SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

Dealetjie, ja hy is fluted.

Swc-tr, ek is mos nie n langafstand Bisley skut nie, maar het hulle al op gonge getoets tot so 900m, en hulle het baie mooi gemaak saam met my "Bullet Flight" app op my I - Phone.

My plan is om so bietjie meer te speel met veral die .260 Rem oor langer afstande, veral nadat ek die langafstand gong challenge by die Suid Kaap Ope waar David Tubb ook by was, geskiet het, en nadat ek hehoor het op watter afstande hy bobejane baie suksesvol skiet.
SeeMoNsteR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by SeeMoNsteR »

Dit klink lekker..

Kan oom Piet asb dalk vir my se waar daai verstelbare Karsten's wangstuk gekoop was en hoeveel dit kos?

Dink dis n goeie idee daai

Dankie
Sabatti Rover Tactical Gen2 7RSAUM
Savage VLP DBM 260 Ackley
Savage LRP 243
Semi - Custom 6BR
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Arnold »

Piet, het jy al meer lading ontwikkeling met die 260 gedoen?
Ek vra nou maar hier en nie op die ander toerusting draad nie.

As ek vinnig somme maak is die node spoed van die 130gr hier by 2830 fps en 'n 140gr hier by 2785 fps. Dit is hoekom ek se die 140gr gaan die 130gr klop.
Dit is nou met 'n 26" loop en dit se nie dat jy nie daai 130gr vinniger gaan kan skiet nie.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

Arnold, dit is omtrent presies waar ek my node met die Berger 130gr VLD kry teen 2811 ft/sek met 41.4gr S365. Dan klop hy nogsteeds die 142gr Sierra teen 2734 ft/sek volgens Bullet flight.

Ek kry ook baie mooi groepe met 43gr S365 teen 2952 ft/sek sonder noemenswaardige druk tekens, maar ek verkies die laer spoed omdat ek nie die .260 wil druk tot die bloed loop nie. Wat s? QL van hierdie lading, hoe v?r is ek van max af?
Die OAL is 74.31mm met Lapua doppe.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Arnold »

Daii 2950 fps le op die maksimum en is nog so entjie weg van die volgende node af.
+-60400psi

Die 2811fps lading is feitlik bo-op 'n node. (miskien nog so 0.1gr dryfmiddel bygooi)

Die 142gr skiet jy nog te stadig. Nader aan 42.3gr vir so 2780 fps.
Volgens stygende BC ... 139 Scenar, 142gr SMK, 140gr A-Max, 140gr Berger (LRHPBT, VLD, Hybrid). Dit is soos op JBM ballistics bereken vanaf die Litz geskatte? BC waardes.

Met daai lang freebore van jou behoort jy die 140gr Berger/Hornady teen 2790 fps te kan skiet
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

Ek het vanoggend hierdie 5 skoot groepering van 13,8 mm op 100m met die Savage Mod 12 LRP .260 Rem gelaai met 130gr Berger VLD voor 42.8gr S365 met CCI 200 primers geskiet, sommer so van die bakkie se klap af. Die spoed was 2854 ft/sek.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... LRP005.jpg[/img]

Ek sukkel nogsteeds om te besluit wat my lading moet wees, aangesien alles wat ek skiet in hom mooi groep. Ek sal maar die "Odette" metode of sy ander naaam "ladder" metode moet gebruik om te sien watter een die beste gaan wees in veskillende atmsferiese toestande.
Last edited by Piet Breedt on Sat Oct 27, 2012 3:50 pm, edited 1 time in total.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Ponkie »

Naand Oom Piet

Jis hierdie 260 lyk na 'n fantastiese kaliber.
Vandag weer gekyk hoe Arnold met sy 260AI die gonge klap by die WP-ope. Nogals voltal geskiet op die baan waar ek 'n spotter was.

Sommer so vinnig in die verbygaan vir Arnold gevra wat die geweer se val sal wees op 300m met 'n 200 zero? Dink vir algemene jag en bakkie geweer sal die 260 met 120gr Nosler BT's 'n baie lekker allrounder wees.

Baie mooi groep daardie!

Groetnis
Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Wouter Roets »

Piet

Met hierdie nuutste gegewens is jy 10ft/sek bo n node. So indien n mens die natuurlike afwykens van enige chrony in ag neem is jy op n node. Hoe was die ES en SD syfers met hierdie lading? Onthou wat ons gester gepraat het dat hierdie van kardinale belang is as ons begin kom by langafstand skiet.

Met n geweer wat soos hierdie WIL groepeer met enige lading kom ek stel die volgende voor. Jou maksimum veilige spoed met hierdie kombinasie is 2990ft/sek. Werk op na hierdie spoed toe maar skiet jou groepe op 200m en kyk waar jou ES en SD die kleinste is. Maak jou TPL dat hy net die lande kiss instede die 0,3mm sprong. Soos gister gepraat onthou die spoedgrens vir langafstand aplikasie is 2900-3100ft/sek so probeer om daar tussen in n lading te kry. Ek se weer dat ES en SD n neiging het om baie af te kom hier by die 56 000-60 000psi en hierdie huidige lading is vir my n bietjie laag. Dopvulling sal ook net oor die 100% wees met n lading van 45gr(2990ft/sek) wat baie sal help ook met die ES en SD syfers. Jy het nie dalk ook bench rest primers nie? Dit kan ook net help met alles.

Die Oudette en Ladder test metode gaan net die nodespoed wat jy klaar het bevestig en ladingontwikkeling vir langafstand werk bietjie anders soos ek dit verstaan so probeer dit wat ek hier bo gese het gerus.

Groetnis
Wout

Ps. Ek glo die wind was nog steeds nie idiaal met bogenoemde groepe gister nie? En as mens in ag neem dat die groepe ook nog geskiet was van die bakkie se klap af wys dit net weer wat in die skut en geweer le!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

Dankie Wouter

Ek het BR prmers, en sal hulle bietjie probeer. Ek spaar hulle maar vir die kompetisie geweer (.22 250)

As ek reg verstaan is my max lading met hierdie kombinasie 45gr?

Ek gaan bietjie die kiss ding probeer en kyk wat maak die ES en SD syfers.

Ja die wind het maar bietjie gepla, maar darm nie te erg nie. Die bakkie het net so bietjie geskommel as die wind so vlaag maak, en dan moes ek hom maar time.

My 130gr Bergers is nou op. Miskien moet ek jou op jou aanbod aanvat en so 100 by jou leen tot daar weer inkom. Ek wil nog so bietjie meer speel met die 139gr Lapua Scenars, aangesien ek net een groep met hulle geskiet het, wat nie te sleg was nie. Hulle BC is baie mooi.
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by WitWillem (Charl) »

Hallo Wouter - ek is ook aan die bou met 'n 260 REM en vind jou lading baie interesant aangesien ek gedink het ek slegs rondom die 3000 fps met die 123 gr scenars sou kon kom. 

Indien ek my geweer se loop 28 duim maak dink jy ek sal die 130 gr bergers met 45 gr by die 3000 fps node kan lanseer?
aka .... Charl Gous
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Wouter Roets »

WitWillem

Jou nodespoed met die 130gr Bergers en die 260 Rem en n 28 duim loop sal teoreties 3015ft/sek wees. Dis ook amper op maksimum druk en 105% dopfulling. So op papier behoort hy bitter goed te doen.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by WitWillem (Charl) »

Dankie Wouter - ek hou van wat ek hoor !!!
aka .... Charl Gous
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by the kid »

Wouter Roets wrote: WitWillem

Jou nodespoed met die 130gr Bergers en die 260 Rem en n 28 duim loop sal teoreties 3015ft/sek wees. Dis ook amper op maksimum druk en 105% dopfulling. So op papier behoort hy bitter goed te doen.

Groetnis
Wouter
Verduidelik asb vir my hoe die 105% dopvulling werk? Beteken dit die dop loop oor? of verstaan ek verkeerd?
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Stefan764 »

Oom Piet

Vanmore hierdie 5xskoot groep geskiet op 100m:

[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/55333818/no2.JPG[/img]

Dis my pa se 300WSM op 100m en ek het Nosler se fabrieksammo   :angel: geskiet, 180gr Accubond teen so net onder 3000fps.

Dis die Savage Mod12 VLP DBM met 26" fluted loop. Nightforce 5,5-22x50 NP-R2
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
SeeMoNsteR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by SeeMoNsteR »

Dis mooi daai Stefan!!

Ek het self nog net uitstekende diens en resultate met my vlp dbm in 300wsm gehad jong..fantastiese geweer/kaliber kombinasie!! Ek skiet ook 180 Accubonds teen 2960 en as ek my deel doen skiet hul heel dag clovers jong.. Die 175 Matchkings is my teiken punt, agter 62.5 S365 en n magnum primer loop hy so 2990fps en net so akkuraat! Terugskop was nog nooit n probleem nie..eintlik heel aangenaam!

