Kat+Jak

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Pieter101

Kat+Jak

Post by Pieter101 »

Het foto van kat en jakkals wat ek wil oplaai. Hoe doen mens dit?
Ambessa

Re: Kat+Jak

Post by Ambessa »

Hallo daar Hein

Sal ook graag wil weet hoe dit werk?

Ambessa
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kat+Jak

Post by jaracal »

Daar is 2 maniere.
1) Stuur die foto vir my met die storie en ek plaas dit vir jou.

2) Maak 'n gatis rekening oop by photobucket www.photobucket.com en laai die fotos daar op. Dan copy jy die forum/buletin board adres net na die reply area op die forum. (jy sien drie adresse as jy met jou pyltjie op die foto staan onder die foto of klik op die foto dan sien jy die adresse)

Hoop julle kom reg, laat weet maar.

Groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Kat+Jak

Post by MEERKAT »

Hein

Het foto's met die email vir jou gestuur wil net weet of jy dit ontvang het.

Meerkatte het maar minnerag verstand, verstaan die busket affere maar swaar.
MEERKAT
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kat+Jak

Post by jaracal »

meerkat
ek het dit gekry en sal dit vir jou opsit.

groete
hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: Kat+Jak

Post by Ambessa »

Hallo Hein

Dankie vir die inligting en die aanbod - sal maar my goeters (fotos ens) vir jou stuur om te plaas. Is daar 'n beperking op die megabite grootte of verklein jy dit self?

Ambessa
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kat+Jak

Post by jaracal »

Ambessa
Vir druk doeleindes moet die MB so groot as moontlik wees, maar vir die lees op die rekenaar skerm is 100kb groot genoeg. So maak dit maar klein, makliker om oor die net te stuur veral ons met die stadige lyne. 3G is nog nie met ons nie.

Groete
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kat+Jak

Post by jaracal »

Hierdie fotos het meerkat vir my deurgestuur.
Image Image 
Groete
Hein           
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kat+Jak

Post by jaracal »

Foto van Izak
Image Image
Groete
Hein
Last edited by jaracal on Sun Feb 15, 2009 8:01 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Izak02

Re: Kat+Jak

Post by Izak02 »

Die Rooikat het ek Mei 2007 in Hofmeyr geskiet, as jy sy lyf voel is hy vrek maer, weeg 18.6kg. Die jakkalse is die drie wat my buurman se speenlammers so gee?t het, die middelste een weeg 11.5kg
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Foto's

Post by Christo »

Isak,Meerkat

Daai bakkies is nie eens swart nie. En ek tel baie.

Mooi so

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Kat+Jak

Post by MEERKAT »

Die kat is geskiet in Mei 2008 het 5 lammers gevang oor kort periode , het hok vir die kat gestel maar het uitgekom en die volgende aand het ek hom geskiet: Binnegoed Dorperlam : Kat gewig 21.3kg

Die foto van die jakkalse is in April 2008 geskiet. Op die spesifieke plaas is groot hoeveelhede lammers verloor, maar interesant genoeg het ek 'n week voor ons hulle geskiet het ook gesoek vir jakkalse in dieselfde areas waar hulle geskiet is, maar slegs 1 geskiet. Op daardie staduim het ons reeds begin kyk na weer patrone en die spesifieke aand het ons uitgesoek en hulle geskiet. Totaal 14. Die swaarste reun 10.2kg.

Die afgelope paar maande skiet ons slegs jakkalse na aanleiding van weerpatrone en die sukses syfer het verbeter van minder as 2 jakkalse per skietaand na 4.3 jakkalse per skietaand.( nie baba jakkalse)

Op die internet is 'n baie akkurate " website" waar inligting afgelaai kan word.

Ek sal graag wil hoor wat is jul ondervinding omtrent weerpatrone: windrigting,humiditeit en drukking.

MEERKAT
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kat+Jak

Post by Caller »

Meerkat

Ek wag vir ouens soos jy op my "post" iewers op die forum. Laat weet hoe julle volgens die weerpatrone skiet. Ek's die ene ore/o?. :o

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kat+Jak

Post by Freek »

Izak en Meerkat, julle bakkies is spierwit en silwer  :o het julle hierdie voertuie gebruik toe julle die vlekkies en rooikatte geklits het? As dit die geval is dan kry ek die idee hierdie kamofleer storie is nie regtig so belangrik nie... ???
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Kat+Jak

Post by MEERKAT »

Freek
Ek het probeer jag met 'n wit bakkie maar dit sukkel maar. Op hierdie staduim jag ek met 'n donker grys
bakkie wat goed werk. Hier is van die manne wat met rooi bakkies jag en baie goed doen. Iemand het lank gelede gese 'n jakkals is kleurblind so d.w.s 'n wit en swart bakkie behoort hulle makliker te sien.

Wie van die manne skiet goggas met swart  bakkies.

Lekker jag vanaand ( Weer se in ons wereld gaan goggas vanaand rondhardloop)

MEERKAT
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Kat+Jak

Post by MEERKAT »

Caller

Wat ons gedoen het was om te kyk na aande wat jakkalse  kleinvee vang, jy het tog al agtergekom dat boere jou almal basies op dieselfde tyd bel om jakkalse te kom skiet. Ons het rekord gehou van weerstoestande op daardie spesifieke aande en oor lang periodes faktore uitgeskakel en op die einde gesien dat Windrigting, Humiditeit en Drukking op vang aande basies dieselfde is. Die aande wat goggas vee vang moet hulle tog meer rondhardloop.(Jag aande vir jakkalse)

Op die internet kan jy registreer by " freemeteo.com" dit is gratis en kyk na die weer vir 'n spesifieke area.

Elke oggend kan hulle bv. die dag se weer deur mail wat 'n aanduiding sal gee van toestande.

Ons kan later meer se waarna spesifiek gekyk moet word op die website.

Knou die goggas af
MEERKAT
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kat+Jak

Post by Caller »

Meerkat

Thanks man. Daai is die soort van inligting wat ek in belang stel. Ek het ook 'n teorie oor die vog. Dit is my waarnemings ook, dat die wind (sterkte, rigting en temp.) die grootste vaktor is wat die goggas se aktiwiteite be?nvloed. Jy het my nou baie nuuskierrig man. Praat verder laat ons hoor. Moenie bang wees vir detail nie, almal kan leer.

Praat onder die "Weerstoestande en jakkals aktiwiteite" post, hier iewers op die die forum, dan bly die onderwerpe bymekaar.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kat+Jak

Post by JACQUES BOTHA »

Caller.
jy moes gisteraand in die veld gewees het, perfekte toestande ....
en vanaand is ook n groot aand vir die kat jagters....hulle gaan loop
laat weet maar ..ek sien in die nuus dat philopolis sy eie weerprofeet het....
dalk moet ons n rondloop profeet hier kry ...al voorbehoud is
hy moet vertel waarna hy kyk en hoekom en waarom.....
Ek raai sommer net oor vanaand of gisteraand se aktiwiteite...
EK SOEK FEITE----ons wqerk hier met kos hoor....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kat+Jak

Post by Caller »

Jacques

Ja-nee my mater, gisteraand sou hulle virseker geloop het, maar dis nog bietjie nat hier in Bloem en ek het mos nie 'n landrover nie  ;D, so moes maar by die huis bly. Die lugdruk was amper bietjie laag (1016 hPa / Daal stadig - stabiel / 19:00) by my huis.

Jy sien die aand was reg en hulle was honger na die baie re?n (118 mm vir die week). Help geesel vir Meerkat met die tong  ;D, dat hy kan begin praat.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Kat+Jak

Post by tafjak »

Manne

Ek weet nie van weer en sulke goeters nie. As die wind nie waai nie, jag ek en kan nie met sekerheid s? dat die vog en sulke goed enige effek het nie. Het al in baie stowwerige en nat toestande gejag en glo nog altyd dat as daar jakkalse is en jy kan hulle hoor hulle geskiet word.

My hele uitgangspunt mbt jakkalse is dat ek spartel tot ek hulle blyplek gekry het en dan was sukses altyd aan my kant.

Groetnis

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kat+Jak

Post by Caller »

Taffie

Jy het 'n punt beet. Ek is ook maar lief om hul blyplekke te soek en daarvolgens op te tree.

Ons ouens wat in die dorp bly wil net altyd graag weet wat die weer gaan maak vir die nag en of die jakkies darem aktief sal wees, sodat jy nie verniet lang afstande ry en jou tyd en die boer se geld gaan mors nie.

Manne wat op die plaas bly kan net by die deur uitloop en sien hoe die weer is. As hy dan uitgaan en dit is 'n dooie aand, ry hy net terug en l? dus nie lang afstande onnodig af nie.

Daar steek definetief iets in die humuniteit.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Izak02

Re: Kat+Jak

Post by Izak02 »

Freek
Jammer dat ek nou eers antwoord, was so `n bietjie weg van die huis/rekenaar. Ek gooi my bakkie toe met `n stuk hessian wat swart en groen geverf is. (Sal volgende keer probeer om `n gekleurde bakkie te koop)
Izak
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kat+Jak

Post by Yalair »

Ek stem saam dat weer ens 'n uitwerking het. Vergeet van net jakkalse as ek na my eie veld kyk, springhase steenbokke ens. Jy sal een aand uitgaan en miljuisende hase en steenbokke kry, ander aand is hulle skaars steenbokke le plat laat jy net die ore sien, dan skielik weer baie 'n volgende aand. het ook al opgemerk dat sekere tyd van nag, en dit wissel sal daar niks wees en dan skielik roer al wat leef en beef. Ja soos julle se vir my is dit maklik ek ry terug kooi toe, maar vir 'n man wat moet uitry kos dit geld. moet so druk meter kry dan kan ek algemene waarnemings vat en net miskien werk dit.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kat+Jak

Post by Freek »

Manne jammer dat ek nou in tjip met julle weer gesprekkie, seer sekerlik brood nodige inligting wat julle hier bespreek...hou aan asb.

Izak my bakkie is blink-silwer as ek hom in die veld parkeer staan hy uit soos 'n puisie op 'n vark se p**phol - ek het hom gekoop want sy prys was reg. So ek gaan moet plan maak om hom ook te laat wegraak, oorweeg huidiglik Camo net, donker skadu net of enige iets in daai lyn. Jy sien in die week ry mammie met hom rond so ek sal nie van daai gecamode stiekers op hom kan plak nie want mammie gaan wyer om met 'n bos in die dorp rond te ry... ;) Sal maar volgende ook volgende keer 'n donker lorrie koop.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kat+Jak

Post by JACQUES BOTHA »

FREEK.
Dis ma my probleem ook, ek koop as die prys reg isan jy nie kleur by kies nie..
Dis omtrent net die manne wat nuut koop(die boere met geld)  wat kleur ook kan kies..
Thinus se bakkie se kleur is reg.......
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply