Namibie - Toer en Jag -
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Namibie - Toer en Jag -
Kerels ek is nou terug vanaf een uitmuntende reis deur Namibie. Ek het sedert 2009 nie Noord van Karasburg gegaan nie en selfs daar was ek in 2011 laas. Ek het as student en skolier elke vakansie bus gery en by Waldeck safaris buite Windhoek gaan help wild voer, vang en jag met buitelanders. Nooit het ek gedink 4 jaar sal verby gaan iewers in my lewe voordat ek weer die sentraal en noordelike dele van my tuisland sou besoek nie.
Om te se ek is versot op Suid-Wes sal so klein understatement wees. Ek is verlief op die veld, landskap, mense en die kultuur.
My kinders is darem nou al 3 en 16 maande so ek het besluit ek gaan die langpad aandurf en ook kamp.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3694_zps8a7b0829.jpg
Richard en die kots koets
Intussen het Pieter Vorster my gehelp om vinning ‘n jag te reel by Gladstone safaris’s tussen Outju en Otavi. Hiervoor was ek so bly, want die .375 Ruger met sy 20” loop sou uiteindelik in sy “tuisgrond” wees.
Ongelukkig het ‘n permit problem my geniehalter en ek moes op 99 my getroue 7mm Rem Mag saam neem.
Ons het die kaap verlaat in ‘n storm die wind en reen het ons gepeper en my Toyota 3.0 Folkomer het teen 6 uur die aand Die oudste familie plaas in Namibie net Noord van Helmeringhuasen binnegery. Lovedale is die plaas se naam, maar die love was min in die weer en die wind het gepomp. Ek het besef tent opslaan sal nou so slim wees soos die keer wat ek die uitsmeiter wou les opse by Tollies in Stellenbosch terwyl ek nog op di tweede verdieping was met die zig zag trappe tussen my en veiligheid. Ek het eerder na die dame by ontvangs gestap en gevra na ‘n herberg van sement en steen vir die nag. Mense dit was so koud daardie nag my vrou het teen 22:00 albei kinders in ons bed gehad, nie oor ons hulle so liefhet nie, maar oorlat ons so vrek koud gekry het.
Elkgeval volgende dag vroeg daar weg tot by Sossusvlei en die kinders bietjie die duine gaan wys en die pragtige landskappe. Weereens ek het hierdie paaie al baie gery, maar dit was net ander met my kinders. En na so lang awesigheid.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3758_zps69d87ee9.jpg
Elk geval so is ons deur die woestyn na Swakop en twee dae daar vertoef en myself oorvreet aan duitse gebak en kultuur. Ek het genoeg bier gedrink om my lank te hou, maar dan dink ek weer “wanneer kom ek nou weer hier ek moet genoeg vat”.
FHM was te bang om saam met my te kom drink of dalk het hy gaan spinnekoppe soek in die woestyn. Wie sal weet????
Vanaf die kus is ek Etosha toe en het ek daar vir 3 dae gekmp en een aand buite die kamp by Taleni se Etosha tented Camp. Dit was nou sommer lekker met great diens en silver skoon geriewe na so paar dae in die park. Ek het sommer lekker baie kiekies geneem om op te sit vir die manne om te kyk na skoot plasing.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3844_zps575ca228.jpg
Ons was skaars 5 min in die park toe kry ons 5 Cheetahs. Ons het ook eenaand 6 Swart renoster by die watergat gehad en 6 leeus op hul beurt. Ek geniet jag, maar om die diere net te sit en kyk geen my ook groot genot.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Daar weg is ek na Gladstone Safaris 50 km voor Otavi op die grondpad vanaf Outju (120km).
Met ons aankoms het ek vir Gys Jacobs ontmoet en hy het ons na ons skoon gemaklike verblyf geneem. Onthou die vrou en kinders sou twee dae hier deurbring terwyl ek ‘n Eland moes probeer jag.
Ek het al naby Maroelaboom gejag en kon in 4 dae nie een skoot op ‘n eland inkry nie, terwyl ek in twee dae 3 kudu’s en my pa 3 gemsbokke geskiet het. As die werled se Elande onrustig raak as die wind nie waai nie, stap hulle heeldag en mens se voete kan nie by die groot geeste hou nie. As jy hulle in die ruigtes opspoor is jy gewoonlik so vrek naby hulled at jy hulle verwilder.
Elkgeval ek kom darem toe lekker vroeg by Gys en ons settle in en toe gaan skiet ek my roer in……….mense net daar se hy ons skiet sommer vanmiddag nog ‘n bok, want die kondisies is reg en hulle is die oggend gewaar. Ek mik op die teiken, maar iets is vreemd. My roer wil nie stil le nie. Miskien is dit die ongeloof dat ek nou hier in die Noorde van Suid-wes is en weereens ‘n Eland klan skiet in hierdie prag. Maak nie saak nie ons noem dit sommer bokkoors, maar die diep tipe. Eerste skoot op teiken en ek kan nou my roer stel vanaf my Nosler ballistic tip lading tot by die Barnes Ttsx lading wat so ses klieks links en twee af moet wees.
Skoot twee en drie werk saam en daar begin ek bewe. Gys is tevrede en die kol sit in die kol op honderd meter. Ek besef dit was nie so goed en vra of ek nog ‘n skoot kan skiet. Mense toe die skoot loop slaan die stof die lig in op. Ek het die boks met die teiken op gemis. Gys se onstapn en skiet weer. Ek is so ontsteld ek dink ek moes met al die duitse geregte en bier iewers MADCOW disease opgetel het en nou bewe ek net voor ek gaan vrek. Hoe kan ek vir die eerstekeer in my lewe bokkoors kry net skuins voor my 30ste verjaardag. Ek het 2 weke terug springbokke in die kop geskiet op 150m asof dit my werk is.
Anyway skiet toe nog ‘n skoot en dit is darem in die kol, maar die senuwees is nog onrustig.
Ons klim op die bakkie en ry na die jagkamp. Die heleplaas is omring met 2.4m wildraad wat prentjie is en dan binnedrade om die beeste te vesprei en die weiding te beskerm, Die kudu’s en Elande dink nie veel van die binne drade nie en soms ook nie die wildwering nie.
So met die inry in die kamp gewaar ons elande. Gys se ek kan skiet as ek wil sommer so vanaf die bakkie. Meeste RSA manne verkies dit so. Groot is sy verbasing toe ek op 60m vanaf die koei die aanbod laat vaar. Hy waarsku my vining dit kan my laastekans wees aangesien die bos baie dig is. Ek besef dit en pak so ligte sweet op my bles uit “jou aap nou gaan jy lee hande huistoe”. Ek en my gids klim af en ek stap die bos in opsoek na ‘n koei so gee Gys ook opdrag dat as ons die twee bulle kry teen die grensdraad hy my ‘n spesiale prys sal gee aangesien hulle uitgestoot is en hulle sy draad gaan breek. Ek vergeet eintlik van hulle aangesien my budget tight is.
Ons stap op die spoor van die koeie en sien hulle so paar keer ek probeer nie eens ‘n skoot nie die Tambotie, mopanie en seringe is te dig teen mekaar. Die bos is mooi en die swarthaak en sekelbos is min. Ek is bly ek is hier en nog meer so omdat ek nie vanaf die bakkie my bok geskiet het nie(of is ek….
?). Gys het radio’s saam met die gidse en oppad uit die kamp laat wee thy hy het die bulle geweaar en as ek wil kan ek een skiet teen sy kg prys dieselfde as wat hy vir die koeie vra. Mense nou is die gala aan en ons beweeg na die anderkant van die kamp. Die bos is dig en elke nou en dan loop jy in ‘n vlakvark vas en beeste wat staan en vreet.
Iewers teen die pad verduidelik die gids aan gys waar ons is en hy kom kry ons en sluit by ons aan. Ek dink hy is meer opgewonde as ek. Dit raak al half skemer met die gestapery en ek dink nee wat vanadag is nie my dag nie. Die wind gee ons so kans en ons kry die twee bulle in die oog hulle gaan na die draad en dan terug in die bos. So paar kere gebeer dit. EK is al for ethical hunting practices en al, maar waar daar diere agv bestuurs redes geskiet moet word is ek teenaan. Afhoring bokke of siekes of oues is my gunsteling. Skiet om die gene te verbeter is hoe ek geleer is. Die draad is aan die eenkant en dit maak die stalk meer bekend, dog is die twee bulle nie verniet groot nie. Ons kom nade en vir die eerste keer in die swak lig kan ek die bulle sien. Mense die mooiste blouste bul wat die oe al gesien het staan voor my. EK dog ek het al groot gesien, maar die outjie is grand. Dadelik vra Gys of ek hom wil skiet, “nee Oom my budget sal nie bykom nie en wat sal hy uitslag?” Gys stamp ‘n prys wat ek sou vat as ek kon, maar die huis is nog ver en die vakansie 7 dae nog oor. Mamma gaan my slaan en wat maak ek met die geskatte 442 kg vleis wat Gys dink hy sal uitslag. Mense ek sit en beloer die bok vanaf my hurke aangesien die bos my geen ander keuse gee nie. Gys vra gaan jy hom skiet???? Ek wil ek moet, maar ek kannie. Daar staf die ander bul so 100m vanaf uit in die oopte. Dus my nommer. Hy is nou vars volwasse en sy kondisie is puik. Die man het nog nie baklei nie en hy is sommer lekker vet en gesond. Ek kyk na Gys en vra of hy kan langleer klim. Hy se ja. Die bokke staan reg agter mekaar ek is bang die 7mm met die “blykbare” wonder koeels Barnes skiet sommer deur albei bokke. En wag. Die bokke sien my en raak so bietjie angstig. Ek besef my tyd raak min my bene bewe ek kan nie so lank gehurk sit nie. Die kruishaar is net agter die blade k soek die vleis heel. Toe die bok verby die sgterstebok stap druk ek die 7mm Rem Mag wat my Oupa in 1967 in Walvisbaai gekoop het se sneller. Dit voel bekend die skoot loop en lan mt so doef sloep.
Die bokke is weg die bos kraak ek herlaai en die volgende oomblik sien ek net Eland….moenie skiet nie dus die Groot bul skreeu my beursie. Ek gee die bok kans om te sterf. Ongelukkig spring Gys se Jack Russel vanaf die bakkie voor ons kan keer. Hulle volg die bloed spoor wat le. En ons hoor die bok hardloop weg. Het ek te ver terug op die bok geskiet wonder ek. Het die sessie op die skietbaan my eintlik gewaarsku. Oo ditsem nou gaan ek stap. Dit raak vining donker en die bok is weg ons stap en soek die bloed en spoor in die donker en die honed blaf al prober die gidse hulle terug roep. EK raak koud. My eerste kwesbok wat wegkom hier kom dit hele petalje op Jaracal.
Met eens besef ek, word rustig jou aap. Jy het die bok goed geskiet. Ek roep die gids nader en se ons moet terug gaan op die spoor die bok moet iewers geval het en ons is verby. Hy maak so terwyl die honed aangaan in die verte. Nie lank nie en dus amper donker ek is bietjie benoud. Hy roep my hier in ‘n Gworrie bos le die Eland plat ons het verby hom gestap.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3936_zpsf62fddc6.jpg
Ey is nie helemal dood nie en hyg nog. EK geniet dit nie en die gids sny vining sy keel met sy tuisgemaakte mes.
EK gaan nader en besef dit is een asemrowende mooi bul. Sy vel is perfek sy horing ook. Hy sou ‘n monster geraak het. My jag het hom daardie kans nie gegun nie. Ek voel altyd so bietjie diep hartseer nadat ek so mooi dier gejag het. Ek dink mens moet anders het jy jou waardasie vir die natuur verloor. Ons gebruik die radio en laat kom vir
Gys wat nou seker so 800m vanaf waar die bok geskiet is staan. Hy gaan terug stap en die bakkie kry. Ons laai die bok in die donker. Ek besef ons kon maklik vanaand geluister het hoe die jakkalse my bok eet as ons nie die bok in die bos gekry het nie.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3944_zps3d735937.jpg
Die skoot was miskien bietjie lag, maar met die afslag vin dons albei longe aan vlarde die Barnes TTSX sit net onder die vela an die ander kant. EK dink die bok het t ever gehardloop met die tipe skoot. Die Barnes het nie lekker geblom nie, aangesien geen been getref is nie.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4107_zpsacc3a136.jpg
Die barnes wat ek die bok mee geskiet het en ‘n Nosler Ballistic tip as voorbeeld saam met een wat ek ‘n Eland koei van die selfde groete mee geskiet het op 60 m die koels het 77gr van die oorspronklike 150 behou teenoor die 144gr van die barnes.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4102_zpsfe999c99.jpg
Ek voel die Barnes werk goed vir skote wat been slaan’n maar die Ballistic tip het my nog altyd goed gediens en ek dink weereens partykeer moet mens net meer engerie in die bok vrystel om hom beter te dood. Met die afslag weeg die bok toe 228kg nadat Gys hom op 230 kg geskat het. Ons vind ook dat een van die petals van die koel afgebreek het en die lewer sleg gesny het.
Die volgende dag rye k saam met Gys rond en hy vra my om asseblief ‘n Eland tes skiet vir vleis wat hy wil verkoop. My 3 jarige gaan toe saam op sy eerste jag. Ongelukkig kon ons nie ‘n skoot kry op ‘n ou koei of jong bul nie. Die ou ding van net die groot bulle en jong verse wys gesig. Die plaas is rerig baie mooi en vir iemand wat beskostigbaar en gemaklik in Nam wil jag kyk gerus na hulle advertensie en kontak Gys.

