Daar aangekom het ons op 'n heuwel gaan stilhou en afgeklim om te loer met die verkykers om te kyk of ons hulle nie kan sien nie... Na so rukkie toe gewaar my vriend hulle doer onder in die vlaktes, twee ramme en 'n ooitjie. So begin ons toe met die jag...
Ons het in hulle rigting gery tot ons mooi kon sien deur die verkykyers hoe lyk die trofee kwaliteit van die twee ramme. Ons sien toe een van hulle het al 'n horing (Gewei/Antler) al afgegooi of dalk afbaklei. Die ander ram was mooi maar nie waarna ons opsoek was nie, en daar was 'n spesifieke ram wat my vriend vir my ingedagte gehad het...
Ons het nog so paar draaie gery opsoek na die takbok, en so hier en daar ene sien opspring uit die gras, en ek is nie seker wie het elke keer groter geskrik nie, ons of hulle nie... Hahahaha...
Na 'n ruk toe sien ons hulle bo teen 'n bultjie in die gras, dit lyk soos 3 ramme maar net hulle horings steek toe uit... Na wat ons toe kon sien se my vriend toe dis die middelste ram waarna ons soek. Ek fluit toe met die hoop dat hy sal opstaan, en net soos die geluk dit wou he toe staan hy op en staan mooi dwars. Ek trek toe die sneller en die bok sak toe net daar neer. Die 300gr 375 koeeltjie het hom toe mooi in die nek getref!
Daar aangekom het ons toe mooi fotos geneem, en net die oomblik waardeer om die pragtige dier te kon jag. Waidmannsheil!
Die aand het ons uit self verdediging Scottish Leader benut om die bok te vier! Net jammer daar was nie 'n ou forel dammetjie en 'n fisant in die omgewing nie, anders het ek sommer gou 'n MacNab deurgewerk...
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7092.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7074.jpg[/img]




