Watse Kats dit die?

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Louis102 / almal
Louis102 wrote:
Image

Image

Image
The lybica group is the most widespread, and these cats differ from the European forms by their lighter build, less distinct markings, and thin, tapering tails. The African wildcat is very similar in size and appearance to the domestic cat, and the two can be difficult to distinguish in the field. In southern Africa, males weigh an average of 5 kg (n=42), and females approximately 4 kg (n=36) (Smithers 1971, Stuart 1981). The background color of its coat ranges from reddish to sandy yellow to tawny brown to grey, and is typically marked with faint tabby stripes and spots. A characteristic feature of this group is a reddish or rusty-brown tint to the backs of the ears (Skinner and Smithers 1990, Harrison and Bates 1991, Dragesco-Joff? 1993).
Die redelik wye kleurskakerings word goed beskryf... ...ook die dun stertjie...

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Louis102 »

Ambessa
Ambessa wrote: Die redelik wye kleurskakerings word goed beskryf... ...ook die dun stertjie...
Dit is vir my interessant dat die geleerde manne "grys" as die laaste kleur op hulle lysie van kleure in hulle beskrywing noem.  As 'n onkundige (soos ek) dus na hulle beskrywing kyk, sou ons mos nie verwag dat die "African Wild Cat" se geheel indruk grys sou wees nie?
 
Die onkunde loop oor aan hierdie kant, maar my waarneming is dat op die redelike groot populasie "groukatte" wat ek al in my lewe gesien het, daar baie min "reddish, sandy yellow of tawny brown"-kleurskakerings in hulle voorkom.    Miskien is ek kleurblind, maar Groukatte is grys hier by ons - of altans die geheel indruk.  Dalk nog 'n "yellowish" agtergrond, maar as ek die Groukatte in ons omgewing moes beskryf sou ek s? dat dit oorwegend in skakerings van grys is voorkom en dat ander kleure minder opmerklik is en in klein hoeveelhede voorkom.  Meer soos die kat in die foto se regter voorbeen.  Die hoeveelheid rooi soos in hierdie "groukat" op die foto is so seldsaam hier by ons, dat ek sou vermoed het dat 'n verbastering sou wees.  Ek praat van my waarneming in my omgewing en glo dat dit totaal kan verskil in ander omgewings.

Daarmee saam lyk die kat in die foto volgens my subjektiewe waarneming groter as die gemiddelde huiskat (as daar so iets is).  Wat is die mates van 'n gemiddelde huiskat sou ek van die wetenskaplikes wou weet. ( En as hulle die grote van die gemiddelde huiskat weet, hoe het hulle daarby uitgekom.)  Lyk nie vir my na 'n "Wetenskaplike" beskrywing nie, maar dit is nie waar dit eindig nie.  Die kat op die foto se stert is redelik dik en nie merkbaar "getaper" nie, sou ek in subjektiewe oordeel s?.  Wat is die wetenskaplike gemiddeld van 'n kat van hierdie soort se stert?  Ek sou ook 'n Namibiese dollar daarop verwed dat die kat swaarder as die 4-5kg van jou wetenskaplikes was, maar besef dat gewig nie volgens Oom Ambessa 'n goeie maatstaf is nie - so het hy al voorheen oor roofdiere op die Forum ges?.  Nou hoekom gebruik hulle dan sulke spesifieke gewigte om die katte te beskryf? (die "N=42" en "N=36" sou ek nie dink is goed genoeg in my subjektiewe opinie nie)

Dit nou daargelaat.  Wil die slim Ooms nou vir my s? dat dit onmoontlik is dat die kat in die foto 'n goeie klap rooikat bloed in hom het?  Wat is julle beste "boek gewapende raaiskoot" sonder DNA bewyse oor die kat in die foto?

En nou is ek katastrofies katvol vir die onderwerp.

Louis

Ns. Indien daar verwarring bestaan, ek het net die foto vir Benman geplaas en het geen idee waar die kat vandaan kom, wie dit op die foto is nie of wat sy details soos gewig en mates is nie.  As ek naby was sou julle meer van die kat geweet het.
Last edited by Louis102 on Sun Oct 25, 2009 1:34 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Watse Kats dit die?

Post by Freek »

Interesant en vewarrend al hierdie wetenskaplike benamings en ontledings wat hier so vrylik vloei. My gevolgtrekking bly nogsteeds daai is 'n groukat/vaalboskat op die foto. Die wat ek al raak geloop het in die bos is omtrend net so groot as die een op die foto (miskien bietjie groter of kleiner, swaarder of ligter) maar die een op daai foto lyk nie vir my na 'n abnormale vrats nie. Die (dooies) wat ek onder o? gehad het, het ook die bruin/geel skynsel onder die pens. In die Waterberge/Limpopo is die goed baie skaars/sku en mens loop hulle nie gereeld raak nie. Moontlik ook die rede dat hier so baie gewonder word aangesien daar bitter min van die kat se gedrag en gewoontes bekend is.

Maar ja oom Leeu dat rooikat sy merk op daai een se DNA gelaat het kan ek nou nie vir jou ontken of bevestig nie, ek dink ook nie dit is onmoontlik nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by JopieFourie »

Dag almal

"African Wildcat". Ons noem hom sommer `n wildekat. Het al klomp doodgeskiet. Hulle doen nie regtig skade hier by ons nie so ek los hulle deesdae.

Groete
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo JopieFourie
JopieFourie wrote:...noem hom sommer `n wildekat. Het al klomp doodgeskiet. Hulle doen nie regtig skade hier by ons nie so ek los hulle deesdae.
Goeie move. Behalwe as dit duidelik 'n baster is.

Ambessa
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by JopieFourie »

Ambessa

Ja, hulle s? mos dit is die katte se grootste vyand, huis katte met al die verbastering.

Het `n vriend wat so mak baster het. Kan sommer hoor as die ding meeu (hoe sal mens dit nou spel? ;D) dat hy nie sommer elke dag se kat is nie. Die pote is ook swart ens.

Groete
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo JopieFourie
JopieFourie wrote:...vriend wat so mak baster het. Kan sommer hoor as die ding meeu (hoe sal mens dit nou spel? ;D) dat hy nie sommer elke dag se kat is nie. Die pote is ook swart ens.
Post 'n foto. Ek weet Louis102 sal dit baie laaik  ;) maar ons ander ouens ook.

Ambessa
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by JopieFourie »

Ambessa

Jammer ek antwoord nou eers. Dinge is maar dol en kry min tyd vir die dinge wat saak maak (soos jag  8).

Sal die jagseisoen by hom uitkom en `n foto neem.

Groete
Ambessa

Re: Watse Kats dit die?

Post by Ambessa »

Hallo Francois Marais / Janjak / Henslin
Francois Marais wrote:...Is seker weer die streekstaal ding, maar... ...Daardie kat van jou noem ons hier GROUKAT, of wat dan op Ingils African Wild Cat heet. Weet jy dalk hoe verskil die Vaalbos Kat van die African wild cat, of wat die Vaalbos Kat se ingilse naam is???
Daar is al heelwat hier op die "topic" oor die katjie geskryf... ...soms nogal redelik geedriftig... ...kyk ook verder hieronder.

Ambessa

http://www.wildlifesouthafrica.com/fact ... ld-cat.htm
kolskoot

Re: Watse Kats dit die?

Post by kolskoot »

Groukat dikgevreet en goed gevoed met 'n dorper lam of 2 of 3 ?
;D ;D ;D ;D ;D
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Watse Kats dit die?

Post by Pieter »

Manne

Hier in die Boesmanland is hy 'n groukat, is nie gebaster nie, hy kom ma so, weetie van wetenskaplike naam nie, maar is redelik volop hier, waar ooie lam en lammers "verdwyn" ( dagoud tot week ) kan jy hom ma gaan soek, hy tel die lam op en sleep dit weg. Iewers op die forum het ek iemand geantwoord en foto's geplaas van selfde tipe kat.

Groetnis
User avatar
Pierre van der Horst
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm

Re: Watse Kats dit die?

Post by Pierre van der Horst »

Lyk vir my soos 'n dooie kat 8-)
Steyr Mannlicher 30 - 06
Sauer & Sohn .270 Winchester
BRNO 30 - 06
BRNO .22 LR
Colt Trooper MK III 6" .357 Magnum
Beretta 92 F 9mm Para
Rossi .38 Special Snubby
BSA .303 British
Post Reply