Riglyne vir tariewe

Hou hierdie deel vir besprekings en klagtes ens.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by WillJak »

Nee Louis, ek dink ons verstaan mekaar. En ek dink nie jy "kerm" nie - ek dink dis baie belangrik dat die goed bespreek moet word - al moet mens dit soms aan die hand van eenvoudiger voorbeelde illustreer - as ons nie alle kante van die saak hoor nie, kan ons nie simpatie en empatie met mekaar ontwikkel nie en gaan ons nooit by 'n werkbare oplossing uitkom nie. En ek glo regtig daar is een. Daar gaan altyd manne wees wat aanvanklik dwars trek of nie wil inkom nie, maar met die tyd sal hulle minder raak - ons moet net ?rens begin met 'n werkbare stelsel, wat vir beide die boer en die jagter werk en dit konsekwent toepas.

Ek dink ook dis wonderlik en baie belangrik dat ons hier soveel boere het wat half tussen twee vure sit - aan die een kant as boer en aan die ander kant as jagter - dit maak dit makliker om altwee kante te stel en in te sien en by 'n oplossing uit te kom.

Oor die algemeen kyk ek seker daarna uit die jagter se oogpunt maar ek probeer regtig die boer se kant ook verstaan. Maar ek kan jou 'n ander ding ook s? - ek is heeltemal bewus daarvan dat ons as jagters ook ons huis in orde moet kry en behoorlike, meetbare, standaarde daar stel - EN, BAIE BELANGRIK, die boer moet weet waar hy die ouens wat voldoen aan die standaarde in die hande kan kry - want anders gaan daar ouens (jagters) wees wat die stelsel uitbuit. 
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Dawie »

WillJak wrote: en behoorlike, meetbare, standaarde daar stel - EN, BAIE BELANGRIK, die boer moet weet waar hy die ouens wat voldoen aan die standaarde in die hande kan kry - want anders gaan daar ouens (jagters) wees wat die stelsel uitbuit.  
Ek stem 200000% saam hiermee,  as dit kan gebeur sal daar 'n mamuse klomp probleme uitgeskakel word ;)

Dawie

Ps. die boer moet ook self weet wat die standaarde is!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Louis102 »

Willjak, ek ondersteun so 'n poging ten volle.
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Riglyne vir tariewe

Post by tafjak »

Raven

Jou storie klink amper op 'n haar na dieselfde as myne:
Onmiddelik wil hy toe dat ek by hom ook moet kom nagjag, en s? sommer in dieselfde asem, hy kan nie kontant betaal vir jakkals jag.
Ek het mooi verduidelik en net daar het ons vas gemaak op die volgende betaling:

1 x hamel = 1 x jakkals
1 x ekstra hamel vir die nagjag
... myne was deur die buurman voorgestel en die vee-ras was persies. 2xpersies=jakkals. Moes net naderhand huurgrond by kry vir die span en die goed teel 'n jakkals dronk.

Ek weet dat die manne wat 10jaar gelede en nog langer begin jakkalse jag het die prys vasgemaak op twee x lammers per jakkals. So jou pryse is nie te ver van reg nie! Mooi man.
Ambessa

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Ambessa »

Hallo Raven
Raven wrote:...help beperk ek sommer die jakkalse wat van sy plaas inkom...  ...manne wat nie sal saamstem hiermee nie, maar my buurman se jakkals is my jakkals ook.
...korrek. Die ou rooies weet mos nie wie se plaas dit is waar hy deur die draad kom nie, net 'n bleddie hindernis op sy/haar soeke na lekker sawwe ou sheepies... ;)

Ambessa
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Riglyne vir tariewe

Post by JACQUES BOTHA »

TAFFIE
Ek sukkel altyd met die persies in die winter. hoe lyk dit met n aankoop program daar by jou.
Aangesien ek nie direk familie van ou harry openheimer is nie, koop ek elke maand een by jou...
dan as die winter kom dan kom haal ek my spannetjie.....vir die droewors en die ribbetjies hou ek vir die kole  nadat ek die ekstra vet afgesny het.
Greetings
JB 
Shoot straight and tell the truth!
jakkie 735

Re: Riglyne vir tariewe

Post by jakkie 735 »

Louis,

Daar is 'n klomp faktore (wat ek deur simpel voorbeeldjies aan Jakkie 735 probeer illustreer het) wat dit laat lyk of 'n boer soms dom besluite neem - en gereeld is van die besluite pleinweg dom. 


Ek's bly ek kon vir jou nog 'n GOUE STERRETJIE STATUS besorg het.  Die man wat jou touwys gemaak om te begin jakkals jag.  Ek's bly jy doen dit suksesvol. Ek's bly jy kan opstelle skryf oor my en my dom uitlaatings.

Jakkie 735
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by britsman »

Ambi,
Ambessa wrote: ... Die ou rooies weet mos nie wie se plaas dit is waar hy deur die draad kom nie, net 'n bleddie hindernis op sy/haar soeke na lekker sawwe ou sheepies... ;)
    Well said ...... and so true.

        cheers,
                  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
tafjak

Re: Riglyne vir tariewe

Post by tafjak »

Jakes

Ek en jy kan die sakie volgende naweek(17de) oplos.

Groete

Taffie
tafjak

Re: Riglyne vir tariewe

Post by tafjak »

Die tariewe sal altyd net 'n riglyn wees. Ek s? eintlik dat as die probleem onder beheer gebring is sal ander tariewe moet geld, anders is dit 'n geval van dat die jagter groener(meer jakkalse) weivelde gaan soek.

Ek sal dit nou probeer uiteensit soos ek dit verstaan en dit is 'n voorbeeld wat ek nou gaan gebruik.

Kieterkat jag om Min. Manual se verliese op merino aanteel te verminder en uiteindelik te beheer. Manual se plaas is 80 000 hektaar met 5000 ooie en verloor jaarliks 1000 lammers aan predasie. Dit is 'n verlies aan inkomste(bruto) van R600 000. Kieterkat het 'n ooreenkoms(kontrak) gesluit van 30 jagnagte vir die eerste 12maande. Hy skiet 30jakkalse en katte teen 'n inkomste van R18 000. Die volgende 12maande(maande 13-24) daal die verliese na 600lammers en Kieterkat skiet slegs 15jakkalse en katte teen inkomste van R9 000 en Min. Manual het nou R240 000 se lammers minder verloor.

Onthou net dat Kieterkat nou al 24maande gejag het en die ooreenkoms verstryk nou en Kieterkat jag nou op ander plase. Min. Manual se daling in verliese gaan steeds voort en verloor slegs 400 in die jaar wat Kieterkat nie meer daar jag nie. Manual sit met 'n ekstra R120 000 se lammers wat nou al 'n totaal van R360 000 beloop oor die afgelope 24maande.

Die beheer verslap in die volgende 12maande(maand 25-36) omdat Kieterkat sy werk gedoen het en Manual tevrede is met verloop van aanteel. Na maand 36 kom Manual agter dat die verliese terug is op 500 lammers en Kieterkat het weer ooreenkoms gesluit vir 24maande en die storie herhaal homself weer.

Nou kan Manual nie maar 'n ooreenkoms met Kietekat sluit om jaarliks, solank Kieterkat fiks bly vir die job, sy probleemdiere onder beheer te hou nie. Naruurlik teen 'n vergoeding om dit lewensvatbaar te maak vir Kieterkat?
Ambessa

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...tariewe sal altyd net 'n riglyn wees...  ...dat as die probleem onder beheer gebring is sal ander tariewe moet geld, anders is dit 'n geval van dat die jagter groener(meer jakkalse) weivelde gaan soek.

Nou kan Manual nie maar 'n ooreenkoms met Kietekat sluit om jaarliks, solank Kieterkat fiks bly vir die job, sy probleemdiere onder beheer te hou nie. Naruurlik teen 'n vergoeding om dit lewensvatbaar te maak vir Kieterkat?
Baie goed gestel. Dit beteken dat die basis van vergoeding oor die langertermyn nie net op roofdiergetalle wat gedood word moet berus nie. Die volgehoue verlaging in roofdierskade oor die kort-, medium- en langtermyn moet verreken word.

Dit is presies wat met 'n vermindering in die impak van roofdiere bedoel word.

Lekker vanaand gesels...

Ambessa
tafjak

Re: Riglyne vir tariewe

Post by tafjak »

Ambessa

Ek s? jou wat, wat van ek skiet jakkalse teen 'n persentasie van verlaging in verliese. Bv: Manual het 80% speen wanneer ek daar begin jag en word vergoed per jakkals en onkostes vir die eerste 8maande. Die daaropvolgende tyd vat ek 20% van alles meer as 80%- en 40% van alles meer as 90% speen. Hoe klink dit? Die staatskas kry sy geld en skeld my kwyt van belasting onder R120 000.  WETIE??

Taffie
Last edited by tafjak on Sun Oct 11, 2009 11:06 pm, edited 1 time in total.
Ambessa

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...wat van ek skiet jakkalse teen 'n persentasie van verlaging in verliese. Bv: Manual het 80% speen wanneer ek daar begin jag en vat 20% van alles meer as 80% en 40% van alles meer as 90% speen. Hoe klink dit?
Die beginsel is goed, die detail kan oor tyd gevestig word.

