Hoeveel ??

Closed Group for jackal hunters only. Geslote groep vir jakkals jagters alleenlik
Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hoeveel ??

Post by BLOK »

Geno wrote: en die weerlig piets my amper uit my stoel uit.
Daai stukkie was presies my rede ook, jy weet mos hoe lyk dit bo op daai klippe in die wildkamp, toe die derde slag hier om my klap toe pak ek op.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Gerhard »

9 vir die naweek.

Skiet Vrydag aand 7 in die bosveld.

7de een Saterdag oggend op getel.

(4 v d 7 is jong jakkalse)

Laaste een was n reun van 7 jaar wat my 40 min lank gevat het om te skiet.

Maar toe gaan staan en vloek hy my teen die randjie en hy maak die vout om nie te vloek agter dekking nie...

Nou ek laat nie sommer op my vloek nie en die 50gr Vmax se klappe brand...


[img width=360 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... -01163.jpg[/img]

Skiet Saterdag 2 op klient se plaas wat met skaars wild spesies boer.

Geen jong jakkalse word geskiet nie.

Nou 10 geskiet op die plaas in 3 besoeke.

Ek weet van nog 2 jakkalse.  Lyk darm of daai 1000HA met krag en bonnox draad vir nou redelik onder beheer is...
Last edited by Gerhard on Mon Jan 23, 2012 11:46 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Raven »

Mooi gedoen Gerhard.
Geno wrote: Netjies Raves!
Ek kon darm ook 9 vir die naweek aanteken.
Ja ek sien jy oefen lekker vir Junie maand  ;)

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Geno »

Jisou Raves,
Julle moet daai bokke solank vasbind aan die bome, ek like nie van te ver skiet nie!
Sal like om een of twee aande saam julle manne 'n draai te ry om te sien hoe MOET dit gedoen word op 'n moeilike jakkals!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Raven »

Geno,

Jong ek was laas so op my senuwees toe ek met Louis gejag het, dit het maar geneuk met my roepery  :P. Maar Louis kan maar klaar maak vir 'n paar lesse by hom, sy raad laasweek het gehelp met di? jakkies.
Geno wrote: Jisou Raves,
Julle moet daai bokke solank vasbind aan die bome, ek like nie van te ver skiet nie!
Groete,
Eugene
Geen probleem ou maat Louis sal vasmaak vir ons, hy het belowe!!! Die probleem is die bome is maar min en wyd daar by Louis, so 600m+ uitmekaar as ons gelukkig is.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Boertjie »

Norton

Ek sien jy het ook darem n landie?Lek hy ook olie?Myne het 2.4 Toyota enjin in Maar dit keer ook nie die olie nie.

Boera
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hoeveel ??

Post by tafjak »

Norton
Ja ek sien jy oefen lekker vir Junie maand
...........verduidelik! Is hier onder my neus 'n gekuier gere?l in Suidwes! A nee a!

Mooi, skiet die goete, jy kan. Die Landy is nog op sy voete en sommer gr?nd ook.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Geno »

Oom Taf,
U sal eerskomende naweek 'n persoonlike uitnodiging ontvang vir daardie Duitswes trippie Gr?nau se kant toe ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Boertjie »

Taffie

Louis se ek, jy en hy gaan die canions stap ook in junie?Weet nie of hy dit al met jou gereel het nie,

Boera
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Hoeveel ??

Post by Chris101 »

Boera
Kyk tog net dat die SIR skoen het.
EN nie kortpaaie vat nei

101
Knou die gediertes AF.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hoeveel ??

Post by tafjak »

Geens
Geno wrote: U sal eerskomende naweek 'n persoonlike uitnodiging ontvang vir daardie Duitswes trippie Gr?nau se kant toe ;)
................. as dit rondom die 2-10Junie is, is ek in. Gaan mos nie visvang hierie jaar nie(ek het die see die laaste 2jaar leeggevang).
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hoeveel ??

Post by tafjak »

Boertjie
Boertjie wrote: Taffie

Louis se ek, jy en hy gaan die canions stap ook in junie?Weet nie of hy dit al met jou gereel het nie,

Boera
........... o nee! Ek is op "light duty". Het die canyons in elk geval al te veel gestap, niks meer snaaks nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hoeveel ??

Post by tafjak »

Eennuleen

Jong, mys skoene(robvel) is al 2jaar+ oud en sal hierie jaar weer stel moet kry. Jong, die Canyons is nie speletjies nie, moes een aand 'n renoster onner sy horing uit klap. Wou mos ons vuur kom doodtrap!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Louis102 »

Boera, dink jy dis 'n goeie ding om die Canyons saam met 'n infantaris te stap?  Dink ek sal eerder vir julle by Ai-Ais wag terwyl julle stap.  Ondertussen sal ek dan maar met 'n koue enetjie in die hand, die wulpse jong blonde buitelandse bokkies dophou wat in die son l? en bak langs die swembad.  Teen die tyd wat julle dan die moordende 80-90km afgel? het, behoort ek dan te weet of daar enige talent vir jou beskikbaar is, siende dat ek hier op die forum lees hoe jy kamtig op die vrou-jag uit is.

