Eerste Jag 2012

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Eerste Jag 2012

Post by Johan Reyneke »

Ek het die naweek van 17 en 18 Augustus het ek die eerste keer hierdie seisoen kans gekry om veld toe te gaan. Werks omstandighede wou net nie toelaat nie. Kinders het gevra om saam te gaan, en hul bestelling geplaas. Die seun wou Blouwildebees skiet, en dogter Rooihartbees en ek sou Gemsbok skiet. So afgespreek en is vroeg Vrydag veld in.

My seun het vroeg sy Blouwildebees gekry. (30-06 Marlin 165gr Hornady GMX afstand 150m)

Image



Ons kry nie die Gemsies nie maar my swaer het 'n mooi koedoe bul gekry alhoewel bietjie maer.

Image


Daarna soek ons Gemsies maar kry niks verder Vrydag

Saterdag weer vroeg uit. Ongelukkig kwes die ander groep op die plaas 'n rooihartbees en ons help soek. My swaer se seun het toe darem 'n volstruis mannetjie gekry met al die gesoekery.

Image
.

Na die oggend besluit ons ons sal nog een draai ry en soek na rooihartbees of Gemsbok. Aangesien my meisiekind bitter graag iets wil skiet, besluit Pa om terug te staan en wat ook al eerste gekry word kan sy maar skiet. Amper op pad terug kry ons toe die een losloper Gemsbok bulletjie teen die koppies tussen die afgebrande gras, ons klim af en bekruip hom. Op so 150m staan die mannetjie mooi reg en sy skiet(7x64 PMP), en hy val onmiddelik

Image

Alhoewel Pa niks kon kry nie is hy nog steeds trots op sy twee kids. Pa sal seker later weer kans kry.
Last edited by Johan Reyneke on Sun Aug 26, 2012 9:56 am, edited 1 time in total.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eerste Jag 2012

Post by grumpy »

Baie mooi en baie geluk.

Maak n man trots om sy kinders so te sien!! 8)
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Eerste Jag 2012

Post by Hilux01 »

Goeie werk

Neet jammer dit het so lank gevat voor jy in die veld gekom het

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Eerste Jag 2012

Post by BRNO (Pierre) »

Jy moet volgende jaar ook maar na die einde van die seisoen wag. Julle ouens, en vrouens het baie mooi gemaak. Stuur asb komplimente!
Veiligheid eerste manne!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eerste Jag 2012

Post by Carl »

Mooi storie en geluk met die ander se bokke, dit vat 'n goeie Pee-H om almal in die bokke te kry ;-)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Eerste Jag 2012

Post by pietjacobs »

Geluk en ek moet se, as ek so kyk na daai skoot van oom se meisiekind op die Gemsbok, kan sy mooi na haarself kyk  :)
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Post Reply