Watse Kats dit die?

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Watse Kats dit die?

Post by Louis102 »

Ek plaas hierdie foto's vir Benman.  Hy wil graag weet watse soort kat is dit die?  Is daar enige iemand wat dalk kan help?


Image

Image

Image

Hy sal seker die details kan gee.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
PMP
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Thu Oct 08, 2009 6:12 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by PMP »

Probeer die link...

http://www.messybeast.com/small-wildcats.htm

...  ek wonder of dit nie 'n baster van iets is nie...
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Watse Kats dit die?

Post by Freek »

Lyk vir my baie soos 'n Vaalboskat.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Mac »

Lyk vir my Benman het n' klomp mense gemail met die vraag, ek het hom reeds gemail, hier is ook meer inligting.

African Wild Cat

Felis silvestris lybica: subspecies of Felis silvestris (Wild Cat).
Subspecies origin: DNA studies suggest this subspecies split from the European wild cat 17, 3000 years ago and from the subspecies F. s. ornata and F. s. cafra about 131,000 years ago. Some Felis silvestris lybica individuals were domesticated in the Middle East 10,000 years ago.
Conservation status: Cites Appendix II.
Distribution: Africa and the Middle East. Pure genetic stock (if in existence), only in remote areas. Habitat: Steppes, savannah and bush land.
Field characteristics: Head and body length 45-75cm. Tail length 20-38cm. Weight 3-6,5kg.
Colour: Sandy brown, or grey, with distinctive orange ears. Black stripes on tail.
Feeding: Primarily rodents and small mammals, also, birds, reptiles and insects. Mainly nocturnal.
Breeding: Gestation 56-69 days. Two to six kittens are born, often in small dens in rock piles.
Lifespan: 12 years in captivity.
Social system: Solitary except when mating.


A summary of most interesting statistics (size, gestation...), amazing environmental adaptations & fascinating facts about social habits, etc.

SIZE: Length (including the tail) 90 cm, mass (m) 5 kg, (f) 4 kg. African Wild Cats are larger than tabby cats.

COLOUR: Sandy or light grey in the western areas, ranging to a darker grey elsewhere. The body markings are reddish to grey-black, and sometimes include a slightly darker spinal stripe. There are always six vertical dark bands on the flanks, as well as horizontal dark bands on the legs and rings on the tail, which has a black tip.

SOUNDS / CALLS: The sounds that African Wild Cats make are deeper in tone and harsher than a domestic cat.

MOST LIKE: The Small Spotted Cat. The African wild cat, however, is bigger, longer-legged and less stocky than the small spotted cat with less pronounced body markings and stripes rather than spots.

SOCIAL HABITS: Being nocturnal and shy, African Wild Cats are seldom seen during the day. They are difficult to tame, and can become poultry thieves.

HABITAT: Semi-desert to forest and from sea level up to about 1 600 m. Cover includes rocks, bushes, tall grasses, crops and disused Aardvark or Spring Hare burrows.

FOOD / FEEDING HABITS: Small mammals, birds, reptiles and insects are their main prey.

REPRODUCTION & GESTATION PERIOD: Generally African Wild Cats have a litter of 3 kittens after a gestation period of about 56 days.

ENEMIES: Adults could be killed in fights and by other predators, while eagles and pythons are a danger to the kittens.


Cheers,



Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Watse Kats dit die?

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU
Ek dink maar dis n pure groukat wat baie maklik met enige ander kat kan baster .
Die kleur is baie mooi onder die maag. Ek het een geskiet wat spits oortjies van rooikat gehad het en ook die tipiese rooikat stert met die kolle onder die maag.
Dit was n rooikat/groukat kruising en het so bietjie ansders gelyk
Groete
JB.
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Gernie »

Het ook al van die outjies gesien. My raai is maar 'n groutkat met 'n rooikat kruising. Sien soms daai punte op oortjies ook.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...plaas hierdie foto's vir Benman.  Hy wil graag weet watse soort kat is dit die?  Is daar enige iemand wat dalk kan help?
Seker 'n baster?

Anders is dit 'n m..rse groot vaalboskat (kyk mac21 se inset) of die ou op die foto is besonder klein... ;)

Ambessa
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Francois Marais »

Louis/Benna

Ek stem, is maar n groukat/ African Wild Cat wat n klappie weg het.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Louis102 »

Nou ja, Benman
 
Daar het jy dit, ek dink die meerderheid stem dat dit nie suiwer groukat is nie - nie onmoontlik dat daar dalk 'n klappie rooikat iewers bygekom het nie.  So raai ek ook.

Die verskynsel is nie heeltemal buitengewoon nie, wat nou by my die vraag laat ontstaan.  Gestel Benman skiet 'n kruising tussen 'n Groukat en 'n Rooikat (Let wel ek s? nie dit is wat hy gedoen het nie, hierdie een kon per abuis in die grootpad doodgery gewees het vir al wat ek weet)  en die wet s? dat dit onwettig is om groukatte te skiet, maar wel wettig is om 'n rooikatte te skiet.  Sou Bemnman dan buite die wet opgetree het as hy so 'n kruising skiet??  Die kat is tog net soveel rooikat as wat dit groukat is?  Nog vis nog vlees?  Jy kan mos nie net die helfte wat rooikat is skiet en die helfte wat groukat is, oorsien nie?

Breinkinkel met 'n eenvoudige antwoord neem ek aan?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Mac »

Almal,

Ambessa kan my meskien vir hierdie post as dom of astrant bewys, maar ek het hierdie outjie redelik goed leer ken so paar jaar terug.

Volgens die telers en klein kat kenners, kry mens omtrent nie meer suiwer katte (Lybica) nie, hier en daar in die Delta of woestyn gebiede miskien, maar nie naby of tussen mense of plase nie. Hulle beweer dat hoe suiverder die kat is, hoe rooier (Rufus) die kleur op die maag is, sowel as agter die ore. Hulle beweer ook dat hy nogal groot kan word, 6 Kg is redelik algemeen, (Stuart), en as ek reg onthou is daar op rekord een van 7+ Kg geweeg (Smithers). Kruis teling  met rooikatte laat die donker bande om die stert ook verdwyn. Nou vra ek maar?

As ons dan na hierdie fotos kyk, wat sien ons?

Graham
Last edited by Mac on Fri Oct 23, 2009 8:24 am, edited 1 time in total.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Willem Rheeder

Re: Watse Kats dit die?

Post by Willem Rheeder »

100% grooikat.!!
Last edited by Willem Rheeder on Fri Oct 23, 2009 12:16 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Louis102 »

Mac, Willem en ander Kat-kenners

Mac, nou watse kat is dit in 'n gewone man se taal?  Ek het al hordes (etlike honderde) groukatte in my lewe gesien.  Hulle is skakerings van grys, maar die seldsame/enkeles wat sommer baie rooi en/ of ander kleure bevat, wil vir my eerder na kruisings van 'n soort lyk.  Of is dit nou maar net hier by ons?  Hulle is ook gemiddeld kleiner as die een in die foto wil ek raai.  Nou wil jy vir my s? dat ek dalk die "Kat" aan die g@t beet het? 

Vertel ook bietjie meer van die vaalboskat, Willem.  Ons ken nie so 'n kat hier by ons nie.  Waar kom hy voor en miskien kan Benman vertel waar hy aan hierdie kat in die foto gekom het om die hele raaisel te help ontrafel.

Groete
Louis 
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Mac, nou watse kat is dit in 'n gewone man se taal?  Ek het al hordes (etlike honderde) groukatte in my lewe gesien.  Hulle is skakerings van grys, maar die seldsame/enkeles wat sommer baie rooi en/ of ander kleure bevat, wil vir my eerder na kruisings van 'n soort lyk.  Of is dit nou maar net hier by ons?  Hulle is ook gemiddeld kleiner as die een in die foto wil ek raai.  Nou wil jy vir my s? dat ek dalk die "Kat" aan die g@t beet het?
Dalk help die teks  ;) hieronder - verskillende kante van dieselfde katjie. Volksname is baie verwarrend. Die oeroupa/ouma van ons huiskatte (voorheen bekend as Felis catus). Die feit dat die wilde en "mak" huiskatte verbaster is die rede waarom huiskatte nie in (naby) nasionale parke toegelaat is nie.


SPECIES Felis silvestris

Author: Schreber, 1777.
Citation: Die S?ugethiere, 3(23): 397.
Common Name: Wildcat
Type Locality: Not given. Fixed by Haltenorth (1953) as "vielleicht Nordfrankreich". Listed by Pocock (1951) as "Germany".
Distribution: Afghanistan, Algeria, Angola, Armenia, Azerbaijan, Belarus, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cameroon, Central African Republic, Chad, China, Djibouti, Egypt, Eritrea, Ethiopia, Gambia, Georgia, Ghana, Guinea, Guinea-Bissau, India, Iran, Iraq, Israel, Jordan, Kazakhstan, Kenya, Kuwait, Kyrgyzstan, Lebanon, Lesotho, Libya, Luxembourg, Macedonia, Malawi, Mali, Mauritania, Morocco, Mozambique, Namibia, Niger, Nigeria, Oman, Pakistan, Republic of Congo, Russia, Saudi Arabia, Senegal, Serbia and Montenegro, Sierra Leone, Slovakia, Slovenia, Somalia, South Africa, Sudan, Swaziland, Switzerland, Syrian Arab Republic, Tajikistan, Tanzania, Togo, Tunisia, Turkey, Turkmenistan, Uganda, United Arab Emirates, USA, Uzbekistan, Western Sahara, Yemen, Zambia, Zimbabwe.
Status: CITES ? Appendix II; IUCN ? Vulnerable as F. s. grampia, otherwise Least Concern.
Comments: Also see comments under Felis catus. There is some confusion as to the correct species name. Schreber (1775) illustrated a plate as ?Felis Catus ferus?, and in 1777 the text listed ?Felis (Catus) silvestris? and ?Felis Catus (domestica).? Opinion 465 of the International Commission on Zoological Nomenclature (1957f) declared silvestris as the specific name for the European wild cat (with the understanding that F. catus and F. silvestris are usually considered conspecific). Revised by Ragni and Randi (1986), who included lybica, and by Haltenorth (1953), who included chutuchta, lybica, and vellerosa. However, Pocock's (1951) revision considered catus as separate and placed chutuchta and vellerosa in bieti, and they probably should be considered incertae sedis. Does not include F. catus (worldwide), which was domesticated from this species (Corbet, 1978c). Ellerman and Morrison-Scott (1951) argued that lybica Forster (1780), was a lapsus for libyca; however, there is no clear internal evidence that the name was misspelled (Meester et al., 1986). Rosevear (1974), Ansell (1978), Smithers (1983), Meester et al. (1986), and Wiseman et al. (2000) retained lybica as separate from silvestris. Hemmer (1978), Collier and O'Brien (1985), Salles (1992), Johnson and O'Brien (1997) and Essop et al. (1997b) supported the inclusion of silvestris, lybica and the domestic cat (catus), however Mattern and McLennan (2000) considered silvestris closer to margarita, and consider catus as sister group to lybica. Placed in Felis (Felis) by McKenna and Bell (1997). Subspecies allocated according to Pocock (1951), Ellerman et al. (1953), Smithers (1971), and Kitchener (pers. comm.).


--------------------------------------------------------------------------------

Offspring:

SUBSPECIES silvestris

SUBSPECIES cafra

SUBSPECIES caucasica

SUBSPECIES caudata

SUBSPECIES chutuchta

SUBSPECIES cretensis

SUBSPECIES foxi

SUBSPECIES gordoni

SUBSPECIES grampia

SUBSPECIES griselda

SUBSPECIES haussa

SUBSPECIES iraki

SUBSPECIES jordansi

SUBSPECIES lybica

SUBSPECIES mellandi

SUBSPECIES nesterovi

SUBSPECIES ocreata

SUBSPECIES ornata

SUBSPECIES reyi

SUBSPECIES rubida

SUBSPECIES tristrami

SUBSPECIES ugandae
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Mac »

Thanks Am,

Enough said.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Louis102 »

Ambessa
Ambessa wrote: ...Dalk help die teks  ;) hieronder - verskillende kante van dieselfde katjie. Volksname is baie verwarrend...
Ongelukkig help die teks my nie.  As volksname meer verwarrend as die aangehaalde teks is, dan weet ek nie.  Ek is maar aan die dommerige kant, maar as ek reg verstaan werk dit so;

As Ambessa en Graham deur die Wildtuin op 'n Groukat afry, dan s? die Oom: "Haai Graham, daar hardloop 'n Felis Silvestris subspesie Lybica" en Graham s? dan: "Enough said, Ambessa, ek weet presies waarvan jy praat!"  Maak nou nie saak of die Groukat verbaster is met 'n rooikat of nie?

Die akademici maak my moeg.

Louis

Ns. Ek edit hierdie nou na die tyd in want die laaste sinnetjie moet asb. reg verstaan word, dis nie 'n belediging nie:  Wat ek bedoel met "moeg" is dat my breinselletjies maar min is en ingewikkelde biologie/wetenskap inspanning verg om te verstaan.  Ambessa en Graham se intelek en deelname geniet ek baie, so die stelling allermins teen die persone of hulle op die deelname aan die Forum gemik. Twee staatmakers wat baie meer as ek weet.  ( Op die Forum het ek geleer dat jy mooi moet s? wat jy bedoel, anders word jou tjank sommer afgetrap  ;))
Last edited by Louis102 on Sat Oct 24, 2009 8:50 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Mac »

Louis,

Ek kan nie namens Ambessa praat nie, maar ek kan sy stelling staaf dat volksname baie vervarrend is. Om net een stupid voorbeeld te gebruik, hier by ons is n' "Legume" wat as n bossie grooi, Melolobium canescens. Onder andere, net in hierdie omgewing, staan hy bekend as; i. Heuning bossie, ii. Voeltjie kannie sit nie, iii. Vraaitjiesbos en iv. Soetpeul(sic). So gaan dit met baie goed, elke gebied het ander name vir een spesifieke ding.

Ek kan nie glo dat Ambessa jou (ons) wou verwar nie, ek is seker hy het daardie post geplaas om te se dat dit maak nie saak wat ons hom noem nie, ook nie of hy verbaster is nie, maar om my half sarkastiese vraag
wat sien ons?
te antwoord deur te verwys na die "scientific" beskrywing van die kat.

Am.

I hereby consider myself chastised, but unrepentant  ;D

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Louis102 »

Graham
mac21 wrote: ...I hereby consider myself chastised...
"Chastised" was not the idea, so it is good that you leave the repentance for me to consider.

Ek is heeltemal bewus dat volksname verwarrend kan wees, maar nadat ek Ambessa se stukkie gelees het klink dit vir my of die wetenskaplikes nie verhewe bo verwarring is as dit by benaming van spesies kom nie? 

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Mac »

Louis,

Weereens is dit n' bewys dat die wetenskap n' "ongoing process" is, die wetenskaplike verwaring in Ambessa se teks is meestal tyd verbonde, en soos die tegnologie en wetenskap verbeter, word aanpassings gemaak. Daar bestaan egter (in hierdie geval) geen aanpassings by die order of spesie nie, net by die subspesies, of aldus die koppeling of verwantskap van die subspesies.

Die chastisement was weer maar net my verwronge sin van humor wat so af en toe uitglip.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Ongelukkig help die teks my nie.  As volksname meer verwarrend as die aangehaalde teks is, dan weet ek nie...  ...die laaste sinnetjie moet asb. reg verstaan word...  ...Wat ek bedoel met "moeg" is dat my breinselletjies maar min is en ingewikkelde biologie/wetenskap inspanning verg om te verstaan...  ...die stelling allermins teen die persone of hulle op die deelname aan die Forum gemik...  ...( Op die Forum het ek geleer dat jy mooi moet s? wat jy bedoel, anders word jou tjank sommer afgetrap  ;))
Die mooi van die forum is dat elkeen sy mening kan lug.  ;) Trouens, 'n gesonde redekawelry is een van die uitstaande eienskappe van die forum. Doen so voort...

Ambessa
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo mac21
mac21 wrote:...Enough said...
...  ;)  ;D  ::) not nearly enough...

Ambessa
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...As volksname meer verwarrend as die aangehaalde teks is, dan weet ek nie...
Ja, die taksonome hou daarvan om name aan plante of diere te gee en dan kom daar 'n ou met groter insig of meer kennis en verander die naam en terwyl die proses nog aan die gang is ontdek hulle dat die eerste naam tog beter of meer korrek was en dan verander hulle dit weer terug en op die tydstip is daar weer 'n ander outjie wat meer kennis het en die hele speul weer van vooraf deurmekaar krap en daar gaan ons weer... alles gebeur natuurlik oor dekades en soms eeue.

Kyk na Felis leo wat later weer Panthera leo geword het. maar deurgaans het ou vuilbaard maar bekend gebly as ibhubesi (Zulu), ingonyama (Xhosa), leeu (Afrikaans), lion (English), ngala (Shangaan), simba (Swahili), tau (Sesotho/Setswana) ...

Ambessa
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Mac21
mac21 wrote:...is dit n' bewys dat die wetenskap n' "ongoing process" is, die wetenskaplike verwaring in Ambessa se teks is meestal tyd verbonde, en soos die tegnologie en wetenskap verbeter, word aanpassings gemaak. Daar bestaan egter (in hierdie geval) geen aanpassings by die order of spesie nie, net by die subspesies, of aldus die koppeling of verwantskap van die subspesies.
Second part, nicely put...

First part, not my text but hard core scientific citing from a Mammal Species Listing...  ...be it as it may. ever so confusing to all and sundry (including many if not most scientists who are not taxonomists... ;) )...

Ambessa
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Mac21
mac21 wrote:...nie glo dat Ambessa jou (ons) wou verwar nie, ek is seker hy het daardie post geplaas om te se dat dit maak nie saak wat ons hom noem nie, ook nie of hy verbaster is nie, maar om my half sarkastiese vraag
wat sien ons?
te antwoord deur te verwys na die "scientific" beskrywing van die kat.
First part, bulls eye...

Second part, another full score...  ;)

Ambessa
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Mac »

Am,

I am afraid I am going to have to become more innovative, it would appear that you read me too well, not good for my ego.

Keep it sharp.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...hordes (etlike honderde) groukatte in my lewe gesien.  Hulle is skakerings van grys, maar die seldsame/enkeles wat sommer baie rooi en/ of ander kleure bevat, wil vir my eerder na kruisings van 'n soort lyk...  ...is ook gemiddeld kleiner as die een in die foto wil ek raai...  ...bietjie meer van die vaalboskat...  ...kan Benman vertel waar hy aan hierdie kat in die foto gekom het om die hele raaisel te help ontrafel.
Met al die moeg makery  ;) het ons nog nie verneem presies waar hierdie kietsie gepos is nie?

Die besonder baie strepe oor die onderlyf van die dooie kat (op die foto) dui sterk daarop dat dit wel 'n baster met iets was? Wat presies die ander spesie was sal nie sonder DNA bepaal kan word nie?

Lyk my jy het ook omtrent al die kleure gesien waarin die suiwer (nie gebaster nie) groukat/vaalboskat in die natuur voorkom.

Laat hoor maar nog...  ...fotos help ook baie.

Ambessa
Post Reply