Taffie, daai datum is reg met my, ek skuld jou juis 'n bok of twee?

Mooiloop

Ns.  Wat is die naam van hierdie topic nou weer?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Jannie
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jan 28, 2009 5:27 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Jannie »

[img width=560 height=420]http://i1113.photobucket.com/albums/k51 ... in/Jak.jpg[/img]

Verskoon ek spog met net een, maar die k?rel het 11 klein lammers in bietjie meer as ?n week geoes, net so oor die 8 kg, het begin met Dg2 vir so ? 8 -9 min en nog stukkie Baklei 4 tussen in, 10 min stil, 2 x Vlekkie E , hy antwoord nie, 20 min stil, Groot Vlakhaas Combo, ? 2 min op ?n slag met paar minute stil tussen in en op 55 minute kom die ou tot by die Fury op so 75 meter, .243 met 100 gr. PMP vat die ou lang bome toe, vreugde was groot!
Groete Jannie
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Hoeveel ??

Post by marno »

Dis awesome Mater! Baie geluk! Dis tog waaroor dit gaan! 1 bring net so veel vreugde veral as jy weet hy was 'n sondebok.

Ek was in Okt meer bly oor 2 wat ek by ons geskiet het wat elke aand basies gevang het as oor 10 wat ek en Willie een aand in Des geskiet het.

Weereens baie geluk met die dood van daardie sondebok!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Raven »

Jannie,

Mooi gedoen, ek voel ook baie beter as ek 1 moeilike jak kan kry, as om 'n klomp jonges so vinnig te skiet. Die gevoel binne in jou as jy so huis toe ry met 'n skelm vlekkie agter op die bakkie is onbeskryflik, as jy weet jy het hom uit oorl?, en hy nie weer vir jou skade sal gee nie.

Ek het laasjaar 2 jakkalse by 'n Oom geskiet wat lank gesukkel het met hulle. Die Oom was so bly daai aand, hy het my sommer omhels en rondom die jakkals so 'n "two-step" dansie gemaak - Een van die dinge in 'n man se lewe wat jy nooit sal vergeet nie. Die blydskap en verligting op die Oom se gesig....

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Hoeveel ??

Post by marno »

Hallo manne,

Hoop julle het lekker naweek gehad.  Ek kon toe 7 kry.  Sal later behoorlike report opsit met paar foto's.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Raven »

HAllo Manne,

Bradley het toe Saterdag namiddag kom oorry na my toe, en ons het 'n draai gery- tot so 3uur die oggend- was lekker moeg die volgende dag.

Bradley kon toe mooi agterkom hoe moeilik dit is by my om te jag in die boswereld, sukses het eers so 1uur die oggend gekom toe ek 'n tefie plattrek met my 22-250, en Bradley is toe terug op die stoel en nie eens 100m vandaar tel hy 2 ogies op teen 'n randjie, na amper 'n halfuur se kiss of death gooi Bradley 'n lekker  skoot van omtrent 160m tussen die bosse deur om nog 'n teef plat te skiet aan die anderkant van 'n riviertjie.

Ongelukkig kon ons nie fotos neem - toe ons 8:30 opstaan het die een werker klaar die jakkies afgeslag  :(

Met Bradley se hulp het ek nou 9 jakkies uitgehaal op my plaas vir Januarie maand.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Geno »

Al die manne wat gegooi het: Geluk! Julle het mooi gemaak.
Taf het ook 9 jakkalse en 3 katte gerook met Slingervel terwyl ons op kursus was die naweek.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: Hoeveel ??

Post by basie »

Ek kon darem van laas Donderdag af vyf katte in vier aande skiet (vyf dae). Die grootste een was 16.8kg en net so oor die 200 meter.

[img width=560 height=420]http://i1200.photobucket.com/albums/bb3 ... tte018.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1200.photobucket.com/albums/bb3 ... tte025.jpg[/img]

Hy het lekker merino lammers gevang.
[img width=560 height=420]http://i1200.photobucket.com/albums/bb3 ... tte029.jpg[/img]

Mooiloop
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5135
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Pvdw »

Mooi kat Basie, ek droom nog net van hulle.

Tog so jammer hulle en die mens het botsende belange :-\

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Jassie »

Peet Peet?

Het jy nou weer teveel met ons vriende gepraat- hoe klink dit jy word sag?

Skiet hulle Basie!!!!

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5135
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoeveel ??

Post by Pvdw »

Ai Andre, daar trap ek al weer in die dinges :P :P

Katte ia nes mooi vrouens, afgesien van die moeilikheid wat hulle kan maak bly hulle mooi 8) 8) Die mooi sal hulle darm nog steeds nie verskoon nie ;)

Versie 2 het ek mos gemeld dat ek ook nog droom om my eerste kat te skiet. ;D

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: Hoeveel ??

Post by basie »

Pvdw

Ek het vandag weer gehoor van 'n 22kg kat wat hier in my distrik geskiet is. Ek wil probeer om fotos van hom te kry. Dit moet amper soos 'n klein leeutjie lyk.

Mooiloop
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
Post Reply