Naand se almal,
Wil graag by julle ouens raad he. Hoe skat n man n springbok troefee. Skat jy die ore in verhouding met die horing of hoe gemaak? Hoe lank is die gemiddelde springbok ram se ore? Ek en n maat van my oor so 2 naweke vir hom n grote soek vir sy braai area. En ek wil net n paar menings en raad he. Ek weet die plaas waar ons gaan skiet het n paar pragtige bokke maar n man doen mos net so iets een keer.
Wag om van julle te hoor.
Lekker aand!
Sprinbok horings
- Scrappies
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm
Sprinbok horings
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Sprinbok horings
Scrappies,
Soek 'n "Harley-Davidson ram", dis nou daai diknek menere watse horingpunte agtertoe kyk. Die "bell" wat die horings vorm moet ook mooi groot wees.
Jy sal sommer dadelik weet wat ek bedoel as jy een sien.
Groete, en lekker jag!
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Sprinbok horings
Scrappies
Gaan ky na die foto's wat Ludwig vir ons gepost het, daar is 'n trofeeram en kan jy mooi aan die ore sien, al is daai horings 2" korter is hulle nog lank genoeg en bly hulle mooi. Die meeste manne wat baie springbokke skiet sal kan se of horings trofees is al dan nie as hy net die bok sien loop maar sal nie vir jou kan se waarvoor om te kyk nie, aangesien ons dit net kan sien.
http://jaracal.com/index.php/topic,9030 ... n.html#new
Groete Jaco

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Sprinbok horings
Scrappies
Solank as wat die horingpunte nog vorentoe wys, is dit oor die algemeen nog 'n jong ram. Hoe verder die punte agtertoe krul hoe ouer is die ram. Dit op sigself is nie 'n waarborg van lengte nie, maar net van ouderdom. Maar in die meeste gevalle behoort jy ook lengte te kry op sulke horings. Die dikte van die basisse is ook 'n goeie aanduiding.
Soos reeds ges? is - jy weet sommer as jy hom sien!!

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Sprinbok horings
Scrappies
'n Springbok se ore is ongeveer 7" (17.5 cm) lank. So, as die horings min of meer 2x so lank as die ore vertoon begin jy na 'n trofeebok kyk. As die bok vir jou kyk is die afstand van die neuspunt tot by die o? ongeveer 4" (10cm). Staan die bok dwars is die afstand van die kakebeen tot by die onderste ooglid ook ongeveer 4". Die kop, van kakebeen tot horingbasis is min of meer 6" (15cm). Dis nou groot ramme. Wanneer jy 'n trofee beoordeel kyk ook na die reguit stuk by die horingbasis voordat die horing begin uitdraai. Hoe langer die reguit gedeelte by groot bokke hoe langer die horing (maar nie altyd nie). Dan moet jy kyk na die klokvorm van die horing en of die punte van die horing terug draai. Bokke met 'n lang reguit stuk horing by die basis, groot klokvorm en punte wat terug draai is potensi?le trofeebokke. Die gouste manier is egter om dit met die ore te vergelyk. Ten minste 2x die ore en jy het 'n mooi bok.
Mooi loop

Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Sprinbok horings
Wat is die trofee lengte vir n springbok?
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Sprinbok horings
Dit is n mooi bokLudwig wrote: Hier is 'n foto van 'n mooi trofee ram wat ek geneem het so 30km Noord van Twee Rivieren, wat mooi beskryf waarvan die manne hierbo praat.
[img width=560 height=373]http://dl.dropbox.com/u/39344711/Forum% ... G_1493.jpg[/img]
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Sprinbok horings
Hier is nog ene die man het 16 1/2" gemeet
Die tweede een sover ek kan onthou was net oor 15"
End die laaste ene is myne wat ek geskiet 13 1/2" altwee met Mnr Karl stumpfe geskiet.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Frederik on Tue Feb 21, 2012 5:18 pm, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott