Swartwater Waterbok jag 2012

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Dags?

Ek was laas week bietjie Swartwater se w?reld toe saam my broer en drie jare lange jagters vriende. Ons het vir Tannie Johanna gaan kuier op een van daai "Goud myn" plase wat mens graag oor br?g, maar nie sommer nommers uitruil nie.

Dit was baie ruig die jaar en die bokke se kondisie is tops. Die nadeel was dat dit harde jag was, soos ons daarvan hou  ;) Jou bokke gaan nie hier in jou skoot val nie, jy gaan moet werk vir hulle en die herwinning kan ook nogals 'n neukery afgee as jou bok te diep die bosse in is  ;D

Die kamp is Top klas met 'n donkie vir water en gas vir die yskas. Daar is 'n kragopwekker vir as die selfoon gelaai moet word of so iets, maar ons verkies hom af en die lampe aan  ;)  Die toiletgeriewe en kamers is eerste klas en mamma sal tuis voel oorals. Die is ook een van die min plase waar jy op die tweede jaar alleen toegelaat sal word in die veld as jy jou bewys het die vorige jaar  8)

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4214.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4210.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4185.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4196.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4184.jpg[/img]

Die jagtery is nie die Tannie se besigheid nie, hulle boer tabak en groente langs die rivier en dus is die wild belaglik goedkoop, ek gaan eerder nie die pryse opsit nie, julle sal my nooit uitlos nie, dis so tien jaar terug se pryse  ;D Die plaas beslaan so 1200ha en dag fooi is R200 per jagter en R150 per nie jagter, ALLES INGESLUIT, en daar is soveel hout as wat jy kan brand, kamp word elke dag gediens en gidse sorg vir die bokke, donkie, houtkap, ens.

Bruch tyd, vars rooibok pofadder  8) Wat kan dan lekkerder wees  8)
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4305.jpg[/img]

Ek kon die Mnr aantre? na 'n volle 30 min "standoff" Hy het my gewaar en ek kon letterlik nie my kop draai nie, so stip het hy my bekyk. Dit het gevoel soos'n ewigheid maar toe hy die draad spring was ek reg vir hom. Het hom met my 30.06 en 150gr Barns TTSX teen 3000ftps {Vir vlaktes gelaai} op 104 tre? op die skouer neergesit. Hy het so 20 tre? gevorder voor hy gaan l? het.

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4288.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4294.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4302.jpg[/img]

Die bonus is dat hy RW gemaak het en my 'n skamele 3k uit die sak gejaag het. Daar is 'n donker kant ook aan die storie. Die eerste dag het het ek 'n bietjie kleiner bul gekwes en ons kon hom vir die dood nie kry nie. Het twee dae hard spoor gevat en self 'n hondtjie laat kom wat sy storie ken, maar heellaas niks  :'(  Ek troos my daaraaan dat die veld besaai is met jakals, rooikat en hi?na spore, hy sal hopelik dood wees van predasie voor hy moet dood van elende. Skoolgeld was duur hierdie jaar en my belasting is betaal  ;)

Vleis skade was redelik, maar ek het die skouer been en drie ribbes getref met die ingang so dit was te verwagte  ;) Nadat alles mooi gewas was het ek seker so 1kg vleis uitgesny, die res is alles bruikbaar  ;D Die koe?l het die blad hoog op die skouer ingegaan en drie ribbes gebruik oppad binne toe. Albei longe is pap geskiet, maar die hart was gemis. Skoot was te hoog gewees :-[ Die koe?l het dwarsdeur die bors penetreer en aan die oorkantste skouer been 'n draai gamaak waar dit op in nek in gagaan het. Het hom net bo die kultjie onder die vel uitgehaal. Hy het letterlik op die grond geval toe hulle die nek vel aftrek. Miskien nie wat wonders vir die wat sou wou h? hy moes dood reguit trek nie, maar vir my was die penetrasie voldoende en vleis skade aanvaarbeer. Die Barns lyk soos mens verwag 'n Barns moet lyk  ;)  8)  ;D Geen verrassings hier nie  8) Sal nog 'n foto neem en opsit. Moet hom nog weeg ook  8)

Ingangs wond
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4312.jpg[/img]

Skade aan die binnekant van ingangs blad. Die skouer been is getref.
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4318.jpg[/img]

In en uitgangs wonde in die borskas. Let die drie af ribbe aan die ingang en minimum skade aan die uitgang kant.
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4315.jpg[/img]

Die uitgangs wond in die nek.
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4311.jpg[/img]

So lyk van die ander bokke wat geval het.
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4328.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4226.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4236.jpg[/img]

Tot volgende jaar, ek gaan verseker weer terug, daar wag 'n monster Kudu vir my in daai bosveld  8)
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4334.jpg[/img]
Last edited by Marc on Tue Jul 10, 2012 10:33 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Carl »

Mooi storie Marc, goeie fotos ek het nou sommer lekker saam gejag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by BRNO (Pierre) »

Marc, jy bederf ons met die mooi storie. Baie geluk met die bok, en jammer vir die een wat weggekom het!

Watter patrone het jy toe gebruik? Vertel bietjie asb.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Hilux01 »

Dit maak my sommer jaloers, was 18 - 24 Junie in Tolwe en Maasstroom se wereld.
Kan nie wag vir Aug se Swartwater uitstappie nie
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Frederik »

Marc,

Baie netjies waterbok is nog eendag op my lys van trofees ai maar die pryse raak bietjie rof op hulle.
Maar eendag is eendag lyk baie lekker daar baie lief vir daardie wereld.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by vlakvark1 »

Geluk Marc
Mooi diere en fotos. Lyk of julle dit geniet het. Dit lyk regtig na n lekker kuierplek daai 8)
Net een vraag [moenie lag nie ouens] maar waar in die land is "Swartwater'' ???
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Ja nee manne wat daai w?reld ken sal weet, ek is ook smoor verlief  8)

Pierre dit was met Barns se TTSX'e in 150gr, gaan nou gou foto neem en oplaai  ;)

Frederik, as jy een soek sou ek die w?reld aanbeveel, die man langsaan Tannie Johanna is Oom Kwas en sy waterbokke was net so spog goedkoop. Dis droog in Swartwater/Baltimore/Lepalala area en die manne gaan later in die seisoen bokke moet weggee of baie geld aan voer spandeer, water bokke is redelik erg honger en dors  ;) en dus swaar op die sak, help ons wat sneller trek so bietjie  ;D

Was voorwaar 'n besonderse trip gewees, dankie manne  8)

Hilux, daai is mooi w?reld, hoop julle gaan vroeg in Aug Swartwater toe, die veld is maar yl op plekke en die bokke gaan vinnig kondiesie verloor die jaar.

Vlakkvark dit is teen die Botswana grens, so 30km of wat van die Groblersbrug grenspos af. Of jy kan Noord gaan van Baltimore, ens.  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Frederik »

Dankie Marc,

Weet nie of ek nog 'n jag kan bysit die jaar nie maar die waterbok sal gebeur ek moet net rustig wag.
Volgende week springbokke in die Karoo dan miskien nog 'n jaggie einde die jaar begin November so 4 in jaar ek kan seker nie moan nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Ja nee Frederik, jy het 'n witbrood ou maat  8) Geniet die wat nog oor is, ek het nog een nawekie saam die ander helfte in Noord Wes en dan is my jaar ook klaar  :'(

Hier is daai 150gr TTSX teen 3000ftps en op 100 tre?  8)

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... to0101.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... to0100.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... to0099.jpg[/img]

Hy het 144gr gewig behou van sy oorspronklike 150gr, indrukwekkend as mens vat hoe v?r hy geloop het en wat hy alles langs sy pad raakgeloop het  ;)

Shoe sien nou die kwaliteit is goor, sal met die kamera neem as manne beter wil sien, laat maar  ;)
Last edited by Marc on Tue Jul 10, 2012 8:17 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Gerhard »

Ek het hoeka die naweek my eerste ladings vir die 150 gr Ttsx gelaai. Moet nou net by n baan uit kom met n chrono...

Baie geluk met di mooi waterbok bul.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Dankie Gerhard, hulle maak mooi in my roer en selfs teen baie ho? spoed het hulle aanvaarbaar gemaak in die bos. Sal hulle volgende keer aflaai, of dalk moet ek ook maar eerder kyk vir 'n regte bos kaliber  8) Sal hoor wat s? mamma bietjie later die jaar  ;)

Dankie vir daai skoot plasing foto's baie interesant, snaaks hoe min mense daai blessies klits vs die ander meer statige soorte  ;D

Hoop die Barns gooi reguit by jou ook, terloops is daai takbok van jou al by S&O op  ???

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Gerhard »

Marc wrote: Dankie Gerhard, hulle maak mooi in my roer en selfs teen baie ho? spoed het hulle aanvaarbaar gemaak in die bos. Sal hulle volgende keer aflaai, of dalk moet ek ook maar eerder kyk vir 'n regte bos kaliber  8) Sal hoor wat s? mamma bietjie later die jaar  ;)

Dankie vir daai skoot plasing foto's baie interesant, snaaks hoe min mense daai blessies klits vs die ander meer statige soorte  ;D

Hoop die Barns gooi reguit by jou ook, terloops is daai takbok van jou al by S&O op  ???

Mooiloop
Marc
Nee noggie,

Ek wag vir die RW plaatjie.

Dan sal ek met Stef reel.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Geno »

Marc,
Baie geluk ou  maat, dis 'n bitter mooi waterbok!.


Raai wie het 'n pel wat vir Tannie Johanna baaaaaaaaie goed ken? Ek het sommer gister my pel gebel om te reel vir 'n trippie daardiekant toe. ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Geno wrote: Marc,
Baie geluk ou  maat, dis 'n bitter mooi waterbok!.


Raai wie het 'n pel wat vir Tannie Johanna baaaaaaaaie goed ken? Ek het sommer gister my pel gebel om te reel vir 'n trippie daardiekant toe. ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D
Daarsy Geno, klein w?reld  ;)  Haar bokke is spek vet, die bos is net baie ruig en sy sal moet begin dink aan bietjie ontbossings werk  8) Anders as dit gaan julle dit bitter baie geniet. Daar is nog heelwat GROOT Waterbokke oor en ook paar monster kudu bulle  :o

Sal net moet spring, want sy is redelik vol bespreek  8)  Hoor sommer langsaan by Oom Kwas ook, sy nie trofee waterbokke is R1800 as ek reg is  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Goeie nuus

Iemand het my "ander" Waterbok gekry, ek, vroulief en die kids ry more oggend damn vroeg om die man huis toe te bring. Nou voel ek skoon verlig, weet ten minste dat die arme man nie 'n laaaang elendige dood hoef te sterf nie. Voel steeds sleg oor die skoot  :-[

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Evert »

Baie mooi fotos en baie geluk, ken daai wereld goed het da groot geword Ek ken darem vir oom Kwas hul goed en toe ek vroeer die jaar sy waterbok pryse hoor het ek dadelik geboek, so einde Augustus jag ons daar vir so 4 dae sy jag kamp is op die Limpopo so bietjie visvang tusen deur ok.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

E-Bird wrote: Baie mooi fotos en baie geluk, ken daai wereld goed het da groot geword Ek ken darem vir oom Kwas hul goed en toe ek vroeer die jaar sy waterbok pryse hoor het ek dadelik geboek, so einde Augustus jag ons daar vir so 4 dae sy jag kamp is op die Limpopo so bietjie visvang tusen deur ok.
Dags?

Ja nee, Oom Kwas het 'n bitter mooi kamp, elek kamer is en-suite  8) Hy is besig met 'n Meneer van 'n koelkamer ook, dit lyk meer soos 'n abatoir  :o  Julle gaan lekker jag die jaar, hoop die bokke se kondisie hou tot Augustus  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swartwater Waterbok jag 2012

Post by Marc »

Wat 'n vooreg draai die trip toe nou uit, twee monster waterbokke in drie dae teen die prys van een  8)

Hier dis die ouman wat ek die eerste dag gekwes het, hy is toe deur die volgende groep jagter raakgeloop en geskiet. Hy weeg toe ook oor die 140kg en sy horings maak ook die boek  8)

Hier hou sussa hulle vas, die af punt regs maak dit nog meer spesiaal  8)

[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... to0104.jpg[/img]

Twee varkies en 'n Waterbok kan 'n vriekas sommer gou gou vol kry  ;D

[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... to0102.jpg[/img]

Vroeg vroeg volgende jaar is ek terug  ;D

Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Mon Jul 16, 2012 12:03 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply