Die LRP kom standaard met die Target Accutriger wat nog ligter kan stel as die gewone Accutriger. Myne het ek albei die trigger safety piepietjie van afgehaal, wat dit vir my moontlik gemaak het om hulle presies dieselfde te kon stel as my Jewell snellers op van my ander gewere, asook my kompetisie geweer. Hulle breek skoon op net meer as n 1/4 pond. Die snellers het my regtig verbaas, en is puik vir kompetisie skiet, en boonop kom hy standaard op die geweer en hoef ek geen aftermarket goed op te sit.
Die kolf is n HS Precision glasvesel kolf met n alluminium blok in waarop die aksie rus. Aanvanklik het ek gedink dat die kolf nie baie nice is nie, totdat ek met hom begin skiet het. Dit is werklik n lekker kolf vir die veldskiete soos ons dit doen by SAJSV, en sal ek hom nie sommer wil ruil nie, tensy ek een kan kry wat soos die Tikka T3 Sporter sin lyk en voel.
Die LRP is nie n ligte jag geweer nie, en met sy 26" loop wat 1" duk is voor by die kroon, is hy beslis nie n geweer wat gemaak is om in die veld rond te dra op n walk en stalk jag nie. Hy weeg n volle 11 pond sonder teleskoop en bassise en ringe.
So lyk hy:



Ek het regtig nog nie vreeslik moeite kon doen met die herlaai en lading ontwikkeling nie, en het al die groepe met nuwe Lapua doppe geskiet. Die kondisies was ook maar redelik winderig elke toetsdag wat ook nie bygedra het tot van die beste kondisies nie. Mirage die tyd van die jaar is ook maar n groot probleem as jy wil groepe skiet.
Hier is soos hulle skiet:
Hier is die .243 met sy 1/9.25 twist loop










En so skiet die .260 Rem"






Hierdie is standaard fabrieks gewere met absoluut geen modifikasie behalwe vir die wangstuk kontrepsie wat ek aangebring het. Wat my beindruk is dat bykans nie een groep oor 1' is op 100m en dit met enige lading en koe?lpunt wat ek hulle voer gedoen is. Ek het nog glad nie met koe?l punt diepte gespeel, en net 0.3mm van die lands af gelaai. Dit is min dat mens n geweer kry en wat ookal jy hom voer, skiet hy onder n duim op 100m. Dit wys op die akkuraatheids potensiaal van hierdie gewere.
Die slotaksie van die gewere is baie glad en met die groot slot handvatsel voel dit sommer na besigheid as jy die slot hanteer. Die locktime van die slotte is opmerklik vinnig en met die ligte crisp sneller is hulle n plesier om te skiet.
Die magasyne vat ongelukkig net 4 patrone, maar jy kan darm die laaste patroon afdruk en n 5de een in die kamer kry vir die kompetisies. Alhoewel die magasyn die patrone "stagger", kom hulle mooi in die middel uit bo wat veroorsaak dat die koe?l se punt nie skeef kan druk as hy gekamer word, en werk die magasyn dus soos n "single feed" magasyn soos die Tikka sin wat bydra tot akkuraatheid. Die feit dat die magasyn die patrone stagger, maak dat hy nie uitsteek onder die kolf nie.
Ek voorspel dat hierdie Mod 12 Savage gewere nog groot naam gaan maak in die kompetisie skiet w?reld.
Hulle is beslis nie die mooiste swane in my kluis nie, maar as jy hom eers skiet, dan word jy sommer op die plek verlief.