Dis juis die resultate wat my in die rigting van die LRP gestuur het, en die 260 was die 'obvious' kaliber keuse! Ek het n paar rondtes gelaai en gaan more vir die eerste keer lekker speel..

Sal my bevindinge kom deel..

Het enige van jul manne op die thread bbm?
Deel jul pins dan gesels ons lekker..

Groete
Sabatti Rover Tactical Gen2 7RSAUM
Savage VLP DBM 260 Ackley
Savage LRP 243
Semi - Custom 6BR
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Wouter Roets »

The Kid

Dopspasie word gemeet in oorblywende spasie in dop nadat in ag geneem is houveel spasie jou koeel opneem. Wanneer ons dan nou se jou dopfulling is 105% beteken dit dat jy jou poeier moet kompakteer word om wel in die spasie te kan inpas. Dit word gewoonlik gedoen met n lang droptube of so bietjie vibrasie.

Baie herlaaiers maak die fout om te dink dat gekompakteerde ladings vemy moet word. Dit is n fout want n mens strewe juis na gekompakteerde ladings om meer konstante ontbranding te kry. Lugleegtes in ligter ladings kan baie kopsere veroorsaak in jou SD en ES syfers. Vir langafstand skiet is lae SD en ES syfers bitter belangrik. Vir die wat vra tot waar jy jou lading kan kompakteer is die antwoord tot daar waar die koeel weer uitgestoot word. Die mees idiale syfer is gewoonlik hier rondom 103%. Met hoer dopfulling moet n mens net daarop let om genoegsame grip op die koeel te he sodat die koeel se TPL nie verander nie.

Groetnis
Wouter

PS Sully ek se weer dat hierdie resultate bitter impressive is!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Arnold »

As jy jou koeels baie diep seat kan jy nie eers 100% dop kapasiteit benut nie...

Hier speel jou kamerdimensies n belangrike rol!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

Baie mooi Stefan, en dit nogal met fabrieks ammo.

Dit wys maar net dat die Savage's wil skiet.
Johannes Schoeman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Wed Oct 31, 2012 12:14 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Johannes Schoeman »

Hallo oom Piet.                                                                                                                                                             

Ek skiet nou al n klompie jare Bergers VLD, wat ek wel geleer het : is dat die moeilik is om n lading wat in of teen lands te maak werk.. Ek begin gewoonlik met n lading so halfpad tussen min/maks en laai dan as volg.

1x3skoot .010''in lands
1x3skoot.040''weg
1x3skoot.080''weg
1x3skoot.120''weg

Meeste gevalle is een groep dan baie kleiner as ander . Ek gebruik dan daai TPL en skiet weer n paar groepe met verskillende ladings. 90% van tyd werk die.040''- .080'' weg die beste. Skiet my 260 met 130 VLD .040'' weg 42gr S365 in lapua brass met n CCI 250 slagdop@2925ft/s .(Kan lading dan weer tweak met .002''/.005''.

Groete Johannes.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Piet Breedt »

Dankie johannes. Ek sien jy gebruik CCI 250 primers. Is hulle vir jou beter as die 200?

Plaas so paar van jou groepe hier dat almal kan sien wat maak daai .260 Rem Savage LRP van jou. Of wil jy nie dit nou doen voor dit in die  Magnum gaan verskyn.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek is nou besig om die Savage LPR 6.5 Creedmoore in te breek. Ek weet n klomp mense het my gewaarsku dat die loop maar bitter grof is en ek kan met eerlikheid se dat hulle nie gelieg het nie! Dis die meeste werk wat ek nou nog in n loop moes insit! Ek staan op skoot nommer sewe en sien nog nie n vermindering in copper fouling nie. Ek moet byse dat die laaste drie skote snyers was met n duimsuig lading en virgin doppe wat n mens se gemoed darem so bietjie lig. Aangesien daar klaar n nuwe Shillen Ratchet Groove loop op pad is vir die geweer is ek baie lus om hom net so te skiet. Vertel bietjie na hoeveel skote het die lope begin settle in die fouling departement?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
immelmanw

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by immelmanw »

Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Ek is nou besig om die Savage LPR 6.5 Creedmoore in te breek. Ek weet n klomp mense het my gewaarsku dat die loop maar bitter grof is en ek kan met eerlikheid se dat hulle nie gelieg het nie! Dis die meeste werk wat ek nou nog in n loop moes insit! Ek staan op skoot nommer sewe en sien nog nie n vermindering in copper fouling nie. Ek moet byse dat die laaste drie skote snyers was met n duimsuig lading en virgin doppe wat n mens se gemoed darem so bietjie lig. Aangesien daar klaar n nuwe Shillen Ratchet Groove loop op pad is vir die geweer is ek baie lus om hom net so te skiet. Vertel bietjie na hoeveel skote het die lope begin settle in die fouling departement?