Ons is daar weg en toe na Waldeck Safaris net buite Windhoek. EK het soveel vakansie op hierdie plaas deurgebring en is vir die eienaar Oom Kat baie dankbaar vir al die geleenthede om saam wild te jag, vang, voer en net op die plaas te kon leer. Nou kon my eie seun dit ervaar. EN was dit nie briljant nie. Ek plaas so paar kiekies om julle te laat kwyl oor dhierdie spog plaas.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3981_zps15eeba0b.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4024_zps027821d0.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4043_zps74f1a271.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4053_zps1085352e.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3991_zps1cbb7d64.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_3985_zps5b11eaf0.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4064_zpsaab99292.jpg
Die plaas is in 1988 begin omskep vanaf ‘n bees na wild “ranch”. Dit het al die eksotiese diere op wat natuurlike kleure is en is rerig iets besonders.
Ons het hiervandaan Ai-Ais besoek vir 4 dae waar my kinder seen of ander maag/kotz virus opgetel het en ek het vadersdag lekker kinder klere gewas wat vol mens mis was, dog was ek diep gelukkig ek was noord van die Oranje in my tuisland.
Ek gaan nog terug trek ek weet nie hoe nie, maar ek gaan. Dankie vir almal se hulp met die reel van die jag en as jy nog nie Nam gejag het nie roer jou die lewe is te kort om so iets tem is.

- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Geluk, het nou lekker gelees.
Ek moet dalk so toer voorstel aan die vrou.

-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Dis nou my grootste begeerte om ook soontoe te gaan. Was nog nooit daar nie, en het familie by Grootfontein en omliggende dele. Ek wil graag so 4 weke trippie maak jag visvang, familie weer ken. Hulle smeek al jare. Glo dit gaan net so 'n belewenis wees as wat jy gehad het !!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Sarel jy weet seker jy gaan gestraf word.Sarel wrote:Dis nou my grootste begeerte om ook soontoe te gaan. Was nog nooit daar nie, en het familie by Grootfontein en omliggende dele. Ek wil graag so 4 weke trippie maak jag visvang, familie weer ken. Hulle smeek al jare. Glo dit gaan net so 'n belewenis wees as wat jy gehad het !!
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- piet
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed Nov 09, 2011 8:01 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Baie mooi geskryf TAU ook een van my drome was al dam daar duine gery daar op luderitz maar vil graag ook daar jag. Darem het vroulief fam daai kant wil hulle ook graag ontmoet
223 cz
308 howa
300 wm rem
12 br
9mm
308 howa
300 wm rem
12 br
9mm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Mooi storie, Tau, maar jy maak mens net jaloers.
Baie dankie dat jy met ons gedeeel het.
Groetnis
Baie dankie dat jy met ons gedeeel het.
Groetnis
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Tau
Dankie vir die mooi storie, bly jy kon weer die kant kom, onthou, volgende keer kom jy oostekant om en draai my kant
Selfs ek wat in die mooi land bly sien ook nie altyd die mooi plekke wat jy nou van vertel het nie.
Ek was darem ook al op Waldeck gewees en stukkie van die plaas gesien, baie mooi.
Bly jy kon kop skoonmaak.
Groete
Johan

- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Welkom terug John,
Bly jy het dit geniet. Jammer ons het mekaar gemis. Volgende keer kom kuier ek saam daar by Gys en Patricia. Ek sal hom sê hy moet daai groot bul vir jou bêre vir volgende jaar. Hy het mos nou jou naam op!

- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Ek het nou lekker gelees en kyk,dankie vir die mooi storie,dit laat sommer 'n man se mond water
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Ai,
Ek het lekker pad gevat saam met jou.
Baie mooi geskryf en geluk met die eland bul.
Hoe ver het hy gegaan? Ek neem aan dit was n dubbel long skoot?

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Dankie manne ek sal later nog kiekies laai net vir die lekker.
Kalahari ek sal kom groet en een van daai duine moet plat braai.
Pieter ek het hom reeds gese ek kom weer, maar daar is darem nog van daardie monster op daai plaas. Ek dink hy voer hulle protein shake.
Gerhard dit wat 'n dubbele longskoot, bietjie laag geskiet.
Kalahari ek sal kom groet en een van daai duine moet plat braai.
Pieter ek het hom reeds gese ek kom weer, maar daar is darem nog van daardie monster op daai plaas. Ek dink hy voer hulle protein shake.
Gerhard dit wat 'n dubbele longskoot, bietjie laag geskiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Namibie - Toer en Jag -
Dankie vir die deel. Ek begin sommer vroeg so op die Vrydag oggend en dagdrome droom. Lyk asof dit n baie nice voorreg was.
Ek het ook al so met magies gekamp. Dit is darrem nou nie die beste sport op die stukkie aarde van ons nie

Veiligheid eerste manne!
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Namibie - Toer en Jag -
Tau, jy bevestig net weereens my liefde vir daardie mooi land!
Ek wil ook my hart se spens gaan volmaak so oor 2 weke.

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Ek was veronderstel om vandag terug te kom van my Nam trippie!! Ai, die werk ding! Kan nie
sonder him nie maar party keer is dit darem regtig in die pad... Volgende jaar maar weer probeer.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Pragtig geskryf en fotos jou ou doring!
Ai Tau ek sou graag saam met jou by Tiger Reef of Brauhaus or Tavern of Kucki's Pub wou gaan sit en n paar deurwerk ma ek is gesnooker in die week met die ontydige ure op site. Buitendien noudat ek sie en lees waar jy orals was en wat jy alles gedoen het, is dit seker maar n blessing in disguise dat ons nie mekaar raakgeloop het erens nie, ek sou so verlee gewees het en sommer die Jeep gegryp het (die spinnekop ook!
) en saam julle gaan toer het.
As jy volgende jaar weer afkom kontak met my en Femur (Pieter Vorster) en Cor Jacobs (alias Vader Jacobs) voor die tyd en dalk kan ons n saam bymekaarkom erens vir n naweek of so daar in Grootfontein se wereld - sal great wees man!
Solank julle dit terdee geniet het mater is die Kaap Hollands!

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Heng Tau dankie
Ek het nou lekker saam julle getoer, met my twee rascals op die agterste sitplek saam
jy het my nou laat besluit dat my droom om NAM te gaan besoek, baie vinnig n realitiet moet word.
Dankie vir die deel, baie mooi vertel
Mooi loop
Marc
Ek het nou lekker saam julle getoer, met my twee rascals op die agterste sitplek saam
Dankie vir die deel, baie mooi vertel
Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2593
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Mooi man, Namibia, Suidwes soos ek hom ken is sooooooooo in my bloed, sal more daar gaan bly...
Dankie vir jou mooi storie, jammer die 375 Ruger kon nie blaf nie...

Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Dankie Tau, Suidwes is vir my ook BAIE spesiaal...ek verstaan!
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Namibie - Toer en Jag -
Baie lekker jagstorie! Dankie dat mens die goete kan lees en saam geniet!