n fluitjie nie, maar sal ons hom afskiet om daardie rede?  Nie volgens my nie, maar laat weet maar.  Nog nie heeltemal oortuig nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by WillJak »

Louis, as ek mag, ek sien die fluitjie as 'n minimum in die sin dat dit beter en meer veelsydig is om die roeper te he, maar hulle kos nogal - so die minimum is 'n fluitjie - maar dan moet jy weet hoe om hom gebruik. Vir my het die roeper 2 voordele bo die fluitjie - een, jy kan hom wegsit van die voertuig af, twee, jy't 'n groter verskeidenheid van klanke vir wanneer jy op jou voete moet dink met die slimmes. Maar dat die fluitjie werk is so - ek het ook al ondervind lat niks my wil antwoord op die roeper nie, maar dan reageer hulle op die fluitjie.

Oor die GPS - ek dink vir die voltydse manne is dit 'n moet - vir die ouens wat vir hulself of deeltyds skiet, is dit hulle keuse, maar ek belowe jou, maak nie saak hoe goed jy die area ken nie, jy gaan jakkalse met die GPS kry wat jy nie anders gaan kry nie. Taffie het my genadiglik en goedgunstiglik geleer jakkalse jag en is nou nog my bron van inspirasie en kennis as ek vasbrand, en ek kon ook aan die begin nie verstaan waaroor hy so aandring op die GPS nie - tot ek hom begin gebruik het.

Die koelboks manne, dis amper soos gesteelde karre - as niemand hulle koop nie sal niemand hulle steel nie....

Oor die voertuie ens. Ek stem, jy moet darem 'n betroubare een he wat ingerig is of word vir die jag, met 'n raam of stoel, gepaste kleur, nodige bedrading, ten minste twee ligte, 'n redelike geweer en teleskoop - en jy moet alles darem kan gebruik. Almal van ons mis nou en dan, maar jy moet dit darem so ver moontlik onder 5 - 10% hou, of kan hou.

Aan die einde van die dag dink ek dit gaan ook 'n "opvoedingstaak" wees - en bemarking van die ouens wat reg toegerus is en die ding kan doen. Dit gaan professionele optrede van die lede verg, wat wel die woord sal laat versprei en ook die versprei en verskaf van inligting aan die boere - dat hulle die regte metodes aanwend en keuses maak. Maar dit gaan tyd vat...
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
tafjak

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by tafjak »

Ok manne

Julle het darem die pil gesluk en mooi ook.

As die fluite dan as hulpmiddels dien, watter roeper? Luidspreker op die bakkie of remote weg van die bakkie.

Teleskope op die geweer ten minste 50mm optiese lens met 8vergrotings. Kleiner optiese lense op die skietarm is seker ook aanvaarbaar.

Kalibers met "piont blank range" van 4" tot 220meter.

Bakkie wat werk, alles werk op die ding(nie sos my landy se ligte wat alewig moeilikheid gegee het nie) soos ligte, handrem(weer toyota se probleem), 4x4, diendbare bande, genoeg spaarwiele ens.

GPS is 'n moet, vir voltyds en deeltyds, fluite onontbeerlik in vinnige situasies!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! julle kan nie, kan nie, kan nie daarvan wegkom nie!!!!!!!!!.  Onthou totale probleemdierbeheer.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Ja3 »

dis waar en seker
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Francois Marais »

Hi Manne

Baie moeilike topic waarmee julle nou hier roei.

My 2c

Ek hou daarvan om met die beste toerusting wat ek kan bekostig (en partykeer nie kan bekosting nie) te operate, en partykeer lyk dit vir my is dit ook nog nie goed genoeg nie en sluip daar steeds n foutjie of twee in.

Om te se n man mag nie in die veld kom omdat hy nie n foxpro roeper en n Zeiss  ;) teleskoop het nie, is ook nie reg nie, ons het maar almal seker onder beginne (wel ek het).

Die lyn is baie fyn, en ek dink niemand, behalwe die jak/jagter self, sal moet besluit of hy/sy goed genoeg toegerus is om in hierdie bedryf te bly voorbestaan, of om bereid te wees om die nodige aanpassings te doen om sy naam nie deur die modder te sleep nie.

Daar is ongelukkig te veel jagters daar buite wat nooit deel van hierdie forums sal/wil wees nie, so totale beheer oor die manne wat veld toe ry met n fluit en/of n roeper in die aand sal daar nie wees nie. Ongelukkig is dit nou maar iets wat ons sal moet aanvaar.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Cois »

Louis

Nee ek meen die koelboks jagters is sommer die manne wat vir die pret gaan k*k aanjaag oral in die distrik en dan moet ander jagters dit loop regmaak. Ek glo nie die forum het sulke manne op nie.

Francois

om die beste toeristing te he helo verseker maar ek dink op die ou einde is ondervinding die groot ding, kyk maar hoeveel van die manne wat met n spoed en n 4 by 40 teleskoop afskop is nog in die game. Ondervinding en dan die wil om dit reg en deeglik te doen is die groot ding.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by katjak »

Cois en al die ander manne.

Die toerusting soos Taffie dit uiteen sit en dan die belangrikste van alles.  WEET HOE OM JOU TOERUSTING REG TE GEBRUIK. Nie soos die ou hier wat n foxpro gekoop het nie, want s? hy vir my hy het gehoor dat dit die een ding is wat geen jakkie kan weerstaan nie, al is hy hoe slim. na 3 mde bel hy my weer want hy kry dan niks. Nou is jakkies mooi slim want sy 4 x 32 scope sien hulle nie raak op 120m nie. hy het gedog die jakke sal op 20m kom staan

My lysie lyk so. Nie noodwendig in volgorde nie.
   
    1) Foxpro of Tewis roeper
    2)Crittrcal fluit
    3)niks kleiner as 7x50 scope
    4)ten minste 2 ligte nie kleiner as 170mm
    5)Enige platskiet kaliber
    6)Range finder
    7)Gps
    8)Goeie stoel      of raam (sorry Jakes)
    9)betoubare voertuig (toeouta)
    10)Eksrta Battery

EN WEET HOE OM DIT TE GEBRUIK.                    japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by WillJak »

Katjak, ek dink jy's baie naby. As ek ietsie mag byvoeg:

- 'n Oordentelike flits
- 'n Maatband vir Ambessa se data
- 'n Kamera vir Ambessa se fotos
- 'n Driepoot of ander staander vir die roeper daar waar die roeper wil hoogte kry maar daar's niks om hom aan te hang of op te sit nie
- 'n ekstra spaarwiel
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Ambessa »

Hallo Louis102 / Tafjak
Louis102 wrote:...'n Spesialis Roofdierjagter (om Oom Ambessa se term te gebruik) moet in my opinie die GPS h? plus die gebruik daarvan verstaan...  ...Wat egter vir my belangrik is hieraan, is dat die jagters op die register hulle op hierdie gebied moet probeer onderskei van die "gep...
Waar en wyse gedagtes. Hierdie groep moet deur hulle gespesialiseerde (lees korrek) aanwendig van ervaring en die regte tegnolgie duidelik uitstaan bo die res...

Ambessa
Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Ambessa »

Hallo Wi;;Jak
WillJak wrote: - 'n Maatband vir Ambessa se data
- 'n Kamera vir Ambessa se fotos
...sommer 'n paar ekstra mooi sterre  ;) vir jou...

Dankie man. Elke bietjie motivering help. Hoop die ander vat die hoek...

Ambessa
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by katjak »

Manne Baie belangrik  N DIMMER ook. sorry hoe kan dit my ontgaan het. ek het sommer twee
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
tafjak

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by tafjak »

Francois

Dink jy(en ander manne) dat ons op die regte spoor is om jakkalse te roep en te skiet met metodes bespreek op hierdie forum? Is daar ander maniere waar ons nie die uitrusting wat hier bespreek word nodig het nie?

Taffie
Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...ons op die regte spoor is om jakkalse te roep en te skiet met metodes bespreek op hierdie forum? Is daar ander maniere waar ons nie die uitrusting wat hier bespreek word nodig het nie?
...nou het jy my verloor? Help asseblief 'n bietjie?

Ambessa
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by WillJak »

Taffie, as jy meen ander maniere van inroep en skiet waar jy nie al die toerusting nodig het nie, dan dink ek, nee, nie as jy dit effektief wil doen nie - maw ons is op die regte spoor - die metodes hier het hulle self al oor en oor bewys. Ek sluit ook dagroep hierbo in want dit ek beskou dit as 'n addisionele "pil" in die roep en skiet arsenaal en nie 'n aparte metode nie (jy't nou nie al die goed vir dagskiet nodig nie, maar ander goed wel)

As jy meen metodes anders as inroep en skiet - daar is seker die ook - maar daar het jy nou weer ander toerusting nodig - om slagyster te stel moet jy slagyster besit, selle geld vir honne en gif of wat ook al - selfs vir die Boolshuts metode - in die geval is die "toerusting" egter ekstra skaap of bok (vir jakkalskos), 'n lekker stewige bank balans (met net so stewige oortrokke fasiliteit), 'n sterk maag vir die optel van die dooie en kwes goed en so aan....
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
tafjak

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by tafjak »

Ambessa
Ambessa wrote: Hallo Tafjak
tafjak wrote:...ons op die regte spoor is om jakkalse te roep en te skiet met metodes bespreek op hierdie forum? Is daar ander maniere waar ons nie die uitrusting wat hier bespreek word nodig het nie?
...nou het jy my verloor? Help asseblief 'n bietjie?

Ambessa
... ek wil weet of daar ander maniere is om jakkalse te skiet(roep en skiet metode), net om seker te maak dat ons almal van dieselfde ding praat om die minimum standaarde en uitrusting te finaliseer. Ek was net bang dat ek 'n klomp uitrusting op my bakkie het wat nie nodig is nie. Bietjie tong in die kies omdat ek reken ons praat van dieselfde metode. So daar behoort nie ander gedagtes te wees oor wat ons nodig het nie.

Ek werk dan in die rigting om as almal saamstem oor die uitrusting dan die aanwending van hierdie uitrusting te bepreek en te toets. Ek soek nog net 'n Evaluasie Span om die toetswerk te doen, dan my geagte vriend behoort ons die kaf te kan skei! Ek gaan beslis nie in daardie span wees nie, sal hulp aanbied as dit benodig word en of my hulp van enige waarde sal wees. Daar gaan defenitief op tone getrap word, maar darie tone moet maar weer gesond word.

Groete

Taffie


N.S. Moenie my kruisig omdat my "Liggaams mates" op die oomblik agter is nie, dit gaan baie dol hier en ek het ook so aanpassing nodig om van die ou gewoontes af te leer. Ten goede natuurlik.
Ambessa

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Moenie my kruisig omdat my "Liggaams mates" op die oomblik agter is nie, dit gaan baie dol hier en ek het ook so aanpassing nodig om van die ou gewoontes af te leer. Ten goede natuurlik.
... ;) real foxxy ne? As ek so 'n woordspeling met 'n jakjagter mag vermeng?  ;D ::)

Het jou reg verstaan op res van die teks.

Ambessa
tafjak

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by tafjak »

Sien een van die voltydse jagters op die register het 'n vet kontrakkie losgeslaan. So, hoe s? die manne wat weet "it pays to advertise".
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Vergadering: Doelwitte / Die Pad Vorentoe

Post by Izak H »

Naand mannne, (of sal ek ek s? vriende).
Iets wat ek sal by sit is `n goeie domkrag, in my geval `n 'high-lift jack' dan hoef jy nie te sukkel nie. Ek ry myne altyd saam, maar het hom een aand op my 'double cab' gelos toe ons met die boer se bakkie gaan skiet en daar hang ons in `n slootjie, sy domkrag werk nie lekker nie. Uit einde loop ons kloof af tot by die windpomp, bel sy seun wakker sodat hy ons 45min later kon uittrek. O-ja en `n graaf .
Izak - cradock
Post Reply