Groetnis
Wouter
Wouter,

Dit is nie n custom hand lapped barrel nie, hy gaan ALTYD baie fowl (spelling) Ek kan dalk voorstel dat n ou daai Miles & Gilbert of David Tubb se final finish probeer.....(ek sal vir jou gratis stuur as jy bereid is om dit te toets?) Mail my as jy belangstel. My LRp se loop het ook kwaai koper gewys mar hy skiet n KOEK hou......of altans goed genoeg vir my!

Groete
Johannes Schoeman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Wed Oct 31, 2012 12:14 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Johannes Schoeman »

Wouter , ek het voor ek my Savage gekry het n Border, Bartlein en Broughton loop geskiet. Dit was vir my bietjie van n aanpasing met die dat die Savage se loop moeilik skoon maak. Ek hou van n skoon loop: weet nie regtig hoekom . Skiet moeilik meer as 30 skote voor ek my loop 100% skoon maak. Dalk net n " kop ding" {maar skiet is n kop ding} Terug by die Savage LRP : my geweer se loop het baie makliker begin skoon maak na so 100 skote . Het nou so 300 deur loop en hy maak nog steeds nie so maklik skoon soos n goeie match loop nie . Dalk hou my geweer van n vuil loop, wat hy skiet baie mooi skoon of vuil. Dit is lekker om n geweer te skiet wat nie nonsens het nie . Weet van baie gewere wat of vuil ,of skoon skiet.
Groete Johannes
immelmanw

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by immelmanw »

Johannes Schoeman wrote: Wouter , ek het voor ek my Savage gekry het n Border, Bartlein en Broughton loop geskiet. Dit was vir my bietjie van n aanpasing met die dat die Savage se loop moeilik skoon maak. Ek hou van n skoon loop: weet nie regtig hoekom . Skiet moeilik meer as 30 skote voor ek my loop 100% skoon maak. Dalk net n " kop ding" {maar skiet is n kop ding} Terug by die Savage LRP : my geweer se loop het baie makliker begin skoon maak na so 100 skote . Het nou so 300 deur loop en hy maak nog steeds nie so maklik skoon soos n goeie match loop nie . Dalk hou my geweer van n vuil loop, wat hy skiet baie mooi skoon of vuil. Dit is lekker om n geweer te skiet wat nie nonsens het nie . Weet van baie gewere wat of vuil ,of skoon skiet.
Groete Johannes
Johannes,
Ek wil die Natal Ope n foto van jou en die 260 LRP hier post....... Skiet hom sommer vuil!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAVAGE MOD 12 LONG RANGE PRECISION VERSLAG

Post by Wouter Roets »

Johannes

Ek is net soos jy oor n skoon loop. Noem dit maar n kop ding, maar dit is hoe ek aan mekaar geslaan is en Basta! Hier en daar van my Ruger's het ek ook mee gesukkel maar nog nie in die mate van hierdie Savage nie. Ek moet ook byse dat ek die loop inbreek is n binnehuise skietbaan van ons geweerwinkel waar ek ook nie spoed kan lees nie vanwee die ligte. Wanneer ek gewoonlik n geweer se loop inbreek begin ek sommer met my lading ontwikkeling wat n persoon se aandag afneem by die loop inbreek proses. So dit is nou baie sielkundig om net daarop te konsentreer.

Soos gese lyk die groepering gedeelte baie belowend en daarom dat ek dit oorweeg om die inbreek proses n skip te wil gee. Iets wat ek nog nooit gedoen het nie aangesien ek n groot voorstaander daarvan is. As n mens eers met n custom barrel geskiet het is n mens maar bederf om die minste te se.

Willem ek sal daai produkte met graagte toets aangesien ek n ander loop het vir die geweer wat op ys le. Sal met jou praat daaroor. Ek is heeltemal bewus dat die Savage nie met n handlapped loop uitkom nie. Dit is dan een van die redes hoekom n mens so beeindruk is oor die akkuraadheids aspek van die gewere. Wys jou as jy n loop oordentlik sny dan tel dit verseker baie. Meskien moet ek maar so bietjie geduldig wees met die loop en wag vir die lesensie sodat ek dit maar op die ou manier doen hier by die huis. Ai die geduld ding is maar n wetter!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply