Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Vrydag so 12 uur se kant arriveer drie van my pelle daar op die plaas. Hulle al 3 wil graag ‘n eland koei skiet vir vleis. Ons is gou na die huisie toe om hulle goed af te pak, gekyk dat die roere skiet waar hulle moet, “indemnity” vorms geteken en toe is ons veld toe.
Redelik gou die trop elande gewaar en ek en DJ (ou skool pel van my) is te voet agter hulle aan. Op ‘n stadium toe raak die bosse min en hoe dan nou gemaak want ons moet nog so ent nader. Ek sê vir DJ al genade is ons moet maar hande viervoet vorentoe gaan en kyk wat gebeur. Wraggies loop ons daar deur ‘n oop stuk veld soos diere stappie vir stappie vorentoe. Vermy sommer oog kontak ook met die elande. LOL.
Daar kom ons toe by die volgende bossie uit en hulle hou ons nogsteeds dop. Seker gewonder wat op die aarde maak daai mense nou as hulle so kruip. Nou ja nodeloos om te se DJ is reg en ek begin met die verkyker uitsoek. Die ouer koeie staan nie oop nie so al wat ons kan doen is om te wag. Seker 15 minute later (dit het eintlik gevoel soos ‘n uur) loop daar een ouer koei uit en staan plank dwars “quartering away”. Ek gee die groen lig en DJ laat loop met die 300 Win Mag en 180gr Barnes TTSX. Ek sien sommer deur die verkyker dis raak en ek hou die koei dop. Sy het seker so 70m gegaan toe gaan lê sy. Die ander elande hardloop toe net so ent en het ons amper nog ‘n kaans gegee maar die wind draai toe en hulle hardloop.
Eland gelaai en is daar is ons gou opsoek na nog een. Bekruip toe lekker en kom naby maar hulle staan in ‘n bondel en ons kan nie skiet nie. Dit word toe bietjie donker en ons is terug huisie toe. Lekker gebraai en ietsie vir die dors gevang toe is ons so 10 uur in die kooi.
Vroeg Saterdag sien ons een van die troppe in ‘n veld onder die huisie en ons gaan probeer toe daar. Ek laai vir SJ af in so opgedroogte dam en hy le op die wal. Ek ry toe om en die elande beweeg reg in sy rigting. Gits my hart begin skoon harder klop want ek sien hulle gaan nader en nader. Gelukkig is daar sulke bosse op die dam wal en die elande gaan staan op dieselfde wal as wat SJ is. Seker so 30m van hom af. Die bosse is in die pad en hy kan nie ‘n skoot kry nie. Gelukkig beweeg hulle bietjie verder af en ons hoor die skoot klap. Die hele storie hou ek dop deur die verkyker. Ek sien die koei kry swaar en so ent verder sak sy in mekaar. Ry nader en laat die trekker kom.
Die een werker op die plaas laat weet my toe hy het ‘n ander trop gesien op ‘n ander deel van die plaas en ons ry soontoe. Daar is ‘n groot bloekom bos en ons sien hulle is aan die ander kant van die bos. Ek en Nico klim af en is te voet verder. Bekruip lekker want die wind is ook reg en hulle weet nie van ons nie.
Ek kies ‘n mooi koei uit en Nico sê hy sal ook gelukkig wees met haar. Hy lê aan en die skoot klap. O gedorie! Ek sien sy is gekwes. Laag op die regter voor been. Nou gaan ons werk want ek weet ‘n eland wat gekwes is kan vir jou die plaas wys. Los haar so rukkie en ek en Nico is op haar spoor. Hulle gaan toe in ‘n digte bos in en ons verloor haar en sy gooi ook nie bloed nie.
Ek vra die manne moet die bakkie om vat na die koppie toe en ek is agter haar aan maar sien niks en klim toe die koppie. So ruk daar gewees en ek sien die trop hardloop en sy is nie daar tussen hulle nie.
Ek besluit ons moet haar nog so kaans gee om dalk bietjie styf te word en ek loop na die ander kant van die koppie. Nou op daai stadium het ek net die 22-250 by my wat gelaai is met vmaxe vir die jakkalse. Soos wat die dinge moet gebeur sien ek klomp vlakvarke onder die koppie en hulle weet nie van my nie. Kyk daar by ons as jy ‘n vark sien het jy oop kaarte want die goed grou gate onder deur die wildsheining. Ek dog toe ek kan nie die kans laat verby gaan nie en ek laat loop. Kap die eerste een mooi in die kop, met die silencer kan hulle nie hoor waar die skoot vandaan kom nie en hulle hardloop net so 2 tree en gaan staan en ek gooi nog een plat, wraggies daar staan nog ‘n groot een en maak haar ook plat. Als binne 3 minute. Ek roep toe die manne dat ons kan laai en gaan laai hulle gou af by die slag plek.
Ons gaan huisie toe om my 7mm Rem te kry want nou moet ons daai eland gaan soek. Ek ry toe na die laaste plek waar ek haar kon sien en sit die manne so 50m uitmekaar en my plan is toe dat ons so langs mekaar vorentoe loop om te kyk of ons nie iewers nog bloed kry of haar gewaar nie. Ook duidelik gemaak wat elkeen moet maak sodat almal veilig is aangesien dit die belangrikste is. Ons het seker so 80m gestap toe SJ fluit en hy gelukkig ‘n skoot op haar kry en hy dop haar toe om.
Baie verlig laat kom ons toe die trekker en van daar af is ons terug huisie toe om te gaan ontspan.
Solank ‘n vuurtjie aangesteek en lekker gekuier en terug gedink oor ons taktieke en wat ons anders kon doen.
Dis nou maar verseker uit elke jag tog leer mens iets en dit was vir my baie lekker dat dit so uitgewerk het dat ons al drie elande van die voet af geskiet het.
Sondag oggend het ek vir ons ‘n lekker eland lewertjie voorberei en die manne is terug.
Baie lekker gewees en dankbaar dat als goed afgeloop het.
Hier is foto’s. Verskoon maar die bloed op die foto’s. Ons het skoon vergeet om skoon te maak voor ons geneem het die keer.
As die bloed iemand pla kan julle net sê dan haal ek die foto's af.
Ek gaan ook nie die foto van die varke laai nie want hulle het gelei aan “pop eye disease” en dit lyk nie te gaaf nie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Nog paar foto's..

Eerste keer dat ek die voëls by ons sien..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Mooi gejag Marno. Die Rooikeelbyevreters is pragtige voëls.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Baie mooi Marno,
daai lyk vir my na die rooikeel byvreter (white fronted bee eater). Baie mooi sighting.

Last edited by FCLoretz on Tue Jul 09, 2013 2:05 pm, edited 1 time in total.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Baie mooi storie Marno en geluk aan die jagters!
Mooi gegooi manne
Mooi gegooi manne
ek soek nog wapens...
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Was nogal interresant is net op die een deel van die plaas wat daardie voëls is en ons het seker so 5 ge-tel daar naby mekaar.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Marno,
Dj werk vir Ethnix?
Dj werk vir Ethnix?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Nee Frederick, hy is by CG Konstruksie.FCLoretz wrote:Marno,
Dj werk vir Ethnix?
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Dankie, Hy lyk baie soos 'n ander DJ wat ek ken.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
FC definitief 'n Rooikeel, die witkeel het nie rooi in nie.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Jy is reg, ek het klaar boonste stelling reg gemaak. Ek dink in engels wat die white fronted is.spekieries wrote:FC definitief 'n Rooikeel, die witkeel het nie rooi in nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Polla1983
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Marno.
Mooi storie en wel gedaan aan die jagters..!
Se vir DJ ek stuur groete, n klokie sal lui as hy in sy 'archives' gaan kyk van sy Londen dae..
Die wereld is eintlik maar n klein plek!
Cheers
Mooi storie en wel gedaan aan die jagters..!
Se vir DJ ek stuur groete, n klokie sal lui as hy in sy 'archives' gaan kyk van sy Londen dae..
Die wereld is eintlik maar n klein plek!
Cheers
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Ek maak vir jou so!
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Nog 'n eland jag 5 Julie tot 7 Julie..
Mooi geskiet en mooi storie. Lekker om saam met sulke vriende te gaan jag.