lechwe
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
lechwe
Saterdag se ram
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: lechwe
Geluk Morne !!,
Ek neem aan dit is n Kafue Lechwe? Hy lyk of hy so 26" wil meet?

- henried
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: lechwe
Baie geluk, maar daar moet 'n storie ook wees... 
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: lechwe
Goeie observasie daar Kallie Jy is baie naby die ram het 25.5 duim gemeet en hy is baie donker vir 'n rooi lechwe. Hy is baie besonders en die eienaar wou baie graag baie jare nog met hom teel, want hy het 'n baie donker bors en bene. Hulle het hom met 'n doofpyl geskiet om te kyk of hy siek is, want hy het begin kondisie verloor. Met hul ondersoek het hulle gesien dat hy nie tande in sy bek oor het nie.
Henried ek dra die storie op aan jou vandag.
Ek het die afgelope Saterdag sewe uur die oggend by Buffalo Ranch buite Bloem gestop. Raymond het vir my koffie gemaak en gese ek moet sag praat, want sy vrou slaap nog. Ons het vir Gideon gewag wie onlangs 'n boog gekry het en graag saam wou kom vandag. Ons het in 'n Kubota pypkar geklim en deur die plaas begin ry opsoek na die ram. Ongelooflik hoe naby ons verby rooi ribbokke, vroulike lechwes met lammers en selfs 'n koedoekoei met haar kalfie gekom. Ek praat van tussen 10 en 15 m. Natuurlik weet hulle dat hulle nie vandag op die spyskaart is nie. Mnr ram aan die ander kant het geweet ons is spesiaal mooi aangetrek vir hom vandag en het besluit hy speel wegkruipertjie met ons. Na 'n redelike tydsverloop het Raymond die werkers gebel en gevra dat hulle help soek. Nie lank hierna nie het hulle ons laat weet dat hulle hom naby die skuur gesien het waar hulle lusern uitsit in die oggende. Ons het daarheen gery en hom dadelik gesien in die bosse. Ons het die kar parkeer agter die skuur en hom te voet agterna gesit. Hy moes my adrenalien en manlike hormone opgetel het, want die naaste wat ek aan hom gekom het was 44m. Ek het voorgestel dat ek en Gideon terugstap na die stoor waar 'n groot vragmotor sleepwa gestaan het wat dien as 'n lusernstoor. Raymond sou die ram terugdruk na ons toe. Ons het met sakke lusern 'n skietgaping gebou in die deur en gewag. Ek het orals verwysingspunte "gerange" indien Gideon nie vinnig genoeg kon "range" vir my nie. Nou het ek en Raymond per sms verder gejag. Met die hoek wat Gideon gesit het kon hy deur die gaping sien dat die ram oppad is na ons toe. 60m,50m al nader en nader. Die volgende oomblik kon ek hom begin sien. Sy horings en kleur het my bewerig gemaak. Hy het reguit na die lusern toe gestap en begin vreet . Die twee probleme op die stadium was dat hy reg van voor gestaan het en ook dat teen 10.9m sou hy die geringste beweging van my kant af sien of hoor. Ek het die boog millimeter vir millimeter gelig. Die ram het een snork gegee, omgedraai en gehol. Hy was vrek lus vir die lusern en het op 30m gaan staan en omgedraai na my toe.Hy het erg "quatering to" na my gestaan en kyk. Ek moes bietjie hoer vat op sy blad om die skouerbeen te mis. Om dinge erger te maak het die ram my nog ge "string jump" ook soos 'n wafferse rooibok. Hy het gesak en nie gespring nie. Aanvanklik het ek gedink die skoot was heeltemal te hoog, maar die post mortem het gewys dat ek albei longe geraak het. Die ram is daar weg asof daar nie 'n more is nie. Raymond het daar aangehardloop gekom en ons het na die Kubota gehardloop en hom agterna gesit. Ons het om die Cheetahs se hok gery en twee cheetahs het stip in dieselfde rigting gesit en kyk. Ons kon nie vir twee beter rigtingaanwysers gevra het nie, want die bok het nie ver van daar onder 'n boom gaan staan met sy kop laag. Ek het hom alleen agterna gesit te voet en hy het na omtrent 30m onder 'n boom gaan le. Ek het 12 m van hom af gekom met die wind wat agter in my nek gewaai. Vandag het ek twee eerstes gedoen met die boog. Die eerste keer wat ek uit 'n "skuiling" geskiet het met 'n boog en die eerste keer wat ek deur takke 'n onnodige tweede skoot geskiet het. Die pyl het het nie eers die bok geraak nie, want hy het nie eers reageer op die skoot nie en daar was net een gat in sy karkas. Ek was baie gelukkig om so 'n kans te he om so 'n mooi ram te kon skiet en is dankbaar om hom 'n lang leiding te kon spaar, want sy tande was heeltamal afgeslyt. LEKKER SLAAP OU GROTE
Daars hy Henried!
Groete
Morne

Klink na n lekker jag Morne. Ek self het n "soft spot" vir Lechwes. Ek was al gelukkig genoeg om n Swart Lechwe te jag in die Bangweulo moerasse in Zambie asook n Kafue Lechwe op die Kafue flats in die Lochinvar GMA ook in Zambie. Ek sal bitter graag n Rooi Lechwe wou jag in sy natuurlike area maar Botswana is nou toe en daar is n paar beskikbaar elke jaar bo in die Caprivi maar teen n prys wat jou oe sal laat traan.
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: lechwe
Baie geluk met 'n pragtige bok Morne
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: lechwe
You lucky fish, Kallie. Miskien moet jy vir my 'n kameelperd reel dan reel ek vir jou 'n ou rooietjie(in Vrystaatswana). Onthou as jy 'n rooie geskiet het asook 'n waterbok dan bly die Puku, Kob, sing sing waterbok en Defassa waterbok oor. Dan het jy omtrent al die Kobus familie lede geskiet. Jy kan nie halfpad stop nie Kallie. Komaan Kallie!!!
Dankie Riaan
Dankie Riaan
- Hannes stof trapper
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Wed Jun 26, 2013 4:58 pm
Re: lechwe
Baie geluk
Baie mooi storie en mooi dier wat daar het.
Nogmals baie geluk

Skiet mooi Maak mooi
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: lechwe
Baie geluk Morne.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: lechwe
Baie geluk Morne! Dis regtig 'n nice bok!!