Die gedagte/konsep sal egter aktief bemark moet word. Dit veronderstel ook natuurlik 'n langtermyn commitment deur beide partye - boer(e) en jagter(s).

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Louis102 »

Klink mooi, maar...

Gaan Taffie inbetaal as Mnr Manual se speenpersentasie daal na sy optrede?  Wie tel die lammers sowel as voorraad op hande?  Wat van die jakkalse wat die boer self met ysters vang, hoe word hy daarvoor vergoed?  Wat van lammers wat informeel geslag word ens. ens.  Soos ek boere en jagters ken kan daar maklik suursop deur die ding loop.  Ek het ook al na so 'n sisteem probeer kyk toe ek nog van jagters gebruik gemaak het, maar na vele oorweging besluit dat die somme te ingewikkeld gaan wees en foutjies kan maklik insluip.  Hou die konsep eenvoudig en kry jou betaling so gou moontlik, dan is kanse vir dinge wat verkeerd kan loop baie skraler.

So dink ek, maar sal luister wat julle s?.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Riglyne vir tariewe

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU

EK DNK TOG VERLIESE DAAL, HOEKOM SAL N BOER DAN AANHOU BEL SODRA DIE JAKKALSE OF KATE VANG. EN ELKE BOER WAT KAN SOMME MAAK WEET DIT IS DEUR  END EUR DIE MOEITE WERD OM TE LAAT JAG OF SELF TE JAG..
EK KOM BY N BOER WAT SE HY VERLOOR 500 LAMMERS N JAAR AAN JAKKALSE ....
MY VOORSTEL IS KOM EK DOEN DIE BEHEER VERNIET VIR HOM  VIR DIE HELFTE VA SY VERLIES VAN 500 LAMMERS... DWS 250 LAMMERS.
EN EK IS BAIE VRIENDELIK AL DIE LAMMERS WAT DIE JAKKASE VANG TREK HY EERSTE VAN MY LAMMERS AF.....
HY HET DADELIK NEE GESE OMDAT HY WEET BEHEER WERK EN HY WEN VIRSEKER AS HY MY NET BETAAL VIR JAKKALSE EN BRANDSTOF...
SOOS TAFFIE DIT NOEM , DAN SAL ONS WAT JAG KRY WAT ONS VERDIEN...EN SMILE NA DIE EINDE VAN DIE JAAR ......
DIE KONTRAK OM NAGTE TE VERKOOP IS OOK GOED MAAR NIE HAALBAAR IN MY SITUASIE NIE...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by WillJak »

Ek dink Louis en Jacques is reg - so stelsel raak te gekompliseerd en daar is te veel "maar wat van.....?" wat kan insluip.

Maar ek dink ook Taffie is reg oor die kontrakte - dit werk al klaar. Ons sal maar die soet saam met die suur ook moet vat - die ouens wat getrou bly en sy kontrak in stand hou - vir hulle bly die prys dieselfde of word so met inflasie aangepas - die ou wat jou weggooi en oor twee jaar weer wil terugkom - jy pas maar net die prys dienooreenkomstig aan..
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
tafjak

Re: Riglyne vir tariewe

Post by tafjak »

Louis
Wie tel die lammers sowel as voorraad op hande?
... mooi, daar l? die kinkel in die kabel. Gelukkig het ek 'n paar kli?nte wat my goedgesind is en tog die alles op die tafel het. Ek kry selfs bonus tjeks aan die einde van die boekjaar, RAAR maar WAAR!

Nie een van manne met wie ek ooreenkoms het, het my of ek hulle in die steek gelaat nie.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Louis102 »

Tafjak
tafjak wrote: Nie een van manne met wie ek ooreenkoms het, het my of ek hulle in die steek gelaat nie.
Skitterend.  Dit is die tipe klient wat enige jagter die ekstra myl voor kan insit en op moet fokus (soos jy sekerlik doen).  Pas hulle mooi op.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Riglyne vir tariewe

Post by tafjak »

Louis
Skitterend.  Dit is die tipe klient wat enige jagter die ekstra myl voor kan insit en op moet fokus (soos jy sekerlik doen).  Pas hulle mooi op.
.. ek het diep binne my 'n baie sagte plek vir die manne(hoewel nie baie), sal altyd 'n tydjie afknyk vir hulle. Hulle was immers daar toe dit nie so goed met Taffie gegaan het en het self planne en maniere probeer kry om my op die pad te hou en vandag pluk beide partye die vrugte.

Tariewe en fooie sal altyd 'n rolletjie doringdraad bly. daar is tog hoop dat dat die tariewe deur die jagter regverdig sal word.

Taffie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Francois Marais »

Taffie

Ek dink ons is ligjare agter jou met die vergoedding wat jy voorstel. Ek sal hier by my GEEN boer oortuig kry om sy boeke vir my so oop te maak nie, daar issi n mnier nie, miskien oor 10 jaar.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ambessa

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak / Louis102
Louis102 wrote:...Skitterend.  Dit is die tipe klient wat enige jagter die ekstra myl voor kan insit en op moet fokus (soos jy sekerlik doen).  Pas hulle mooi op.
Niks in die lewe kom maklik nie. Harde werk word meestal beloon...

Ambessa
Ambessa

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Ambessa »

Hallo Francois Marais
Francois Marais wrote:...ons is ligjare agter jou met die vergoedding wat jy voorstel...  ...kry om sy boeke vir my so oop te maak nie, daar issi n mnier nie, miskien oor 10 jaar.
Lyk my daar wag 'n groot ooredingstaak op almal. Nie noodwendig "om die boeke oop te maak" nie maar om die besef te vestig watter voordeel samewerking wedersyds inhou.

Ambessa
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1890
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Riglyne vir tariewe

Post by jaracal »

My 2c
Ongelukkig is hierdie 'n vrye mark stelsel. Die beste jagters sal altyd werk he en hulle eie vergoeding bepaal terwyl ander sal sukkel. Ek het op kontrak gewerk waar ek per ha gevra het as jaarfooi en dan dink die kliente hulle besit jou. Ek het tot die volgende slotsom gekom:
Werk op 'n goeie gemiddeld per jakkals (R500-600)tot jy naam het. Vat die stampe en stote, soos ambessa gese het harde werk word beloon. Ongelukkig wil ouens nou begin jag en onmiddelik 'n nagfooi van R750-00 en/of R750-00 per jakkals vra. Indien jy jou fooi verhoog en jy die meeste van jou kliente verloor, het hulle nie vertroue in jou nie. Vertroue word deur jare se ondervinding en tyd in die veld gebou. Sukses = dooie jakals = gelukkige boer = gelukkige jagter, punt. Hier kan nie na die mark gekyk word nie. Die jagter bepaal sy eie vergoeding tov sy ondervinding. Indien jy te veel vra vir jou sukses ratio sal jy gou uit werk hardloop. Geen boer hou daarvan om 3 x nagfooi te betaal sonder enige dooie jakkals nie.
In bees areas en wildplase het ek as volg gewerk: Vra nog steeds my nagfooi en prys per jakkals maar plaas 'n plafon op die totaal maw. maksimum van R2500-00 per nag alles ingesluit. Op die manier word jy weer en weer gevra en dan ook na die bure en bars jy nie die ou se begroting nie.
Hoe lank om te jag per nag. 'n Goeie 7-8 ure is redelik vir die nagfooi. Somer is korter en winter kouer so indien jy 8 ure insit kan niemand kla nie.
Mooiloop
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Ambessa »

Hallo Jaracal
Jaracal wrote:...Ongelukkig is hierdie 'n vrye mark stelsel. Die beste jagters sal altyd werk he en hulle eie vergoeding bepaal terwyl ander sal sukkel.
Nie ongelukkig nie, maar gelukkig...  ...op 'n keer ges? die spesialis roofdierjagters sal die beste van die bestes wees.

Lyk my die beroep is soos baaisiekel ry...  ...as jy dit eers kan doen word 'n ou net al beter met oefening.

Mooi loop...

Ambessa
Hunter xxx

Re: Riglyne vir tariewe

Post by Hunter xxx »

Manne

Net een vraag julle almal hier op die forum het iewers begin om te jag. Hoe vrae jy n boer geld vir die eerste keer as jy niks weet nie so iewers moet jy leer.

Ek is nuut in dit, dit is nie my werk nie ek doen dit vir die uitdaaging daar van. Die eerste keer toe ons veld toe is het ons een Jakkals geskiet vir die aan.Toe buit die gogga my ek het al Hein se cd en E-book gekoop en begin leer, wel ek skiet net op twee plaas op die oombik. Dit raak al hoe beter ons  het laas naweek 8/10 geskiet. vir die nag.
Ja die ou wat geld vra sorry  ons meng dalk in by jou geld.

Hoekom kontrak julle nie die jong mens in nie leer hulle maak jou mark grooter vat dan van sy wins?
As jy op een aand meer as een jakkals skiet meer geld vir jou en die boere.  
My 2c
Groete
Hunterxxx  
Last edited by Hunter xxx on Thu May 27, 2010 4:57 pm, edited 1 time in total.
Post Reply