jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by henrygriffiths »

Dagse hier is paar fotos wat n lekker storie vertel van jag wat ons op geelhout gedoen het!

Kameelperd bul was eerste op die lys, 2 skote met 9.3x74 double

Image

en toe die bul le begin die werk!

Image

volgende dag het ons hard gejag ma niks wat ons wou he onderskoot gekry nie, die derde dag was weer besig met mooi rooibok en wildebees!

Image

Image

Die ram het ons n skoot gegee op 60m in digte bos dit was vinnig en akuraat skiet in n klein opening!

Image

as jy in die Kalahari kom jag bring n hi-lift jack en n spaarwiel asook n wiel-omruil-technikus!

Image

ons het ook n gevaarlike volstruis mannetjie aangedurf op die buur plaas wat die vir die werkers n gevaar ingehou het!

Image

Sundowners was n belangrike deel van die jag by die Groot Kameeldoring

Image

daar was ook kans dat ons rustig kon kyk hoe die son sak oor die kalahari en die vol maan opkom!

Image

Image

dit was n lekker jag saam lekker mense, Wouter kon ook bietjie saam kuier en het die vooreg gehad om vir Blok te ontmoet!

Groete henry
Last edited by henrygriffiths on Tue Feb 05, 2013 10:14 am, edited 2 times in total.
Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by BLOK »

Henry

Was n lekker naweek gewees, en weereens dankie vir die gebruik van daai 505. Bly om te sien as ek so na die volstruis kyk die man se bles is darem nie rooi en vol blase nie.

Werklik gedink Sondag toe ek ry en daai manne by die swembad le hy gaan vol pyn wees die Maandag.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by Louis Kriel »

Ja pasop vir daai khumo's hulle is maar lekker sag. Ek het gedink as ek hulle opsit is my papwieldae verby. hehe
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by theedge »

Ja die fotos se baie Lyk of dit n super tyd was baie netjies
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by Jagtersdok »

Ja nee, daar is maar min plekke in die wereld soos Geelhoud
Gaan darem binnekort weer my wortels daar vind
Kan nie wag nie

Henry die fotos spreuk boekdele
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by Jakkalsgat »

DirtyOldsix wrote: Ja pasop vir daai khumo's hulle is maar lekker sag. Ek het gedink as ek hulle opsit is my papwieldae verby. hehe
Dirty

Ons het ook aanmekaar stukkende bande gehad op ons ou jagcruiser, 2 jaar gelede Pitbulls opgesit en "touch wood" nog nie weer een stukkende band nie maar nou is daai goed mos maar versolings en kan jy nie vinniger as 120km/h ry nie.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by Marc »

Henry ou maat

Jy moet MOOI dankie s?, jy is baie bevooreg  :angel:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by henrygriffiths »

Jip ek stem sal nie weer komho koop nie het hulle replace met stel BFG mudds vir die prys van n howa en n scope!!!

Nou op die lughawe om ons agent van Noorwee op te laai vir n week jag op geelhout en dan Zim toe vir buffel en Olifant!

Marc ek doen elke dag
Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by VdWalt »

505hunter wrote: Jip ek stem sal nie weer komho koop nie het hulle replace met stel BFG mudds vir die prys van n howa en n scope!!!

Nou op die lughawe om ons agent van Noorwee op te laai vir n week jag op geelhout en dan Zim toe vir buffel en Olifant!

Marc ek doen elke dag
Tawwe werk, maar iemand moet dit doen. ........!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by Piet Breedt »

505 Hunter, wie is jou agent van Noorwee? Is dit nie dalk die man met die baie tatoo's John nie?
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by henrygriffiths »

Piet Breedt wrote: 505 Hunter, wie is jou agent van Noorwee? Is dit nie dalk die man met die baie tatoo's John nie?
Hi nee ken hom nie?
Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by FHM »

Pragtige fotos Henry - dankie vir die deel met ons ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by Marc »

Henry

Ek sien nou eers daai man het 'n teleskoop op sy dubbel, kyk ek reg ???

Dit breuk my hart !!!
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: jagters van Norway jag en kuier op Geelhout!!!!!

Post by henrygriffiths »

Marc jy is reg, het al baie jagters gehad met scopes op hulle 2 lope die een is n lowpower red dot en ek het self n paar skote geskiet met hom en hy hanteer baie vinnig, as dit my geweer was sou hy nie n scope op gehad het nie!
Post Reply